Honde en Slangbyt
-
Skolla
- Hero Member

- Posts: 825
- Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm
Honde en Slangbyt
Manne
Het enige iemand dalk raad?
Ek het geweldig probleme met slange waar ek bly. Ek hou al vir jare Jack Russels aan vir die probleem, maar het al n paar honde verloor wat gepik is.
Die honde het so pas weer een vasgekeer en ons het die slang doodgemaak maar hy het my ou teef raak gepik en sy is nou dood. Sy was altyd die leermeester van die ander honde. Dit is 99% kobras. As die slang die hond pik vat dit plus minus 20 minute dan is die hond dood.
Enige raad vir die toekoms?

- jaracal
- Administrator

- Posts: 1887
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: Honde en Slangbyt
Skolla
Ek weet nie of die twee sal saamwerk nie (kat en hond) maar 'n huiskat is 'n slang se koning. Daar was so 'n ruk terug in die Magnum waar 'n huiskat 'n Mamba telkens in die huis ingedra het.
Hoop jy kry 'n oplossing, nie lekker om 'n hond aan 'n slang af te staan nie.
Groete
Heinrich

Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
- Theo E
- Sr. Member

- Posts: 333
- Joined: Thu Feb 18, 2010 7:44 pm
Re: Honde en Slangbyt
Skolla
This is not long term but if you can identify where most of them are coming from pour a diesel barrier, if they are coming into the house pour diesel in front of the doors but then you have to repeat this and clean any piles of junk around the sheds/house like scrap metal piles, old cars garden waste or piles of fencing material ect
Good luck
This is not long term but if you can identify where most of them are coming from pour a diesel barrier, if they are coming into the house pour diesel in front of the doors but then you have to repeat this and clean any piles of junk around the sheds/house like scrap metal piles, old cars garden waste or piles of fencing material ect
Good luck
-
Skolla
- Hero Member

- Posts: 825
- Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm
Re: Honde en Slangbyt
Heinrichjaracal wrote: Ek weet nie of die twee sal saamwerk nie (kat en hond) maar 'n huiskat is 'n slang se koning.
Ek het oor die rede 4 katte aangeskaf want die slange het beslis agter die muise aangekom. Een kat is ook nou al weg en die muise is so te s? uitgeroei maar die slange kom nog steeds alhoewel defnitief minder as voor die katte. Een van die katte het so tydjie terug vir my n slang uitgewys wat ek toe van kant gemaak het maar dit is toevallig dieselfde kat wat weg is, noudat ek daaraan dink seker ook nie toevallig nie.
Dankie
Theo
My huis erf is baie groot, plus minus twee hektaar, maar ek sny alle gras nou al af dat dit nie so dig begroei is nie.Dit het defnitief ook al gehelp. Ek dink ek moet maar nog Jack Russels kry al is hulle ook later 20. Is seker beter dat n hond gepik word as een van my huismense.
Skolla
-
jmb
Re: Honde en Slangbyt
Skolla stem saam met Theo. Hoekom kom die slange na jou werf toe? Daar moet kos vir hulle wees. Maak seker dat jy enige muise en rotte ens. wat miskien in die rondte mag wees uitroei. As daar geen bron van voedsel is nie behoort hulle weg te bly.
-
boeta
- Hero Member

- Posts: 572
- Joined: Sun Apr 19, 2009 12:01 pm
Re: Honde en Slangbyt
Kom die slange nie ook agter water aan nie
Boeta
Boeta
An armed man is a citizen
An unarmed man is a subject
A disarmed man is a slave
An unarmed man is a subject
A disarmed man is a slave
-
Skolla
- Hero Member

- Posts: 825
- Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm
Re: Honde en Slangbyt
Boetaboeta wrote: Kom die slange nie ook agter water aan nie
Ja ek glo hulle kom agter water ook aan. Ek het al n paar van hulle vankant gemaak nadat ek hulle patroon van water drink agter gekom het en dan ietsie vir hulle in die water gevoer het.
Nog n vraag. Is daar iets wat n mens n hond kan spuit of ingee nadat n slang hom gepik het wat hom dalk kan deurhaal.
Skolla
-
Danie Lombard .243
Re: Honde en Slangbyt
Skolla
Jy noem dat dit kobras is, so ek neem aan dit is die kaapse kobra, geelslang. Jy vra of mens die hond iets kan ingee na die hond deur die slang gebyt is.
Kobra het neurotoksiese gif wat die senustelsel van die slagoffer aantas. Die proteienne in die gif pak om die senupunte en blokkeer dei senu impulse, m.a.w. belangrike senuwee seine kan nie deur vloei nie, soos 'n elektriese draad wat geknip is. Die gif tas altyd die repatoriese organe aan. Asemhaling. Die slagoffer sterf dan van a.g.v. versmoor. Die hart en longe kan dus nie funksioneer nie. As jy die hond bedyds by 'n veearts kan kry vir anti neurotoksiese medikasie en baie belangrik. so gou moontlik die hond op 'n ventilator kan kry sal die hondjie dit oorleef. Neuro gif laat gewoontlik nie permanente skade nie.

