Nuwe voorgestelde wetgewing

Enige iets pas hier/ discuss anything here
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5021
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Nuwe voorgestelde wetgewing

Post by Frederik »

Die beperkings oor die laaste paar jaar maak my de blik-sem in.
  • Mag net 4 gewere aanhou tensy jy toegewyd is
  • Maksimum 200 rondtes per kaliber tensy jy die kaliber op 'n toegewyde kaartjie het
  • Mag nie bokke skiet oor 300 meter nie :laugh:
  • Nou mag ek net een groot bok skiet elke 14 dae sonder om spesiale papiere te kry :laugh:
As ek nou my bokke of twee groot bokke gaan ontbeen hoe gaan hulle weet wat ek het ?
Internasionale kliente kom jag meer as net een groot bok of hy kry 'n groep jagters wat 10 groot bokke skiet oor die week wat die outfitter nou met die karkaste ?

Ek het nie 'n probleem met die nuwe vleis regulasies nie maar wat is die idee agter net die een groot bok is dit die regering se idee of die jag organisasies ? Die mense dink al weer nie verder as hulle neuse nie.

Almal gaan minder af wees met die reeling jy ry al die pad om te gaan jag en op jou lys is so 2-3 trofees en ja almal se jy kan papierwrrk voor die tyd kry en jy kry maar daar spring nog 'n lekker ene uit wat jy net nie kan uitlos nie nee man dit gaan nie werk nie.
henning
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am

Re: Nuwe voorgestelde wetgewing

Post by henning »

Ek dink die manne se opsomming is reg. Van die biljoen of wat die jagbedryf jaarliks werd is wil die staat verseker dat hy sy deel kry deur reguleering.
Ons kan nie seker wees of daar n versteekte agenda is wat die staat sy vinger dieper in hierdie paai kan druk.

Totale beheer en kontrolering van die wilds vleis bedryf sal sorg vir helse groot inkomste vir die staat.

Hoeveel belasting dink julle kry die staat van die vleis wat jy vir eie gebruik skiet, ek dink hulle weet hul kry nie genoeg nie. So, jy meneer biltong jagter is n bedryging vir die staat se inkomste.

Dit lyk my ek klink nou al soos Julius Melema

Groete
Henning
Last edited by henning on Sat Jun 21, 2014 12:09 pm, edited 2 times in total.
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
Doppies
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 86
Joined: Wed Oct 24, 2012 5:35 pm

Re: Nuwe voorgestelde wetgewing

Post by Doppies »

Dries101 wrote:Kyk as jy die mark formsliseer. Wat lyk my hulle be oog. Dan soos met alles verloor die boer, die jagter word opsy geskuif en die groot ketting winkels maak die geld sodat die staat hulle kan belas. Daar sal pure wildsvleis boere onstaan en pure trofee ouens. Waar die gewone biltong jagter gaan inpas weet ek nie aangesien vraag en aanbod die vleis prys gaan bepaal. En as shoprite besluit dat r60 n kilo vir blesbok n goeie prys is dan is ons almal tickets. Die beperking op hoeveel n individu mag jag kan veroorsaak dat dit die boer meer baat om te laat oes ipv jag..... Dalk bietjie ekstreem maar nie n onmoontlike scenario nie. Bottomline jag plek sal skaarser wees en bokke duurder. Dit klink soos n wet wat geskryf is deur rykgatte vir rykgatte. En as ek sien hoe wildsvleis nou gepush word dan moet ek wonder waar is die slang in die gras...
Kampies
Newbie
Newbie
Posts: 48
Joined: Fri Dec 28, 2012 5:13 am

Re: Nuwe voorgestelde wetgewing

Post by Kampies »

Vat jou assegaai en steek 'n bees vrek op Loftus en dit is aanvaarbaar, maar jou eie wild wat jy skiet is vir hulle 'n probleem. As ek nie genoeg wild kan skiet of beheer nie, dan moet hulle my net bel in die droogtetye. Ek sal die hek self oopmaak as hulle verniet voer kom aflewer om " hulle " maer bokke te voer. Die dom blik$*MS.

