308 Win QL NAVRAAG
- Gerhardu
- Hero Member

- Posts: 981
- Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm
Re: 308 Win QL NAVRAAG
Dankie Arnold
Wel ek het soos volg gelaai
45,5gr
46gr
46,2gr
almal met n TPL van 70mm
Moet ek dalk kyk om die TPL 71mm of self 71,5 te maak?
Groete
Gerhardu

- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8010
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: 308 Win QL NAVRAAG
As jy reeds op 72mm gelaai het hoekom maak jy die TPL korter as jy nog nie eers 'n lading het nie?
Onthou om altyd slegs een ding op 'n slag te verander!

- Francoisv
- Hero Member

- Posts: 1615
- Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm
Re: 308 Win QL NAVRAAG
Gerhard daardie landings lyk vir my baie hoog. Alhoewel jou dop volume hoër as die norm is sal ek baie versigtig wees. Dis baie kruit daai!
Francois Vogel
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8010
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: 308 Win QL NAVRAAG
My winchester doppe het ook so 57gr h2o gehou en my lading hier na die einde se kant toe was taamlik hoog toe ek 'n lang jump gehad het. Kan nie die lading onthou nie en sal moet gaan kyk.
Mik maar vir so 2850fps, maar vir langafstand skiet sou ek voorstel jy doen n ladder test.
Mik maar vir so 2850fps, maar vir langafstand skiet sou ek voorstel jy doen n ladder test.
- Gerhardu
- Hero Member

- Posts: 981
- Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm
Re: 308 Win QL NAVRAAG
Reg so.
Dan gaa ek my TPL los op 72mm met ladings van 45,5gr,46gr en 46,2gr en gaan kyk na die spoed,groepering en vir enige druk tskens.

Gaan daar n groot verskil wees as ek nuwe doppe met n volume van 55,5gr water en dan met doppe wat ek geneck size het 57,1gr water gebruik met die bogenoemde ladings?
Groete
Gerhardu
Groete
Gerhardu
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8010
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: 308 Win QL NAVRAAG
Daar gaan 'n verskil wees en jy sal seker 'n effense laer spoed met die nuwe doppe kry. Wat die verskil gaan wees sal jy maar moet meet.
- Reghardt
- Sr. Member

- Posts: 388
- Joined: Sat Jun 30, 2012 9:40 am
Re: 308 Win QL NAVRAAG
Middag Julle
Ek kan dalk net hier aanlas deur te sê dat ek ook die CZ 550 varminter het, maar kon glad nie goeie groepe kry nie die Nosler CC 155gr nie. Ek weet nie of dit maar net my onkunde was daardie tyd nie, maar ek het n boks uitgeskiet met geen sukses. Ek het toe die lapua 155gr probeer en hulle groepeer baie mooi. Die was nog die enigste punt wat nou wou groepeer nie, die res groepeer almal tot die 110gr v-max. Hulle groepeer besonders goed.
Ek wil net graag vra hoeveel "skade" rig jy aan die loop aan indien jy hierdie ligter punte teen verhoogde snelhede skiet spesifiek op n 308? Ek verstaan dat jy nie so daarna moet kyk nie aangesien dit die doel is waarvoor die geweer gemaak is en jy hom gebruik. Wat ek probeer sê is dat jy eintlik die ligter punte behoort te skiet, as hulle werk en groepeer, en dan net die loop vervang wanneer die tyd kom.
Ek skiet meestal springbokke, maar die v-max'se het ook al n kudu laat val.
My geweer groepeer tussen 2800 en 2880f/s vir beide die 125gr pro hunters, 155gr lapua en 150gr Noslers. Ek verstaan dat elke geweer verskil dus moet asb nie hierdie snelhede as n norm beskou nie.
PS is ek reg as ek sê dat op 72mm TPL gaan daardie rondtes seker net-net in die magesyn in?
Groete
Reghardt

Dankie Arnold maar dan behoort die druk ook laer te wees.As ek reg is!Arnold wrote:Daar gaan 'n verskil wees en jy sal seker 'n effense laer spoed met die nuwe doppe kry. Wat die verskil gaan wees sal jy maar moet meet.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8010
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: 308 Win QL NAVRAAG
Nie regtig nie, van die druk en energie gaan verlore met die vorming van die dop instede daarvan om die koeël te dryf.gerhardu wrote:Dankie Arnold maar dan behoort die druk ook laer te wees.As ek reg is!Arnold wrote:Daar gaan 'n verskil wees en jy sal seker 'n effense laer spoed met die nuwe doppe kry. Wat die verskil gaan wees sal jy maar moet meet.
Reghardt, ligter koeëls verweer nie 'n loop vinniger nie en uit my navorsing is dit presies anders om.
- Reghardt
- Sr. Member

