Savage 250-3000 - Ken julle hom?

Post Reply
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Savage 250-3000 - Ken julle hom?

Post by win270 »

Wie ken bg. geweer ("lever" action) en is die winkel-ammunisie daarvoor nog geredelik beskikbaar? Vertel gerus waarvoor julle reken dit ideaal is in die jagveld soos afstand om oor te skiet en tipe wild. Dankie.
Last edited by win270 on Tue Jul 29, 2014 6:37 pm, edited 1 time in total.
Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 889
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm

Re: Savage 250-3000 - Ken julle hom?

Post by Hercules Louw »

Die 250-3000 Savage se naam kom van die kaliber .257 en die feit dat dit 'n 87gr koeël teen meer as 3000ft/sekonde geskiet het, iets totaal ongehoord vir daardie tyd. Die geweer is maar bedoel vir kleiner wild soos springbokke en blesbokke - as ek reg onthou is die twist 1 in 12 wat jou stop by 100gr plat basis koeëls. Die akkuraatheid van die betrokke geweer (en nie die kaliber nie) gaan die afstand bepaal waarop jy kan jag, waarskynlik nie veel verder as 200m nie.

Die 22-250 Rem se dop is basies die 250 Savage wat afgenek is na .224 kaliber, vandaar die naam 22-250. So jy kan enige tyd baie maklik net 22-250 doppe op-nek na 257 kaliber en dan het jy die regte dop. Ek weet nie van ammunisie beskikbaarheid in SA nie, maar sien dat Safari wel dies het vir herlaai.
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Savage 250-3000 - Ken julle hom?

Post by win270 »

Dankie, Hercules. Ek wil bietjie soek na ammunisie hiervoor . . .
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Savage 250-3000 - Ken julle hom?

Post by James Wilson »

My skoonpa besit een, en ons laai al te lekker vir hom. Kyk maar net die model 99(leaver action) kannie na dieselfde drukvlakke gelaai word as die slotaksie nie.

Ek skiet self nou en dan met die geweer, dit is n bitter akurate geweer/kaliber met min terugskop
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
wrm
Newbie
Newbie
Posts: 43
Joined: Thu Apr 10, 2014 7:10 am

Re: Savage 250-3000 - Ken julle hom?

Post by wrm »

Ek het 'n Model 99 in 300 Savage ('n kort 308 en die pappie van die 30-06 en 308). Daar's nog 'n 99 in Witbank met my naam op, in 22 HP.

Die 250-3000 was vinnig vir sy tyd, soos Hercules sê.

Daar is vier klassieke Savage kalibers, naamlik 303 Savage, 300 Savage, 250-3000 en 22 High Power.

Die later Savages is ge-drill&tap vir 'n teleskoop, die ouer modelle nie. Daar is maniere om 'n teleskoop te monteer, net soos ander leverguns. Nie noodwendig die moeite werd nie. Probleem is die sneller ontwerp, daar's nie 'n manier om hom veel ligter te maak nie.

http://www.savage99.com en http://www.savageshooters.com/content.p ... -do-I-have
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Savage 250-3000 - Ken julle hom?

Post by Smitstertjies »

Toevallig nou net in Augustus se African Outfitter oor hierdie kaliber gelees.

Was in 1915 deur Charles Newton ontwerp. Die naam kom daarvan dat dit die eerste kaliber was wat n 87 grein koeel teen 3000vps kon landseer met fabrieks ammunisie.

Die kaliber is natuurlik n .250 . Arthur Savage het Charles Newton oorreed om 87grein in plaas van 100grein koeels te gebruik, daarom die "Savage" in die naam.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Savage 250-3000 - Ken julle hom?

Post by win270 »

Baie dankie vir die interessante inligting, manne. Groot waardering.

Ek gaan bietjie kyk wat ek nog met myne kan doen en dalk kan ek nog 'n paar van die kleiner wild gaan plattrek met hom.
Swys14
Hero Member
Hero Member
Posts: 1045
Joined: Fri May 27, 2011 5:26 pm

Re: Savage 250-3000 - Ken julle hom?

Post by Swys14 »

daar is 'n artikel in 'n Magnum van die kaliber, ek het dit by die huis. Sal dit vir jou scan en email as ek die naweek weer tuis is.
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Savage 250-3000 - Ken julle hom?