Kampies
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13524
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Nuwe voorgestelde wetgewing

Post by Capt. Yoda »

Gelukkig as die staat geld maak uit die jag berdryf is daar dalk n kans dat hul sal omsien na die jagbedryf.......mens weet nooit snakse dinge het al gebeur maar ek is seker hulle soek ma net weer ons geld.Nr 1 le nagte wakker n dink aan planne om ons tebedonner. Ek dink dan gaan my jagtrips ma in kuier trips verander.Pleks van 2 manne wat vir n naweek wil gaan skiet gaan ek nou ma nog 5 pelle saam vat wat ok elk n bok of2 op sy naam kry.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
henning
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am

Re: Nuwe voorgestelde wetgewing

Post by henning »

Capt, ek weet nie baie van die jag bedryf nie maar, ek weet nie hoe die staat die jag bedryf gaan help nie. Miskien wel die wild vleis bedryf wat voordelig vir die boer kan wees maar dit sien ek dan ook as n nadeel want dan gaan die wild boere neig om net diere soos Eland aanhou wat baie vinnig groei of gewig aansit. Wat word dan van die ander spesies.
Die jag bedryf is gesond en mark aangedrewe en ek is bevrees as die staat te veel peuter met die bedryf kan dit in die verkeerde rigting stuur soos as hulle die wild vleis bedryf te veel najaag.

Ek glo dat die huidige balans moet nie te veel gesteur word nie.

groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
User avatar
afriventure
Full Member
Full Member
Posts: 153
Joined: Thu Jul 08, 2010 3:41 pm

Re: Nuwe voorgestelde wetgewing

Post by afriventure »

Manne

Hierdie voorstelle is onlangs ingedien op die Wet op veiligheid van vleis (Wet 40 van 2000) wat dit kan wysig. Blykbaar in terme van Seksie 12 van die wet is n "wildskema" voorgestel en vir publieke insette in die staatkoerant gepubliseer. So ek hoop regtig van harte ons jagorganisasies neem hierdie op en opper ons kommer daaroor uit. Ek voel baie ernstig dat daar geen toegewings onder die getalle wat n persoon mag skiet hoegenaamd gemaak word nie.

Groetnis
Wouter


Wouter
Ek het werklike 100% voel hoor fluit dat die "wildskema" voorstel deur die staat van die tafel afgevee is, al vroeg in Junie - ek het die tydskrif manne hiervan verwittig sodat hulle hierop kan ingaan en regstelings kan maak ;)
Dit is so dat sekere persone die "skema" ding vir eie gewin dryf met opleiding ensovoorts!, maar helaas???????

Kom ons sit terug en kyk wat hier gaan gebeur -ek vir een gaan nie nou al my kop breek hieroor nie. ;)
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7548
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Nuwe voorgestelde wetgewing

Post by Wouter Roets »

Johan

Ek hoop regtig van harte jou bron is reg want ek glo veral op die kwota storie moet daar nog so bietjie met oorleg ingegaan word op die saak. Ek en die manne wat saam met my jag maak gereeld onself "skuldig" daaraan om meer as die voorgestelde kwota te skiet. Moet se die jagters by ons plaas doen dit ook gereeld, so dit is verseker nie so rare verskynsel as wat almal dit wil uitmaak nie.

Robbie ek vra hierdie met alle respek, maar is daar n rede hoekom jy wat betrokke was met die opstel van die wetgewing nie hierdie met ons op Jaracal wou deel nie? Sou dit dan nie makliker gewees het as ons ons kommentaar destyds met die opstel van die beoogde wet kon lewer of bydraes gemaak het eerder as nou nie? n Mens kon bv soos Namibie eerder na n gewigsperk gekyk het as alternatief eerder as na getalle van sekere kategorie diere. Ek gee vir jou absoluut die voordeel van die twyfel en is verseker nie vertroud met die prosedures nie en dus my vraag.

Groetnis
Wouter
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4792
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Nuwe voorgestelde wetgewing

Post by Carl »

Capt. Oblivious wrote:Gelukkig as die staat geld maak uit die jag berdryf is daar dalk n kans dat hul sal omsien na die jagbedryf........
Dit "Staat" het baie geld gemaak uit die Mynbedryf, baie meer as Jag ooit sal kan oplewer!
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Biltong
Hero Member
Hero Member
Posts: 582
Joined: Thu Jun 09, 2011 3:00 pm

Re: Nuwe voorgestelde wetgewing

Post by Biltong »

Hi Wouter,

As ek reg onthou het Robbie dit destyds onder ons aandag gebring en pertinent mense aangemoedig om kommentaar te gee. Ek kan net nie nou die draad opspoor nie.
Hy was waarskynlik ook nie betrokke by die opstel van die wetgewing nie maar eerder by die groep wat kommentaar gelewer het en die jagters se kant probeer stel het. Dis soos ek dit verstaan.
Maar laat Robbie self antwoord -hy's net baie besig met vleis na elke naweek. :)

Groete

Wicus.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13524
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Nuwe voorgestelde wetgewing

Post by Capt. Yoda »

Carl wrote:
Capt. Oblivious wrote:Gelukkig as die staat geld maak uit die jag berdryf is daar dalk n kans dat hul sal omsien na die jagbedryf........
Dit "Staat" het baie geld gemaak uit die Mynbedryf, baie meer as Jag ooit sal kan oplewer!

