Twist rate
- raychell
- Sr. Member

- Posts: 414
- Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm
Twist rate
Laas jaar in Precision Shooting was daar 'n artikel oor die 22-6mmRem.Die skrywer het twee gewere gebou een met 8" en ander met 14" twist vir onderskeidelik 80gr en 55 gr toets. Aan die einde laai hy toe 'n 40gr Nosler BT en skiet dit in die 8" en kry selfde spoed en goeie groepering as met 14" so lyk my oor spin is nie so groot probleem as onder spin nie. 
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
-
JOHANNIC
- Hero Member

- Posts: 725
- Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm
Re: Twist rate
Baie waar,enigste probleem wat ek gekry het was met n paar 55gr sierra wat nie die rpm kon handle nie,maak net so wit rokie en verdwyn in die niet nogal iets om te aanskou,groete johan
Biebers
Need for speed
Need for speed
-
Dawie
- Hero Member

- Posts: 1270
- Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm
Re: Twist rate
Dis interessant, so maw 'n korter twist geweer gaan 'n groter verskeidenheid gewig patrone gestabiliseer...?raychell wrote: so lyk my oor spin is nie so groot probleem as onder spin nie.![]()
Ons het die tipe ding bespreek ook onder die topic
http://jaracal.com/http://jaracal.com/p ... p?t=1 daar's 'n paar interessante links op
-
Lamtjop
- Hero Member

- Posts: 826
- Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm
Re: Twist rate
Aan die "experts" watse gewig punt behoort n 1 in 9 en 1/8ste twist die beste te doen? Ek wil 80gr punte in my 243 gebruik.
Groete Tjops
Groete Tjops
- raychell
- Sr. Member

- Posts: 414
- Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm
Re: Twist rate
Lamtjop
Die norm is die slapste twist wat die koel sal stabilieseer ,die 8" sal tot 107gr en meskien tot 115gr kan skiet mits die spoed reg is
Raynie
Die norm is die slapste twist wat die koel sal stabilieseer ,die 8" sal tot 107gr en meskien tot 115gr kan skiet mits die spoed reg is
Raynie
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: Twist rate
Tjop
Jy vra n simpel vragie (no pun intended), maar eintlik is daar BAIE meer daartoe.......
Gaan na....
http://stevespages.com/table3.html
Kyk onder other interresting areas, en dan download spreadsheets. Unzip die file en gaan na bullet stabilization, daar is 4 formulas wat jy mee kan rondspeel om te sien, twist/spoed /lengte, watookal jy wil bepaal die beste gaan werk op jou twist....
Aan die anderkant, sien wat Raynie geskryf het......lyk nie of dit soooo grootinvloed het nie, aan die ander end v/d spektrum, my broer skiet n std 243 met n 1-14 twist loop, skiet 105 gr A-Max'e met oor die 43 gr S365 teen 3200+ ft/sec, sonder druk. Sou dit nie oorvertel as ek dit nie self gesien het nie.........
Mooi loop
Francois

- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: Twist rate
Raynie

Ek(net ek) het ondervind dat sagte jackets nie "over spin" kan hanteer nie. Jagtersdok is reg en ek stam saam. Daar is wel harder bearing surfaces soos die Nosler BT en Sierra BK wat dit kan hanteer, maar ook maar net tot op 'n punt.
Koe?ls wat van die wa afval as dit by over spin kom is die Vmaxe en het dit gesien gebeur in 30-06 met 1in9 twist met 110Vmaxe teen 3300fps en meer. In die 6mm's gaan 65Vamxe ook die pad verlaat teen 4000fps in 1in11 en stywer. Die 65's het ge-"awol" teen 4100fps in 1in12, maar kon nog nie hulle strip in 1in13.75 nie. Die "tightness" van loop speel ook natuurlik sou ek dink 'n rol.
Ek dink ook dat elke loop, maak nie saak watter twist, 'n voorkeur vir iets spesifieks het. 1in8 in die 6mm Kaliber behoort alles verkrygbaar te kan skiet. Hier is egter waar die Bench Rest-manne die tyd en back up het om te toets en tot vervelens te toets wat werk in watter twist en dat re-coil 'n groot faktor in hul sport is. Gelukkig het ek al met 1in10, 1in12 en nou 1in13.75 geskiet en het so vae idee wat werk. Wil ook voorkom(ook net vir my) dat over spin se groepe nie so goed is op 0-100meter(nog so bietjie onstabiel) as wat dieselfde skoot op 300+meter is nie. Andersom wil dit ook waar lyk, maw. dat jy met slap twist die koe?l se gat so bietjie moet warm maak. Hoe meer die spoed afneem hoe meer word die koe?l deur die spin in sy baan gehou. HELP MY REG!
Alles hier is natuurlik ook Grieks vir my en maak geen verskil as die loop hou en van iets hou nie.
Groetnis
....ag, hy het hulle seker teen 3000fps geskiet!toe 'n 40gr Nosler BT en skiet dit in die 8" en kry selfde spoed en goeie groepering as met 14" so lyk my oor spin is nie so groot probleem as onder spin nie.
Ek(net ek) het ondervind dat sagte jackets nie "over spin" kan hanteer nie. Jagtersdok is reg en ek stam saam. Daar is wel harder bearing surfaces soos die Nosler BT en Sierra BK wat dit kan hanteer, maar ook maar net tot op 'n punt.
Koe?ls wat van die wa afval as dit by over spin kom is die Vmaxe en het dit gesien gebeur in 30-06 met 1in9 twist met 110Vmaxe teen 3300fps en meer. In die 6mm's gaan 65Vamxe ook die pad verlaat teen 4000fps in 1in11 en stywer. Die 65's het ge-"awol" teen 4100fps in 1in12, maar kon nog nie hulle strip in 1in13.75 nie. Die "tightness" van loop speel ook natuurlik sou ek dink 'n rol.
Ek dink ook dat elke loop, maak nie saak watter twist, 'n voorkeur vir iets spesifieks het. 1in8 in die 6mm Kaliber behoort alles verkrygbaar te kan skiet. Hier is egter waar die Bench Rest-manne die tyd en back up het om te toets en tot vervelens te toets wat werk in watter twist en dat re-coil 'n groot faktor in hul sport is. Gelukkig het ek al met 1in10, 1in12 en nou 1in13.75 geskiet en het so vae idee wat werk. Wil ook voorkom(ook net vir my) dat over spin se groepe nie so goed is op 0-100meter(nog so bietjie onstabiel) as wat dieselfde skoot op 300+meter is nie. Andersom wil dit ook waar lyk, maw. dat jy met slap twist die koe?l se gat so bietjie moet warm maak. Hoe meer die spoed afneem hoe meer word die koe?l deur die spin in sy baan gehou. HELP MY REG!
Alles hier is natuurlik ook Grieks vir my en maak geen verskil as die loop hou en van iets hou nie.
Groetnis
Mooiloop en Geseende Kersfees!
- Tiny
- Full Member

- Posts: 171
- Joined: Wed Dec 23, 2009 10:37 pm
Re: Twist rate
Oom Taffie
Om dood eerlikte wees, ek het nie 'n clue wat oom daar gese het nie.. maar dis maar net ek wat te stupid is..
Ek glo die ervare manne verstaan dit, die manne wat op oom se vlak is. My 6mm musgrave groepeer baie mooi met 95gr sst punte, maar nou wil ek 75gr nosler BT probeer, Want ek kan hulle darm vir so bietjie goedkoper kry as die sst's. Die ou man wil egter niks weet nie en se ek moet 'n swaarder punt soek. Ek het 'n 1in11" twist. Dink oom ek kan maar die noslers 'n try gee of moet ek na die ou man luister? Die ander manne kan ook maar antwoord en hul opinies gee, ek luister graag.
Groete
Tiny
Om dood eerlikte wees, ek het nie 'n clue wat oom daar gese het nie.. maar dis maar net ek wat te stupid is..
Groete
Tiny
-
JOHANNIC
- Hero Member

