Silent Hunter - knaldemper

Post Reply
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Silent Hunter - knaldemper

Post by Louis102 »

Moet begin om te sê dat ek nou nie die grootste aanhanger van knaldempers is nie, vernaamlik oor die aanpaksels op die kroon van my roer, maar...

So tyd gelede beveel Stefaans van S&O vir my 'n Silent Hunter - knaldemper vir my 243 aan. Moet sê ek is moerse beïndruk, skiet nou al so klompie maande met hom. Effe kleiner in deursnee en lengte as 'n ander Top-naam waarmee ek al lank skiet, maar net so lekker doeksag op die oor en die recoil. Kan regtig nie fout met hom vind nie, inteendeel dis 'n plesier om weer 'n slag met 'n knaldemper te skiet.

Wat lekker van die effe kleiner knaldemper is, is dat ek nou op 'n effe groter vergroting kan skiet in die nag. Die lightforce-lig op my teleskoop se weerkaatsing vannaf die knaldemper pla beslis effe minder.

Mooiloop
Louis

Ns. Moeilikheid nou is my Graad 1 laaitie wil die roer annekseer.
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: Silent Hunter - knaldemper

Post by johans »

ek was ook nooit n aanhanger van n kd nie tot ek met een begin skiet het.het altyd gedink dis net vir poachers :confused:
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Silent Hunter - knaldemper

Post by JPS »

Louis,

Moet se ek het ook baie lank met Terminator geskiet en hy werk goed met inskiet werk ens. Maar het vreeslik gepla met stapjag.

Vind die Silent hunt buddy baie lekker vir stapjag en hy vat nog steeds oorgenoeg terugskop weg vir my seun om met die 30-06, wat hy geannekseer het, te skiet.

Groete
User avatar
Karooklong
Full Member
Full Member
Posts: 123
Joined: Sat Jun 08, 2013 4:58 pm

Re: Silent Hunter - knaldemper

Post by Karooklong »

Knaldempers is soos kragstuur - jy besef eers wat jy gemis het die dag as jy 'n bakkie/trekker bestuur wat kragstuur het.

Henk se produkte is tops !
Karooklong

.22 Oberndorf Mauser dikloop
.243 K98 met Ferlach loop
.308 Howa Varminter
7.62 x 51 RSA Musgrave
9mm CZ P07
12 Boor CBC Pompaksie
Post Reply