308 - Alfa & Omega

Post Reply
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: 308 - Alfa & Omega

Post by Gerhard »

JOHANNIC wrote: Gerhard jy is 100% ons praat mos oor nagskiet,en as jy dit in die dag kan doen,moet jy eers leer hoe om dit in die nag te kan doen,N HELE ANDER STORIE ;D
Johan die "DAG" faktor het niks met daglig te doen nie...

DAG staan vir

"DR@L AGTER DIE GUN"

Die kaliber, geweer, uitrusting stuk fungeer net so goed soos die man wat die uitrusting gebruik...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: 308 - Alfa & Omega

Post by JOHANNIC »

;D ;D ;D daar loop n hele paar Daggies in ons kontrei ;D nice een!
Groete johan
Biebers
Need for speed >:D
Gerrit Visser
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 335
Joined: Sun Oct 10, 2010 4:47 pm

Re: 308 - Alfa & Omega

Post by Gerrit Visser »

Manne jammer my laaste post bietjie skeef gitik, moet lees "die beste skut het gewen en nie die beste kaliber nie"

Hoe oefen julle manne om vir jakkie te piets?
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: 308 - Alfa & Omega

Post by Gerhard »

Gerrit Visser wrote: Manne jammer my laaste post bietjie skeef gitik, moet lees "die beste skut het gewen en nie die beste kaliber nie"

Hoe oefen julle manne om vir jakkie te piets?
Oefen eerder om jou roep metodes beter te kry sodat jy jakkals binne 100 meter van die staan plek af kry. Dan klop jy hom.
Werk nogal vir my met my 22K Hornet...  :D
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: 308 - Alfa & Omega

Post by Louis102 »

Gerrit Visser wrote: ... Vernuf by ons is op die oomblik alfa en omega ...
Gerrit

Met reg is vernuf sekerlik die belangrikste as dit by vuurwapen gebruik kom.  Daaroor is geen twyfel daaroor nie en ons moet almal daaraan werk om ons vernuf te verbeter.  Maar om te reken dit is die alfa en omega, vat dit egter bietjie v?r in my opinie.  As die vernuf van 'n jagter as 'n konstante gereken word ('n jagter/skut se vernuf op 'n gegewe oomblik is konstant) Wat kan hierdie jagter doen om my sukses te verbeter?  (behalwe om reg te oefen)  Dit is tog waaroor dit in hierdie onderwerp gaan?

Verskillende kalibers het verskillende eienskappe soos jy weet.  Indien jy ernstig jakkalsjag (ek praat nie van so af en toe vir rekreasie nie) maak kaliber-keuse 'n groot verskil in jou sukses, aldan nie.  Die een groot verskil tussen wat ek doen en wat jy doen is, dat indien jy 'n valplaat mis skiet, kos dit miskien nie veel meer as nie 'n bietjie spogwaarde wat verloor word nie.  'n Jakkals wat misgeskiet word, mag by my (volgens die boek) eers weer na 3 maande met 'n roeper aangedurf word.  Selfs dan is die moontlikheid dat jy hom gaan doodkry, baie skraler.  Glo wat Freddie jou vertel - tot R40 000 - dit is wat 'n swak skoot my kan kos.  My roer is my brood en botter.  Die jagter se venuf, in my geval, bly die selfde of kan effe verbeter met baie oefening, maar die kaliber waarmee ek skiet, ander toerusting soos my stoel en lig, hoe ek herlaai, my kennis oor die lewenssiklus van die jakkals, roeptegnieke soos bv. keuse van 'n staanplek en klanke wat ek gebruik, maak 'n reuse verskil.

Jy mag dalk dink ek gorrel, maar dit is wat suksesvolle jakkalsjag-manne soos Jaracal, Hendrik van Rensburg, Tomcat & Tafjak jou behoort te  vertel.  Op hierdie Forum probeer ons die regte verantwoordelike praktyke t.o.v. jakkalsjag tegnieke en toerusting, bevorder.  Om voor te gee dat kaliber-keuse nie belangrik is in ons werk nie, is die verkeerde persepsie wat geskep word, in my opinie.  Jy's relatief nuut hier op die forum, so ek kan verstaan dat jy dalk mag dink dat ons hierdie dinge nog nie deurdink het nie.  Jou redenasie is egter niks nuuts hier nie, maar dra wel tot 'n sekere mate by om sekere aspekte te beklemtoon.

Laat die valplate omval.