DanieDanie .243 wrote: Jy noem dat dit kobras is, so ek neem aan dit is die kaapse kobra, geelslang.
Die slagoffer sterf dan van a.g.v. versmoor. Die hart en longe kan dus nie funksioneer nie. As jy die hond bedyds by 'n veearts kan kry vir anti neurotoksiese medikasie en baie belangrik. so gou moontlik die hond op 'n ventilator kan kry sal die hondjie dit oorleef. Neuro gif laat gewoontlik nie permanente skade nie.
Baie dankie. Dit wat jy bo noem is wat gebeur.
Ek sal moet uitvind of ek bogenoemde medikasie dalk by my kan aanhou want dit moet nou al rondom 8 honde wees wat ek al verloor het en wanneer gaan dit n mens wees? Ek neem aan n ventilator gaan onbekostigbaar wees. Om by ons n veearts of selfs n dokter vinnig in die hande te kry neuk maar.
Skolla
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Honde en Slangbyt
Skolla,
"Teen gif" is maar bitter skaars en vrek duur.
Dis nou vir mense. Selgs 'n dokter kan dit vir 'n mens toedien in geval daar ander negatiewe reaksies is.
Die beste is om die simptome te probeer teen werk.
Vriend van my se hond is deur 'n boom slang gepik.
Boomslang se gif werk die stol van bloed tee en die hond bloei homself basies dood.
Die vee arts het die hond gered met bloed oor tappings.
Die rekening was nogal 'n aardige bedraggie gewees.

FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Honde en Slangbyt
Skolla,
Katte wat die muise in die omgewing minder maak - soos hierbo genoem - kan heel moontlik die beste langtermyn oplossing wees. Stoor/stalkatte wat jag werk by ons baie goed. Hulle is wild genoeg sodat die Jack Russels hulle nie sal vang nie.
Die kobras hier by ons is baie minder, danksy die katte.
Hein M.

Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4597
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Honde en Slangbyt
ek het 2 idees vir jou vaarvan die een baie kontraversieel is.
destyds to ek in die weermag was het ons by tye maande in die veld gebly terwyl ons instrukteurs was. ons kamp komedant was n samajoor wat al n ou hand was. omdat daar baie slange was in daai gebied het hy elke week ons kamp rondom laat spuit met een van die gifspuite wat die manne op hul rue gedrae het. hy het n mix gemaak van water en Jaze fluied. solank ek daar gebly het ons nooit slange in ons kamp of tente gehad nie.
nou die tweede en kontraversiele behandeling is met n bees protter. as jou hond bv op sy poot gebuit is dan shock jy hom met die protter op die buit plek n paar keer en dan weer n paar keer op sy aorta halfpad tussen sy hart en die byt plek. voor iemand sy gat af lag vir my, wil ek net se dit is hoe ons plaaslikke vee arts die byte hanteer, met die verskil hy verdoof die hond voor hy hom "behandel".
hy het eenkeer vir my gese hy het soveel geloof in hierdie metode dat hy homself sal shock as hy ver van mediese hulp in die veld was.

Last edited by James Wilson on Sat Nov 27, 2010 2:46 pm, edited 1 time in total.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
-
Skolla
- Hero Member

- Posts: 825
- Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm
Re: Honde en Slangbyt
Manne dankie vir al die raad.Danie .243 wrote: Kobra het neurotoksiese gif wat die senustelsel van die slagoffer aantas. Die proteienne in die gif pak om die senupunte en blokkeer dei senu impulse, m.a.w. belangrike senuwee seine kan nie deur vloei nie, soos 'n elektriese draad wat geknip is. Die gif tas altyd die repatoriese organe aan. Asemhaling. Die slagoffer sterf dan van a.g.v. versmoor. Die hart en longe kan dus nie funksioneer nie.
Jagbehep
Jeyes fluid help beslis, mens moet dit net gereeld spuit want dit hou nie lank nie. Miskien kan mens dit meng met diesel(dit was ook n raad wat hier gegee was) om langer te hou. Wat jy s? oor die protter het ek nog nie van gehoor nie maar kan beslis sin h? as jy kyk na Danie se verduideliking van die werking van die gif.
Skolla
- iceman1982
- Hero Member

