Gehoorbeskerming
-
mustangsa
- Full Member

- Posts: 101
- Joined: Tue Jan 07, 2014 12:27 am
Gehoorbeskerming
Goeie dag
Ek het in 'n onlangs SA-Jagterstydskrif gelees van 'n man wat skryf hoe belangrik dit is om jou gehoor te beskerm terwys daar geskiet word/op 'n skietbaan rondgeloop word.
Ek stem 100% saam daarmee en waar ek kan dra ek my oor-beskerming op die baan of waar ek geweer inskiet op die jagplaas. Al probleem wat ontstaan is wanneer daar fisies gejag word, hetsy in die bos of agter op die bakkie in Namibiese vlaktes... As mens in die veld loop dan moet mens uitluister vir bokke se geblaas, waar mens moontlik op takkies trap, waar die grysloeries jou posiesie verklap of net eenvoudig waarneem. Dit gaan gewoonlik gepaard met 'n enkele (hopelik doodskoot) wat sonder gehoorbekerming afgevuur word hier na mens se linker oor se kant toe as jy regs skiet. Die opwinding en konsentrasie is so groot dat mens nie eers die skoot hoor nie!
As ek van sekondere geraas praat - my vriend het 'n kort-loop 30-06 en ek kners gewoonlik op my tande as hy die skoot hier langs my afvuur, wat na 'n paar sekonders weer reg kom, maar dit maak seker gehoorskade?
Knaldemper is seker die antwoord? Of grand duur selfverdowende oorbeskerming... Watse raad het julle slim gesoute mense hierso? Ek is nou 35 jaar oud en sal graag nog my gehoor wil beskerm solank ek kan!
Groetnis

Sako 30-06
Mauser .22LR
Mauser .22LR
- Willie
- Sr. Member

- Posts: 460
- Joined: Thu Dec 09, 2010 1:36 pm
Re: Gehoorbeskerming
Ek is nou reeds half doof van so jag sonder beskerming. En daardie lekker elektoniese oor moffies is nogal nie s rof duur nie. Kry hulle maar en gebruik hulle.
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
-
Sako75
- Hero Member

- Posts: 1218
- Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm
Re: Gehoorbeskerming
Ek het by die Oorinstituut vir R1000 pasmaak propies laat maak en hulle werk goed genoeg vir my.
-
martinf
- Sr. Member

- Posts: 292
- Joined: Tue Jul 12, 2011 10:10 am
Re: Gehoorbeskerming
Hi Sako.
Is dit R1000 per oor? Vertel bietjie meer van die proppies. Is dit dieslefdes wat sagter klank "enhance" ook?
Groete
Martin
Is dit R1000 per oor? Vertel bietjie meer van die proppies. Is dit dieslefdes wat sagter klank "enhance" ook?
Groete
Martin
-
Sako75
- Hero Member

- Posts: 1218
- Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm
Re: Gehoorbeskerming
Martin,
Toe ek dit gekry het was dit so R1,000 vir 'n stel proppies vir altwee ore. Hulle pas mooi in mens se ore en sodra ek naby kom om skoot te skiet sit ek hulle in. Nie ideaal nie maak werk OK. Die wat ek gekies het blok alles uit en knip aan jou hemp vas. Mens kan kry modelle wat net die geweerskoot uitdemp en mens kan nog ander goed mooi hoor maar ek dink hulle kos R8,000. Hulle beveel dit vir professionele jagters aan wat baie skiet. Ek het maar die gevat vir ouens wat nou en dan skiet.
Sien link http://www.earinstitute.co.za/services/ ... protection

- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Gehoorbeskerming
Ek het ook onlangs vir my van die proppies gemaak wat alles uitdemp. Jy gaan verseker nie met hulle in die veld kan loop en jag nie, maar jy kan gemaklik op die skietbaan, of selfs agter op n bakkie dit permament dra.Sako75 wrote:Martin,
Toe ek dit gekry het was dit so R1,000 vir 'n stel proppies vir altwee ore. Hulle pas mooi in mens se ore en sodra ek naby kom om skoot te skiet sit ek hulle in. Nie ideaal nie maak werk OK. Die wat ek gekies het blok alles uit en knip aan jou hemp vas. Mens kan kry modelle wat net die geweerskoot uitdemp en mens kan nog ander goed mooi hoor maar ek dink hulle kos R8,000. Hulle beveel dit vir professionele jagters aan wat baie skiet. Ek het maar die gevat vir ouens wat nou en dan skiet.
Sien link http://www.earinstitute.co.za/services/ ... protection
Veiligheid eerste manne!
-
Sako75
- Hero Member

- Posts: 1218
- Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm
Re: Gehoorbeskerming
Pierre,
Hulle is verseker nie perfek om mee in die veld te loop en jag nie. Stem 100% saam met jou daar. Maar ek gebruik hulle maar so in die jagveld. Ek sit een in sodra die bekruip begin en dan die ander een sodra ek oorhaal. Dit sit baie stappe in die proses in voor die skoot afgaan maar ek doen dit maar so omdat my gehoor al klaar nie meer eksie perfeksie nie. Ek redeneer dat ek liewer hier en daar 'n bok verloor oor te veel vieterjasies voor ek 'n skoot afkry as wat ek my gehoor nog verder verloor. Sal dalk later roep wees die wat mens permanent kan dra en wat die skoot uit demp.

- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7991
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Gehoorbeskerming
Ek sal nogal hou van sulke proppies en wou al uitvind of mens dit nie hier in die kaap ook kan laat maak nie. Huidiglik gebruik ek maar die elektroniese oormowwe wat lekker werk aangesien mens dit nie hoef af te haal om mense te hoor praat nie.
http://hailstormza.3dcartstores.com/MSA ... p_161.html
http://hailstormza.3dcartstores.com/MSA ... p_161.html
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Gehoorbeskerming
Enige oudioloog sal vir jou die pluisies kan laat maak. Hulle neem 'n afdruk van jou oor se gat sodat die ding gemaklik pas. Nooit in jou pad (druk teen die kolf) as jy skiet nie. In die jagveld gebruik ek nie die goed nie - die KD demp die geluid goed genoeg.
Op 'n skietbaan is daar egter altyd ouens met goeters wat die klank versterk!
http://www.protecear.co.za/
Op 'n skietbaan is daar egter altyd ouens met goeters wat die klank versterk!
http://www.protecear.co.za/
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Gehoorbeskerming
100% met jou!Sako75 wrote:Pierre,