Kan jy 110gr m1 carbine .30 cal in 308 win skiet?

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1875
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Kan jy 110gr m1 carbine .30 cal in 308 win skiet?

Post by Alwin »

Jean Marais wrote:Met 'n 1:10 groefdraai gaan die giroskopiese stabilitietsfaktor ongeveer 10 wees, teenoor 'n verlangde faktor van tussen 1.3 en 1.5. Dis bitter hoog, en die 110gr koeël sal beslis nie akkuraat wees oor langer afstande nie. Die koeël gaan basies hierdie tipe trajek hê:

http://www.nennstiel-ruprecht.de/bullfly/fig15.htm

Dit sal baie interessant wees om die praktiese resultaat te sien.

Groete

Ek wil nou nie die partytjie bederf nie. Ek gaan 'n paar feite noem. As jy nie daarvan hou nie, lees asb links verby...

Die ergste teoretiese afwyking wat die projektiel-oriëntasie van die trajek kan gee, as die bostaande teorie korrek was, met normale teiken-koeëls op 1000m is minder as 2 grade. En dan aanvaar ons dat die koeël se senterlyn glad nie afwaarts kantel, op langer afstande nie. Dit gaan nie veel invloed op die trajek hê nie.

Die giroskopiese stabiliteit van enige koeël neem dramaties toe, soos wat die spoed afneem. M.a.w. as dit met 'n Sg van 1,3 wegspring, gaan dit teen 500m alreeds 'n Sg van ongeveer 4 hê! Praktiese toetse in die veld (met duur toerusting) wys dat alle kleinkaliber-koeëls se senterlyn die trajek baie naby volg, ook die wat hopeloos oor-gestabiliseer is! Al noemenswaardige verskil, is dat die oorgesabiliseerde koeël meer "spin drift" gee.

Vir diegene wat meer wil weet, sou ek die volgende (lywige) boek aanbeveel: Applied Ballistics For Long-Range Shooting deur Bryan Litz. Bryan is die hoof-ballistikus by Berger Bullets. Daar in nogal baie nuttige inligting in...

Groete!
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Kan jy 110gr m1 carbine .30 cal in 308 win skiet?

Post by Jean Marais »

338LM, Baie interessant dankie. Sal nou eers graag wil sien wat die praktiese resultaat gaan wees.
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
vriell
Hero Member
Hero Member
Posts: 1364
Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm

Re: Kan jy 110gr m1 carbine .30 cal in 308 win skiet?

Post by vriell »

Tripod,Het jy die file gekry ?
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Kan jy 110gr m1 carbine .30 cal in 308 win skiet?

Post by tripodmvr »

vriell wrote:Tripod,Het jy die file gekry ?
Dankie, ja, probeer hom nou aflaai.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Kan jy 110gr m1 carbine .30 cal in 308 win skiet?

Post by LUAN »

Ek sien die is maar R0.84 n punt. As hulle gaan werk is dit n lekker goedkoop opsie wonder wat hy sal maak op n jakkals?
User avatar
vriell
Hero Member
Hero Member
Posts: 1364
Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm

Re: Kan jy 110gr m1 carbine .30 cal in 308 win skiet?

Post by vriell »

OK hoop jy kom reg.Ek het die hele folder ge-zip so delete maar wat onnodig is.Jy sal eers die zip file moet herstel voordat jy dit in die data basis sit...maar dit weet jy natuurlik.
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
Thermal
Full Member
Full Member
Posts: 116
Joined: Wed Jan 16, 2013 8:55 pm

Re: Kan jy 110gr m1 carbine .30 cal in 308 win skiet?

Post by Thermal »

My draai is 1:12, dus behoort dit bietjie beter te wees as vir 1:10. 24 duim loop.
Ek dink die gaan lekker wees vir my laaitie (min recoil) en om ander (nuwe mense) die gevoel van herlaai jou eie patrone en dit dan te skiet. Ek help nogal gereld mense hiermee - en dit kos my...