- Posts: 538
- Joined: Wed May 19, 2010 6:07 pm
Re: Honde en Slangbyt
Skolla,
Hier is my raad. Ek het self n bloedspoor hond wat maar eintlik my kind is. Ek kan nie eens dink aan die moontlikheid as ek hom moes verloor nie. Ek het by my veearts teengif gekoop. Met n hond moet n mens die teengif met n drip binne aars ingee. Die teengif dek al die slange van die area, so te se pofadder, geelslang en mambas.
Ek het n jaar terug myne gekoop. Die rak tydperk is so 2 jaar en die teengif kos so R1200. So R600 n jaar , glo ek nie is te veel om te vra vir jou beste vriend nie. Die teengif moet in die ysks gehou word. As ek met klient gaan jag, dan pak ek n "Coolerbox" , een van hierdie wit visvang boue met daardie "icebricks" en dit hou so twee dae. Elke aand haal ek dit it en sit die teengif in die yskas en die "icebricks" weer in die vrieskas.
Die veearts het volhou dat ek n vinnige kursus by hulle doen, verniet, om te leer hoe om die drip in te sit en waar die hond se are die maklikste is om te kry.
Heel eenvoudig en ek weet ek is gedek. Prrat onder korreksie, maar ek dis 98% seker dat jy dieselfde teengif op mens ook kan gebruik. Mens hoef nie binneaars te wees nie.
My teengif is nog geldig tot Sept 2011.
Laat weet as jy enigiets anders wil weet.

Chopper
Re: Honde en Slangbyt
Skolla,
Ek het 'n Wire haired terrier en hulle is ook mal oor slange en ek het dieselfde vrees as jy. Ek het nou die dag die program "The dog whisperer" gekyk en hul het dit spesifiek aangeraak. Hy het sy hond na 'n slangpark of 'n plek waar profesionele mense slange hanteer. Hul het 'n kobra in 'n klein hokkie in die veld geplaas, dan het die hond eienaar sy hond aan 'n leiband na die hok gelei en sodra die hond se aandag 100% op die slang gevestig is het 'n ander persoon 'n skok halsband geaktiveer. Hul het dit so drie keer gedoen en daarna het die hond gestop +- 10m voor die hok of sodra hy die reuk van die slang optel. Hul het dit ook probeer om die slang te skuif en op ander plekke gesit, maar kon die hond se neus nie fnuik nie! Ek weet dis "negative training" maar in die geval is dit nodig!! Jy wil nie h? dat jou hond 'n positiewe gedagte aan die reuk van 'n slang koppel nie!!
Dit kan selfs jou lewe in die toekoms red!!
Sterkte

Lennard
- Newbie

- Posts: 16
- Joined: Tue Apr 06, 2010 7:41 pm
Re: Honde en Slangbyt
Maybe it sounds strange but a good control for snakes on your property are chickens. They tend to be better and tougher snake killers than dogs (and easier to replace). But large poisonous snakes are a problem for both dogs and chickens.
Get some good (aggresive) chickens from a big healthy breed.
all the best,

Schimper
- Newbie

- Posts: 3
- Joined: Mon Nov 29, 2010 10:10 am
Re: Honde en Slangbyt
Pofadder het jy baie tyd om by veearts uit te kom, geelslang/kobra nie. Raad in ons omgewing is dat jy n petrollap op bytwonde plaas of petrol op bytwonde gooi om tyd te koop tot jy by veearts kan uitkom. Weet nie of dit werk of wolhaarstorie is nie, weet nie hoe nadelig dit vir hond gaan wees nie. Met n geelslang byt sal ek die risiko dra omdat sy gif so dodelik is en dit my langer as n uur gaan neem om by n veearts ui te kom, maar dit is elke leser se eie besluit
Groete
Schimper
Groete
Schimper
-
ANDRIES
- Sr. Member

- Posts: 353
- Joined: Mon Feb 04, 2013 3:56 pm
Re: Honde en Slangbyt
Ons het uilneskaste uitgesit by 'n maat van my en dit het sy slangprobleem opgelos.Uile vang geweldig baie muise en is in my oe beter jagters as katte.Ek weet nie of daar by julle uile is nie.
- Frikkie Coetzee
- Hero Member

