Vuurwapens - Geweer Veiligheid

Post Reply
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Vuurwapens - Geweer Veiligheid

Post by Stefan764 »

Manne, ek het die weer op n email vamore gekry. Ek weet baie van julle het dit al gesien of van die storie gehoor, maar vir die wat nie het nie, kyk en leer. Die man het sy "bore"sight in die loop vergeet en toe n rondte afgevuur...

Image

Image

Image

Image

Image

Versigtig wees maats...

Groete
Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
jmb

Re: Vuurwapens - Geweer Veiligheid

Post by jmb »

Stefan ek dink daardie hele volgorde van fotos is bietjie aangepas. Daar was wel iets in daai loop en die boresighter is stukkend. Ek dink egter dat daai laaste foto bygesit is om die saak bietjie meer dramaties te maak. As jy na die laaste geweerfoto kyk waar die ou kwansuis vanaf geskiet het sien jy geen bloed of enigiets nie. Die kolf gedeelte van die geweer makeer ook niks so ek dink dit is bietjie gedramatiseer. Dit verander egter niks aan die feit dat gewere potensieel baie gevaarlik is en dat 'n ou moet dink wat jy doen nie. kyk maar die klomp verkeerde patrone wat ons van weet wat net op hierdie forum al deur gewere gestuur is.
User avatar
baboonstalker
Hero Member
Hero Member
Posts: 692
Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm

Re: Vuurwapens - Geweer Veiligheid

Post by baboonstalker »

Eish, ek wil nie graag so 'n blommetjie maak van een van my roere nie!

Een ding wat ek met julle manne wil deel:
As ek jag (walk & stalk) loop ek met 'n patroon in die kamer en my slot toe, maar met die bolt handle nie afgedruk nie.
Let egter op dat as jy nou die slot oopmaak, die patroon nie uitkom nie aangesien die extractor op my gewere slegs haak as die slot heeltemaal toegedruk word.

As jy nou die magasyn sou uithaal, slot toedruk en die sneller trek, gaan die skoot loop. (en jy het gedink die geweer is veilig)

As jy dus jou geweer veilig maak, kyk maar in die kamer en druk jou vinger in as dit moet, moet net nooit aanneem dat daar niks in is nie.

ONTHOU, DIE DUIWEL LAAI GEWERE A JY NIE WAKKER IS NIE!
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Vuurwapens - Geweer Veiligheid

Post by Raven »

Daar is nog 1 manier, maar jy moet ook redelik versigtig wees om dit te doen, en raai dit nie maklik aan vir 'n man om met enige geweer te doen nie.

Jy doen dieselfde as wanneer jy jou patroon uit die loop haal, wanneer jy nie gaan skiet nie. Dan trek jy jou sneller terug en maak die slot toe.

Nou as jy 'n patroon laai, trek die sneller terug en druk slot toe. Jou firing pin sal dan ook nie gespan wees nie. As jy jou teiken in sig het, lig jy die slot grendel net op en af, en jou firing pin is weer gespan, doen dit eers sonder 'n patroon as jy wil kyk hoe dit werk.

Die beste vir jagters is natuurlik om eers te laai as jy wil skiet, en nooit voor dit nie.


As jakkals jagter laai ek sodra my roeper aangaan, en maak veilig voor ek skuiwe na nuwe staanplek.

Norton
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Vuurwapens - Geweer Veiligheid

Post by Geno »

Raven wrote: Nou as jy 'n patroon laai, trek die sneller terug en druk slot toe. Jou firing pin sal dan ook nie gespan wees nie. As jy jou teiken in sig het, lig jy die slot grendel net op en af, en jou firing pin is weer gespan
Raves,
Daai is debateerbaar.
Jou slagpen le teen die primer. Ek het al gehoor en gelees van gewere wat val en afgaan so.

Ek stoot 'n rondte in die kamer in, en los die slot opgelig as ek bok skiet.
Dis 'n goeie visuele indikasie van wat aangaan.
As ek jakkies skiet, laai ek en sit die safety aan.

