Ek het twee vrae vir die slim manne. My handwapen bevoegtheid verval in Junie 2015 en my handwapen lisensie in Oktober 2015.
Vraag 1 hoe hernu ek die handwapen bevoegtheid?
Vraag 2 ek neem aan dat die bevoegtheid eers in plek moet wees voor ek heraansoek doen vir die wapen?
Verval 'n mens se bevoegtheid aangesien hulle nie meer kaartjies maak nie maar net sertifikaat uitdruk sonder verval datums? So eintlik drie vrae
Bevoegtheid handwapen en lisensie wat verval paar maande lat
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5021
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
- Riaan Kriel
- Hero Member

- Posts: 1284
- Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm
Re: Bevoegtheid handwapen en lisensie wat verval paar maande
Sover ek dit het is die wet met die laaste wysiging verander dat jou bevoegdheid geldig is tot en met die verval van jou laaste lisensie vir die betrokke kategorie vuurwapen nl. "Handgun, shotgun, rifle, hand machine carbine". Daar is egter heelwat onsekerheid rakende dit.
Die nuwe konsepwet wat nou so paar weke gelede uit is vir kommentaar maak dit blykbaar duideliker en het dit beter uitgespel, maar dit is nog nie wet nie, dus geld die vorige wet steeds.
Van die ander manne wat meer in die bedryf is sal beter raad kan gee.

-
jamalley
- Hero Member

- Posts: 630
- Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm
Re: Bevoegtheid handwapen en lisensie wat verval paar maande
Artikel 10(2) 'n Bevoegdheidsertifikaat beoog in subartikel (1) (a) (i), (ii), (iii) en (iv) bly van krag vir dieselfde geldigheidsduur as die tydperk in hierdie Wet bepaal ten opsigte van die lisensie waarop die bevoegdheidsertifikaat betrekking het, tensy die bevoegdheidsertifikaat ooreenkomstig die bepalings van hierdie Wet beëindig of hernu word.
Artikel 10A(2) Enige houer van 'n bevoegdheidsertifikaat met betrekking tot 'n voorlaaier wat verlang om die bevoegdheidsertifikaat te hernu, moet minstens 90 dae voor die verstrykingsdatum van die bevoegdheidsertifikaat by die Registrateur in die voorgeskrewe vorm om die hernuwing daarvan aansoek doen.
Artikel 24 (1) Die houer van 'n lisensie uitgereik ingevolge hierdie Hoofstuk wat verlang om die lisensie te hernu moet minstens 90 dae voor die verstrykingsdatum van die lisensie by die Registrateur aansoek doen om die hernuwing daarvan.
Nou om jou vraag 1 en 2 te antwoord - jou beveogdheidsertifikaat vir die besit van jou handwapen vir selfverdediging verval eers wanneer die lisiensie daarvoor itv Artikel 13, verval en jy doen gelyktydig - 90 dae voor 15 Oktober 2015 aansoek vir hernuwing van beide.
Vraag 3 - ja, jou papier bevoegdheid sonder 'n vervaldatum, verval vanwee die bepaling van Artikel 10(2) van Wet 60 van 2000.

- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3124
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: Bevoegtheid handwapen en lisensie wat verval paar maande
Ek moes my sd wapen lisensie hernu mar het nie vir bevoegtheid weer aansoek gedoen nie en die lisensie is goedgekeur.
-
jamalley
- Hero Member

- Posts: 630
- Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm
Re: Bevoegtheid handwapen en lisensie wat verval paar maande
Luan, verduidelik meer breedvoerig hoe jy dit reggekry het? Besit jy dalk 'n lisensie vir 'n handwapen vir jagdoeleindes, itv Artikel 15 of 16, waarvan die lisensie vir 'n 10jaar periode uitgereik is? Want as dit die geval is, is dit heeltemal verstaanbaar, want jou bevoegdheid om 'n handwapen te besit verval dan eers wanneer die lisensie vir daardie jag handwapen verval.
- JuanPaul
- Sr. Member

- Posts: 445
- Joined: Mon Jan 23, 2012 8:57 am
Re: Bevoegtheid handwapen en lisensie wat verval paar maande
Baie belangrik, jy moet ten minste 90 dae voordat jou lisensie verval jou nuwe aansoek indien, anders weier hulle dood eenvoudig jou nuwe aansoek, so sorg dat jou bevoegdheid en alle dokumente in plek is.
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5021
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Bevoegtheid handwapen en lisensie wat verval paar maande
Juanpaul,
Dit is presies my probleem my bevoegtheid verval voor my lisensie vir die handwapen as SD so hoe nou gemaak?
Dit is presies my probleem my bevoegtheid verval voor my lisensie vir die handwapen as SD so hoe nou gemaak?
- JuanPaul
- Sr. Member

- Posts: 445
- Joined: Mon Jan 23, 2012 8:57 am
Re: Bevoegtheid handwapen en lisensie wat verval paar maande
Ek sal voorstel dat jy jou bevoegdheid in Januarie hernu of so gou as moontlik, en dat jy dan ten minste `n bewys het dat dit ingedien is teen die tyd dat jy jou lisensie aansoek indien as jy teen daardie tyd dan nog nie jou nuwe bevoegdheid sertifikaat ontvang het nie.Frederik wrote:Juanpaul,
Dit is presies my probleem my bevoegtheid verval voor my lisensie vir die handwapen as SD so hoe nou gemaak?
- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3124
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: Bevoegtheid handwapen en lisensie wat verval paar maande
Ek het myne nie gedoen binne die 90 dae en nogsteeds my lisensie gekry. Ek het net waar hulle vra wat jou rede is geskryf ek het onlangs verhuis en dit het my lewe omgekrap.JuanPaul wrote:Baie belangrik, jy moet ten minste 90 dae voordat jou lisensie verval jou nuwe aansoek indien, anders weier hulle dood eenvoudig jou nuwe aansoek, so sorg dat jou bevoegdheid en alle dokumente in plek is.
Korrek ek het ook n handwapen wat vir geleentheids sport skiet gelisensieer is.jamalley wrote:Luan, verduidelik meer breedvoerig hoe jy dit reggekry het? Besit jy dalk 'n lisensie vir 'n handwapen vir jagdoeleindes, itv Artikel 15 of 16, waarvan die lisensie vir 'n 10jaar periode uitgereik is? Want as dit die geval is, is dit heeltemal verstaanbaar, want jou bevoegdheid om 'n handwapen te besit verval dan eers wanneer die lisensie vir daardie jag handwapen verval.