- Posts: 2151
- Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm
Re: Honde en Slangbyt
Skolla
Praat met jou veearts. Ons dra Atropien vir ons pointers as ons vermoed daar is gif in die veld.
Ek weet nie of dit sal werk nie maar dit is moeite werd om daar a te kyk.
Dit kan moontlik vir jou tyd koop om by n veearts te kan kom.
Dit is nie duur nie. Ek dra altyd n bottle as ons op vreemde plekke jag.
Praat met jou veearts. Ons dra Atropien vir ons pointers as ons vermoed daar is gif in die veld.
Ek weet nie of dit sal werk nie maar dit is moeite werd om daar a te kyk.
Dit kan moontlik vir jou tyd koop om by n veearts te kan kom.
Dit is nie duur nie. Ek dra altyd n bottle as ons op vreemde plekke jag.
-
Skolla
- Hero Member

- Posts: 825
- Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm
Re: Honde en Slangbyt
Ek het daarvan gekry, hulle lê in my yskas.Gromit wrote:Skolla
Praat met jou veearts. Ons dra Atropien vir ons pointers as ons vermoed daar is gif in die veld.
Ek weet nie of dit sal werk nie maar dit is moeite werd om daar a te kyk.
Dit kan moontlik vir jou tyd koop om by n veearts te kan kom.
Dit is nie duur nie. Ek dra altyd n bottle as ons op vreemde plekke jag.
- Frikkie Coetzee
- Hero Member

- Posts: 2151
- Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm
Re: Honde en Slangbyt
Skolla
Ek sal graag wil weet hoe atropien werk vir slang gif. Dank die Here ek het nog nooit rede gehad om te gebruik nie.
Ek sal iets oorkom as my honde doodgaan. Dis my (stout) kinders.

ZKK
- Hero Member

- Posts: 625
- Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm
Re: Honde en Slangbyt
Mike Perry is die persoon wat teengif in SA vervaardig.
http://www.africanreptiles-venom.co.za/index.html
Teengif is egter baie gevaarlik want dis basies suiwer perde proteiene en word van perde bloed gemaak.
As ek reg kan onthou reageer omtrent 50% van pasiente hewig teen die vreemde proteien wat nou binneaars ingespuit word. Die dokters behandel dan maar die "Anaphylaxis".
So as jy nie weet wat jy doen nie kan jy n persoon vinniger doodmaak as die gif self.
Die teorie hoekom elektriese skok werk teen slangif is omdat dit die proteiene/ensieme waaruit slangif bestaan beskadig. Hoe effektief dit is, weet ek nie.

Stefan Fourie
- Sr. Member

- Posts: 334
- Joined: Fri Nov 01, 2013 7:28 am
Re: Honde en Slangbyt
Ons het ook sukses gehad met atropine vir hond wat strignien ingekry het, dis ongelooflik om te sien hoe vining werk daai goed. Ook skaap en bees wat gif plante gevreet het. Het nog nie met slagbyte problem gehad nie, maar ek reken gif wat die senu stelsel aanval kan dalk geblok word hiermee. Vra jou dokter, hulle gebruik die goed vir mense wat onder narkose is, jaag blykbaar die hart aan, as ek dit reg verstaan.
Feit is dit is 'n baie goeie ding om aan te hou vir jou diere.

Henry 7
- Hero Member

- Posts: 511
- Joined: Fri Mar 30, 2012 9:14 am
Re: Honde en Slangbyt
Atropien is net vir giwwe en nie slangbyte nie-by die gholf is 'n 8mde oue lassie x deur geelslang gepik en ons het hom 'n tipe antihistamine(nie gewone een soos vir bye nie) gemeng met adrenalien gespuit wat ons by DG gekry het gespuit en hy was fine--ek vermoed dit kon dalk 'n droë byt gewees het want pikmerke was daar maar die hond het nie rerig tekens van slangbyt getoon nie.Hier is nie veeartse by ons nie.
Henry
Henry
- Frikkie Coetzee
- Hero Member

- Posts: 2151
- Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm
Re: Honde en Slangbyt
Henry
Ja. Soos jy se, maar ek weet nie veel nie. Ons gebruik die atropien spesifiek vir gif wat sommige boere in die veld gooi. Ek was nie seker of dit vir hond sal help nie.