Kleinvee verliese vir lamseisoen

Hoeveel lammers gevang vir lamseisoen ?

1-10
4
36%
11-20
0
No votes
21-30
2
18%
31-40
1
9%
41-50
0
No votes
51-60
1
9%
61-70
1
9%
71-80
0
No votes
81-90
0
No votes
91-100
2
18%
101-110
0
No votes
111-120
0
No votes
121-130
0
No votes
131-140
0
No votes
141-150
0
No votes
151-160
0
No votes
161-170
0
No votes
171-180
0
No votes
181-190
0
No votes
191-200
0
No votes
201-210
0
No votes
 
Total votes: 11

User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Kleinvee verliese vir lamseisoen

Post by Yalair »

Jagters, boere en almal op forum, as jy met boer praat vra uit oor sy veeverliese vir lamseisoen  en plaas getalle hier asb. Ek laat 5 stemme per persoon toe so laat waai asb.
Last edited by Yalair on Sun Apr 05, 2009 5:50 pm, edited 1 time in total.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Kleinvee verliese

Post by Louis102 »

Word teoretiese syfers (vermoede) hier toegelaat of tel slegs werklike syfers (waar die karkas opgespoor is en bewyse van roofdier gevind is - spore bytmerke ens.) ?  Watter 3 maande tydperk tel? Januarie tot Maart?
Goeie dade oortref goeie woorde.
britsman
Hero Member
Hero Member
Posts: 792
Joined: Sun Feb 01, 2009 3:06 pm

Re: Kleinvee verliese

Post by britsman »

Yalair,
Miskien moet jy verskillende 3 maande periode in die opname sit. Soos Sept08 tot Dec08,Jan09 tot Mar09 en Apr09 tot Jul09. Hier by ons begin die lammerie in Sept.  Hoe grooter die lammers word hoe minder die verliese.Baie boere het al hul oorblyende speen lammmers al verkoop en die teel ooities in veilige kampe gesit.

    britsman
If guns are outlawed. Only outlaws will have guns.
LMB
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 309
Joined: Sat Jan 03, 2009 4:59 pm

Re: Kleinvee verliese

Post by LMB »

Ek stem, lamtyd begin nou eers, so skade is nog nie bekend nie, en gaan nou eers begin.
Kan dit nie op boerevereniging vlak gedoen word. Maw elke boerevereniging wat wil deelneem sit sy syfers op, of iets in die lyn. Ek dink baie boereverenigings is hier op `n manier verteenwoordig.

Groete
Lukas
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: Kleinvee verliese

Post by Yalair »

Almal
Kom ons verander dit na lamseisoen, so wanneer lamseisoen begin tot end ongeag of dit Sep 09 begin het of nou eers, sal die pol ooplos vir volgende se maar 3 maande dan besluit ons waneeer dit afgesluit moet word. Enige ander voorstelle sal hoog op prys gestel word.

Louis102
As die vermoede sterk genoeg is dat die verlies aan probleemdier toegeskryf kan word sit dit in asb.
Ambessa

Re: Kleinvee verliese vir lamseisoen

Post by Ambessa »

Hallo almal

Goeie gedagte.

Yalair, sal ouens wat reeds gepoll het kan byvoeg?

Ambessa
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: Kleinvee verliese vir lamseisoen

Post by Yalair »

Ambessa
Elke lid het vyf stemme so jy kan vyf keer stem, so neem ek aan miskien kan Jaracal ons reghelp ? as die pol teklein raak begin ons nogeen, sal plan maak.

PS Hierdie is Meerkat se idee.
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1886
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Kleinvee verliese vir lamseisoen

Post by jaracal »

Yalair
Ek dink elke jagter of lid kan elke einde van die maand vir bv 5 maande die getal lammers gevang "vote" waarvan hy deeglik kennis geneem het. Op die manier kan die poll vir 5 mnde loop en sal ons 'n idee het vir die 5 maande. Moontlik moet die poll gaan oor hoeveel kliente/boere en hoeveel lammers per boer/klient verloor.

Groete

heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: Kleinvee verliese vir lamseisoen

Post by Yalair »

Heinrich
kan ek twee poll's op een topic laat gelyk loop, sal idiaal wees eenkant verliese, anderkant aantal boere/kliente. Is daar moontlikheid vir so iets, sal dit graag by jakkalsgetalle ook so wil doen.