Post by win270 »

Baie dankie, Swys14. Ek sal dit regtig waardeer!!
User avatar
Steppenwolf
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 274
Joined: Sat Jun 21, 2014 5:52 pm

Re: Savage 250-3000 - Ken julle hom?

Post by Steppenwolf »

interesting tks for sharing
"the more I practice, the luckier I get'
User avatar
Fritz
Hero Member
Hero Member
Posts: 1376
Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm

Re: Savage 250-3000 - Ken julle hom?

Post by Fritz »

Ek het my tweede en derde bokke (ribbokke in Oos-kaap) met die einste lever-aksie geweer en kaliber geskiet.
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Savage 250-3000 - Ken julle hom?

Post by win270 »

Ek het al paar mense in Johannebsurg/Pretoria area teengekom wat gewillig is om my te help om my Savage 250-3000 patrone te herlaai. Ongelukkig het hulle nie 'n geskikte dies set nie. Weet enigiemand van julle dalk van 'n goeie 2de handse dies set waarvan iemand teen billike prys ontslae wil raak? PM my gerus as julle inligting hieroor het.

Baie dankie by voorbaat.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Savage 250-3000 - Ken julle hom?

Post by tripodmvr »

Op www.leeprecision het hulle driestukmatrys vir 42$. Ander soos RCBS ens. behoort dan ook te hê.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Savage 250-3000 - Ken julle hom?

Post by win270 »

Baie dankie, tripodmvr. Ek sal dit ondersoek.
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Savage 250-3000 - Ken julle hom?

Post by win270 »

Na vele jare uiteindelik by die punt gekom waar ek en my seun nou begin herlaai vir die geweer. Wil kleinwild soos springbokke, ribbokke met hom gaan skiet oor afstande van nie meer as sowat 150 meter nie. Ons skiet ook nog oopvisier.

As daar manne op die forum is wat suksesvol herlaai (ons dink aan 100 grein koeels en gebruik Norma doppe), laat weet my ASB wat julle ondervinding is. Geweerloop is 24" en twist van 1:14.

Baie dankie by voorbaat.
Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 889
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm

Re: Savage 250-3000 - Ken julle hom?

Post by Hercules Louw »

Win270, die 1 in 14 groefdraai is baie stadig. Ek het vinnig op JBM Ballistics gekyk en selfs 'n 100gr Sierra Pro-Hunter plat basis koeël sal net marginaal stabiel wees, so op 'n koue dag met wind sal jy die risiko van 'n onstabiele koeël hê. 87gr platbasis koeëls is die swaarste of dan langste koeëls wat mooi stabiel is en wat ek ek sou aanbeveel. Monolitiese koeëls is heeltemal uit. Bootstert koeëls soos die 85gr Nosler BT is nie stabiel genoeg nie. Die lysie hieronder is wat jy kan oorweeg:

70gr Sierra Blitz King
75gr Hornady V-Max
75gr Sierra HP Varminter
87gr Sierra SPT Varminter (Goeie keuse)
87gr Hornady SP (Goeie keuse)

Dit lyk vir my of Hornady nie meer die 87gr SP platbasis vervaardig nie, moontlik sal daar nog winkels of mense op die forum wees wat voorraad het. Ek mag moontlik self 'n 100 of so hê, sal moet kyk en jou laat weet as jy belang stel.
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Savage 250-3000 - Ken julle hom?

Post by win270 »

Dankie, Hercules. PM my gerus watter geskikte koeels jy het en die pryse. Ek sal natuurlik ook die lading van die dryfmiddel met die betrokke koeel moet weet of verdere ladingontwikkeling moet doen. Let wel, ek wil kleinwild tot op so ongeveer 150 meter daarmee jag.

Ek het wel nog klompie ou Norma ammunisie - 100 grein koeels. Ons het baie suksesvol daarmee gejag in die vorige seisoen.
Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 889
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm

Re: Savage 250-3000 - Ken julle hom?

Post by Hercules Louw »

Reg so, ek sal kyk en jou laat weet.

Die inligting hieronder vanaf Nosler se web en bevestig wat ek vroeër vir jou geskryf het. Nosler se ligste koeël is die 85gr Ballistic Tip:

TECHNICAL INFORMATION:
The Savage Model 99 was the original rifle chambered for the 250 Savage. Many older Model 99’ s have a 1-14” twist barrel, and will not stabilize any of our .25 caliber bullets.
Post Reply