Handwapen vir n dame.

Post Reply
Camo
Full Member
Full Member
Posts: 144
Joined: Mon Aug 18, 2014 6:22 pm

Handwapen vir n dame.

Post by Camo »

Ek wil graag een vir my vrou aansaf, maar met my beperkte kennis weet ek dat inligting moet kry anders gaan iemand my indoen.
Ek wil graag weet oor tipe, die grootte, beste waarde vir geld ens. n Pistool of rewolwer? Ek het gaan kyk na die Smith & Wesson bodyguard. Dit lyk na n oulike pistool, maar hy kos al R8500.00. Daar was ook n ruger van min of meer dieselde grootte vir net onder 8 duisend. Sy is n redelike bekwame skut en sy skiet graag saam haelgeweer jaggeweer en pellet. Ek luister graag.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Handwapen vir n dame.

Post by Carl »

Koop eenkeer en koop reg. Beide name genoem is goeie betroubare vuurwapens - Ruger is een van die grootste verkopers in die VSA, van made in USA wapens. Dit is so dat pistole nie goedkoop is nie maar dis nou maar lewensversekering wat jy moet koop, kry die beste.
Die debat rondom pistool en rewolwer, Toyota en xxxx 3006 en 308 is een wat sal voortduur tot die wederkoms. Ek glo aan die ekstra ammunisie en gemak om te herlaai van die pistool.

Die Gun Africa tydskrif het 'n verniet aanlyn weergawe met 'n artikel oor kompakte pistole http://gunafrica.com/ . Jy kan die tyskrif ook koop.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Johan308
Full Member
Full Member
Posts: 213
Joined: Mon Aug 18, 2014 2:34 pm

Re: Handwapen vir n dame.

Post by Johan308 »

Ek het vir my vrou die Bodyguard gekoop, dis al wat sy wou gehad het maak nie saak hoe hard ek probeer het om haar in 'n ander rigting in te stuur nie. So die keuse gan mar by haar bly!
Camo
Full Member
Full Member
Posts: 144
Joined: Mon Aug 18, 2014 6:22 pm

Re: Handwapen vir n dame.

Post by Camo »

Johan308 wrote:Ek het vir my vrou die Bodyguard gekoop, dis al wat sy wou gehad het maak nie saak hoe hard ek probeer het om haar in 'n ander rigting in te stuur nie. So die keuse gan mar by haar bly!
Wel as sy so daarop aangedring het sal dit virseker n pistool wees waarna ek moet kyk. By wie het jy gekoop?
Camo
Full Member
Full Member
Posts: 144
Joined: Mon Aug 18, 2014 6:22 pm

Re: Handwapen vir n dame.

Post by Camo »

Carl wrote:Koop eenkeer en koop reg. Beide name genoem is goeie betroubare vuurwapens - Ruger is een van die grootste verkopers in die VSA, van made in USA wapens. Dit is so dat pistole nie goedkoop is nie maar dis nou maar lewensversekering wat jy moet koop, kry die beste.
Die debat rondom pistool en rewolwer, Toyota en xxxx 3006 en 308 is een wat sal voortduur tot die wederkoms. Ek glo aan die ekstra ammunisie en gemak om te herlaai van die pistool.

Die Gun Africa tydskrif het 'n verniet aanlyn weergawe met 'n artikel oor kompakte pistole http://gunafrica.com/ . Jy kan die tyskrif ook koop.
Ek sal gaan lees vanaand, Dankie. Ek glo ook soos jy in die beste. El wil net nie beste koop en dan more weer n ander beste koop nie. Ek wil eenkeer koop en reg koop.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Handwapen vir n dame.

Post by Carl »

Willie
Dis korrek jou vrou moet die wapen darem ook hanteer en dit verkieslik skiet. Jy kan hier ook gaan lees https://www.usconcealedcarry.com/blog/ goeie artikels. Die ander aspek van wapen koop naamlik die beste manier om te dra word baie hier aangespreek. Dis nogal 'n kwessie vir dames wat nie ligtelik opgeneem moet word nie.