- Posts: 725
- Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm
Re: Twist rate
Taffie
Hierdie is nogal n taai onderwerp
Ek overspin 1/9 twist 55gr maar die ding groep lat hy vrek op 100m ook
As ek die konsep reg verstaan moet ek n 1/13of 1/14 twist skiet om dan ook op 350m sub moa te kan skiet,want ek kry nie 5 skote op 350m in een gat nie eerder 5 gate op hul eie
groete johan
Hierdie is nogal n taai onderwerp
Ek overspin 1/9 twist 55gr maar die ding groep lat hy vrek op 100m ook
As ek die konsep reg verstaan moet ek n 1/13of 1/14 twist skiet om dan ook op 350m sub moa te kan skiet,want ek kry nie 5 skote op 350m in een gat nie eerder 5 gate op hul eie
groete johan
Biebers
Need for speed
Need for speed
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: Twist rate
Johnny(sien jy het so naam)
Wat is "over spin", of eerder hoeveel RPM is "over"?
Wat is "over spin", of eerder hoeveel RPM is "over"?
Mooiloop en Geseende Kersfees!
-
JOHANNIC
- Hero Member

- Posts: 725
- Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm
Re: Twist rate
Mok jy my of is jy erinstig?Jy praat dan self daarvan? hoe kan jy nie weet wat dit is nie? 
Groete johan du plooy
Ek gat nou eers kyk hoe engeland verloor
Groete johan du plooy
Ek gat nou eers kyk hoe engeland verloor
Biebers
Need for speed
Need for speed
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: Twist rate
Johnny
Ek wil of sal graag wil weet of enige man dit kan meet? Is te veel spin nie wanneer die koe?l disintegreer nie? So, wanneer moet ons ophou die koe?l jaag?
Daar is net lope wat iets kan vermag wat ander(dieselfde fabrikaat en twist ens.) nie kan nie. Hier is 'n paar aanhalings:
1. Jy kan 'n koe?l skiet uit stywe twist wat groep(5skoot) gee op 80meter van 7mm, maar op 320m kan dieselfde load jou 15mm gee(4x7=28).
2. Jy kan koe?l uit slap twist skiet wat 7mm groep op 80m gee maar kan nie beter as 40mm op 320 gee nie.
Al2 groepe is akkuraat en goed genoeg vir enige jag.
Doen my 'n guns en lees hierdie stuk weer, asb!
..........nooit! in elk geval nie met voorste 243-gooier nie.Mok jy my
Ek wil of sal graag wil weet of enige man dit kan meet? Is te veel spin nie wanneer die koe?l disintegreer nie? So, wanneer moet ons ophou die koe?l jaag?
Daar is net lope wat iets kan vermag wat ander(dieselfde fabrikaat en twist ens.) nie kan nie. Hier is 'n paar aanhalings:
enstd 243 met n 1-14 twist loop, skiet 105 gr A-Max'e met oor die 43 gr S365 teen 3200+ ft/sec, sonder druk.
Wat ek(net ek) probeer illustreer het met die verskillende twist lope is;Aan die einde laai hy toe 'n 40gr Nosler BT en skiet dit in die 8" en kry selfde spoed en goeie groepering as met 14" so lyk my oor spin is nie so groot probleem as onder spin nie.
1. Jy kan 'n koe?l skiet uit stywe twist wat groep(5skoot) gee op 80meter van 7mm, maar op 320m kan dieselfde load jou 15mm gee(4x7=28).
2. Jy kan koe?l uit slap twist skiet wat 7mm groep op 80m gee maar kan nie beter as 40mm op 320 gee nie.
Al2 groepe is akkuraat en goed genoeg vir enige jag.
Doen my 'n guns en lees hierdie stuk weer, asb!
MooiloopEk dink ook dat elke loop, maak nie saak watter twist, 'n voorkeur vir iets spesifieks het. 1in8 in die 6mm Kaliber behoort alles verkrygbaar te kan skiet. Hier is egter waar die Bench Rest-manne die tyd en back up het om te toets en tot vervelens te toets wat werk in watter twist en dat re-coil 'n groot faktor in hul sport is. Gelukkig het ek al met 1in10, 1in12 en nou 1in13.75 geskiet en het so vae idee wat werk. Wil ook voorkom(ook net vir my) dat over spin se groepe nie so goed is op 0-100meter(nog so bietjie onstabiel) as wat dieselfde skoot op 300+meter is nie. Andersom wil dit ook waar lyk, maw. dat jy met slap twist die koe?l se gat so bietjie moet warm maak. Hoe meer die spoed afneem hoe meer word die koe?l deur die spin in sy baan gehou. HELP MY REG!
Mooiloop en Geseende Kersfees!
-
JOHANNIC
- Hero Member