Groete
Ben
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1886
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Kleinvee verliese vir lamseisoen

Post by jaracal »

Ben
sal bietjie kyk wat ons kan doen. Moontlik kan die eerste deel wees vir die aantal kliente. Die kliente/boere sal min bo 20 wees. Lammers sal min onder 20 wees.

Groete

Heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: Kleinvee verliese vir lamseisoen

Post by Yalair »

Heinrich
As jy dit onder die belt het en dis moontlik verander asb so

Dankie
ben
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Kleinvee verliese vir lamseisoen

Post by Louis102 »

Mag ek my gedagte deel?

Ek dink die peiling is goed so en gaan voort daarmee.  Vir 'n volgende rondte dink ek julle moet dalk die volgende oorweeg:

In ekstensiewe boerdery areas is dit ongelooflik moeilik om al die verliese te wyte aan probleemdier vangste op te spoor en positief te identifiseer as 'n probleemdier vangs.  Slegs 'n fraksie van die karkasse word gevind veral gedurende jakkalse se kleintjie tyd en wanneer die aasvo?ls bedrywig is.  Dit is selfs bykans onmoontlik om op lampersentasies te werk agv. die getal tweelinge (behalwe as jy scan).  Ek hou dus geen rekord van probleemdiervangste of lampersentasies nie, omdat ek glo dit is teoretiese syfers wat nie baie akuraat is nie (in my omstandighede) - Moet bys? dat ek 'n stadsjapie is wat nou so ongeveer 11 jaar permanent boer - so dalk mis ek 'n truuk!

Die syfer wat in my boerdery die heel belangrikste is, is my speenpersentasie.  Ek weet presies hoeveel ooie ek het en ek weet presies hoeveel lammers ek bemark, slag of hou vir vervangingsooitjies ens.  My speenpersentasie is dus die persentasie lammers gespeen uit die hoeveelheid lambare ooie vir die lamseisoen, finansieele jaar of vir watter tydperk ook al.  Die getal klein lammers aan die begin en einde van die periode speel 'n rol, maar is nie te moeilik om te bepaal nie - tel hulle.  Hieruit kan ek afleidings maak wat meer akuraat is omdat dit gebasseer is op akurate syfers.  As my speenpersentasie swak is kan ek dan afleidings begin maak t.o.v. probleemdier skade, diefstal, siektes, gifplante ens. gegewe inligting tot my beskikking.

Ek het dus gewonder of die peiling nie meer waarde gaan h? as daar na speenpersentasies gekyk word nie.  Ek sou ook graag wou sien dat die tipe probleemdier beheer wat toegepas saam met die statistiek van speenpersentasie gelees word.  Nog beter sal wees as speenpersetasies van plase met geen of "omgewings vriendelike" probleemdier beheer metodes vergelyk word plase waar streng beheer toegepas word.  Dit sal ook interessant wees om verskeie streke met mekaar te vergelyk.

Mag ek opmerk dat die uitslag van hierdie peiling gesien moet word in die konteks van plase en plaaseienaars wat streng beheer toepas.  Hulle sal meer geneig wees om aan die peiling deel te neem as diegene wat nie glo in streng beheer nie.  Boere wat streng beheer toepas moet mos baie minder verliese h? as diegene wat geen beheer toepas nie.

Ek sal laastens my verliese aan ongediertes uit die duim moet suig want ek verloor doodseker lammers.  Ek het egter nie bewyse dat dit alles toegeskryf kan word aan ongediertes nie.  Daar is 'n reeks redes hoekom jy lammers kan verloor.  Ek sal egter my "best educated guess" (as dit is hoe jy dit spel) vir julle op die peiling plaas.

Sterkte met die goeie werk.
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
Ambessa

Re: Kleinvee verliese vir lamseisoen

Post by Ambessa »

Hallo Louis102

Mooi uiteengesit. Ek sien daar is nognet een persoon wat gewaag het om sy getalle te "poll".

Sal intussen ook my gedagtes laat gaan. Ons moet dit eenvoudig hou. As 'n opname te ingewikkeld is wil niemand deelneem nie.