Ek het die naweek weer daaroor gedink terwyl ek my wapen dra, sonder dat ek bewus is van die G19. Koop 'n goeie dra oplossing van die begin af. Ek is baie tevrede met my Lyndsay Ross binne broek ene. Dit is nie so duur nie. gaan loer by www.rossgun.com
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Camo
Full Member
Full Member
Posts: 144
Joined: Mon Aug 18, 2014 6:22 pm

Re: Handwapen vir n dame.

Post by Camo »

Carl wrote:Willie
Dis korrek jou vrou moet die wapen darem ook hanteer en dit verkieslik skiet. Jy kan hier ook gaan lees https://www.usconcealedcarry.com/blog/ goeie artikels. Die ander aspek van wapen koop naamlik die beste manier om te dra word baie hier aangespreek. Dis nogal 'n kwessie vir dames wat nie ligtelik opgeneem moet word nie.

Ek het die naweek weer daaroor gedink terwyl ek my wapen dra, sonder dat ek bewus is van die G19. Koop 'n goeie dra oplossing van die begin af. Ek is baie tevrede met my Lyndsay Ross binne broek ene. Dit is nie so duur nie. gaan loer by http://www.rossgun.com
Sal gaan kyk, dankie.
Johan308
Full Member
Full Member
Posts: 213
Joined: Mon Aug 18, 2014 2:34 pm

Re: Handwapen vir n dame.

Post by Johan308 »

Safari & outdoor in rivonia, baie slegte winkel vir my bankrekening!
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7989
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Handwapen vir n dame.

Post by Arnold »

Ek was nou die dag daar by S&O Rivonia in en moet sê daar lê n mooi versameling swart geweertjies en pistole.
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1284
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Re: Handwapen vir n dame.

Post by Riaan Kriel »

Dit is belangrik dat sy gemaklik met die pistool moet kan skiet. Die pstool moet gemaklik in haar hand pas en gedra kan word (nie in n handsak nie). Laat sy 'n paar pistole vashou en dry-fire en voel wat gemaklik in haar hand pas. Dit sal nog beter wees om met van die naaste SADPA-klub in jou omgewing kontak te maak en te hoor wanneer hulle weer 'n klubdag het. Die ouens is gewoonlik baie hulpvaardig en sal goeie raad gee. By so 'n dag sal daar BAIE verskillende pistole/rewolwers wees. Praat met die manne en vra dat sy na afloop van die dag onder toesig van 'n baanoffisier 'n skoot en 2 met die verskillende pistole van haar keuse skiet. Sy sal dan weet wat sy wil hê. Kyk op http://www.sadpa.co.za/clubs.asp vir die klub naaste aan jou. Die kontakbesonderhede word ook hier aangetoon.

Persoonlik sou ek 'n 9mmP aanbeveel vir 'n vrou maar daar is wel sekere dames wat 'n .45 beter en meer akkuraat kan skiet as wat ek van droom, hulle is egter maar min gesaai. My hele rede hiervoor is die hantering van die recoil en die sielkundige effek wat die groot vet ammo van die .45 het om hulle. Ek verkies ook van die "Plastics of Tupperware" soos die Glock, Caracal, Grand Power ens omrede hulle ligter is vir elke dag se dra en nie skerp punte en hammers het wat uitstaan en vashaak aan kledingstukke nie. 'n Knipmes in jou hand is beter as die beste SV-wapen wat in die kluis toegesluit is as jy hom nodig het.
Camo
Full Member
Full Member
Posts: 144
Joined: Mon Aug 18, 2014 6:22 pm

Re: Handwapen vir n dame.

Post by Camo »

Johan308 wrote:Safari & outdoor in rivonia, baie slegte winkel vir my bankrekening!
Ek moet se dis maar moeilik om kop te hou daar. Dis hoekom ek die vrae eerder hier vra.
Camo
Full Member
Full Member
Posts: 144
Joined: Mon Aug 18, 2014 6:22 pm

Re: Handwapen vir n dame.

Post by Camo »

Het besluit op die bodyguards. Dankie vir julle insette.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Handwapen vir n dame.

