Ek sien dat die regering 'n bietjie van 'n seep-bel gehap het met die nuutste "grondhervormings" wetgewing en dat dit die deur oop maak vir onse mense om ook te eis.
My oupa se plaas was net so verby die Eiland warmwaterbron en is destyds deel gemaak van wat toe as Lebowa Kgomo bekend gestaan het. Hy is basies daar weg met 'n International bakkie vol meubels en moes maar 'n lewe in die dorp gaan maak.
Weet iemand dalk hoe mens te werk gaan om 'n grond-eis in te stel? Ek het geen twyfel dat die plaas nou basies tot grond en klippe gereduseer is nie, maar mens moet tog probeer om so bietjie die staat te irriteer
Miskien is jy gelukkig en kan jy met 'n kontant uitbetaling weg-kom, wat dalk net my ma en haar broers en suster se lewens bietjie gemakliker kan maak.
Ek luister graag.