Louis

Ns.  Ek het 'n skietbaan op die plaas, jakkals teikens, valplate ens ens. maar niks boots die ware jakob regtig na nie.  My beste oefening is op die beesboere se plaas.
Goeie dade oortref goeie woorde.
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: 308 - Alfa & Omega

Post by Stefan764 »

Baie mooi opgesom oom Leeu.
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: 308 - Alfa & Omega

Post by JOHANNIC »

Louis
Gebruik jy jou oefenbaan meestal net in die dag of het jy al innie aand ook op hom geoefen?
Dit ga dalk nou n stupid vraag wees maar, hoeveel oefenskote skiet jy in n maand?
Ek sit nou hier en dink watse efektiewe oefening n man kan doen om regtig meer skerp te wees vir nagskiet ;)
Hoe lank is jou baan?en die afstande wat jy oefen?
Jammer vir die klomp vrae,ma ek hou daarvan om so veel moontlik te weet hoe ander manne oefen,ek hou van nuwe maniere en uitdagings,man dis n lekke forum hierdie ;)
Groete johan
Biebers
Need for speed >:D
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: 308 - Alfa & Omega

Post by Gerhard »

JOHANNIC wrote: Louis
Gebruik jy jou oefenbaan meestal net in die dag of het jy al innie aand ook op hom geoefen?
Dit ga dalk nou n stupid vraag wees maar, hoeveel oefenskote skiet jy in n maand?
Ek sit nou hier en dink watse efektiewe oefening n man kan doen om regtig meer skerp te wees vir nagskiet ;)
Hoe lank is jou baan?en die afstande wat jy oefen?
Jammer vir die klomp vrae,ma ek hou daarvan om so veel moontlik te weet hoe ander manne oefen,ek hou van nuwe maniere en uitdagings,man dis n lekke forum hierdie ;)
Groete johan

Johan,

Vir die man wat nou ernstig wil nag skiet oefen dink ek die nuwe PCP lug gewere soos die Air Arms 400 Classic is net die ding,
Jy oefen alles sommer in jou agterplaas sonder om te veel te pla.

Dink n mens gaan sukkel om op geweer skietbane te kom om te oefen in die nag tensy jy spesiale toestemming het...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Gerrit Visser
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 335
Joined: Sun Oct 10, 2010 4:47 pm

Re: 308 - Alfa & Omega

Post by Gerrit Visser »

Johannic ja 'n ingeligte besluit is 'n goeie besluit. Net swaape dink daar is stupid vrae.

Louis nee jy gorrel nie, die uwe het die R45 000 prys met een skoot gemis. Het al met groot jakmanne gepraat en weet dit is 'n ander vorm van kuns.
As Hendrik, Tomcat & Tafjak so gaaf sal wees om Johannic te help sal dit nice wees of enige jakman.

Groete Gerrit  
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: 308 - Alfa & Omega

Post by Louis102 »

JOHANNIC wrote: ... Gebruik jy jou oefenbaan meestal net in die dag of het jy al innie aand ook op hom geoefen?
Dit ga dalk nou n stupid vraag wees maar, hoeveel oefenskote skiet jy in n maand? ...
Johannic

Ek gebruik die "skietbaan" meestal in die dag, maar het hom al by verskeie geleenthede in die nag ook gebruik.  Ek hou nie regtig rekord van my oefenskote nie, maar ek skiet seker omtrent elke week op 'n papierteiken of elders, behalwe as die weer sleg is.  Ek herlaai so 50 rondtes op 'n slag vir my 243 waarvan ek seker gemiddeld 5 -15 skote op papier uitskiet.  Skiet so klompie springbokke en gemsbokke in die winter en die res word maar vir die rooies gebruik.  Ek staan op tussen 80 en 90 rooijakkals & rooikat vir die jaar (2010) - die heel beste oefening wat daar is.

Wat jy kan doen is om die jakkalsteikens wat mens te koop kry, op verskillende afstande op te sit.  Plak sommer 'n blinkertjie/trukaatsertjie op sy oog vir die nodige effek.  Dit help om die teiken so effens met 'n flitslig te verlig.  Skiet dan in die nag uit jou skietstoel - vol mondering.  Let veral op na die grootte van die jakkalsteiken op verskillende afstande, dit help nogal as die regte ou rooietjie ingedraf kom, om afstand te skat.  Die papierskiet help egter nie altyd om sommige van ons se grootste vyand in hierdie bedryf, jakkalskoors, te oorkom nie.  

