Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Wil myself gou voorstel. Die geweer gogga het my eers onlangs gebyt. My vrou reken ek is verslaaf aan gewere, maar nou ja. Ek is dan sekerlik op die regte plek
Wat my aanvanklik hierna toe gelei het, was die Musgrave vrae forum. Ek het sopas 'n Musgrave 7x57 gekoop, en ek wou bietjie meer uitvind oor die wapen. Ek wag nog vir my lisensie.
Ek sien uit na nog baie interessante gesprekke.
Ek woon in Pta.
Groete,
Njaps
Musgrave 7x57 K98
Lee Enfield 303 Mk4no2 Sporter
Webley Revolver Mk3 .455
Mauser MN410b .22
Feinwerkbau Model 110 .177
Gecado Model 27 .177
Dankie Jacques. Ek moes seker genoem het dat ek twee ander wapens besit: 'n Webley .455 Mk3 revolver en'n ou SMLE no.1mk3 .303. Die moeilikheid het al hier begin.
Groete,
Rhys
Musgrave 7x57 K98
Lee Enfield 303 Mk4no2 Sporter
Webley Revolver Mk3 .455
Mauser MN410b .22
Feinwerkbau Model 110 .177
Gecado Model 27 .177
Welkom, dis 'n vreeslike lekker gogga wat jou gebyt het, geniet dit. Maak 'n plan om vroulief met 'n .22 of iets te laat skiet, hopelik byt die gogga haar ook.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.