Probleemdiere
-
Skillie
Probleemdiere
Ek dink die forum gaan goed werk. Ons almal sukkel met probleemdiere. Rooijakkalse het in die laaste jaar by ons in die Oos-Kaap kwaai toegeneem. Hulle raak ook al meer slimmer. As ons na die skade kyk besef ons eers die impak. 1 Lam elke nag per plaas. Tel maar op 20 plase is 20 lammers @ R450 gee vir jou R9000 se skade. Vat dit oor 30 dae dan is dit R270 000. Dit is geld wat die regering btw op kon kry. Ek dink hulle sal moet besin. Aan wie se kant hulle wil wees.
-
tafjak
Re: Probleemdiere
skillie is nie net reg t.o.v. belasting wat die staat verloor nie, nou moet die groenes ook nog op 'n manier betaal word. ek raai dat dit deur een of ander staat gesubsidieerde wyse of direk deur die regering gedoen word (belasting). ek glo nie dat enige vorm van produksie, deur staatsbetaalde groenes, iets vir die ontvanger werd kan wees nie. nou lyk dit vir my dat die opgevrete vee se eienaars ook nog ekstra belasting moet betaal om die groenes te betaal vir hul vreeslike produktiewe dienste. as ek nou my sommetjies maak wil dit al hoe meer lyk of die jakkalse hierie manne uit hulle werk gaan vreet as hulle nie gou wakker skrik nie. ek boer ook kleinvee in die oos-kaap en wil graag 'n beroep doen dat ons deur hierdie forum onsself op hoogte van sake hou t.o.v. die wet op die beheer van probleemdiere voordat ons ook in dieselfde bootjie as die wes-kaap is. ek voel saam met die wes-kaap en moet nie opgee nie, die oorlog is nog nie gewen of verloor nie.
tafjak
tafjak
-
Jakkals
Re: Probleemdiere
Ek soek raad aub. My probleemdiere is my bure se honde. 7 skape die laaste 2 maande dood en vandag weer 2 lelik gebyt. Ek het die buurman gebel en hy se ek moet die honde skiet as hulle my skape byt. Polisie gebel en hulle se ek mag nie die honde skiet nie. Het 'n saak gemaak en oorweeg nou 'n siviele saak. Die probleem is net dat die ou nie geld het nie. Leef uiters armoedig. Die eienaars is meeste van die tyd nie tuis nie en die huis se omheining is vol gate waardeur die honde kan kom. Die honde kom bedags uit en vang my skape. Dit is Great Dane Boerboel kruisings.Wat is die regte prosedures om te volg? My heinings is reg maar die honde spring oor.
-
johan
- Sr. Member

- Posts: 409
- Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm
Re: Probleemdiere
Jakkals
N Hond loop selde by n stukkie aas verby.
Die honde is honger voer hulle asb

"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1886
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: Probleemdiere
Jakkals
Ek dink die SAPS is verkeerd in hulle siening, die Vrystaat finale wetgewing lees as volg:
Dogs
26. (1) A competent officer, landowner and competent hunter may destroy a dog
found on land, which without supervision, hunts or causes damage to livestock and animals, without obtaining any further authorization to do so.
(2) When using a dog to hunt an animal on private land, the competent hunter hunting in terms of the authorization of this legislation is not exempt from any damages if such dog causes damage to livestock or animals other than animals that cause damage.
As jy toestemming by die eienaar gekry het, kan jy die honde skiet. Jou veld, jou skape, jou skade. Siviele saak gaan niks help om skade terug te kry as die ou nie geld het nie. Koop die honde by die ou en skiet dan jou eie honde
Hoop jy kom reg
H

Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
-
Jakkals
Re: Probleemdiere
Die honger honde wat nie by die stukkie vleis verby loop nie het ook in my gedagtes opgekom. Die probleem is net dat ek duur Duitse Herdershonde het wat ek agter veiligheidsheinings aanhou en wat vir my beskerming moet bied. Die buurman kan netsowel my honde kom gif gee oor my heining as vergelding. Ons bly op klein stukkies grond en ongelukkig dan naby mekaar.
Ek loop nou weer nie heeldag met 'n geweer rond nie en die eerste aksie as jy die honde tussen die skape kry is om te gil en te vloek dat die rook trek. Dan hardloop hulle reguit na hulle huis toe en kruip deur die gate en is dan uit jou veld en veilig in buurman se erf terug.
So twee maande terug het 'n jongman ook op die kleinhoewes sy buurman se hond tussen sy skape geskiet en hy is summier gearresteer (op 'n Vrydagmiddag) en moes die naweek tussen 29 ander aangehoudenes deurbring voordat hy Maandag kon voorkom. Dit laat my hare rys.

