308 - Alfa & Omega
- DawieKotze
- Hero Member

- Posts: 2075
- Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
Re: 308 - Alfa & Omega
tafjak - ek is baie bly om die verskoning te lees. 8)
Dit kos 'n man om askies te s? al stem jy nogsteeds nie saam met hulle nie. Ons ander wat die posts lees sal ons eie afleidings maak met die verskeie opinies wat gelug word.
"Always better to agree to disagree"

Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
-
Gerrit Visser
- Sr. Member

- Posts: 335
- Joined: Sun Oct 10, 2010 4:47 pm
Re: 308 - Alfa & Omega
Tafjak ware woorde van jou pa.
Het nie rede om vir enige een te lieg. Ek is ook nie skaam oor die R45 000 mis skoot nie, wel baie spyt
as ek net meer geoefen het met windgeweer was dit dalk anders. Die ergste is die varkteiken is 45m.
Ek is ook nie vanplan om jou werk af te neem nie. Wil net my skietkuns verbeter. Jy is welkom om by ons te kom skiet, ek belowe jou jy sal die dag geniet. Ek weet ek gaan somer baie by jou leer.
My pa s? "Net dooie mense leer nie" my 2c

- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: 308 - Alfa & Omega
Oom Taffie, as straf sal Oom 'n jackol met my .308 moet skiet as Oom eendag hier in ons w?reld is
. Seer n?? Groete, Eugene.
Goed, beter, 6millimeter!
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: 308 - Alfa & Omega
Gerrit
Ja, die ou trigger-happy Taffie. Goed gedoen om steeds 2de te eindig. Ek was nie eers onder die laaste 100 nie.
Ek sien ek is alweer af van die topic, maar dit is darem die 308 se topic en enige iets wat met springe en canasters werk is seker van toepassing.
Ek het al 'n 308! Die liegstorie van my was ook nie op windbuks-skiet of enige iemand gemik nie, maar wel op ge-"claim"de posisies.
'n Quote van jou:
Groete
Taffie
Ps. Daar sal altyd iemand wees wat beter as jy skiet en iemand wat swakker as jy skiet. As dit nie waar was nie, "reverse" ons die toekoms in.
Ja, die ou trigger-happy Taffie. Goed gedoen om steeds 2de te eindig. Ek was nie eers onder die laaste 100 nie.
Ek sien ek is alweer af van die topic, maar dit is darem die 308 se topic en enige iets wat met springe en canasters werk is seker van toepassing.
Niemand verloor 'n wedstryd nie, maar iemand wen dit! As die windbuks se spring orraait was het jy nou R45000'e 308 gehad en ek sou ook as ek kon die vark mis skiet.Het nie rede om vir enige een te lieg. Ek is ook nie skaam oor die R45 000 mis skoot nie, wel baie spyt
........jis, amper dog ek jy wil dit doen en word ek bly. Nee Gerrit, baie lekker werk en geniet dit sommer baie. Maar so op die punt, daar is so 500 vakante poste in die Jakkalsjagbedryf. Aplikasies is baie welkom en sal deur die boere verwelkom word.Ek is ook nie vanplan om jou werk af te neem nie.
'n Quote van jou:
......absoluut!! En wat meer is: Geen 2 jagters dieselfde nie.NS Ek weet 'n werklike jakjag sal niemand kan copy nie
Groete
Taffie
Ps. Daar sal altyd iemand wees wat beter as jy skiet en iemand wat swakker as jy skiet. As dit nie waar was nie, "reverse" ons die toekoms in.
Mooiloop en Geseende Kersfees!
- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Re: 308 - Alfa & Omega
MMMM
SIEN DINGE STAAN NOU NA N PUNT TOE..
EN EK VOEL OOK SO KRIEWELRIGHEID IN MY BINNESTE
GENIET DIE GESELSKAP
TOT WEDERSIENS
JACQUES BOTHA