Ambessa
LMB
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 309
Joined: Sat Jan 03, 2009 4:59 pm

Re: Kleinvee verliese vir lamseisoen

Post by LMB »

Louis 102
Ek wil net `n paar gedagtes los.
As jy op `n syfer tot op speentyd werk, wat van daarna, jy verloor na speeen ook lammers agv probleem diere.
As jy bloot net op speenpersentasie werk, hoe ontleed jy jou skade, maw hoe bepaal jy waar is jou grootste verliese en waarom? Ek dink dit is nodig dat `n ekstenmsiewe boer die vraag vir homself beantwoord.
As jy bloot net uier ooie elke 14 dae uithaal. het jy `n baie goeie aanduiding van hoeveel ooie moet lam. Kry jy  nie die getal lammers aan nie, moes daar iets fout gegaan het. As daar ander fout onder die ooie was, sou jy dooie lammers kry, so jy kan redelik akkuraat bepaal wat van die lammers geword het, al het jy nie karkasse gekry nie, dis juis `n aanduiding daarvan dat iets vang. Tweelinge is moeilik bepaalbaar, maar as jou ooie altyd tweelinge gegee het, en skielik kry jy nie meer tweelinge nie, terwyl die bestuur dieselfde is, kan jy rekelik seker aanneem dat daar wel `n vangery was. Dit is wat my betref een van die eerste tekens, as daar nie meer lammers as ooie is. dit kan egter nie in getalle omgesit word nie, tensy geskan soos jy s?.
Mens kan seker redeneer dat die syfers voor merk duimsuig is, maar dan moet die persoon kom bewyus wat het dan van die lammers geraak, as jy kan bewys dat hulle dragtig was.

Wat ook interesant sal wees rondom die liggig van die plase, is dat dit interesant sal wees om te sien wat die skade is op plase naaste aan natuurreservate. Die diere in natuurreservate vang mos nie, so dit behoort laer te wees op plase naby hulle!!!

Groete
Lukas
Ambessa

Re: Kleinvee verliese vir lamseisoen

Post by Ambessa »

Hallo LMB
LMB wrote:Wat ook interesant sal wees rondom die liggig van die plase, is dat dit interesant sal wees om te sien wat die skade is op plase naaste aan natuurreservate. Die diere in natuurreservate vang mos nie, so dit behoort laer te wees op plase naby hulle!!!
Die natuurreservate se drade is mos dig........?

Hier gaan baie reaksie op my stelling wees.

Ambessa
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Kleinvee verliese vir lamseisoen

Post by Louis102 »

Lukas

Jy is 100% reg en klink na 'n voorslag boer.

Net ter verduideliking:  By my word die lam van die ma af bemark of gaan na my eie voerkraal toe. (enige iets tussen 3 en 5 maande).  Die Speenooitjies wat ek keur vir my boerdery kom op my boek.  Loop appart tot ek hulle laat dek, daarna is hulle by my ooigetal.  Ek stoor glad nie ander lammers wat afgespeen is nie (behalwe rampies uit my stoet trop - teel vir my self kudderamme).

Groete
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Kleinvee verliese vir lamseisoen

Post by JACQUES BOTHA »

EK IS BESONDER GELUKKIG MY TIEN OF TWAALF KLIENTE WAT EK OORGEHOU HET LAM ALMAL IN DIE WINTER...EN JULLE WEET MOS HOE LEKKER IS DIT IN DIE MIDDDEL VAN JULIE OM AGTER OP N BAKKIE TE SIT, EN DIE TONE VRIES SO LEKKER EN DIE VINGERS GAAN DOOD EN DIE NEUS WIL LOOP EN DAAI ROOI KOL WAT JY SIEN IS JOU NEUS NIE DIE ROOILIG  NIE.....
DIS LEKKER OM TE LEWE....
Shoot straight and tell the truth!
LMB
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 309
Joined: Sat Jan 03, 2009 4:59 pm

Re: Kleinvee verliese vir lamseisoen

Post by LMB »

Louis

Ek is alles behalwe `n voorslag boer. Ons probeer maar almal ons bes onder omstandighede.
Ek werk ook maar basies soos jy. Begin net nou so gou moontlik die lammer getalle op die boek kry. Vanaf `n week ouderdom as dit kan. Dan het ek beter kontrole oor my skade.