- Posts: 388
- Joined: Sat Jun 30, 2012 9:40 am
Re: 308 Win QL NAVRAAG
Arnold as jy nie omgee bie verduidelik bietjie vir my asb? Ek verstaan dat die verhoogde snelheid die probleem is?
Groete
Groete
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8010
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: 308 Win QL NAVRAAG
Hoe warmer en langer die ontbranding in jou loop plaasvind hoe gouer gaan hy verweer.
Hoe stadiger jou koeel beweeg hoe langer is die hitte in jou loop. Jou keel gaan ook gouer verweer met swaar koeels aangesien die koeel traag is om te beweeg en die warm vlam dan jou lande brand.
Daar is baie verduidelikings en ek is seker daar gaan mense wees wat van my opinie verskil.
Vir interessantheid ... hoe vinniger die dryfmiddel hoe langer hou die loop. Toets dit bietjie met verskillende kalibers.
Overbore / loop vreters gebruik stadige dryfmiddel teenoor die 308 bv wat S335 gebruik en dan kry jy die .22 Hornet wat S265 gebruik waarvan die loop nog langer gaan hou.
Jy sal seker nooit in jou leeftyd 'n 9mmP of 45 ACP wat met vinnige pistool kruit werk se loop uitskiet nie ...
Hoe stadiger jou koeel beweeg hoe langer is die hitte in jou loop. Jou keel gaan ook gouer verweer met swaar koeels aangesien die koeel traag is om te beweeg en die warm vlam dan jou lande brand.
Daar is baie verduidelikings en ek is seker daar gaan mense wees wat van my opinie verskil.
Vir interessantheid ... hoe vinniger die dryfmiddel hoe langer hou die loop. Toets dit bietjie met verskillende kalibers.
Overbore / loop vreters gebruik stadige dryfmiddel teenoor die 308 bv wat S335 gebruik en dan kry jy die .22 Hornet wat S265 gebruik waarvan die loop nog langer gaan hou.
Jy sal seker nooit in jou leeftyd 'n 9mmP of 45 ACP wat met vinnige pistool kruit werk se loop uitskiet nie ...
- Reghardt
- Sr. Member

- Posts: 388
- Joined: Sat Jun 30, 2012 9:40 am
Re: 308 Win QL NAVRAAG
Dankie Arnold dit maak verseker sin. Ek het nog nie so daaroor gedink nie.
Groete
Reghardt
Groete
Reghardt
- Francoisv
- Hero Member

- Posts: 1615
- Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm
Re: 308 Win QL NAVRAAG
ReghardtReghardt wrote:Middag Julle
Ek kan dalk net hier aanlas deur te sê dat ek ook die CZ 550 varminter het, maar kon glad nie goeie groepe kry nie die Nosler CC 155gr nie. Ek weet nie of dit maar net my onkunde was daardie tyd nie, maar ek het n boks uitgeskiet met geen sukses. Ek het toe die lapua 155gr probeer en hulle groepeer baie mooi. Die was nog die enigste punt wat nou wou groepeer nie, die res groepeer almal tot die 110gr v-max. Hulle groepeer besonders goed.
Ek wil net graag vra hoeveel "skade" rig jy aan die loop aan indien jy hierdie ligter punte teen verhoogde snelhede skiet spesifiek op n 308? Ek verstaan dat jy nie so daarna moet kyk nie aangesien dit die doel is waarvoor die geweer gemaak is en jy hom gebruik. Wat ek probeer sê is dat jy eintlik die ligter punte behoort te skiet, as hulle werk en groepeer, en dan net die loop vervang wanneer die tyd kom.
Ek skiet meestal springbokke, maar die v-max'se het ook al n kudu laat val.
My geweer groepeer tussen 2800 en 2880f/s vir beide die 125gr pro hunters, 155gr lapua en 150gr Noslers. Ek verstaan dat elke geweer verskil dus moet asb nie hierdie snelhede as n norm beskou nie.
PS is ek reg as ek sê dat op 72mm TPL gaan daardie rondtes seker net-net in die magesyn in?
Groete
Reghardt
Wat het jy 155 Scenars gelaai om 2800 plus te kry? 43.5 gr S335?
Francois Vogel
- Reghardt
- Sr. Member