Verder moet jy elke jaggeleentheid in die nag so goed as moontlik onthou en benut.  Speel elke jakkals se inkom oor en oor in jou kop.  'n Mens kan later die wydte van 'n jakkals (en ander diere) se o? uitmekaar, op verskeie afstande leer ken, die kleur daarvan en sy tipiese bewegings aanleer, as jy oplet daarvoor.  

Weet nie of dit help om jou vraag te beantwoord nie?  Gerhard gee ook goeie raad.  Ek het al op klein jakkals foto'tjies op korter afstande geskiet.  Druk 'n mooi jakkalsfoto op A4 grootte en skiet op 100m daarop.  As jy regkom, maak die teiken met die die helfte kleiner.  Baie goeie oefening.

Mooiloop
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: 308 - Alfa & Omega

Post by tafjak »

Johan

Gaan skiet 'n loop kastoe op springhase. Parkeer die bakkie(met kit) in die land en skiet hulle as jy hulle kan identifiseer. Min of meer 1500 skote en jy behoort teen darie tyd goed ge-olie te wees om teikens(met bloed in) op enige afstand tot 320meter kaf te draf.

Wat lekker is van die oefening is die timing wat jy bou vandat kruis op teiken is en tot die skoot loop. Darie hase sit nooit stil nie, wieg alewig en word ook later ligsku en dit oefen sommer die dimmer ook.

Jou laaste 50skote mag niks mis wees nie. Die eerste nag wat jy 50patrone saamvat en 50hase terugbring, is jy reg! Jy doen sommer dieselfde tyd ook probleemdier beheer op graan- en groenvoer plase. 10Patrone en 10 hase werk nie, die nag is lank en ook deel van die oefening.

Wetie wat die Weskapers gaan doen met die beskikbaarheid van springhase nie, seker maar seevo?ls op die hawemuur. Kraaie, dassies, kolhase, meerkatte en luiperde(as hulle baie is) sal ook werk.

Mooiloop

Ps. Jy mag ook enige kaliber gebruik. Sorg net dat jy 50 uit 50 skiet. Pens-, hol- en tongskote tel egter.
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: 308 - Alfa & Omega

Post by Gerhard »

tafjak wrote: Johan

Gaan skiet 'n loop kastoe op springhase. Parkeer die bakkie(met kit) in die land en skiet hulle as jy hulle kan identifiseer. Min of meer 1500 skote en jy behoort teen darie tyd goed ge-olie te wees om teikens(met bloed in) op enige afstand tot 320meter kaf te draf.

Wat lekker is van die oefening is die timing wat jy bou vandat kruis op teiken is en tot die skoot loop. Darie hase sit nooit stil nie, wieg alewig en word ook later ligsku en dit oefen sommer die dimmer ook.

Jou laaste 50skote mag niks mis wees nie. Die eerste nag wat jy 50patrone saamvat en 50hase terugbring, is jy reg! Jy doen sommer dieselfde tyd ook probleemdier beheer op graan- en groenvoer plase. 10Patrone en 10 hase werk nie, die nag is lank en ook deel van die oefening.

Wetie wat die Weskapers gaan doen met die beskikbaarheid van springhase nie, seker maar seevo?ls op die hawemuur. Kraaie, dassies, kolhase, meerkatte en luiperde(as hulle baie is) sal ook werk.

Mooiloop

Ps. Jy mag ook enige kaliber gebruik. Sorg net dat jy 50 uit 50 skiet. Pens-, hol- en tongskote tel egter.
Daar is seker die beste raad om nag skiet te oefen    :D  :D
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: 308 - Alfa & Omega

Post by JOHANNIC »

Louis en Gerhard
Dankie vir die raad,die luggeweer ding doen ek al so 3 jaar(oefen)dit werk verseker,vandat ek vir Piet Breedt ken hamer hy gereeld daarop om die mane so te laat oefen.
Louis die trukaatser(sticker) is n blink idee ;)
Nou dat ek daaraan dink dis n m@erse blink idee ;)
Dalk kan n man van daardie groot nightsticks(daardie wat jy breek) so meter of twee voor die teiken gooi,hy behoort ook die sticker te weerkaats of te laat fliker of wat jy dit ookal noem ???
(die wat Lara Croft) gebruik ;D ;D ;D julle ken nie vir haar nie ne? ;D

Gert,dis omdat jy so gebewe het op die vark ;D ;D ;Dtoe wen Nelian ons almal ek sluk nou nog swaar na daardie dag :'( :'( :'(
Groete johan