Ek sien nie myself as n expert, maar ek het al so n paar dinge geleer oor die jare. Ons moet die sport uitbrei, veral vir die skoner geslag en n "goedkoop", min recoil opsie vir mense wat vir die eerste keer laai en skiet gaan die perfek wees.

Ek sal ook my oog lekker kan inhou deur die jaar en meer skiet!!! Want daar is nie n manier hoe ek minder geld gaan spandeer nie....

Kan jy dink wat daai haas gaan se as hy weer vir my lag as die wind waai en hy sit op 200m!!! POOF een bloedkol teen die boom! ........Gou versprei daar n gerug onder hase-land se kinners dat daar n monster met n kanon rondloop!
Thermal
Full Member
Full Member
Posts: 116
Joined: Wed Jan 16, 2013 8:55 pm

Re: Kan jy 110gr m1 carbine .30 cal in 308 win skiet?

Post by Thermal »

303, dis die idee . As n 223 55gr teen 3100 met volmantels werk vir jakals , druk ek die 110gr teen 3100 gaan rok-en-roll met jakals se kind. As die punt nie breek in die lug of in die loop. Ek dink dit sal bymekaar hou, anders bring ek die spoed net af . Onthou , die M1 doen 1850fps .
Last edited by Thermal on Wed Aug 20, 2014 7:56 pm, edited 2 times in total.
Thermal
Full Member
Full Member
Posts: 116
Joined: Wed Jan 16, 2013 8:55 pm

Re: Kan jy 110gr m1 carbine .30 cal in 308 win skiet?

Post by Thermal »

Ok, het vir ons data gekry...
S321 45gr, tpl 61,4mm, norma new cases. Avg 2976 fps.
En 42gr gee 2798 fps.

S335 38gr, tpl 61,4mm, norma new cases. Avg 2359 fps.
En 45gr gee 2861 fps.

Mixed primers wat oorskiet was (Daar was n paar 210's en ander wat ek nie weet nie, het dit gebruik want want ek wou daarvan ontslae raak).

Kan iemand met QL my bietjie rigging gee asb?
Loop: 24
Draai: 1:12
Dop: Nuwe Norma (Ek sal dop weer full length re-size)
Thermal
Full Member
Full Member
Posts: 116
Joined: Wed Jan 16, 2013 8:55 pm

Re: Kan jy 110gr m1 carbine .30 cal in 308 win skiet?

Post by Thermal »

Ek kan bevestig dat my groeperings suig.
Dis eerder soos n area wapen... op 25m.
Sal toets as ek spoed afneem na so 1800- 2300fps..
Enige raad of voorstelle?
Reloader270
Hero Member
Hero Member
Posts: 1051
Joined: Wed Nov 06, 2013 8:44 pm

Re: Kan jy 110gr m1 carbine .30 cal in 308 win skiet?

Post by Reloader270 »

Die Frontier 110gr CMJ is net 'n koper "couting" en nie 'n ware koper mantel nie. Ek sal versigtig wees om die koeëltjie teen 'n hoë snelheid te jaag. Daar is op Gunsite South Africa gerapporteer dat die Frontier CMJ koeëls opbreek teen hoë spoed. Vir vuurvorm sou ek sê dit sal goed wees maar nie teen hoër as 1200vps, maar dan sal jy moet kyk na kruit soos MP200 en dit is weer 'n ander "ball-game". Kry eers die regte advies by ouens wat dit al gedoen het (reduced loads).
Thermal
Full Member
Full Member
Posts: 116
Joined: Wed Jan 16, 2013 8:55 pm

Re: Kan jy 110gr m1 carbine .30 cal in 308 win skiet?

Post by Thermal »

Hier is 25m groep teen 2950fps.
Die probleem was dat ek gemengde slagdoppies gebruik het!
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Thermal on Wed Aug 20, 2014 7:54 pm, edited 1 time in total.
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Kan jy 110gr m1 carbine .30 cal in 308 win skiet?