- Posts: 388
- Joined: Sat Jun 30, 2012 9:40 am
Re: 308 Win QL NAVRAAG
Ek het n baie stadige batch. Ek het ongelukkig nie die presiese lading by my nie, maar ek skiet hulle so tussen 2780 en 2820f/s. Kry baie goeie groepe met hulle. Ek weet vir elke geweer is TPL verskillend maar myne is 55.8mm op ogief. Ongelukkig weet ek nie die totale tpl nie. Ek weet my tpl op hulle en die nosler BT verskil 0.3mm op ogief met die BT wat 56.1mm is.
Hoop dit help
Groete
Hoop dit help
Groete
- Francoisv
- Hero Member

- Posts: 1615
- Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm
Re: 308 Win QL NAVRAAG
Ek laai 43.5 maar die druk is bietjie hoog op QL maar absoluut geen tekens van druk op dop. Die naweek het ek gaan f-tr skiet en ek moet se ek is baie beindruk met die Scenars. Om effektief te wees op 700 en 800m voel ek 2800 min is 'n moet.
Francois Vogel
- Reghardt
- Sr. Member

- Posts: 388
- Joined: Sat Jun 30, 2012 9:40 am
Re: 308 Win QL NAVRAAG
Ek is tans besig om my toerusting reg te kry om verder te skiet. Jy goeie resultate? Watse scope het jy op? Ek kyk na die nuwe NF svh 5-20x56 MOAR kruishaar. Dit is maar tussen hom en die vortex PST 6-24x50.
- Francoisv
- Hero Member

- Posts: 1615
- Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm
Re: 308 Win QL NAVRAAG
Op die stadium het ek 'n Vortex PST 6-24 MRAD op. Baie nice scope maar ek is besig om 'n Musgrave RSA Lyttleton op te bou as toegewyde F-TR geweer. NF benchrest 12-42 mil dot met moa turrets gaan op die een.ek verstaan die SHV gaan so vir ongeveer 17k verkoop.
Francois Vogel
- Reghardt
- Sr. Member

- Posts: 388
- Joined: Sat Jun 30, 2012 9:40 am
Re: 308 Win QL NAVRAAG
Is jy tevrede met die tracking van die vortex? As ek jou kan vra wat is die verste afstand wat jy sukses gehad het met die scope? Ek wil my 308 ook verder begin skiet, maar sien nog nie die nut om R17k te spandeer op 'n scope voor ek nie eers regtig in die ding is en weet wat ek doen nie. Dit wil vir my voorkom of die vortex tot op so 700 meter voldoende sal wees? Ek het tans die 4-16x50 PST op my 25-06 en is baie tevrede maar het nog nie regtig lang afstand geskiet met hom nie. Hy is ook in MRAD
- Reghardt
- Sr. Member

- Posts: 388
- Joined: Sat Jun 30, 2012 9:40 am
Re: 308 Win QL NAVRAAG
Kan ek jou ook vra of hy n rail opgesit het? En watse ringe? Gaan seker pak kry want ek is nou bietjie van die topic af!!
Groete
Reghardt
Groete
Reghardt
- Francoisv
- Hero Member

- Posts: 1615
- Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm
Re: 308 Win QL NAVRAAG
Ja-nee, die omies gaan ons kort vat. Ek dink tog iemand ander sal seker baat vind as ek jou antwoord hier. 800m is die verste wat ek nog geskiet het. Ek glo baie sterk daarin om jouself eers op 'n skietbaan van daardie lengte te bekwaam voordat jy enigsins daaraan kan dink om langafstand te jag.
Die vortex track baie goed. Ek kan regtig niks negatiefs wat ek omtrent die scope kan sê. Die mrad vat gewoond raak en die 80mm verstelling teenoor die 55mm MOA op 800m is 'n nadeel. Daar is baie beter scopes as die pst, vir lang afstand in daardie prysklas sal ek SIGHTRON ook sterk oorweeg. Die pst het 272 click verstelling (68moa) so 'n rail is nie nodig. Ek sal enter 'n 20moa rail op die RSA sit. Huidiglik het ek Warne ringe op. Dit gaan ook vervang word en op die RSA sal ek kyk wat ek kan bekostig. Ek is noudiedag pertinent gesê Warne ringe is k#%