Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Manne mens moet hierdie tipe goed maar met takt probeer hanteer, veral op die forum met nuwe lede. VK ek sal nooit die skoot van jou wegneem nie, en jy moet weet dat die kommentaar wat gaan volg spruit nie uit jaloesie uit nie. Dit vat ongelooflike toerusting en toewyding om so skoot met 95% slaagsyfer te kan uitvoer. Ek dink verseker jy sal met my saamstem die geluk was aan jou kant (en ja ek dink ook jy het 'n kans gevat), en as dit by langafstand jag kom is etiek 'n sensitiewe kwessie. Wees net bedag daarop.
Lees gerus deur al die onderwerpe onder die LA skiet en jag afdeling om jouself te bekwaam
en oefen op die afstande wat jy gaan jag gereeld
Ek kan aflei jy is 'n goeie skut, maar langafstand jag het baie min uit te waai met jou vermoë om die sneller mooi af te trek.
Last edited by Fritz on Wed Jul 02, 2014 1:04 pm, edited 2 times in total.
Varmint dis blerrie mooi gedoen ek as bosvelder is jaloers. Ek weet nie eers hoe lyk ñ bok op 600m nie. Jy het die kans gewaag, gemeet en geskiet en dit het gewerk. Oppas net volgende keer as die wind net effens meer waai, maar dit weet jy seker
1 - Jy noem nie wat jou trompsnelheid is nie. Dus is meeste skote anderkant 200m 'n raaiskoot.
2 - Jy het "Kentucky windage" gebruik (geraai) op 'n afstand wat jy nog nie vantevore op geoefen het nie.
3 - Ek dink jy was baie gelukkig om die bok sonder enige lyding dood te skiet.
Varmint King wrote:Ek wet die spier Boat tail het beter flight op lang afstande en ek het max +2g gelaai het ek gereken die Skoot op 600 gaan nie meer as 30 - 35d val nie..
Glo muy ek vat dit glad nie negatief op nie... Dit maak sin, ek het seker maar net my val nie reg geanaliseer nie, maat soos ek gese het die 400 m skoot het ek op die 2de mil dit gevat wat sin maak met analiese en die bok het ek op die 4de mil gevat.
Glo my ek get verseker n kaans gevat en dit erken.. ek is dankbaar dit het vir my uitgewerk...
Groete
''a Farmer in need, needs a Varminter indeed'' - Heinrich Laage
Op die einde van die dag het almal wat op hierdie site is wat lief is vir die bos en Afrika in hulle bloed het, een of ander tyd, n waagskoot gevat, wat uitgewerk het of gevlop het... Ons almal is gebou vir die Chase en di Rush... Ek het verseker nie daai skoot gevat omdat ek windgat wou gewees het nie ( verseker nie my persoolikheid nie ) partykeer waneer jy in di spur van die oomblik is is dit asof alles vries en dinge voel net presies reg op daai oombelik...
Die laaste ding wat ek wou gedoen het om die site te join is om mense gevoelings om te krap en rusie te veroorsaak... Vir n Boerseun het ek het baja rond getravel oral in ons land en die voreg gehaat om in UK, Duidsland Switzerland en Oostenruik te werk...
Vriende maak op die daai mannier is glad nie maklik nie, en Oom Hein se site het vir my di geleentheid gegee om mense wat die Buitelug in hulle bloed het te ontmoet of net stories te deel oor ons Land die bos en die Kampvuur..
Ek gee glad nie om vir Posetiewe en/of negatiewe kretiek nie, want ek weet self dit is waar jy die meeste leer , en mag dalk net volgende keer n mens se mindset verander.
Groetnis
''a Farmer in need, needs a Varminter indeed'' - Heinrich Laage
Varmint King wrote:Ek gee glad nie om vir Posetiewe en/of negatiewe kretiek nie, want ek weet self dit is waar jy die meeste leer , en mag dalk net volgende keer n mens se mindset verander.
Ek wens daar was n subscribe knoppie om mense te volg op hierdie forum.Ek het amper dieselfde geweer en scope combo ,en ek begin die naweek die eerste keer herlaai.Ek gaan jou lading sonder die +2g probeer ,en sal terugvoering gee oor resultate.
arno65 wrote:Ek wens daar was n subscribe knoppie om mense te volg op hierdie forum.Ek het amper dieselfde geweer en scope combo ,en ek begin die naweek die eerste keer herlaai.Ek gaan jou lading sonder die +2g probeer ,en sal terugvoering gee oor resultate.
Check maar net jou lot S365 kan nog heelwat verskil ook. Ek sal 4gr aflaai van sy lading af en opwerk net om veilig te wees.
Fritz jy was reg, het met 50.5gr begin en tot 54 gegaan in .5 verskille.op 52 het dinge mooi begin lyk. By 53 tot 54 het die groepe begin groter word maar dis dalk omdat my cz en VK sin verskil. Ek het ook op 600 probeer n staal vark skiet, en na baie patrone, het 75 clicks op , die vark raak geskiet.
arno65 wrote:Fritz jy was reg, het met 50.5gr begin en tot 54 gegaan in .5 verskille.op 52 het dinge mooi begin lyk. By 53 tot 54 het die groepe begin groter word maar dis dalk omdat my cz en VK sin verskil. Ek het ook op 600 probeer n staal vark skiet, en na baie patrone, het 75 clicks op , die vark raak geskiet.
Arno, google net: JBM Calculations Trajectory
Daar vra hulle 'n klomp inligting wat jy invoeg. Daarna druk jy Calculate.
Jy kry dan 'n aanduiding van hoeveel MOA (minute) jy moet opstel vir verskillende afstande. Dit gaan jou baie ammunisie spaar om 'n staalvark op daardie afstande raak te skiet.
Dankie oom Pieter,ek sal na daardie programmiekie kyk.Wat ek ook interresant gevind het is dat die swaarder 308 168gr koeels meer kant toe gewaai word as die 270 se 130gr.Spoed help baie op afstand
arno65 wrote:Dankie oom Pieter,ek sal na daardie programmiekie kyk.Wat ek ook interresant gevind het is dat die swaarder 308 168gr koeels meer kant toe gewaai word as die 270 se 130gr.Spoed help baie op afstand
Kom in Ludwig. Kan jy vir ons hierdie bevinding verduidelik, asseblief.
(Arno, ek trek nie jou stelling in twyfel nie, ek soek net 'n verduideliking.)