N ander aspek wat ek erens gelees het.
Baie mense staar hulle self vas aan die eye relief.
Ja die eye relief is baie belangrik, maar mens moet ook na die lengte van die ocular-bell kyk.
Die verste wat die teleskoop vorentoe geskuif kan word, is tot die agterste ring aan die ocular bell raak.
So hoe langer jou Ocular-bell is, hoe minder word jou bruikbare eye relief.
Dit help veel daar staan 100 mm eye relief op die boksie, maar as jy die scope klaar gemount het, is hy slegs 70mm van jou oog af.
