Jis manne
Kan iemand my asb help. Ek het n 22-250 sako by my skoonpa gekry, die geweer het seker nog net so 400 skote geskiet. Hy het met fabriek patrone geskiet, sako. Die geweer groepeer baie goed met hulle. Nou het ek begin om te herlaai, maar ek kry nie n lading wat werk nie. Ek laai al n paar jaar so ek ken darem die storie. Het al met S335 en S341 rond gespeel en met sako doppe en PMP doppe en met 50gr noslers en 53gr v-max en 55gr v-max en 55gr hornady varminters en punt diepte ook. Het iemand dalk raad of iets wat ek nog kan probeer.
Dankie
SAKO 22-250
-
Murray
- Jr. Member

- Posts: 94
- Joined: Mon Nov 03, 2014 7:20 am
SAKO 22-250
Anschutz match 54 1967 .22
Anschutz match 54 1964 .22
Sako 22-250 HOERKIND
Sako 243 AI
Howa 6.5 creedmoor
K98 30-06 AI
Beretta A300 12ga
Anschutz match 54 1964 .22
Sako 22-250 HOERKIND
Sako 243 AI
Howa 6.5 creedmoor
K98 30-06 AI
Beretta A300 12ga
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: SAKO 22-250
Welkom hier by ons. Gaan lees onder die herlaai afdeling oor OBT en Quick Load en watter data van jou geweer nodig is. Met die' inligting kan ons dalk die geweer uitsorteer.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
470rigby
- Hero Member

- Posts: 572
- Joined: Tue Feb 18, 2014 7:00 am
Re: SAKO 22-250
Ek het vir baie jare al (asook my vriende) baie goeie resultate gehad met een van die vele 52gr HPBT match koeels en 34 grein S335. Dit is nie baie vinnig nie (3600 fps) maar groepeer baie goed in al die gewere wat ek dit in probeer het. Terloops dis met WW of RP doppe, ek verstaan die PMP doppe werk nie baie goed nie.
Ek het ook onlangs gehoor dat 37 - 38gr S355 baie goed werk
Ek hoop jy kom reg
Ek het ook onlangs gehoor dat 37 - 38gr S355 baie goed werk
Ek hoop jy kom reg
- Jassie
- Hero Member

- Posts: 548
- Joined: Wed May 11, 2011 4:17 pm
Re: SAKO 22-250
Murray
Welkom hier
Jy gaan verskriklik baie sukkel met die geweer soveel so dat dit nie die moeite werd is nie. Stuur hom eerder vir my aan. Ek hoef nie so goed te skiet nie en sal dus die geweer, wat nou heel nutteloos is vir jou, sommer baie handig kan gebruik.
Groete
JAS
Welkom hier
Jy gaan verskriklik baie sukkel met die geweer soveel so dat dit nie die moeite werd is nie. Stuur hom eerder vir my aan. Ek hoef nie so goed te skiet nie en sal dus die geweer, wat nou heel nutteloos is vir jou, sommer baie handig kan gebruik.
Groete
JAS
"Pas jou jakkalse mooi op om hulle later makliker van kant te kan maak" T. Mulder
-
Murray
- Jr. Member

- Posts: 94
- Joined: Mon Nov 03, 2014 7:20 am
Re: SAKO 22-250
Dankie manne, ek sal elke wenk probeer en hopelik kry ek die resep wat werk. Jassie, jy klink vir my na n kans vatter. Ek gee nie so maklik op nie.
Groete
Groete
Anschutz match 54 1967 .22
Anschutz match 54 1964 .22
Sako 22-250 HOERKIND
Sako 243 AI
Howa 6.5 creedmoor
K98 30-06 AI
Beretta A300 12ga
Anschutz match 54 1964 .22
Sako 22-250 HOERKIND
Sako 243 AI
Howa 6.5 creedmoor
K98 30-06 AI
Beretta A300 12ga