- Posts: 725
- Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm
Re: Twist rate
Taffie
Ja jy kan dit meet of eerder uitwerk daar is n formule,sal dit netnou weer soek
Eerstens koeelgewig het nie veel te doen met dit nie ,eerder die lengte van die koeel,wat n lang koeel het n vinnige twist mos nodig en kort koeels weer stadige twist 1/14ens...
Ek stem saam party lope skiet enige koeel makliker as n ander wat weer sukkel om dit waarvoor hy gemaak is reg testabiliseer
Daar is ook vir my gese dat my vinnige twist1/9 die 55gr gaan oorstabiliseer m.a.w te veel rpm maar ek ervaar dit andersom,aloewel ek dink my geweer sal n kleiner 5skoot groep op 350m kan skiet met n 1/14 maar dalk is die 55gr nosler te lank en mieskien werk die 62 Berger beter want hy is dalk net n raps korter en pas perfek..daar is so baie faktore wat inaggeneem moet word
N koeel disitigreer waneer die rpm te veel is vir sy mantel en waneer jy naby daaraan is glo ek die groepe gaan dit vir jou wys gee dan n paar tree terug(greine)
Ek(net ek) dink ook ons stuur ons te veel aan twist tensy jy regtig n bencrest skut is, maar vir ons is daar inelke geval te veel faktore wind ens om nog daaroor ook te worry ek wil n pakkie CAMEL kan raakskiet op 350m verkieslik 5 keer en dis genoeg vir my(al 5 hoef nie n die kameel se kop te wees nie
Ma ek stem saam oor die loop(twist) wat jy illusteer het
Groete johan
Nou moete die bokke hul gate roer

Johannic
Punt is dat jy maar die loop moet leer ken en dan sy voor- en nadele moet uitbuit.
Nog iets is die greine van koe?ls(verstaan darem dat die lengte die maatstaf eerder as die gewig) om die twist te pas en kan dit hewig verskil van soort tot soort, natuurlik die koe?l diepte,lading ens.
As ons nou die geheel kyk behoort die styfste twist alle koe?ls in die kaliber te skiet en met slapper twists meer na geskikte lengte/gewig koe?ls te soek.
Sien so uit die hoek van my oog dat hier nog 'n paar 87grein Vmaxe staan, miskien moet ek hulle so bietjie try.
Klein groepe(.o's van duime) is nie die alpha en omega by jag nie, solank dit konstant en seker kleiner as 20mm op 100 is. Help nie jy skiet kat 5keer deur dieselfde gat op 200 nie, die laaste 4 skote is dan vir alle praktiese doeleindes mis!
My geweer is so akkuraat dat as ek nie bewe nie, kry ek niks dood nie. 
........die metery/berekenings het ook sy limiete. Glo nie jy kan 2 identiese lope van een fabriek kry nie. Word tog nou meer met C&C gesny(dink Bartlein en nog 'n paar) en is dit moontlik, maar heel onwaarskeinlik.Ja jy kan dit meet of eerder uitwerk daar is n formule,sal dit netnou weer soek
Punt is dat jy maar die loop moet leer ken en dan sy voor- en nadele moet uitbuit.
Nog iets is die greine van koe?ls(verstaan darem dat die lengte die maatstaf eerder as die gewig) om die twist te pas en kan dit hewig verskil van soort tot soort, natuurlik die koe?l diepte,lading ens.
As ons nou die geheel kyk behoort die styfste twist alle koe?ls in die kaliber te skiet en met slapper twists meer na geskikte lengte/gewig koe?ls te soek.
Sien so uit die hoek van my oog dat hier nog 'n paar 87grein Vmaxe staan, miskien moet ek hulle so bietjie try.
Klein groepe(.o's van duime) is nie die alpha en omega by jag nie, solank dit konstant en seker kleiner as 20mm op 100 is. Help nie jy skiet kat 5keer deur dieselfde gat op 200 nie, die laaste 4 skote is dan vir alle praktiese doeleindes mis!
Mooiloop en Geseende Kersfees!
-
JOHANNIC
- Hero Member

- Posts: 725
- Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm
Re: Twist rate
Taffie

