375 Ruger, Baie nice geskenk

Post Reply
Dwight375
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 465
Joined: Thu Oct 10, 2013 2:33 pm

375 Ruger, Baie nice geskenk

Post by Dwight375 »

Middag manne

Ek en my pa het so 2 weke terug vir my broer die 375 ruger in n Ruger african hunter aangeskaf, die mannietjie weet nog nie van die geweer nie en kry hom vrydag wanneer my pa hom by die lughawe gaan haal ;D . Die teleskoop wat hy gaan monteer is n nikon monarch 2.5-10x42, hier op die forum gekoop. Een of ander QD mounts.

Dink die man gaan in sy noppies wees met die geweer, dit is n leftie en dit is sy eerste linkerhandse geweer.



Dankie en groete
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: 375 Ruger, Baie nice geskenk

Post by VdWalt »

Hallo my broer!! Ek soek al so lank nou julle!! Sê vir Pa as hy by die lughawe
was kan hy my ook hier in Helderkruin kom oplaai!
Dwight375
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 465
Joined: Thu Oct 10, 2013 2:33 pm

Re: 375 Ruger, Baie nice geskenk

Post by Dwight375 »

VdWalt

Ja ek voel ook so, dink ons doen hom n groot guns om n leftie vir hom te kon kry.

Ek sal n paar fotos plaas van die man met die geweer, glo Colgate gaan hom jag wanneer hulle daai glimlag sien.

Groete
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2593
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: 375 Ruger, Baie nice geskenk

Post by JohanvB »

O hel hy gaan daai gun LAAIK!!!!!
Dwight375
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 465
Joined: Thu Oct 10, 2013 2:33 pm

Re: 375 Ruger, Baie nice geskenk

Post by Dwight375 »

Naand Manne

Plan het so bietjie verander, man se teleskoop vir die geweer sal n VX3 1.5-5X20 wees met warne QD mounts, die nikon sal op die 30-06 gaan.

Wat dink julle van die scope keuse ?

Pa sal seker more doppe, dies en pinte aankoop- die punte sal n claw 270 greiner wees wat so teen 2500 fps gaan loop.

Dankie en groete
User avatar
AFRICAN LEADWOOD
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 297
Joined: Mon Jan 20, 2014 9:04 am

Re: 375 Ruger, Baie nice geskenk

Post by AFRICAN LEADWOOD »

Dwight

Ek het 'n 1.5-5x20 VXIII (nie 'n Vari-X nie en net voor die VX3 geloods is, maar hy lyk nes die VX3 met dieselfde dowwe goue ring ens.) op my 375 H&H. Dit is die 30mm illuminated Euro model, so dit is seker nie heeltemal dieselfde vergelyking nie, maar ek is baie gelukkig met die teleskoop. Ek het wild al geskiet van 40m tot so 160m met die kombinasie. Die teleskoop is verbasend helder. 5x Is vir die meeste omstandighede genoeg. As jy dikwels 180m plus skiet sal ek wel meer X'e wou hê.
Dwight375
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 465
Joined: Thu Oct 10, 2013 2:33 pm

Re: 375 Ruger, Baie nice geskenk

Post by Dwight375 »

Manne

My broer het vanoggend sy geweer gekry, my pa se die mannietjie het sommer aan die bewe gegaan.

Ek sukkel net om fotos te laai.

Altyd lekker as n man n nuwe geweer kry, groete
Post Reply