Taffie
Ek kom van wes-tranvaal af wat dink jy het ons elke nag gedoen ;D,as jy die spotlight aansit lyk dit soos klein dorpies wat voor jou le ;D ;D ;D min mens weet dit maar n Landcruiser se gat kan hang van springhase ook ;D
Ons mag net met .22 geskiet het,ek praat darem nou van 20jaar terug ek kry somer weer hoendervleis,hel man ons het darem lekke grootgeword ;)
Ek hoor nou nog my Pa se woorde toe ons een van die cruisers se vooraste afgery het (vlakvarkgat) en n paar seer lywe (ja ek het ook al gevoel hoe dit voel om te vlieg ;D)gelukkig was daardie jare se cruiser nie vinnig nie anders het ek myself doodgevlieg ;D

Soos ek gese het stout is my ding ;D

Groete johan
Biebers
Need for speed >:D
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: 308 - Alfa & Omega

Post by JOHANNIC »

Sorry manne ek het afgedwaal in die verlede
Terug by, oefening ek weet van n lekke baan vir nagoefening 8)
Biebers
Need for speed >:D
User avatar
MJK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 466
Joined: Thu Mar 11, 2010 5:19 pm

Re: 308 - Alfa & Omega

Post by MJK »

Resiesbaan ::) ::) ;D ;D ;D!!!
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: 308 - Alfa & Omega

Post by JOHANNIC »

Ek willie die perde onder die jockeys uitskiet nie ;D
Maruis, ma dit kan sports wees ;)

Ek praat van n regte skietbaan,met ligte 8)
Biebers
Need for speed >:D
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: 308 - Alfa & Omega

Post by tafjak »

Johannic
Ek kom van wes-tranvaal af wat dink jy het ons elke nag gedoen ,as jy die spotlight aansit lyk dit soos klein dorpies wat voor jou le    min mens weet dit maar n Landcruiser se gat kan hang van springhase ook
Ja, het jy al 50 hase met 50skote geskiet en opgetel(nie dit was raak en ek hoef nie te gaan kyk nie)? As jy nog nie, kort daar nog oefening en o-ja, uit stoel/skietraam met dimmer. .22 Senterslaggewere gaan nie help in die oefening, nie eers te praat van windbukse nie. Gebruik die geweer waarmee jy die jakkalse gaan skiet. Ek sal even aanraai om fluitjie om die nek te sit en roeper uit te plaas. Presies soos jy die staanplek gaan benader. So na aan die werklikheid as moontlik.

Ek het raad probeer gee, as dit jou nie geval nie, is dit OK met my.

Groete

Tafjak
Mooiloop en Geseende Kersfees!
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: 308 - Alfa & Omega

Post by JOHANNIC »

Taffie
Net om duidelikheid te kry ;)
Ek skiet niks sonder om dit optelaai nie,as ek mis geskiet het gaan kyk ek nogsteed of hy nie daar naby le nie,want ek mis nie maklik nie ;)
Taffie, jy gee goeie raad ek sal dit ter harte neem ;)
Groete johan
Biebers
Need for speed >:D
User avatar
Tomcat
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 266
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:48 am

Re: 308 - Alfa & Omega

Post by Tomcat »

Johannic

Hoe dink jy behoort da vir jakkalsjag geoefen te word? Jy lyk vir my na n ou met baie wyshede, miskien dalk net leer ek iets.

Tomcat
Gerrit Visser
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 335
Joined: Sun Oct 10, 2010 4:47 pm

Re: 308 - Alfa & Omega

Post by Gerrit Visser »

Tomcat hoop nie ek is te voorbarig nie, ek koop die idee van Johannic. Ons by Wynland praat al lank reeds oor 'n nagskiet oefening. Ons skiet meeste van die tyd op papier. Dit help werklik in die prakteik.
Ek weet dit is nie soos in die werklikheid nie, maar as jy dit so na aan die ware jakop kan kry dat selfs van julle jakmanne iets kan leer sal dit nice wees.

My voorstel merk paal 150m [foxpro]met papierjak wat nader afstand ongemerk. Die skut moet uit stoel skiet en om jakkoors op te stoot binne toegelate tyd. Soortgelyke oefening vir kat.

Nog 'n baan,skut skiet uit stoel op 5 gongs 4"rond, afstande ongemerk tot op s? 320m
Skut moet self sy eie lig hanteer ens. Binne toegelate tyd.