Shoot straight and tell the truth!
-
JOHANNIC
- Hero Member

- Posts: 725
- Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm
Re: 308 - Alfa & Omega
Gert ek dink dit sal n vrek lekke skiet wees,ek het so paar mails uitgestuur na jou post whoohoo daar is baie belangsteling in so n nagskiet/pretskiet/kompitiesie,ek dink julle sal grootsukses van so n skiet maak.
Ek dink net nie julle sal 200 manne in die aand kan laat skiet nie
Jy moet ons ophoogte hou as jul dit aanpak,hel man dit sal n lekke gedoente wees,pot en pinotage na die tyd ;DHoop daar kan n paar groot jakkie manne afkom ons kan sekerlik vir hulle verblyf reel en al daardie onodige uitgawes
Ek gaan nie kan slaap vanaand nie
Groete johan

Biebers
Need for speed
Need for speed
-
henslin
- Sr. Member

- Posts: 401
- Joined: Thu Oct 14, 2010 3:34 pm
Re: 308 - Alfa & Omega
Tafjak - nou het jy die laaste veer uit my beter wordende bleskop gepluk - OK Thanks 
Geno - Praat met daai Stefan maatjie van jou. Gaan probeer om hom daai 'varkbewe' genieting te laat probeer ervaar !!
Die plekkie het begin om almal met dertig amper tagtig te probeer om ook 'n plekkie in die son te kry. Dis my biltongkamer !!
Ek geniet my gate uit - doet so voort !!

Last edited by henslin on Wed Dec 08, 2010 10:07 pm, edited 1 time in total.
Agterosse kom ook in die kraal - vir die volgende veiling !
-
Gerrit Visser
- Sr. Member

- Posts: 335
- Joined: Sun Oct 10, 2010 4:47 pm
Re: 308 - Alfa & Omega
Tafjak kan nog nie lekker "quote" nie, maar as ek enige posisie ge-claim het "Quote" asb vir my. Ek was nie 2DE nie. met die wat ek die kop mis, sit die skoot toe in die bek -45punte. Dan val "n man sommer maklik 15 plekke. Die R45 000 geweer is van jou kaliber keuse, die dame wat dit gewen het, het 'n 243 laat bou. kan nie wag om dit te sien.
Jammer Tafjak dat ek jou nie beter ken nie, daarom kan ek jou ook nie oordeel nie. Gaan kyk gerus ook my hartgeweer is 'n 270
Ek sou 'n 6mm AI kies
GROETE GERRIT
Jammer Tafjak dat ek jou nie beter ken nie, daarom kan ek jou ook nie oordeel nie. Gaan kyk gerus ook my hartgeweer is 'n 270
Ek sou 'n 6mm AI kies
GROETE GERRIT
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: 308 - Alfa & Omega
Geens
Al die volk op die bakkie met ligte, flitse, lighters(alles wat kon lig maak) en ek is seker daar was 'n paar kerse ook by. Darie aand moes alles platl?, niks kon eers net na die bakkie loer nie dan word die ankers vasgemaak en geskiet vir die vale. Dink daar het 'n paar van die boerboklammers(die wat die jakkalse nie kon bykom nie) ook gesneuwel, snaaks dat as jy na goed skiet wat nie bedreiging is nie,
Ek wens vandag ek kon dit op film vasl? en verkoop as: "The way not to do it". Dalk miskien ook afgetree met die vrag geld wat dit op "Africa's funniest home movies" kon verdien.
Ja, daar kon soveel as 7-10 jakkalse met die three O eight omgekom het, maar het tot bekering gekom toe maat my sy 243 leen.
Mooiloop
Ps. My 308 staan in kas en kan op enige oomblik daaruit verskyn en amok maak. Net nie seker of die skut kan nie.
...geen straf nie. Sal seker wat ek nou kwytraak nie van my verwag het nie, maar 1ste 2j?k?lle het met 308 geneuwel. Die was ge-"sight" 2.5duim hoog op 100 en 1ste jakkals val met 1ste skoot. Wil nou nie noem hoe v?r nie, maar 2de een val eers na 7skote, seker so op 100meter en die helsem wil net nie stilstaan nie, seker gesien dat hy per ongeluk 'n dwaalkoe?l kan optel.as straf sal Oom 'n jackol met my .308 moet skiet as Oom eendag hier in ons w?reld is
Al die volk op die bakkie met ligte, flitse, lighters(alles wat kon lig maak) en ek is seker daar was 'n paar kerse ook by. Darie aand moes alles platl?, niks kon eers net na die bakkie loer nie dan word die ankers vasgemaak en geskiet vir die vale. Dink daar het 'n paar van die boerboklammers(die wat die jakkalse nie kon bykom nie) ook gesneuwel, snaaks dat as jy na goed skiet wat nie bedreiging is nie,
Weet ook tot vandag toe nog nie hoekom nie.kan jy net nie misskiet nie!
Ek wens vandag ek kon dit op film vasl? en verkoop as: "The way not to do it". Dalk miskien ook afgetree met die vrag geld wat dit op "Africa's funniest home movies" kon verdien.
Ja, daar kon soveel as 7-10 jakkalse met die three O eight omgekom het, maar het tot bekering gekom toe maat my sy 243 leen.
Mooiloop
Ps. My 308 staan in kas en kan op enige oomblik daaruit verskyn en amok maak. Net nie seker of die skut kan nie.
Mooiloop en Geseende Kersfees!
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: 308 - Alfa & Omega
Gerrit
Nee, nee niemand hier het iets ge-"claim" nie.
Ek het aan slegs 2 skietkompetisies deelgeneem in my lewe en hulle soek nou nog na my score-card. Dit so geniet dat ek volgende jaar(as die gesondheid hou) weer daar sal wees. My hele werk bestaan uit raakskiet en wil die kansie gebruik waar die misskiet nie my en my kli?nt geld kos nie. Lekker gesels en sommer net so bietjie ontspanning. Die Lammergeier-ouens weet hoe om so-iets te doen.
Mooiloop
Nee, nee niemand hier het iets ge-"claim" nie.
...hierdie quote van my was op niks van hierdie topic(308-Alfa & Omega) gemik nie. Sommer oor iets wat al 13maande gelede ges? is in ander topic. Ek het slegs die vraag gevra aan Johannic omdat julle 2(so verstaan ek) gereeld op belangrike skietdae is en net miskien iets weet. Nee my maat, die girl met die R45000-roer het ook maar net iets in my laat dink om so stukkie humor by te sit. Sou darem vreeslik wees as Hennerikie julle in 'n kaliber met sy sponsorship sou boelie.Jong, maar lieg die mense op hierie site nie baie oor hulle skietvermo? nie, sien nie name in belangrike skietdae nie?
Ek het aan slegs 2 skietkompetisies deelgeneem in my lewe en hulle soek nou nog na my score-card. Dit so geniet dat ek volgende jaar(as die gesondheid hou) weer daar sal wees. My hele werk bestaan uit raakskiet en wil die kansie gebruik waar die misskiet nie my en my kli?nt geld kos nie. Lekker gesels en sommer net so bietjie ontspanning. Die Lammergeier-ouens weet hoe om so-iets te doen.
Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
-
JOHANNIC
- Hero Member