Post by Carl »

Willie het jy haar reg gehoor wil sy nie dalk 'n bodyguard hê nie? ;)
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: Handwapen vir n dame.

Post by G-force »

Oorweeg dalk die S&W Shield in 9mm.Dis n lekker klein singlestack pistooltjie wat verbasend lekker hanteer en akkuraat skiet.Ek het een vir my vrou gekoop want haar CZ Rami se skerp punte pla haar bietjie.
http://www.smith-wesson.com/webapp/wcs/ ... rrorView_Y
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
Camo
Full Member
Full Member
Posts: 144
Joined: Mon Aug 18, 2014 6:22 pm

Re: Handwapen vir n dame.

Post by Camo »

G-force wrote:Oorweeg dalk die S&W Shield in 9mm.Dis n lekker klein singlestack pistooltjie wat verbasend lekker hanteer en akkuraat skiet.Ek het een vir my vrou gekoop want haar CZ Rami se skerp punte pla haar bietjie.
http://www.smith-wesson.com/webapp/wcs/ ... rrorView_Y
Ek het n youtube video van die Shield gekyk. Dit lyk na n baie oulike geweer. Waar het jy gekloop? Ek sal graag wil gaan kyk.
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: Handwapen vir n dame.

Post by G-force »

Camo wrote:
G-force wrote:Oorweeg dalk die S&W Shield in 9mm.Dis n lekker klein singlestack pistooltjie wat verbasend lekker hanteer en akkuraat skiet.Ek het een vir my vrou gekoop want haar CZ Rami se skerp punte pla haar bietjie.
http://www.smith-wesson.com/webapp/wcs/ ... rrorView_Y
Ek het n youtube video van die Shield gekyk. Dit lyk na n baie oulike geweer. Waar het jy gekloop? Ek sal graag wil gaan kyk.
Ek het by Nic Yale direk gekry.Ek dink jou beste opsie gaan wees TacShac of Hailstorm.Daar is een in .40 beskikbaar maar vir n vrou gaan hy dalk te besig wees.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
Skier
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 68
Joined: Fri Apr 15, 2011 11:02 am

Re: Handwapen vir n dame.

Post by Skier »

Rewolwer vir 'n dame. Pistole is nou maar eenmaal baie meer kompleks om gereed te kry vir skiet, nie teenstaande die feit dat hul baie meer rondtes kan afvuur vergelykend met die rewolwer. Alle vrouens is nie gebou en gerat om kaalhand met leeus te baklei nie, derhalwe reken ek dat die simplisiteit en gemak met 'n 5 /6 skoot snubby moeilik geklop kan word. Ek sal slegs 'n pistool aanbeveel indien sy so goed soos ek vertroud is met pistole en dikwels skiet en drills oefen. Meeste selfverdediging vind plaas op kortafstand en binne 5 skote sak die stof reeds. My dame dra 'n .38spl Colt detective spl, 6 skoot waarmee sy vertroud is en hopelik 'n peervormige situasie die hoof sal kan bied onder ons spesifieke omstandighede. Heel ligte snubbies is egter dikwels moeilik om te bemeester vanwee terugskop.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Handwapen vir n dame.

Post by Carl »

Skier, ek verstaan nie mooi wat is moeilik aan 'n Glock? Trek sneller boom en dan 15 of meer keer boom. Nuwe magasyn slide toe boom.... Nee wat die dae van moeilike pistole is lank verby.
Ek stem ook nie saam met die 5 skote ding nie. Ja meeste is lafaards maar net daai eenkeer het jy meer nodig. Onthou net in 'n kontak situasie is nie elke skoot raak nie. En ek sal eerder met half vol magasyn sit en die situasie bekyk as om eers te moet herlaai.
Ek sê nie daar is fout met rewolwers as sv wapens net die ou standpunte hou nie meer water nie.
Boere mauser gaan werk maar gee my ook eerder 'n lm4 as ek moet ......
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Skier
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 68
Joined: Fri Apr 15, 2011 11:02 am

Re: Handwapen vir n dame.