Post by LUAN »

So jy kan hulle skiet in n .308 maar net nie akuraat nie...
Thermal
Full Member
Full Member
Posts: 116
Joined: Wed Jan 16, 2013 8:55 pm

Re: Kan jy 110gr m1 carbine .30 cal in 308 win skiet?

Post by Thermal »

Jip, dit bly ook bymekaar op 100m, maar om hulle op die papier te hou.... Dit verg buitengewone vermoë.
Ek mik op die ou langsaan se teiken!!! :laugh:
Thermal
Full Member
Full Member
Posts: 116
Joined: Wed Jan 16, 2013 8:55 pm

Re: Kan jy 110gr m1 carbine .30 cal in 308 win skiet?

Post by Thermal »

Het probeer om laer laading te doen....32gr S341, punt is deeper ingedruk tot 60mm. Bodem van die punt is gelyk met die top van die skouer.
Met die trek van die sneller kry ek n klomp kruit of iets soortgelyk in my gesig. Toe stop ek maar. Hoekom het dit gebeur, en wat was dit? Voel soos fyn sand wat in my gesig spuit?
Thermal
Full Member
Full Member
Posts: 116
Joined: Wed Jan 16, 2013 8:55 pm

Re: Kan jy 110gr m1 carbine .30 cal in 308 win skiet?

Post by Thermal »

Loop was baie vuil daarna.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Kan jy 110gr m1 carbine .30 cal in 308 win skiet?

Post by tripodmvr »

S341 is nie die dryfmiddel om laer spoed mee te gaan soek nie - gebruik net S335. Die S341 ontbrand baie swak en gee nie genoeg druk om die dopnek teen die kamer te seël nie. Dit is kruit wat terugblaas. Druk volgens QL is maar by 15000psi.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Thermal
Full Member
Full Member
Posts: 116
Joined: Wed Jan 16, 2013 8:55 pm

Re: Kan jy 110gr m1 carbine .30 cal in 308 win skiet?

Post by Thermal »

Thanx tripodmvr, wat van s265? ek het n blik hier wat ek van wil ontsae raak. Watter lading stel QL voor as ek kan vra?
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Kan jy 110gr m1 carbine .30 cal in 308 win skiet?

Post by tripodmvr »

Met 26gr S335 kan jy so 1800-1900vps verwag. Dit is meer waar jy moet wees met die' koeël. Gebruik net Dacron pluisie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Thermal
Full Member
Full Member
Posts: 116
Joined: Wed Jan 16, 2013 8:55 pm

Re: Kan jy 110gr m1 carbine .30 cal in 308 win skiet?

Post by Thermal »

Thanx, sal bietjie so maak en weer terugvoer gee.
Ons sal hom nog kry en dan kan almal van ons lekker "cheap" skiet!!!

Vir interrestantheid:
Wat sal die druk wees van S335@26gr as S341@32=15000psi?
Thermal
Full Member
Full Member
Posts: 116
Joined: Wed Jan 16, 2013 8:55 pm

Re: Kan jy 110gr m1 carbine .30 cal in 308 win skiet?

Post by Thermal »

Ok, so bietjie data vir ons.

.MP200 @14.7gr, TPL 61.5gr, 2057 tot 2089fps, groepering 30mm @ 100m.

Goedkoop, recoil is weglaatbaar min met een van Silenthunting se knaldempers!
Nou kan ek lekker fireform en nog skietoefening inkry!
Thermal
Full Member
Full Member
Posts: 116
Joined: Wed Jan 16, 2013 8:55 pm

Re: Kan jy 110gr m1 carbine .30 cal in 308 win skiet?

Post by Thermal »

3 skoot groepering op 100m (30mm).
2 skoot groepering op 50m een gat (oranje blok)
So daar is potensiaal. ;D
Maar daar kort baie werk om die goed te maak werk.
Snelheid is laag maar dit is n begin.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Post Reply