Kopkrap oor groepering nommer 2
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4596
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Kopkrap oor groepering nommer 2
nou ja, ek het die probleme wat daar was met my 300H&H uitgesorteer en ek het n nuwe loop op my 308 en knaldemper. met gekoopte ammo is die beste groep op die 300 11mm eo op die 308 22mm. met albei groeppe is ek tevrede as in ag geneem word dit is nie herlaai nie. die groeppe wys ook vir my een baie belangrikke feit, en dit is dat daar niks fout is met enige van die gewere nie. al wat oorbly is ek kan nou maar speel met ladings. probleem is ek kry geen lading wat naby die fabrieks ammo groep nie. ek het met beide die gewere pmp ammo geskiet, ek herlaai ook vir beide gewere pmp punte. maar nou sien ek die pmp punte se ogief verskil van die rak ammo. selfs die 300 se Po Amm punte se ogief verskil van die Pro Amm gekoopte patrone.
dit is mos nou simpel . vir wat doen pmp dit? omdat die gekoopte patrone beter doen as my geherlaaide, het ek besluit iewers in my herlaai sisteem is daar groot fout. ek het toe dat van my vriende vir my n paar patrone herlaai. selfde probleem. die verskillende punte wat ek al probeer op die 308 is Sierra game king en pro hunter asook pmp. by die 300 het ek pmp speer pro hunter en game king probeer. niks groep naby soos die gekoopte ammo nie. nou hoe is dit moontlik?

Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
- DawieKotze
- Hero Member

- Posts: 2075
- Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
Re: Kopkrap oor groepering nommer 2
Het ek nie iewers gelees PMP gebruik nou Swift punte in hulle rak ammo nie? Miskien sal dit help as jy daarvan kry en herlaai en dan die regte tool (die ou Stoney Point van Hornady) te gebruik om dieselfde spring vanaf die ogive na die lande te seat.
Sal dit ook nie help as jy die rak ammo kan chrony en sien watter spoed hy loop nie? Dan probeer jy daardie spoed dupliseer met jou ''nuwe" lading.
Net my 2c gedagte.
Sal dit ook nie help as jy die rak ammo kan chrony en sien watter spoed hy loop nie? Dan probeer jy daardie spoed dupliseer met jou ''nuwe" lading.
Net my 2c gedagte.
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4596
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Kopkrap oor groepering nommer 2
ek het die punte van die gekoopte patrone getrek, defnitief nie swift punte nie, maar ek het ook al daai rumour gehoor. kom seker van die African Elite produk van hulle. maar as ek jou kan vrae oor ogief. ek gaan kyk wat die jump op die gekoopte ammo is. as die verskil tussen die gekoopte ammo se jump en totale patroon lengte bv 3mm is dan gaan ek die selfde verskil stel op my herlaaide ammo. maw die gekoopte en herlaaide ammo se lengte gaan verskil maar my gelaaide ammo se jump en die van die gekoopte ammo gaan dieselfde wees. of praat ek bollie?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
-
JOHANNIC
- Hero Member

- Posts: 725
- Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm
Re: Kopkrap oor groepering nommer 2
Jip die Swift A-Frame kom net in die African Elite reeks,as ek die artikel reg onthou 
Groete johan
Groete johan
Biebers
Need for speed
Need for speed
-
JOHANNIC
- Hero Member

- Posts: 725
- Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm
Re: Kopkrap oor groepering nommer 2
Jagbehep
dit moet dieselfde lengte tot by ogief wees,as dit sin maak,maar soos jy dit se gaan dit ook werk want die jump is dan dieselfde
Groete
dit moet dieselfde lengte tot by ogief wees,as dit sin maak,maar soos jy dit se gaan dit ook werk want die jump is dan dieselfde
Groete
Biebers
Need for speed
Need for speed
- DawieKotze
- Hero Member