As ek klaar gejag is, haal ek die rondtes uit, tel hulle, druk my pinkie in die kamer, en dry fire in 'n veilige rigting.

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Vuurwapens - Geweer Veiligheid

Post by DawieKotze »

Ek dink dit is ook 'n onderwerp wat nogal baie uiteenlopende standpunte gaan uitlok.

Altyd v??r die jag, in die kamp, op die bakkie en as ek klaar gejag het in die veld, as jy jou geweer hanteer of neersit, moet die slot heeltemal oop wees. Dan is dit nie vir my nodig om jou te vra is jou roer veilig nie - ek kan dit self sien! Party manne raak nogal agro as ek aanmekaar vra.  :) En dis nonsens dat daar stof en sand in die aksie gaan kom tot so 'n mate dat jou geweer gaan weier!

As ek stap, is daar patroon in die loop, slot toe, maar nie heeltemal ge"lock". Ek gebruik nooit my gewere se veiligheidsknip nie - na my mening maak die goed mens onnodiglik gerus.

Dis my manier en ook die groep waarmee ek saamjag se manier.
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Vuurwapens - Geweer Veiligheid

Post by Stefan764 »

Ek stem weer saam met Ludwig. Nie dat ek se julle ander manne doen dit verkeerd nie, inteendeel...

My Tikka se magesyn haal ook uit en dis maklik om veiligheid so te handhaaf. As ek die bokke gewaar, neem ek Raves se veiligheidsprosedure aan en ek laai n patroon van magesyn in loop, ruk sneller af en maak slot toe. Al probleem is, soos my jakkie-jag-maat reeds uitgewys het, die slagpen le teen die primer. Al is hy nie gespan nie, kan die skoot nogmtans met n stamp of n ding afgaan. Die ding is, n ou is aleen in die veld op die stadium, so jys vir jouself verantwoordelik.

Tussen manne by die kamp of op die pad hoort n gun in sy sak of tas en sy slot in n rugbykous langs die geweer in die sak of tas.

Onthou my lat ek julle manne vertel as ek tyd het eendag hoe ek amper my broer en myself doodgeskiet het op 4-jaregie ouderdom... Pa se .357 S&W uit die kluis gesteel toe hy dorp toe is...Grillerige storie...so ja, geweerveiligheid is vir my VERSKRIKLIK VERSKRIKLIK belangrik. Nie net myself nie, maar enige ou in die jagkamp, op die skietbaan, jou eie huis se geweerkamer of waarookal. EK is altyd een van daarie po3ph@lle wat heeltyd vra: "Is daai geweer veilig maat?" so julle sal my mar so moet leer ken en aanvaar...  ;)

Groete en veilig wees,
Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
baboonstalker
Hero Member
Hero Member
Posts: 692
Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm

Re: Vuurwapens - Geweer Veiligheid

Post by baboonstalker »

as jy jou geweer hanteer of neersit, moet die slot heeltemal oop wees. Dan is dit nie vir my nodig om jou te vra is jou roer veilig nie - ek kan dit self sien!
Madako,

Dit is hier wat ek van jou verskil: Ek sal vir jou die insident waarna ek vroe?r verwys het in detail beskryf en dan sal jy besef wat ek s?

Ons het koedoes gejag in die oos Kaap, ek het 'n koei so halfpad teen die rand uit geskiet en sy het geval. Soos ek maar maak as ek na 'n bok toe stap, druk ek weer een in die kamer en maak die slot toe sonder om hom heeltemaal af te druk. (Steyr-Mannlicher 30-06) by die bok gekom, maak ons veilig (slotte oop en maak gewere staan teen spekbos.
Sny keel af, haal pens uit en sleep bok in die koelte. Toe ons gewere weer optel, haal ek my magasyn uit en besef daar is net 3/5 rondtes in, ek neem dus aan dat ek met die veiligmaakslag 'n rondte laat uitval het, ons was mos moeg geklim en die bokkoors loop nog. Ek maak vrede daarmee dat ek die rondte verloor het, en toe ek my slot wil toemaak en die slagpen ontspan vir die afklim, vang my oog die vermiste rondte moo in die kamer van die geweer. Die rondte het net daar gebly al het die geweer regop gestaan met die slot oop - 'n ongeluk wat wag om te gebeur.