Ek het dieselfde bewe probleem(ons noem dit Pinotage
)
Jy is doodreg dis veiliger om stywe twist te kry,meer koeels tot jou beskiking
Ek was baie gelukkig ek dink my ruger het baie harde loop ek is nou al by die 2000 gooie met S321
Groete johan
Ek het dieselfde bewe probleem(ons noem dit Pinotage
Jy is doodreg dis veiliger om stywe twist te kry,meer koeels tot jou beskiking
Ek was baie gelukkig ek dink my ruger het baie harde loop ek is nou al by die 2000 gooie met S321
Groete johan
Biebers
Need for speed
Need for speed
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: Twist rate
Johannic
..........dink nie self dat die hardheid daarmee iets te doen het nie, maat die korreltjie kruit meer.Ek was baie gelukkig ek dink my ruger het baie harde loop ek is nou al by die 2000 gooie met S321
Mooiloop en Geseende Kersfees!
- raychell
- Sr. Member

- Posts: 414
- Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm
Re: Twist rate
As 'n Koeel oorgestabiliseer word sal die koeel se senterlyn nie die trajek volg nie maar 'n bietjie op tilt m.a.w. neus in die lig as dit ondergestabiliseer word woer woer die ding net rond.
Jy sal dus die beste trajek kry" teoroties" as die koeel senterlyn die trajek volg en dit gebeur as stabilisasie reg is.
Raynie
Jy sal dus die beste trajek kry" teoroties" as die koeel senterlyn die trajek volg en dit gebeur as stabilisasie reg is.
Raynie
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
- Tiny
- Full Member

- Posts: 171
- Joined: Wed Dec 23, 2009 10:37 pm
Re: Twist rate
Raychell
Dit maak vir my 100% sin en ek stem nogal saam ook.
Oom Johan
As oom 'n 1in9" twist het en oom kan 55gr punte skiet. Dan is dit mos nie onmoontlik dat ek 75gr in my 1in11" kan skiet nie? Ek se nie dit gaan definitief werk nie, dit hang mos maar af van geweer tot geweer of van loop tot loop soos oom-hulle gese het. But it's worth giving a try. Of dink oom nie so nie?
Groete uit 'n winderige karoo
Tiny
Dit maak vir my 100% sin en ek stem nogal saam ook.
Oom Johan
As oom 'n 1in9" twist het en oom kan 55gr punte skiet. Dan is dit mos nie onmoontlik dat ek 75gr in my 1in11" kan skiet nie? Ek se nie dit gaan definitief werk nie, dit hang mos maar af van geweer tot geweer of van loop tot loop soos oom-hulle gese het. But it's worth giving a try. Of dink oom nie so nie?
Groete uit 'n winderige karoo
Tiny
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: Twist rate
Tiny
Jou loop sal daardie punte mooi stabiliseer, gewoonlik se ons n 1-12 twist vir 70 gr punte, jou punt is n bietjie swaarder met n bietjie vinniger twist, ma hy gaan mooi werk, 1-10 twist werk weer goed vir 100gr punte en n 1-8 twist vir 107/115 gr punte.
Mooi loop
Francois
Jou loop sal daardie punte mooi stabiliseer, gewoonlik se ons n 1-12 twist vir 70 gr punte, jou punt is n bietjie swaarder met n bietjie vinniger twist, ma hy gaan mooi werk, 1-10 twist werk weer goed vir 100gr punte en n 1-8 twist vir 107/115 gr punte.
Mooi loop
Francois
- raychell
- Sr. Member

- Posts: 414
- Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm
Re: Twist rate
Tiny
Probeer alles en gebruik wat werk ,oor die jare ondervind dat maar min geweer goed is wat onveranderd bly.
Gaan voort jy sal dalk net die regte medisyne kry vir Jakkie
Raynie
Probeer alles en gebruik wat werk ,oor die jare ondervind dat maar min geweer goed is wat onveranderd bly.
Gaan voort jy sal dalk net die regte medisyne kry vir Jakkie
Raynie
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
- Tiny
- Full Member