- Posts: 725
- Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm
Re: 308 - Alfa & Omega
Taffie
Ek ken so paar man van lammergeier,baie bakgat klomp daardie,kan nogals indink jy geniet hulle skiete
groete johan
Ek ken so paar man van lammergeier,baie bakgat klomp daardie,kan nogals indink jy geniet hulle skiete
groete johan
Biebers
Need for speed
Need for speed
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: 308 - Alfa & Omega
Vir my is daar min dinge waaraan ek my kan vergaap soos iemand wat sy "trade" ken. Iemand wat 'n moeilike tegniek, sommer so maklik laat lyk.
Ek was eendag as kind saam met my pa op 'n snoekboot uit. Hy het my bekend gestel aan 'n w?reld wat ek miskien iets van kon raai, maar nooit besef het hoeveel vaardigheid daarmee gepaard gaan nie. Die snoeke was met omtrent een beweging met die handlyn uit die water gelig, onder die visserman se blag ingeswaai, sy nek gebreek, snoek op sy plek gegooi/b?re en die handlyn weer laat sak - alles in 'n sekonde of twee. Die snoeke, bakke vol, het geen kans gestaan teen die ou snoekvanger se behendigheid nie. Selfs die rob wat 'n maklike ete wou kom steel, was gou gou op sy plek gesit. En toe die snoeke, oppad hawe toe, gevlek en gesout was, kon ek my steeds verkyk. Met drie hale van 'n opgeslypte mes, het die snoek in 'n "towertoertjie" perfek oopgevlek geval om grof gesout te word.
Heeltyd was daar 'n grappie gemaak en oopbek gelag dat jy die ou visserman se oorblywende drie vrot tande kon sien en selfs na al die jare, kon jy sien hierdie man is steeds in sy element en geniet wat hy doen. Dit terwyl 'n paar ander gaste op die skuit, witbleek oor die kante gehang en die visse gevoer het. Seesiek het my gelukkig nie gepla nie, seker omdat ek my so aan die ou visserman se behendige ervaring verwonder het. Ek kan vandag nog nie help om te wonder hoeveel geld hy sou gemaak het, as hy met die selfde geedrif en vlak van behendigheid as professionele golfspeler of Formule 1 renjaer moes deelneem nie - of as visserman in hierdie Amerikaanse visvang-toernooie waar groot geld betaal word nie. Ek reken hy sou 'n glansryke held van vele, in die samelewing gewees het, maar is seker vandag onder die kluite sonder dat hy iets materialisties aan sy kinders kon nalaat. Sy nalatenskap aan my was dat iemand nie op sy baadjie takseer moet word nie.
Nou wat het dit met hierdie onderwerp te doen? Ek weet nie regtig nie, behalwe dat ek ook met die snoekvanger se hulp, drie snoeke daardie dag kon vang en ook een op 'n manier kon vlek. So, wat maak dit van my?

