Gister n paar voels afgehaal.

Post Reply
User avatar
Blackie Swart
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 422
Joined: Sat Apr 02, 2011 7:48 pm

Gister n paar voels afgehaal.

Post by Blackie Swart »

Het gister so n paar volstruise afgehaal. Die voels se kondisie was goed en gewigte was so tussen 35 na 50kg. Het vir die dag darm 48 geskiet.Hier is n foto of 2.
Groete
Blackie
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Gister n paar voels afgehaal.

Post by Marc »

Ek kan my net indink watse aroma het daar in die lug gehang, min wat kan ruik soos groot voel binne goete
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Gister n paar voels afgehaal.

Post by sako 30-06 »

Goeie werk,dit wil gedoen word.

So word die voels plaaslik verkoop of uitgevoer?
User avatar
Blackie Swart
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 422
Joined: Sat Apr 02, 2011 7:48 pm

Re: Gister n paar voels afgehaal.

Post by Blackie Swart »

Die voels gaan op Transvaal toe. N ouerige oom het met n koeltrok die volstruise kom haal. Word glo by een of ander lodge vir buitelandse mense voorberei.
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Gister n paar voels afgehaal.

Post by win270 »

Met watter kaliber en waar op die lyf skiet jy hulle? Stilstaande of is hulle aan die hardloop as jy skiet?
User avatar
Blackie Swart
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 422
Joined: Sat Apr 02, 2011 7:48 pm

Re: Gister n paar voels afgehaal.

Post by Blackie Swart »

Win270 die meeste is met n haelgeweer geskiet op kort afstande( AAA rondtes). Daar is wel baie van die voels wat te wild was vir naby skote en is dan met my 243 geskiet op die nek of kop indie dit moonlik was. Ek gaan nie se op watter afstande ek hulle nekke af skiet nie want sal in elkgeval nie geglo word nie. Al wat ek kan se is dat daai Burris op my 243 is baas van die plaas.
HEINBMW
Newbie
Newbie
Posts: 35
Joined: Sat Feb 02, 2013 9:25 pm

Re: Gister n paar voels afgehaal.

Post by HEINBMW »

Blackie Swart wrote:Win270 die meeste is met n haelgeweer geskiet op kort afstande( AAA rondtes). Daar is wel baie van die voels wat te wild was vir naby skote en is dan met my 243 geskiet op die nek of kop indie dit moonlik was. Ek gaan nie se op watter afstande ek hulle nekke af skiet nie want sal in elkgeval nie geglo word nie. Al wat ek kan se is dat daai Burris op my 243 is baas van die plaas.
Mooi geskiet!
Vertel ons so bietjie van die Burris scope, asb

Hein
User avatar
Blackie Swart
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 422
Joined: Sat Apr 02, 2011 7:48 pm

Re: Gister n paar voels afgehaal.

Post by Blackie Swart »

More HeinBMW. Die scope wat ek gebruik is die Burris eliminator ballistic 3 laser scope met die x96 reticle. Vergroting is 4x16-50. Baie lekker scope en gebruik dit vir dag sowel as nag jag. Die kolletjie wat op die kruishaar skyn se helderheid kan helder of dowwer gestel word. Ek vind ook dat die range finder en wind lesing wat dit deurgee is redelik akkuraat. Jy moet net self jou somme maak met die waardes wat dit jou gee. Die scope is ook baie maklik om op te stel en die verstelling is positief. Die kruishaar se dikte pla my nie op kort of op lang afstande nie. Al probleem wat ek tans het is dat die glase se helderheid kan nog so bietjie meer aandag kry. Verder kan ek nie kla nie. Het die scope by Safari en Outdoor in Stellenbosch gekoop. Dit is net in n neutedop oor die scope.
Groete
Blackie
HEINBMW
Newbie
Newbie
Posts: 35
Joined: Sat Feb 02, 2013 9:25 pm

Re: Gister n paar voels afgehaal.

Post by HEINBMW »

My droom scope. Ek het tans die Mk 2 op my .204 en kom baie goed reg.
Maar sal graag so mk 3 wil besit.

Dankie vir die info.

Hein
Post Reply