Groete
Lukas
Ambessa

Re: Kleinvee verliese vir lamseisoen

Post by Ambessa »

Hallo LMB

Hou hiervan. Hoe eerder hoe beter vir veegetalle.

Ambessa
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Kleinvee verliese vir lamseisoen

Post by Christo »

Almal

Ons verliese is nie net van vangste nie en daarom kom 'n lam eers op die boeke as die stert afgesit word. Gewoonlik is dit dan meeste van die tyd iets wat bemark of na die ooitrop oorgesit sal kan word.

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Ambessa

Re: Kleinvee verliese vir lamseisoen

Post by Ambessa »

Hallo Christo
Christo wrote:Ons verliese is nie net van vangste nie en daarom kom 'n lam eers op die boeke as die stert afgesit word. Gewoonlik is dit dan meeste van die tyd iets wat bemark of na die ooitrop oorgesit sal kan word.
Dankie. Baie boere maak soos jy laat weet. Hoe bepaal ons dan wat die werklike verliese is - bedoelende vrektes, veediefstal en vangste? Laasgenoemde moet nog opgedeel word tussen die verskillende roofdiere.

Help 'n bietjie.

Ambessa
tafjak

Re: Kleinvee verliese vir lamseisoen

Post by tafjak »

Ambessa
Hoe bepaal ons dan wat die werklike verliese is - bedoelende vrektes, veediefstal en vangste? Laasgenoemde moet nog opgedeel word tussen die verskillende roofdiere.
Dit is moeilik, maar daar is nogal manne wat die ooie in baie klein kampies onder toesig laat lam, in lamhokke ens. 'n Skandering is nie so geslaagd as die genoemdes metode nie, maar kan ook 'n aanduiding gee. Weet nie wie ges? het dat lammer ooie alleen gelaat moet word totdat hulle klaar gelam het nie. My mening is dat as dit onder toesig in kleinkampies (40 hektaar of so) met so 25 ooie gedoen word, dit baie effektief gedoen kan word en elke dag die ooie deurgaan sonder om hulle te steur.

Taffie
Ambessa

Re: Kleinvee verliese vir lamseisoen

Post by Ambessa »

Hallo Tafjak

Ek stem saam dat alle praktiese metodes deur boere gebruik moet word om verliese te verminder. Daar is egter diegene wat beweer dit is net prakties om sulke intensiewe sorg tydens en 'n rukkie na lam te bied solank die lamkudde nie te groot is nie. By groot kuddes raak dit glo net 'n onbegonne taak.

Die groot betoog deur die groen gedeelte is natuurlik dat boere hopeloos te min of selfs niks doen om hulle vee te beskerm nie en net wil doodmaak.

Daar moet natuurlik 'n balans getref word tussen die skade en die koste van beheer.

Ambessa
tafjak

Re: Kleinvee verliese vir lamseisoen

Post by tafjak »

Ambessa
Daar moet natuurlik 'n balans getref word tussen die skade en die koste van beheer.
Heeltemal reg, ek het versuim om die verduideling van my af te rond. Nadat ooie gelam het kan boer presies sien hoeveel aangekom het en wanneer in groter kampe gesit word kan die verliese a.g.v. roofdiere net meer akkuraat bepaal word. 'n Maat van my lam in die een kamp en skuif elke dag ooie wat vorige dag gelam het oor na ander groter kamp en dit is sy manier om presiese getalle te hou. Hy lam 400 ooie en dit werk uitstekend.

Ek sien ook in my vorige pos praat ek van 25 ooie in 40 hektaar kampies, dit moet eintlik lees: 40 ooie in 25 hektaar kampies

Taffie
User avatar
CHRIS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Mon Feb 02, 2009 12:42 pm

Re: Kleinvee verliese vir lamseisoen

Post by CHRIS »

hallo

Ek is eintlik skaam om te antwoord hier omdat ek maar n bonsaai boer is maar  vir interresantheid. Laas jaar Mrt 08 tot Febr 09. 420 ooie gepaar 82 lam verloor aan kat/jak.(self geidentifiseer) 2 katte en 10 jakkalse geskiet en dit is op 2500 hektaar. Ek boer langs Brulberg game ranch (10 000 hektaar).

My bure wat nie teen wildplaas is nie se verliese is net so hoog maar ek het nie presiese getalle nie.

Groete Chris
Post Reply