Goeie dade oortref goeie woorde.
-
Stefan764
- Hero Member

- Posts: 3616
- Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Re: 308 - Alfa & Omega
Tafmantafjak wrote:........jis, amper dog ek jy wil dit doen en word ek bly. Nee Gerrit, baie lekker werk en geniet dit sommer baie. Maar so op die punt, daar is so 500 vakante poste in die Jakkalsjagbedryf. Aplikasies is baie welkom en sal deur die boere verwelkom word.Ek is ook nie vanplan om jou werk af te neem nie.
As dit maar net so maklik was het ek my aansoek NOU ingestuur...
Groete
Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: 308 - Alfa & Omega
Manne
JARACAL FORUM moet die enigste van sy soort in die wereld wees..........
Probeer iets sinvol oor amper enige topic se, en een of ander tyd kom n 308 ter sprake, meerendeels oor my eie tong in die kies opmerkings, maar nieteenstaande, n 308 sal genoem word.......nou het ons n TOPIC spesiaal vir die gewraakte kaliber geskep en daar is meer as die helfte van die posts op die 308 topic toe glad nie eers oor die roertjie nie.......
NEE MANNE, waar is al die GOEIE goete wat julle so graag vertel dan nou, kan mos nie al klaar wees nie, krap nog bietjie uit......DIEMEESAKURAATSTEROERTERWERELDSUPPERVARMINT130GRGSCSKIETENDE550METERJAKKALSDOODVATROER.
Daar moet erens nog ietsie wees wat julle kan uitdink...Laat loop, ek luister.
Hoogvat
Francois

Manne ek glo ook soos Tafjak se pa- Van sit en staan kom niks gedaan.
Ek het met 'n paar manne gepraat van Wynland bestuur en die groen lig is aan. Wynland gaan 'n nagskiet kompetisie hou met Jak-Kat as tema.
Het al die laaste paar dae baie gelees, gevra en kyk nou jakman cd om kompetisie so realisties moontlik te maak.
Ek dwaal af van bestaande onderwerp en sal dankbaar wees as Louis my kan verwys of skuif.
Groete Gert
Ek het met 'n paar manne gepraat van Wynland bestuur en die groen lig is aan. Wynland gaan 'n nagskiet kompetisie hou met Jak-Kat as tema.
Het al die laaste paar dae baie gelees, gevra en kyk nou jakman cd om kompetisie so realisties moontlik te maak.
Ek dwaal af van bestaande onderwerp en sal dankbaar wees as Louis my kan verwys of skuif.
Groete Gert
-
Gerrit Visser
- Sr. Member

- Posts: 335
- Joined: Sun Oct 10, 2010 4:47 pm
Re: 308 - Alfa & Omega
FM dit is nie lekker om aleen te speel op 'n groot veld nie. Almal s? daar is beter,vinniger en meer akkurater, maar s? nie wat?
Ek wil graag vir my nog 'n stofopgaarder bou, help 'n bietjie.
Groete Gert
Ek wil graag vir my nog 'n stofopgaarder bou, help 'n bietjie.
Groete Gert
-
JOHANNIC
- Hero Member