- Posts: 171
- Joined: Wed Dec 23, 2009 10:37 pm
Re: Twist rate
Oom FM en Raychell
Ek het gisteraand na ek op die forum was gou na Safari & Outdoor se website gaan kyk. Die noslers is 70gr en nie 75gr soos ek gese het nie. Jammer, my fout. Dit is egter ook 'n varmint punt. Nou ek weet die meeste mense op die forum skiet seker met varmint punte, want hulle gebruik dit vir wat dit gemaak is. Ek soek dit egter vir papierskiet en as dit moontlik is vir jag ook. Is ek verkeerd as ek se dat die varminter baie vleisskade gaan gee en hoe sal hy op papier doen? Daar is nog 'n 90gr en 95gr punt ook en ek weet hulle sal werk in die roer. So dit wil vir my voor kom of ek maar weer terug op die swaarder punte is.
Lekker dag
Groete
Tiny
Ek het gisteraand na ek op die forum was gou na Safari & Outdoor se website gaan kyk. Die noslers is 70gr en nie 75gr soos ek gese het nie. Jammer, my fout. Dit is egter ook 'n varmint punt. Nou ek weet die meeste mense op die forum skiet seker met varmint punte, want hulle gebruik dit vir wat dit gemaak is. Ek soek dit egter vir papierskiet en as dit moontlik is vir jag ook. Is ek verkeerd as ek se dat die varminter baie vleisskade gaan gee en hoe sal hy op papier doen? Daar is nog 'n 90gr en 95gr punt ook en ek weet hulle sal werk in die roer. So dit wil vir my voor kom of ek maar weer terug op die swaarder punte is.
Lekker dag
Groete
Tiny
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: Twist rate
Tiny
Die 70 gr Nosler BT gaan MOOI werk vir papier skiet, en vir jakkies, jy gaan baie vleisskade kry op wild, en op groter bokke, Kudu's, dalk nie genoegsame penetrasie nie. Daar is NOOIT n 100% middeweg nie, so besluit wat is jou belangrikste applikasie en gaan daarmee.
Mooi loop
Francois
Die 70 gr Nosler BT gaan MOOI werk vir papier skiet, en vir jakkies, jy gaan baie vleisskade kry op wild, en op groter bokke, Kudu's, dalk nie genoegsame penetrasie nie. Daar is NOOIT n 100% middeweg nie, so besluit wat is jou belangrikste applikasie en gaan daarmee.
Mooi loop
Francois
-
JOHANNIC
- Hero Member

- Posts: 725
- Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm
Re: Twist rate
Hallo Tiny
FM gee baie goeie raad,probeer ook die ligte koeels as jy regtig gemaklik raak met hulle kan jy altyd kopskote met hul skiet maar soos ek se dan moet jy 110% seker wees van jou skoot op groter wild
Stuur groete vir Ponkie en jou Pa(groot ponkie)
Groete johan uit n lekke nat Robertson
FM gee baie goeie raad,probeer ook die ligte koeels as jy regtig gemaklik raak met hulle kan jy altyd kopskote met hul skiet maar soos ek se dan moet jy 110% seker wees van jou skoot op groter wild
Stuur groete vir Ponkie en jou Pa(groot ponkie)
Groete johan uit n lekke nat Robertson
Biebers
Need for speed
Need for speed
- Tiny
- Full Member

- Posts: 171
- Joined: Wed Dec 23, 2009 10:37 pm
Re: Twist rate
Oom FM
Dankie vir die raad. Dit maak baie sin. Ek kan nie my brood aan albei kante gebotter he nie. Ek gaan more middag George toe, so ek sal probeer om more van die punte te kry en dan sal ek hulle uit toets. Sal laat weet hoe hulle maak.
Oom Johan
Ek maak so. Hopelik sien oom my volgende keer met Noslers in die 6mm.

Gerard
Re: Twist rate
1. Te veel stabilisasie is slegs 'n probleem op lang afstande. Met 'n .224 is lang afstand 600m en met 'n 50BMG is dit 2800m. Die ander kalibers val tussenin.
2. Dit is beter om te veel stabilisasie te h? as te min. Vinnige twist en korter koe?ls is altyd beter as anders om. Stadige twist beperk mens se koe?lkeuse terwyl vinnige twist geen skade doen nie.
3. Stabilisasie het niks te doen met koe?lgewig nie, dit het te doen met koe?llengte. Mens kan drie 200gr koe?ls vat, uit dieselfde geweer skiet teen dieselfde snelheid en twee sal nie stabiliseer nie en een sal.
4. 'n Punt is nie alleen verantwoordelik daarvoor of die koe?l stabiliseer of nie stabiliseer nie. Stabilisasie hang van baie faktore af en die skag en hak van die koe?l speel elk net so 'n groot rol as die punt.