'n GEWEER IS SLEGS VEILIG AS JY SELF GEKYK HET EN SEKERGEMAAK HET DAAR IS NIKS IN DIE KAMER NIE
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Vuurwapens - Geweer Veiligheid

Post by DawieKotze »

Ja ek stem saam - ons leer altyd op die harde manier.

Wanneer ek praat van die slot moet oop (oop soos in heeltemal terug getrek)wees tussen ander mense, verstaan ek daarmee dat daar geen manier is dat 'n skoot "per ongeluk" dan kan afgaan nie Dis tog logies! Of daar nou per ongeluk 'n patroon in die kamer agtergebly het of nie (maar ek stem saam dat visuele inspeksie altyd ook moet gebeur)

Dis heeltemal 'n ander storie as jy nou daai slot gaan toemaak tussen mense! Dis wat jy gedoen het tussen mense en volgens my veiligheids re?l nie die regte ding gewees nie.

Maar ek sien ons is in elk geval op dieselfde golflengte as dit by veiligheid kom - sou jou net aangepraat het by daai koedoe koei as jy jou slot toegemaak het  ;D

Groete
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Vuurwapens - Geweer Veiligheid

Post by Francois Marais »

Manne

Op my oes jagte is daar by my altyd n patroon inni kamer, maar maak ek my slot heel toe sleg as ek wil skiet, as ek op my jakkas stoel sit, maak ek my slot toe, safty af, sodra ek beginne lig, en is my eerste aksie, as ek nie geskiet het nie, om die slot oop te maak. In Zim, agter die Olifante, laai jy jou geweer, safty aan, en loop jy heel dag so, tot jy weer by die kar kom, dan haal jy die safty af, patroon uit die loop, elke situasie het sy eie meriete/maniere hoe dit gedoen word, reken ek.

Solank jyself gemaklik is met jou manier van doen, dis jy wat moet verduidelik as daar n fout kom.

My 2c.............

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Vuurwapens - Geweer Veiligheid

Post by Wouter Roets »

Hallo Manne
Hierdie is vir my n interessante onderwerp.
Een van die redes hoekom ek vir Ruger gekies het is nommer een die controled round feeding en die ander is die drie posiiesie veiligheidsknip. Op die tweede posisie word die sneller meganisme keblok en in die laaste posiesie word die slagpen geblok sowel. n Mens kan ook nie n ronde in die kamer laai en dan die slot oor hom laat toe maak nie.
Met ander aksies met die metode waar n rondte in die kamer in gesit word en die slot dan op die eerste knip gesit word is daar mos nou niks behalwe die sheeringmeganisme wat keer dat die slagpen afgaan nie, die slagpen is mos gespan. As die sneller getrek word wanneer hierdie proses gedoen word le daardie slagpen soos reeds gese mos na aan die primer in die ontspanne proses en enige harde stamp het n kans om die slagpen so ver te laat uitkom om wel die skoot te laat loop. Dit het al menigte kere gebeer.
Ek werk met my veiligheids meganisme eksklesief in die veld en ander plekke. Op die agterste posisie van die veilikheidsknip wat diep in die slagpen in gaan is dit vir my die mees veiligste meganisme/manier wat ek tot nou toe raakgeloop het. Ek is vertroud met hierdie manier wat ek al vir etlike jare toepas. Wanneer ander mense my gewere leen sien ek dat dit nog nie mooi posgevat het nie en dat hulle baie keer deurmekaar raak, potensieel net so gevaarlik!
Ek is nie so groot aanhanger van die gewone veiligheidsknippe wat net die sneller blok nie en die ouens wat hulle in my teenwoordigheid gebruik maak my maar meestal baie senuweeagtig.
Om met een tipe geweer te werk en met een manier te werk hoe jy hierdie veiligheismetodes toepas hou vir ny baie voordele in. Ek kan nie verstaan hoekom nie meer vervaardiger oorskakel na hiersie meganisme nie? ???
Groete
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Post Reply