Nuwe lid

Nuwe lede, stel jouself gerus voor/
New member, please introduce yourself
Post Reply
Njappers
Newbie
Newbie
Posts: 20
Joined: Sun Jul 27, 2014 2:57 am

Nuwe lid

Post by Njappers »

Hello Almal,

Wil myself gou voorstel. Die geweer gogga het my eers onlangs gebyt. My vrou reken ek is verslaaf aan gewere, maar nou ja. Ek is dan sekerlik op die regte plek :)

Wat my aanvanklik hierna toe gelei het, was die Musgrave vrae forum. Ek het sopas 'n Musgrave 7x57 gekoop, en ek wou bietjie meer uitvind oor die wapen. Ek wag nog vir my lisensie.

Ek sien uit na nog baie interessante gesprekke.
Ek woon in Pta.

Groete,
Njaps
Musgrave 7x57 K98
Lee Enfield 303 Mk4no2 Sporter
Webley Revolver Mk3 .455
Mauser MN410b .22
Feinwerkbau Model 110 .177
Gecado Model 27 .177
User avatar
Jacquesb
Hero Member
Hero Member
Posts: 1241
Joined: Sat Mar 17, 2012 11:24 am

Re: Nuwe lid

Post by Jacquesb »

Welkom mater. As vroulief jou verslaaf noem met die aankoop van jou eerste geweer, sien ek vir jou n grondpad voorle. ;)

Goeie kaliber gekies!

Hierdie is n goeie verslawing, behalwe vir die beursie.

Geniet dit hier op ons forum.
30-06 Spr K98 Mauser, 6.5x57 M1904 Mauser, Krupp Essen .22 Hornet, 9mmP Heckler & Koch USP Compact, .177 Hatsan Torpedo 1250 f/s, .177 Gamo Whisper 1000 f/s.
Njappers
Newbie
Newbie
Posts: 20
Joined: Sun Jul 27, 2014 2:57 am

Re: Nuwe lid

Post by Njappers »

Dankie Jacques. Ek moes seker genoem het dat ek twee ander wapens besit: 'n Webley .455 Mk3 revolver en'n ou SMLE no.1mk3 .303. Die moeilikheid het al hier begin.

Groete,
Rhys
Musgrave 7x57 K98
Lee Enfield 303 Mk4no2 Sporter
Webley Revolver Mk3 .455
Mauser MN410b .22
Feinwerkbau Model 110 .177
Gecado Model 27 .177
Silent Hunting
Hero Member
Hero Member
Posts: 1224
Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm

Re: Nuwe lid

Post by Silent Hunting »

Rhys,

Welkom op die forum. Klink of jy op die regte plek is. Geniet dit.

Groete,

Henk
CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am

Re: Nuwe lid

Post by J le Roux »

Welkom, dis 'n vreeslike lekker gogga wat jou gebyt het, geniet dit. Maak 'n plan om vroulief met 'n .22 of iets te laat skiet, hopelik byt die gogga haar ook.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
jamalley
Hero Member
Hero Member
Posts: 630
Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm

Re: Nuwe lid

Post by jamalley »

Welkom, ek hoop jy geniet dit baie.
Post Reply