Last edited by Jakkals on Sun Jan 11, 2009 3:38 pm, edited 1 time in total.
-
LMB
- Sr. Member

- Posts: 309
- Joined: Sat Jan 03, 2009 4:59 pm
Re: Probleemdiere
Jakkals
Die ou moet mos darem eers kan bewys dat jy die gif gegooi het. Daars is mos baie rondlopers vandag. Daar is hoeka iets wat ek graag getoets wil h?.
Lukas

- Caller
- Sr. Member

- Posts: 449
- Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm
Re: Probleemdiere
Jakkals.
Ek weet nie in watter Provinsie jy is nie. In die Vrystaat mag 'n grondeienaar enige hond wat enige dier op sy grond agtervolg, van kant maak, indien die hond nie by 'n wettige jag (opspoor van gekweste wild, pointer/retreiver) betrokke is nie.
Wanneer daar "mense" saam met die honde is, moet nie op die honde skiet nie, want dan word jy gewoonlik aangekla vir rig van 'n vuurwapen tot poging tot moord. Neem die "mense" siviel in hegtenis of neem hulle en die honde na die naaste SAP om hulle te laat vervolg en die hof dan maar die honde laat verniettig.
Ek glo die man wat die buurman se hond op die kleinhoewe geskiet het en gearessteer is, was gevang omdat hy 'n vuurwapen in 'n stedelike gebied afgevuur het (kleinhoewes val mos nou ook onder die plaaslike minusipaliteite).
En manne vat hierdie goeie raad gerus. Indien die ou sakie nou so staan soos met jakkals se buurman, of jou dogter is aan sy seun verloof, gee die ou hondjie maar 'n ordentlike begarafnis in die naaste erdvarkgat en dan bly dit daarfannanaf net jou en die Groot Baas se geheim. Die boere moet vandag wragtag saamstaan en kan mos nou nie dat 'n ou hontjie nou tussen hulle kom nie, of hoe?
Gifskietters ("getters") bly ook 'n lekker metode vir honde, sorg net dat jou pampiere reg is en jou eie honde op hok.
Jy vang 'n hondjie natuurlik ook maklik met 'n rooikat hok met rou lewer (van een van die skape wat hyself mos verskeur het) en indien buurman darrem nie te sleg daaraan toe is nie, kan jy sommaar laat hy kom kyk waar op jou eiendom sy hondjie wat skape ken en nooit 'n skaap sal vang, hom bevind en dan sommaar net daar die losprys betaal. Indien hy nog stry, weet jy wat om te doen of hou die ou hondjie as 'n bewysstuk.
Hein.
Die tweede Artikel waarna jy verwys bedoel eintlik soos vol: As ek die eienaar of hanteerder van 'n wettige span jaghonde is en die honde maak 'n ander dier soos 'n skaap dood terwyl ek op 'n plaas probleemdiere jag, dan moet ek die grondeienaar vergoed vir daardie verlies en word ek nie vrygestel van skadevergoedding, net omdat my honde onder 'n permit jag nie.
Caller

Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1886
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: Probleemdiere
Caller
Het dit ook so, ek dink jou afleiding van veral die afvuur van 'n vuurwapen in munisipale area is uitstekend, nogal gewonder hoekom hulle hom sal arresteer.
Groete
H
Het dit ook so, ek dink jou afleiding van veral die afvuur van 'n vuurwapen in munisipale area is uitstekend, nogal gewonder hoekom hulle hom sal arresteer.
Groete
H
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
-
Jakkals
Re: Probleemdiere
Sondag kom buurman se honde sowaar en byt weer 2 skape. Bel hom dadelik en hy sien dit is sy honde en skiet hulle self almal dood. Hopelik is my probleem nou opgelos.
-
johan
- Sr. Member

- Posts: 409
- Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm
Re: Probleemdiere
Jakkals
Ek verstaan hy trek swaar,maar hy moet jou nou vergoed vir tenminste die laaste twee skaap,onthou hy gaan nou weer honde aanskaf,hy moet leer om hulle binne te hou!!
johan
Ek verstaan hy trek swaar,maar hy moet jou nou vergoed vir tenminste die laaste twee skaap,onthou hy gaan nou weer honde aanskaf,hy moet leer om hulle binne te hou!!
johan
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Re: Probleemdiere
EK WEET DIE SKAAP PRYSE IS HOOG, MAAR EK DINK DIE OU HET DAREM SY DEEL GEDOEN, DIT WAS OOK NIE LEKKER NIE, ( AL IS DIT R2000 VIR DAAI SKAAP AS HULLE NOU NIE STOET DIERE WAS NIE ) DINK EK DIS BETER OM N BUURMAN TE BEHOU WAT JY KAN GROET EN VERTROU EN WEET AS DAAR MOEILIKHEID KOM HY JOU SAL KOM HELP NIE. WE ALL STAND TOGETHER... EN EK WEET DIS ALTYD MAKLIK AS DIT NIE JOU SKAAP IS NIE DAN PRAAT N MENS MOS MAKLIKER...
STERKTE DAAI KANT VAN DIE kontrei
STERKTE DAAI KANT VAN DIE kontrei
Shoot straight and tell the truth!
-
Jakkals
Re: Probleemdiere
'n Mens voel net magteloos. Die skape is nie dood en ek behandel die wonde elke dag. Jy sien die wit senings in die oop wonde. Die een kon nie eens staan nie maar ek het so 'n kontrepsie met 'n sak onder deur die dier se pens wat haar regop hou. Werk soos 'n bom.
-
tafjak
Re: Probleemdiere
Jakkals
Ek het ook eenkeer gekweste boerbokkies so in 'n wiegie gesond gekry, dit bly maar aardig.
Sterkte maat
Taffie