Nuweling soek raad

Nuwe lede, stel jouself gerus voor/
New member, please introduce yourself
Post Reply
harra
Newbie
Newbie
Posts: 3
Joined: Wed Jul 16, 2014 1:50 pm

Nuweling soek raad

Post by harra »

Goeie dag almal

Ek is nuut hier maar volg al lank van die bespreekings op die blad
Het nou my 1ste geweer gekoop(30.06 Musgrave k98)wat ek al kon oplees van die geweer is dit regtig n goeie geweer.My vraag is watter tipe scope moet ek koop vwat die beste vir my gaan werk vir die bosveld en in die vrystaatse vlaktes

Gaan die naweek bietjie my vrieskas volmaak met BWB en blesbok met n ander man se kettie want het nog nie my lisensie nie

Groete
Harra
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Nuweling soek raad

Post by win270 »

Welkom harra!! Hoop jy gaan dit geniet op hierdie forum.

Jy gaan heelwat antwoorde kry en sal moet begin deur te noem wat jou begroting is. Kyk na 4-12x50 vergroting, sonder parallaksverstelling. Spandeer die maksimum bedrag wat jy kan bekostig en sorg dat jy ook goeie naverkoopdiens van verseker is. Moenie jou laat lei deur "spoggerige" handelsmerke nie alhoewel baie van die duurder handelsmerke wel beter kwaliteit lewer. Dis maar sommer my algemene 2c wat die saak aanbetref . . .
User avatar
Katefbessie
Hero Member
Hero Member
Posts: 778
Joined: Tue Aug 06, 2013 3:36 pm

Re: Nuweling soek raad

Post by Katefbessie »

Dagse Harra, ek is saam met Win270, jy gaan baie antwoorde kry op hierdie aspek. Ek sou ook kyk na 'n teleskoop in die 3-12x50 vergrooting, 'n 12x vergrooting is meer as genoeg vir jou roer en jy sal lekker wye skote kan maak met 'n x12. Koop ook die beste scope wat jy moontlik kan volgens jou budget, en as jou budget bietjie styf is sal ek aanbeveel doen nog 'n trippie met die "ander man se kettie" en spaar die ekstra geldjies om jou budget te versterk om iets ordentliks te kan koop.
Natuur die enigste rusplek vir die siel

.243 Ackley Imp.
6.5-06 A-Square
45-70 Marlin 1895 GBL
12 boor Browning Semi-Auto
Glock 17
Bowtech Destroyer 350
jamalley
Hero Member
Hero Member
Posts: 630
Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm

Re: Nuweling soek raad

Post by jamalley »

Welkom, jy kan baie leer by die manne hier - ek hoop jy geniet dit
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Nuweling soek raad

Post by tripodmvr »

As jy nie baie gaan nagskiet doen nie sal 'n 3-12x40 of 44 jou teleskoop nader aan die loop bring en heel voldoende lig inlaat vir dagjag. Hoe minder dinge verstel moet word hoe makliker raak dit. Ek stel my veranderlike teleskope op hul laagste verstelling vir bosjag synde dit die verrassing op kort afstand is waar jy wyd wil kyk om vinnig te kan skiet. As die bok vêr is het jy baie tyd om die vergroting op te stel om beter te kan sien.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Nuweling soek raad

Post by win270 »

Harra, kyk bietjie hier . . .

http://jaracal.com/viewtopic.php?f=19&t=33814
Post Reply