- Posts: 2075
- Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
Re: Kopkrap oor groepering nommer 2
Ja soos JOHANNIC s? - die sprong na die lande vanaf die ogive gemeet moet dieselfde wees Die TPL sal verskil.
Ludwig is ook reg met sy vraag - daar SAL 'n lading iewers wees wat die groepering met gekoopte ammo ewenaar en selfs verbeter.
Soos ek reeds ges? het - ek sal die "jump" dieselfde kry en dan oor chrony skiet met verskillende ladings totdat ek dieselfde spoed kry as die gekooptes.
Laat weet asb! Ons leer almal uit mekaar se probleempies
Ludwig is ook reg met sy vraag - daar SAL 'n lading iewers wees wat die groepering met gekoopte ammo ewenaar en selfs verbeter.
Soos ek reeds ges? het - ek sal die "jump" dieselfde kry en dan oor chrony skiet met verskillende ladings totdat ek dieselfde spoed kry as die gekooptes.
Laat weet asb! Ons leer almal uit mekaar se probleempies
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
-
JOHANNIC
- Hero Member

- Posts: 725
- Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm
Re: Kopkrap oor groepering nommer 2
Jagbeheb
Wat se gewig koeel laai jy vir 308 en gebruik jy S335 of n ander kruit,gee ook asb die tpl van 308 soos jy hom nou laai.
Het jy al die gekoopte ammo(pmp) se kruit geweeg?
Watse maak 308 het jy en jou loop lengte?
Jammer ek vrae so baie vrae,as jy sulke mooi groepe met gekoopte pmp kry gaan jy beter groepe kry as jy self herlaai.
Groete johan
O ja jou twist ook

Last edited by JOHANNIC on Thu Dec 09, 2010 8:14 pm, edited 1 time in total.
Biebers
Need for speed
Need for speed
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4596
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Kopkrap oor groepering nommer 2
sjoe, kom ek probeer al die vrae be-antwoord:
ek gebruik s335. 22duim loop met silencer. 1op 12 twist. meduim dikte musgrave loop. ek probeer tans al wat n 150grn punt. magnum cc250.
die gekoopte ammo se kruit weeg 0.2grn oor maks. op die 308.
ek het ook n vriend se RCBS 505 skaal geleen, en netnou daarmee gelaai. op die 308 op 43.2 grn verskil my gewone elektroniese skaal en die RCBS skaal nie. maar op die 300 op 64grn verskil die elektroniese skaal en die RCBS skaal met 1 grn.
ek het met die rcbs skaal vanaand gelaai vir die 300 en die 308. alles maks minus 1 asook maks jump minus 1mm. plus, ek het al die doppe terug gesny. gaan more oggend gou skiet.
het dus nie my en julle raad gevolg om die ogief tussen gekoopte en gelaaide ammo dieselfde te hou nie. dit is my volgende toets.
terwyl ons al die goed met mekaar bespreek, het ek nogtans gedink, as n geweer minder as n duim groep(met gekoopte ammo), gaan dit min moeite wees om dan verder minder as n duim te skiet met herlaai. die faktore waarvan ons nou praat , laat my dink aan manne wat minder 10mm wil skiet. wat ek probeer se is dat ek verbaas is dat ek nie met gewone goeie herlaai praktyke onder n duim kan skiet nie.

nou ja, kom nou net terug van die baan. slegte wind gehad. die 300H&H groep 18mm. die 308 21mm. baie tevrede sal nou rustig aan my ladings stel die res van die desember.
dankie aan almal.
dankie aan almal.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
-
jmb
Re: Kopkrap oor groepering nommer 2
Dit klink goed. Wat se doppe gebruik jy om te herlaai vir die 308?
-
JOHANNIC
- Hero Member

- Posts: 725
- Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm
Re: Kopkrap oor groepering nommer 2
Jagbeheb
Ful size jy of gebruik jy n Lee collet neck die?
En jou bullet seater,gewone lee of kompitiesie bullet seater?
Kyk jy hoeveel jou runout is as jy klaar gelaai het?
groete johan
En soos jmb vra jou doppe? is een van die belangrikste skakels
Oja jou TPL jy noggi gese hoeveel

Last edited by JOHANNIC on Fri Dec 10, 2010 8:17 am, edited 1 time in total.
Biebers
Need for speed
Need for speed
- KSV
- Hero Member

- Posts: 1386
- Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am
Re: Kopkrap oor groepering nommer 2
Jagbehep,
Sien jy se jy gebruik CCi 250 Primers. Is dit nou vir die 308 ook?
As dit so is is sal jy moet kyk na ander Primers, die CCI 250 is magnum primers en die CCI 200 is standaard.
Die vraag oor die doppe is ook belangrik aangesien jy nie moet meng tussen verskillende make en ook nie badges van dieselfde maak nie.
Kalahari groete
Hein