Post by Skier »

Ek sekondeer jou argumente Carl. Indien die Eva geslag 'n pistool intiem ken en weet wat om te maak met 'n patroonweiering, smoke stack, onthou vd kondisie (cocked etc) etcetera en die wapen dus ten volle kan manipuleer, dan ja verseker, pistool vir meer rondtes. My vrou is egter steeds meer gemaklik met 'n rewolwer, ek het 'n pistool vir wanneer daar baie geskiet moet word en dan reken ek ook die boewe is hier meer lafhartig...
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1876
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Handwapen vir n dame.

Post by Ratel »

Die idee is juis om baie te oefen met die wapen op die baan en sodoende jou vrou te leer om haar wapen te ken. Ek sal nie aanbeveel dat 'n vrou of dan selfs 'n man 'n handwapen dra as sy/hy nie ten volle vertroud is met die wapen nie en nie gereeld oefen nie. Kom ek gee 'n voorbeeld. By ons vereniging is 'n omie en sy vrou wie elke pistool skiet oefening bywoon. Die oom met sy 357 rollie met 6 duim loop en die tannie met haar 7.65 pistool. Sy ken haar pistool. Hoekom? Want sy oefen daarmee. Ek stem saam met Carl dat die Glock eenvoudig maklik is om te hanteer. Geen safety catches en geen storings. >:D >:D
Maak 'n verskil
Camo
Full Member
Full Member
Posts: 144
Joined: Mon Aug 18, 2014 6:22 pm

Re: Handwapen vir n dame.

Post by Camo »

Ek het n Heckler & Koch P2000 9mm waarmee sy redelik gemaklik skiet. Ek glo sy sal reg kom met n pistool wat sy gemaklik kan hanteer en op n veilige manier by haar kan dra.
User avatar
NetEk
Full Member
Full Member
Posts: 119
Joined: Wed Jan 21, 2015 2:38 pm

Re: Handwapen vir n dame.

Post by NetEk »

Jammer Ek grawe nou 'n ou gesels uit die sloot wou net vir die toekoms my sente ook in die dam gooi.
Ek dra 'n 9mm ADP merk 1. en ja as ek weer moet kies sal ek dalk nie haar kies nie maar sy is myne...
'n Paar punte wat ek will insit.

Ja oefen , oefen o ja en oefen jy/sy moet weet wat om te maak as sy 'n stooring kry, hoe om vinnig en veilig oor tehaal. hoeveel skote het jy ( nie alle wapens se "slide" bly oop as sy leeg is nie, myne doen nie)

Dan daai hele weg steek ding. Nie alle dames het so breed belt soos ek wat jy goed kan in wegsteek nie. dit lyk heel ongemaklik as Juf. 22 rok grotte probeer om 'n black hawk weg te steek wie se loop dukker as haar arm is.
Dames is nie gebou soos mans nie, ek lag of voel jammer vir haar elke keer as een of ander "action girl" in 'n film daai snubby hier tussen haar bene uit kaal dit werk nie ons het nie spasie daar nie.......

Persoonlik soek ek nog vir 'n lekker holster en plek om my wapen te dra maar ek sal hom kry...


O ja daai holster wat om jou been gaan soos Lara Craft werk ook nie so lekker vir ons "plus size" dames nie...
22 LR, 22 Hornet, 9mm, 7TCU, 7x64. 1/2 9,3
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Handwapen vir n dame.

Post by Carl »

NetEk wrote:J, ek lag of voel jammer vir haar elke keer as een of ander "action girl" in 'n film daai snubby hier tussen haar bene uit kaal dit werk nie ons het nie spasie daar nie........
Ek kyk nie daardie flieks nie maar kan verstaan dat "concelead carry" dan moeilik is ;)

En verder stem ek saam dit is moeiliker vir vrouens, veral met rokke. Met broeke dink ek tog julle het genoeg wegsteek plek vir 'n IWB skede.

Lara Croft oortree ongelukkig die Wet op Vuurwapen Beheer. Maar ons gaan nie kla daaroor nie.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Post Reply