algemene jakkals vra
- NicoSmit
- Hero Member

- Posts: 1899
- Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm
Re: algemene jakkals vra
Loop die klein jakkalsies al saam met die ouers rond of is hulle maar steeds naby die gate?
- visstok
- Hero Member

- Posts: 1235
- Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm
Re: algemene jakkals vra
Daar is al kleintjies geskiet wat rondloop, maar ek dink die meeste is maar nog by die gate.
Groete Alex
Groete Alex
- NicoSmit
- Hero Member

- Posts: 1899
- Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm
Re: algemene jakkals vra
Wat maak julle manne as julle 2 manne is wat uitgaan op 'n nag wanneer skiet wie wanneer ruil julle om ?Wat doen die ander man as jy in die stoel is?
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: algemene jakkals vra
Maak nie saak nie.NicoSmit wrote:wanneer skiet wie
Wanneer die skut moeg raak.NicoSmit wrote:wanneer ruil julle om ?
Sit roeper uit, tel jakkalse op, slaap, en so aan.NicoSmit wrote:Wat doen die ander man as jy in die stoel is?
Goed, beter, 6millimeter!
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5124
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: algemene jakkals vra
Cassie ek laaik jou logo man. Dis spogerig.
- visstok
- Hero Member

- Posts: 1235
- Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm
Re: algemene jakkals vra
Ek en Roger maak beurte in die stoel, die een wat nie in die stoel is nie sit sommer agter op bakkie se klap, dan kan hy help kyk waar jakkalse val.
Groete Alex
Groete Alex
- NicoSmit
- Hero Member

- Posts: 1899
- Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm
Re: algemene jakkals vra
As jy op 'n nuwe plaas kom en daar is niks info oor waar enige jakkalse gesien is nie hoe bepaal jy of jy in 'n kern gebied is gebruik jy jou roeper van die bakkie af en hoor of hulle jou terug antwoord of sit jy die roeper uit
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: algemene jakkals vra
Ek begin heel aan die windaf kant van die plaas en maak 'n staanplek. Daar sal man redelik hoor wat is waarso.
Goed, beter, 6millimeter!
- NicoSmit
- Hero Member

- Posts: 1899
- Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm
Re: algemene jakkals vra
Die rede hoekom ek vra is as ek staanplek maak lyk dit amper of ek kamp opslaan (darem seker nou nie so erg nie) ek moet cammo net op sit as ek staan wil ek weet ek is naby Kan dit werk om eers van die bakkie af te roep en kyk of iets antwoord of nie voor ek "tent opslaan"
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: algemene jakkals vra
Vra die personeel v/d plaas waar Bakenkop is, aan die noord-ooste kant.
- NicoSmit
- Hero Member

- Posts: 1899
- Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm
Re: algemene jakkals vra
Louis102 wrote:Vra die personeel v/d plaas waar Bakenkop is, aan die noord-ooste kant.
Nou het jy my
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: algemene jakkals vra
Baie groot deel van kurses sal daaroor gaan, dis ook breedvoerig op Hein se E boek en CD bespreek.
Ek maak so...
As jy geen info het nie en kom donker by plaas aan begin jy in die ou se beeskamp/springbokkamp, indien hy nie het nie, soek hoogtetjies uit, of lekker area wat lyk of jakkals daar kan woon/neste hê.
Naby bloekmbos, onder Eskom se drade, wenakkers by lande ens...
Anners begin jy verste punt windaf, sit jy maar roeper uit en begin roep, merk waar hulle roep en ry na jy deur hele roepsessie is..
as jy daai eerste roep/klank speel, moet jy 100% regwees vir skiet, as jy nou nie roeper uitgesit het nie(roep van bakkie af), en hier kom ta want jys in sy gebied, kom hy reguit op bakkie af en jy gee hom reeds die voordeel..hy kyk heeltyd "vir" jou en net baie makliker om jou wind te werk as hy verkeerde kant af inkom.
Gaan weer deur jou materiaal van Hein, dis als mooi daar uiteengesit.
Sien jou by die kurses
Ek maak so...
As jy geen info het nie en kom donker by plaas aan begin jy in die ou se beeskamp/springbokkamp, indien hy nie het nie, soek hoogtetjies uit, of lekker area wat lyk of jakkals daar kan woon/neste hê.
Naby bloekmbos, onder Eskom se drade, wenakkers by lande ens...
Anners begin jy verste punt windaf, sit jy maar roeper uit en begin roep, merk waar hulle roep en ry na jy deur hele roepsessie is..
as jy daai eerste roep/klank speel, moet jy 100% regwees vir skiet, as jy nou nie roeper uitgesit het nie(roep van bakkie af), en hier kom ta want jys in sy gebied, kom hy reguit op bakkie af en jy gee hom reeds die voordeel..hy kyk heeltyd "vir" jou en net baie makliker om jou wind te werk as hy verkeerde kant af inkom.
Gaan weer deur jou materiaal van Hein, dis als mooi daar uiteengesit.
Sien jou by die kurses
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: algemene jakkals vra
die plaaswerkers ken die plaas goed. hulle sien die jakkalse deur die dag. hul gaan die vinnigste vir jou se waar hul loop. kern gebied is juis waar jakkalse baie deur die dag gesien word.NicoSmit wrote:Louis102 wrote:Vra die personeel v/d plaas waar Bakenkop is, aan die noord-ooste kant.??
Nou het jy my
baken kop, is die hoogste punt op die plaas. en is seker 80% binne in 'n kern
HOU HOM DAAI DIKTE
- NicoSmit
- Hero Member