- Posts: 725
- Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm
Re: 308 - Alfa & Omega
Ok FM ek sal my beste gee,hiers een vir die manne 
Ons was 4 manne het op die neus van n plato gele Springbokke gerange as ek reg onthou 650m een man met 308 skiet ons ander kyk deur scopes om te spot tropie van 6 bokke een ram(erg wind)man stel vir wind en afstand skiet vir kop mis(kan sien deur scope hoe die koeel die lug versteur,baie nice)elkegeval eerste skoot mis tweede skoot ook mis en bokke laat wiel na die hoek van kamp,uur later almal dood geskiet op korter afstande.
Kyk na die ram se kop wragties een koeel deur sy hare,mooi reguit strepie(308 kan mos so iets doen
)dis n waar storie die hoor 
Ons was 4 manne het op die neus van n plato gele Springbokke gerange as ek reg onthou 650m een man met 308 skiet ons ander kyk deur scopes om te spot tropie van 6 bokke een ram(erg wind)man stel vir wind en afstand skiet vir kop mis(kan sien deur scope hoe die koeel die lug versteur,baie nice)elkegeval eerste skoot mis tweede skoot ook mis en bokke laat wiel na die hoek van kamp,uur later almal dood geskiet op korter afstande.
Kyk na die ram se kop wragties een koeel deur sy hare,mooi reguit strepie(308 kan mos so iets doen
Biebers
Need for speed
Need for speed
- DawieKotze
- Hero Member

- Posts: 2075
- Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
Re: 308 - Alfa & Omega
Ai Ai Ai 
Om op 650 meter met erge wind vir 'n springbok se kop te skiet is in my o? 'n baie verkeerde ding. Dit maak nie saak waarmee jy skiet nie. En om dan nogal daarvan te lees op 'n jagforum!
Ek het al genoeg af kakebene gesien op bokke wat gevrek het van die honger en geskiet is deur "cowboys". Die aand om die vuur word baie br?kerig van al die kopskote by die slagpale vertel, maar hy vergeet van die afkakebene wat in die veld rondloop en hy nie eens besef hy raakgeskiet het nie!
Jammer JOHANNIC - dit is nie eties nie en niemand gaan my anders oortuig nie!
As die post net was om die pap te roer - het jy dit reggekry!
Groete
Om op 650 meter met erge wind vir 'n springbok se kop te skiet is in my o? 'n baie verkeerde ding. Dit maak nie saak waarmee jy skiet nie. En om dan nogal daarvan te lees op 'n jagforum!
Ek het al genoeg af kakebene gesien op bokke wat gevrek het van die honger en geskiet is deur "cowboys". Die aand om die vuur word baie br?kerig van al die kopskote by die slagpale vertel, maar hy vergeet van die afkakebene wat in die veld rondloop en hy nie eens besef hy raakgeskiet het nie!
Jammer JOHANNIC - dit is nie eties nie en niemand gaan my anders oortuig nie!
As die post net was om die pap te roer - het jy dit reggekry!
Groete
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
-
JOHANNIC
- Hero Member

- Posts: 725
- Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: 308 - Alfa & Omega
Johan
Ja, ek dink(gelukkig net ek) daar sal altyd die soeke na na "idiale geweer/kaliber" wees vir 'n sekere doel. In ons land waar lisensies(die loop word gelisensieer, maw die kaliber) en die hoeveelheid daarvan 'n kopseer kan word om alle wild en tipe skiet te doen.
So, ons(RSA) wil 'n kaliber h? wat meerdoelig is om die beskikbaarheid van lisensies(en komponente) teen te werk. Daarom wil ons koedoes, springbokke, blesbokke, varke en nog 'n klomp met dieselfde geweer skiet en op die einde is die geweer maar eintlik net bedoel om blesbokke en kleiner te skiet.
Vroe?r jare het die man sy 303 bemaak aan die oudste seun bemaak en so eindig die geweer in 1985 by sy kleinseun, min of meer die eerste kaliber wat die outjie besit(tog sy oupa-grootjie s'n) en skiet sommer alles wat hy te?kom daarmee. Dieselfde storie het van 1970 gebeur met die 308(lekker verniet patrone, orals rondgel?) en so ook is alles met die 308 geskiet, van teiken tot springbokke en hase. Ons moet ook onthou dat dit in die tyd van die "Groot Sanksies" was en ander kalibers was nie so geredelik beskikbaar nie. Het maar geskiet wat ons gehad het, maar tye het verander en meer kalibers is beskikbaar en nou kan ons meer spesifieke/spesialis kalibers bekom teen redelike pryse.
As ek net 2kalibers gehad het, 'n 308 en 22-250 en ek moet 'n koedoe gaan bekruip en skiet in die spekke by ons, sal ek die 308 neem. Nou wanneer ek die koedoe moet gaan oes gaan ek verseker die 22-250 neem om die job te doen. Jy kan enige van die 2kalibers gebruik om enige van die 2 situasies te gaan aanpak, maar sal nie dieselfde resultate in alle gevalle kan bewerkstelig nie.
Op die forum wil almal die skut evalueer en ek dink dit is waar ons faal, ons moet die kaliber evalueer.

