Ek is die oggend weg daar saam met n beeswagterjie vir n gids. Die man weet niks van jag af nie. Ek besluit toe om die regterkantse berg langs die kloof te stap, omrede ek die vorige dag die linkerkantste berg aangedurf het sonder sukses. Dit was nogal volmaan ook, so ek het geweet koedoe jag gaan n stappie moeiliker wees.
Teen 12hoo wou my moed in my skoene sak. Al wat ons nog gesien het was n waterbok koei en jong kalf. Ek het gaan sit en ek en die gids het asem geskep. My voete was gaar van twee dae se stap. Ek se toe vir die man ons moet kloof af, hier is niks hierbo nie. Man , daai man dink mos ek is bobbejaan se kind. Hy vat my daar af teen klippe en kranse. My arme geweer het heelwat meer krappe op nou as voorheen. Nietemin, so halfpad teen die krans af gewaar ek n trop rooibokke in die rivier. Die wind is nie reg nie ek ek se vir die gids ons moet terug op ons paadjie en met n draai windop onder die troppie rooibokke probeer kom in die kloof. Ons maak toe so, en die plan werk. Ek kom so 150 m vanaf die troppie. Die bokke vermoed onraad en begin hardloop. Ek skree vir die man om die skietstokke uit te sit. En waaragtig, die enigste bok wat gaan staan is die tropleier. Ek kry hom in die visier en die skoot loop. Ek voel goed oor die skoot , maar bok se kind beginne te hardloop asof niks fout is nie.Die beeswagter reken my dadelik dis mis, maar ek het twyfel en ons gaan soek vir bloed waar hy staan. Na so 10 minute se soek met geen teken van bloed roep ek die skoot mis, natuurlik erg kwaad oor wat fout kon gaan. Net toe ons wegstap stop die gids my. Hy se dat die trop rooibokke terug na ons toe stap van die krans af waar hulle heen gevlug het, en vir hom lyk dit nie reg nie. Hy reken my die trop is leierloos. Hy wil net vir oulaas op die ram se spoor gaan. So waar as wragtig, 50m verder en na so 20min se soek daar le die ram. Mooi 22 duim, perfekte hartskoot. Daar leer die beeswagter my iets wat ek nie geweet het nie!
Na ja, ons trek die bok in die pad en radio die bakkie. Op pad huis toe, en dis al amper 4uur, gewaar ek n trop koedoe koeie in n rantjie regs van die pad waar die kloof begin. Ek stop die bakkie en ek en beeswagter spring af. Na so halfuur se bekruip het ek die bul die eerste keer in die oog. My hart klop in my keel, want so iets moois het ek nog net op ander ouens se fotos gesien. So teen 5uur het ek die man die eerste keer in die scope, maar n koei staan reg onder hom, en sy blad is toe. Ek weet dis nou of nooit en gaan vir n nekskoot waar die nek en rug bymekaar kom. My plan werk, en die bok val dadelik morsdood sonder om n tree te loop. Daar was so 10 min oor vir fotos neem , toe sak die son. Sowaar n baie spesiale dag in die veld