Last edited by KSV on Fri Dec 10, 2010 8:38 am, edited 1 time in total.
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4596
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Kopkrap oor groepering nommer 2
ek full size. gebruik winchester doppe. op die 308 gebruik standaard lee dies. en op die 300 Hornady. op die 308 en die 300 is die tpl 1mm minder as totale free bore(jump). johannic vertel my meer oor die runout, en die kompetisie dies.
hoekom se julle manne ek kan nie 250 primers gebruik nie? 308
hoekom se julle manne ek kan nie 250 primers gebruik nie? 308
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
-
jmb
Re: Kopkrap oor groepering nommer 2
Skerp Ludwig ek het dit nie in JB se post raakgesien nie. In 308s is die gewone large rifle primer die beste om te gebruik. Die kruitkolom is kort en dus is die warm primers onnodig en negatief. My gevoel is ook dat as jy regtig goeie groeperings wil kry met 'n 308 wat beter is as fabrieks ammo moet jy vir premie doppe en punte gaan. My 308 groepeer met enigiets van ou "army" punte dwarsdeur. Die enigste waar ek met selflaai kon verbeter was met Lapua doppe en Sierra punte. Vir gewone jag afstande is dit natuurlik suiwer akkademies. Dit is net relevant as jy 1 gaatjie in 'n papier wil sien na 5 skote. 
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4596
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Kopkrap oor groepering nommer 2
verstaan nie in my dommigheid hoekom n magnum primer negatief akuraatheid sal beinvloed nie. maar julle het my oortuig om dit ten minste te toets.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4596
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Kopkrap oor groepering nommer 2
wat ook al die rede is ek het nou net vir my geweersmit gevra, en hy stem met julle manne saam dat die magnum primers nie so akkuraat is nie. ek het nie nou sulke primers nie. gaan sommer staalpunte trek en my lading in daai doppe gooi en dan weer toets.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
-
jmb
Re: Kopkrap oor groepering nommer 2
JB jy kan dit doen. Ek wil net vir jou laat verstaan dat 308s vir selflaaiers uit my oogpunt 'n moerse bron van frustasie kan wees. Die goed skiet goed met basies enigiets in 150gr. As jy wil beter laai as fabrieksammo gaan jy moet baie moeite doen. Topklas doppe, dopvoorbereiding en baie akkurate laai TPL en baie goeie match punte. Anders gaan jy nie regtig die verskil agterkom nie. Verstaan my asb ek wil jou nie afraai om te laai nie, al wat ek vir jou se is dat as jy beter groepering soek as wat die fabrieksammo gee gaan dit jou lekker frusteer. Glo my ek is daardeur. 
- KSV
- Hero Member

- Posts: 1386
- Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am
Re: Kopkrap oor groepering nommer 2
Jagbehep.
Die magnums is nie akkurater as die standaard primers nie. Hulle brand slegs met 'n warmer vlam om die groter volumes dryfmiddel te ontbrand wat jy in Magnum kalibers kry.
Dink hulle praat van as jou lading meer as 65gr is dan is dit beter om Magnum primers te gebruik.
Hoop die verduideliking help jou?
Nog 'n verskoning om meer te skiet. jy moet mos nou meer toetse doen.
Hein
Die magnums is nie akkurater as die standaard primers nie. Hulle brand slegs met 'n warmer vlam om die groter volumes dryfmiddel te ontbrand wat jy in Magnum kalibers kry.
Dink hulle praat van as jou lading meer as 65gr is dan is dit beter om Magnum primers te gebruik.
Hoop die verduideliking help jou?
Nog 'n verskoning om meer te skiet. jy moet mos nou meer toetse doen.
Hein
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7553
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Kopkrap oor groepering nommer 2
Manne
Die Magnum primers se "rule of thumb" is 70gr en meer. Met die 308 wat hou van vinniger poeier is dit glad nie geskik nie. Te veel van die kruit word aan die begin aan die brand gesteek en dit veroorsaak te groot druk kurwe aan die begin wat dan nou weer teweeg bring dat die oorblywende poeier te vroeg in die kamer/dop ontbrand en nie op die regte plekke in die verskillende staduims nie. Dit foeter die hele dinamika van die kryt en goeie eienskappe van die 308 op.
Jagbehep, ek sien ook dat jy jou doppe "fullenght resize" wat as dit kom by werklike akuraadheid ook nie geskik is nie. "Necksize" hulle net. Moet ook jou nie te veel bekommer oor die skale se verskille nie, net solank die skaal wat jy gebruik nie verskillende gewigte en verskille het wanneer jy weer daai lading gooi nie gee. Herlaai kan maar n ou soms goed rondneuk maar die verskil kom daarin die dag wanneer alles begin saamval, daar is maar min dinge wat n ou so goed laat voel as dinge bymekaar kom!
Byt maar vas ou maat en bly maar vrae vra, dinke sal uitwerk!
Groete
Wout

RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
-
JOHANNIC
- Hero Member

- Posts: 725
- Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm
Re: Kopkrap oor groepering nommer 2
Jagbeheb
Jammer man ek kom nou eers weer die huis in vrydae ga maar woes hier.
Die Primer ding baie belangrik.
Ok As jy elke keer fulsize maak dit weet die hele dop "kleiner" as jy net neck size bly jou dop die regte kamergroote van jou geweer m.a.w hy le nie los nie, en as jou "runout" onder 2 of selfs 1 thou van n mil kan wees soveel beter,dan tref die koeel die groewe konsentries en dit tel "BAIE " waneer dit by eenskoot groepe kom.
N kompitiese "die" help om jou koeels meer konsentries te laai.
As jy regtig erinstige groepe uit jou 308 wil kry,koop n Lee collet die en n komp bullet seater,en n runout meter(jy kan self een maak ook)Sorteer jou gelaaide ammo volgens runout,en Bob your uncle.
As jy nog geld oorhet na die uitsappie kry Lapua doppe of weeg die doppe wat jy tans gebruik en sorteer dit volgens gewig.
Baie belangrik: geniet dit wat jy doen

Ek het gister gesien schalk cullinan is ook n lid hier as jy sy brein kan "pick"sal dit ook baie help,hy is n groot gees
Ek het gister gesien schalk cullinan is ook n lid hier as jy sy brein kan "pick"sal dit ook baie help,hy is n groot gees
Biebers
Need for speed
Need for speed
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4596
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Kopkrap oor groepering nommer 2
dankie vir die terugvoer. gaan vanmiddag weer skietbaan toe. ek sal graag my 308 19mm en kleiner wil skiet. dit sal maak dat ek n tennisbal grote op 200m groep en dit is vir my genoeg. die gegroepeer skietery hou my van die jagveld af weg, en 20mm groeppe is vir my meer as genoeg vir jag. as ek die 308 op 19mm kry gaan ek vir eers by daai lading hou. ek skiet klaar 20-22mm groeppe en glo ek dat as ek klaar oorgaan na gewone primers, gaan ek onder 20mm groep.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4596
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Kopkrap oor groepering nommer 2
het gister aan ons jag groep se informele weeklikse skietkomp deelgeneem. ons het gongs geskiet. 1 op 100m met n deursnee van 100mm. 1 op 200m met n deursnee van 210mm en die 300m een is 250mm x 250. ek wou met die 300H&H gaan skiet het, iets val toe voor en daar het ek toe n nie tyd om vir die 300 te laai nie. ek besluit toe maar op die 308, net om te sien ek het ook nie ammo vir hom nie. ek gryp toe maar n pakkie staalpunte en daar gaan ons. ek weet tradisioneel groepeer daai staalpunte so bietjie hoer en regs as normaal en ek kompenseer toe maar daarvoor. en siedaar daar wen ek die kompetissie. ek dink ek was die meeste verbaas van almal. ek het net die laaste skoot op die laaste keer wat ek na die 300meter gong moes skiet gemis. voel vannoggend of ek die lotto gewen het.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
-
JOHANNIC
- Hero Member

- Posts: 725
- Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm
Re: Kopkrap oor groepering nommer 2
Jagbeheb
Maak die staalkoeels nie die gonge eina nie
Maak die staalkoeels nie die gonge eina nie
Biebers
Need for speed
Need for speed
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4596
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Kopkrap oor groepering nommer 2
o, jy ken? maar nie op 300m nie. ons het sommer vrydag die gongs self gemaak. wat se dikte staal is eindelik die regte dikte?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!