Jakmanne sou jy belangstel

Gerrit


NS Ek weet 'n werklike jakjag sal niemand kan copy nie
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: 308 - Alfa & Omega

Post by tafjak »

Johannic

Jammer, ek lees maar haastig en sien dat Gerrit Visser die vraag/advies gevra het. Jammer vir die ongevraagde advies(sommer my eie).

Ek skiet weer baie mis en moet elke keer gaan kyk of dit nie per ongeluk raak is nie. Jong, maar lieg die mense op hierie site nie baie oor hulle skietvermo? nie, sien nie name in belangrike skietdae nie? Wonner maar net! Goeie raad aan my baie lank gelede was: "My kind, van praat het nog niks klaar gekom nie."

Lyk my julle diknekke kan net praat. Klaar reken ek julle kan nie een skiet nie en moet werk(salaris en geen fout daarmee)) verdien om met die skietstories te gaan grootpraat.  Maklik om te praat as die gewere nie die geld moet verdien nie. Gerrit Visser het met een skoot R45000-00 misgeskiet! Swak, sies, hoe choke 'n ou dan nou? Dan vertel hy dit met smaak op 'n forum soos hierdie, Jaracal!
Gaan was julle honde en maak die huis aan die kant. Amper naweek. Netnou kom hier 'n paar swartkruit-manne en skiet julle onder die stof/rook.

Gedra julle op 'n site met 'n skoon gewete soos hierdie. As jy nie lekker kan saamgesels nie, los die snedigheid, lees ten minste lekker. Neem sommer met die verbygaan 'n veer uit Geno, Freddie101, Henslin en nog 'n paar se hoed. Sulke manne maak die forum die moeite werd. Altyd takvol en vol advies wie dit nodig mag h?. Nie soos ek wat altyd sulke se manne se frustrasie en gevoelens moet vertaal nie, dit is immers my werk op hierdie site.

Klaar gepraat!

Tafjak
Mooiloop en Geseende Kersfees!
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: 308 - Alfa & Omega

Post by JOHANNIC »

Tomma
As ek hierdie hele ding reg verstaan is dit nie maklik om n jakkie so naby te kry aan die rig dat jy hom somme met n haelgeweer kan vrek skiet nie.(kom ons praat nou van daardie slim jakkies)
Kom ons se dat die slim jakkie nie nader as 300m inkom nie,en jy het net 3sek om hom te roer,jy SAL dit MOET oefen in die NAG dit gaan jou help met afstand skat ook,bou n baan met ongekende afstande met lewens groot jakke en katte met reflektors en skiet teen TYD in die NAG leer om jou geweer so stil as moontlik te hou in 3sek voor skoot loop,soos taf gese het in vol kit,hoe meer jy dit oefen hoe makliker sal dit word
Jy kan n baie realistiese baan bou(die idee is om NIE die afstande te weet nie)maar dit moet in die aand wees!!!Hoe meer jy oefen hoe beter skiet jy,niemand op enige forum kan daarmee stry nie(brainmemory is wat jou in die aand laat raak skiet)verskote
Moet ook nie die luggeweer some net wegvee nie dis die beste oefening vir  brainmemory(oog en hand koordinasie)As ek 5 skote in 45 sek uit die vuis in springbok kop kan skiet op 100m dis nie luck nie, dis OEFENING met n luggeweer(vra maar die springbok skuts hulle sal dit beaam)
Wel dis hoe ek ga oefen vir jakkie en katte
Groete johan
Biebers
Need for speed >:D
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: 308 - Alfa & Omega

Post by JOHANNIC »

Taffie praat jy van my of mis ek iets ???
Biebers
Need for speed >:D
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: 308 - Alfa & Omega

Post by tafjak »

JOHANNIC en Gerrit Visser

Ek is baie spyt oor wat ek in my vorige post geskryf het en dit is in oomblik van swakheid gedoen.

Ek is(probeer sov?r as moontlik dit vermy) nie iemand wat slegpraat van en met iemand nie. Die hele storie rondom die Jakkalsroer en 308 het net nie mooi by my kopgehou nie. Kom ons(ek ingesluit) los die ou snedigheid en beskuldigings en hou die forum soos dit was en nog sal wees.

Ek kan die post verwyder, maar sal dit los as voorbeeld.

Groete
Mooiloop en Geseende Kersfees!
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: 308 - Alfa & Omega

Post by JOHANNIC »

Taffie ???
Jy het my nou heelemal verloor,ek weet nie waar ek snedig was of iemand beskuldig het nie ???
Al wat ek gevra het was hoe julle oefen ???
Biebers
Need for speed >:D
Post Reply