Ek stem 110% saam
Ook maar goed ons het nie net 303 beskikbaar nie,dan sou ons die jakkies moes bekruip

Groete johan
Ek stem 110% saam
Ook maar goed ons het nie net 303 beskikbaar nie,dan sou ons die jakkies moes bekruip
Groete johan
Biebers
Need for speed
Need for speed
-
Gerrit Visser
- Sr. Member

- Posts: 335
- Joined: Sun Oct 10, 2010 4:47 pm
Re: 308 - Alfa & Omega
Madako hoe v?r is eties? Taffie ek het alreeds als vir my platskiet roer, kort nog net n loop??. Sal jou keuse in gedagte hou.
Eendag skiet 308 vriend Simon sy geweer op elke 50m om sy trajek te bevestig. Op 300m preof, kom sit daar twee bosduiwe op 315m. Gou word gestel, 3moa vir wind en daar l? die duiwe. Dit is wat ek soek van my platskieter.
Eendag skiet 308 vriend Simon sy geweer op elke 50m om sy trajek te bevestig. Op 300m preof, kom sit daar twee bosduiwe op 315m. Gou word gestel, 3moa vir wind en daar l? die duiwe. Dit is wat ek soek van my platskieter.
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: 308 - Alfa & Omega
Gert
Wat klassifiseer jy as "Platskiet"?ek het alreeds als vir my platskiet roer, kort nog net n loop??.
.....1skoot?en daar l? die duiwe.
Last edited by tafjak on Sat Dec 11, 2010 1:37 pm, edited 1 time in total.
Mooiloop en Geseende Kersfees!
-
Gerrit Visser
- Sr. Member

- Posts: 335
- Joined: Sun Oct 10, 2010 4:47 pm
Re: 308 - Alfa & Omega
Ek glo nie daar is iets wat plat genoeg skiet dat ek nie hoef te stel of op te mik, van 100m na 300m vir 'n 4" teiken nie, Ek glo ook as ek moet stel tussen 100 en 200m, is kaliber keuse irrelevant[10 -20 clicks] Selfde tyd. Ek wil egter vir my 'n 6mm bou moet maklik laai en konstant akuraat wees.
Die vriend het 2skote geskiet en later nog 1- drie duiwe 3 skote
Die vriend het 2skote geskiet en later nog 1- drie duiwe 3 skote
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: 308 - Alfa & Omega
Gert
Hoekom ek jou die "Platskiet"-vraag gevra het was nie om enige iets spesifiek te probeer bewys nie. Jy het jou idee van platskiet, ek het weer my idee van platskiet en myne lyk so:
Die teiken wat ek aandurf sal my kaliber se platskiet vermo? aandui. As ek na koedoe op 300meter skiet sal my 303 'n koedoe platskiet kaliber wees. Iemand het hier gepraat van koedoes is so groot soos busse(self dink ek eerder "huise"). Maar as ek na duif op 300meter skiet is my 303 nie meer platskiet-kaliber nie, want ek moet van die teiken afmik(of ek nou turrets gebruik of nie) om die duif dood te kry.
As ek turrets of moet af van die teiken mik om dit 'n kolskoot te gee, is dit in my boek nie meer platskiet nie.
Mooiloop
Ps. Sommer net gevra van die "1skoot" om seker te maak dat dit nie vloekskoot was en al2 op eenslag dood is nie.