- Posts: 1899
- Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm
Re: algemene jakkals vra
Dankie wou maar net weet gedink dit kan dalk vinniger wees om jakkals kind op te spoor sonder te veel moeite
- musgrave270
- Hero Member

- Posts: 918
- Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am
Re: algemene jakkals vra
Oom Heinrich het op 'n kursus vertel. Toe hulle daai jare so wyd gaan skiet het en op plase gekom het vir die eerste keer het hul gewoonlik nie tyd gehad om die plaas te verken nie. Hul het net uitgevind waar die suiplekke/krippe/damme is. neste is gewoonlik naby aan drinkplekke. So ek glo die tyd van die jaar kan mens nogal daarop werk.
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: algemene jakkals vra
Ek het so bietjie plagiaat gepleeg, "bakenkop" is maar Taffie se oulike manier van vra waar die hoë grond op 'n nuwe plaas is...NicoSmit wrote:Louis102 wrote:Vra die personeel v/d plaas waar Bakenkop is, aan die noord-ooste kant.??
Nou het jy my
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: algemene jakkals vra
....die dag as dit nie moeite is nie, daai dag sit vlek jou ore aan..NicoSmit wrote:Dankie wou maar net weet gedink dit kan dalk vinniger wees om jakkals kind op te spoor sonder te veel moeite
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
- NicoSmit
- Hero Member

- Posts: 1899
- Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm
Re: algemene jakkals vra
Ok dan bly ek maar op my lang manier ,stop sit geweer op stoel maak bakkie toe met kombers sit roeper uit dan begin roep.
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: algemene jakkals vra
Verf jou bakkie, Nico, dis 'n goeie begin as jy minder moeite in die veld wil hê....
- musgrave270
- Hero Member

- Posts: 918
- Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am
Re: algemene jakkals vra
NicoNicoSmit wrote:Ok dan bly ek maar op my lang manier ,stop sit geweer op stoel maak bakkie toe met kombers sit roeper uit dan begin roep.
Ek sit met dieselfde roetine as jy. Ek het dinge darm so bietjie vinniger gemaak. Tussen my rollbar het 'n 'n raam gemaak waarin my geweertas inknip. Dus kan my geweer agter op die bakkie, veilig in sy tas lê as ek rondry. Niks meer teen die deur of tralies stamp as op 'n staanplek kom nie.
Dan, ek het op jou foto gesien jy het nie tralies op jou bakkie nie. Probeer vir jou 'n raam maak wat op jou bak pas wat die hoogte van jou bak is. Iets soos in die Foto van Oom Piet
http://i1118.photobucket.com/albums/k605/safric1/0976ad256d7a65eba200e1c9f153f1e8_zps4506709d.jpg.
Die raam help jou om jou net op die regte plek te hou, so jy kan net oop vou as jy op jou staanplek is en dan net weer terug in die bak gooi as jy klaar is.
Om jou roeper uit te sit gaan langer vat as om jou bakkie toe te maak.
groete
Ruan
- visstok
- Hero Member

- Posts: 1235
- Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm
Re: algemene jakkals vra
As ek op n nuwe plaas kom, vind ek uit waars die waters en begin hulle van onder die wind werk, jakkals moet water drink. Elke keur as daai roeper aangaan, moet jy reg wees, om hier kort paaie te probeer vat, gaan jy n paar jakkalse skool gee.
Groete Alex
Groete Alex
-
projagter
- Sr. Member

- Posts: 374
- Joined: Sun Feb 03, 2013 9:27 am
Re: algemene jakkals vra
Iemand het iewers gesê ken jou roepe. Dws. bv. Elsneus -- teef met kleintjie in agtergrond, ens?
Die kenners bring nuwe roepe uit met goeie rede -- sal in sekere omstandighede beter werk as ander en dan koop ons dit -- want dit vertel ander storie. Roepe wat seker redelik algemeen gebruik word is: tafjak 1, tafjak 2 ; swartrug 1 of swartrug 2. Louis en Jason het ook soortgelyke goeie roepe. Hoe kies jy nou tussen hulle -- die antwoorde mag baie interressant wees
Jason bv. sal vir jou kan sê dat die jakkals by BJ enkel 'n reun is van so 12 maande en wat die omstandighede was tydens die opname.
Kom ons bepaal ons by die 4 bogenoemde roepe van taffie -- watter gebruik jy, HOEKOM en hoe verskil hulle volgens jou ervaring en opvatting van mekaar -- wat het die praktyk jou geleer
???
So met die gesels tussen manne vind ek nog baie verskillende ervarings tussen jagters wat dieselfde roep vir verskillende doeleindes gebruik.
Die kenners bring nuwe roepe uit met goeie rede -- sal in sekere omstandighede beter werk as ander en dan koop ons dit -- want dit vertel ander storie. Roepe wat seker redelik algemeen gebruik word is: tafjak 1, tafjak 2 ; swartrug 1 of swartrug 2. Louis en Jason het ook soortgelyke goeie roepe. Hoe kies jy nou tussen hulle -- die antwoorde mag baie interressant wees
Kom ons bepaal ons by die 4 bogenoemde roepe van taffie -- watter gebruik jy, HOEKOM en hoe verskil hulle volgens jou ervaring en opvatting van mekaar -- wat het die praktyk jou geleer
So met die gesels tussen manne vind ek nog baie verskillende ervarings tussen jagters wat dieselfde roep vir verskillende doeleindes gebruik.
- NicoSmit
- Hero Member

- Posts: 1899
- Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm
Re: algemene jakkals vra
Kan 'n mens 'n 100w globe in 'n 140 Lightforce sit? Ek het 'n spare globe gesoek en kon net 'n 100w kry en nie die oorspronklike 75w nie