Hul kan niks doen met die mynbedryf nie al wil hul ook hoe graag want as hul iets se sal hul union maters hul bekke op blaas
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4792
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Nuwe voorgestelde wetgewing

Post by Carl »

Kapt daar is unies in die boerdery sektor ook.

Die draad is hier http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... ilit=vleis
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4792
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Nuwe voorgestelde wetgewing

Post by Carl »

Ek het toevallig 'n epos vanoggend ontvang.

Wetgewing het altyd "loopholes" en in die huidige is dit dat "eie gebruik" net onder die Rooivleis Regulasie afgekondig is en dus is die wet van toepassing op die Rooivleis bedryf. Die Wild Regulasie is nog in konsep en sal eers hand en tand geveg word deur WRSA. Ons het dus nog "a grace period".

Ek glo SAJWV gaan ook die wet (of dan wel die kontroversieële dele) hand en tand beveg.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2319
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: Nuwe voorgestelde wetgewing

Post by JAGTERSREG-JRM »

Carl wrote:Ek het toevallig 'n epos vanoggend ontvang.

Wetgewing het altyd "loopholes" en in die huidige is dit dat "eie gebruik" net onder die Rooivleis Regulasie afgekondig is en dus is die wet van toepassing op die Rooivleis bedryf. Die Wild Regulasie is nog in konsep en sal eers hand en tand geveg word deur WRSA. Ons het dus nog "a grace period".

Ek glo SAJWV gaan ook die wet (of dan wel die kontroversieële dele) hand en tand beveg.

Hoe kan n mens uitvind of dit wel op SAJWV se radar is en dat dit wel hanteer word?
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4792
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Nuwe voorgestelde wetgewing

Post by Carl »

Dit is. ek het 'n epos aan Chris Niehaus gestuur. Die artikel is ook in hulle tydskrif, hoop die manne lees dit ;)
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2319
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: Nuwe voorgestelde wetgewing

Post by JAGTERSREG-JRM »

100% ek glo hulle sal dan die nodige aksies dryf
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Nuwe voorgestelde wetgewing

Post by ROBBIE1 »

Manne dis soos dit ook in die artikel genoem is dat die n draft is, maar sterk oppad is na wetgewing toe. Koos het onderneem om met SAJNV te gesels, wie is by ander instansies wat daar ook kan praat om hulle lede te betrek?

Carl die ding is hier en gaan bly, moenie gemaklik raak en dink hy gaan weg gaan nie, ons moet nou iets doen, anders is dit te laat as daai finale staatskoerant uit is en die finale besware het verstreik, is die koel deur die kerk!
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4792
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Nuwe voorgestelde wetgewing

Post by Carl »

Nee ek besef ter dee dit is oppad maar dis nog nie wet nie.

Ek voel dat my vereniging moet druk toepas. Ek het nou net 'n rekening vir R710 gekry. Dit is die beginsel wat geld in VSA, drukgroepe soos die NRA staan op teen die verkeerde wette, of om wette te wysig. Die SAJWV het die ledetal en die regslui om so saak reg tee te staan. Indien nie sluit ek by ander organisasie aan.

Ek gaan dit met ons Tak bestuur ook opneem.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Hein22
Hero Member
Hero Member
Posts: 1481
Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm

Re: Nuwe voorgestelde wetgewing

Post by Hein22 »

Stephen Palos is ook mos lid hier, hulle moet van CHASA se kant af dit ook teenstaan.
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Nuwe voorgestelde wetgewing

Post by ROBBIE1 »

Dis soos jy se Carl, maar hou in gedagte, SAJNV dien 1 beswaar in, namens 17000 lede, maar as hulle, en hulle 17000 elke een afsonderlik beswaar indien, en ons stop daar met 100 karton bokse vol besware, gaan die diknekke met die blink lippe, bietjie anders daarna kyk!!
User avatar
Hein22
Hero Member
Hero Member
Posts: 1481
Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm

Re: Nuwe voorgestelde wetgewing

Post by Hein22 »

Robbie, maar hulle moet die dryfkrag agter die ding wees. Vir elke lid 'n SMS stuur en vra dat hulle electronies via epos of so iets beswaar aanteken en dan moet hulle as vereniging met al die briewe na die regte kantoor toe stap om in te dien, as hulle voel dit die regte roete is om te gaan.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4792
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Nuwe voorgestelde wetgewing

Post by Carl »

Dis reg Robbie en ek pos my brief. Maar ek verwag van 'n organisasie met 17000 lede om deel te wees van die besprekings en voorleggings - ek kan nie.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Nuwe voorgestelde wetgewing

Post by ROBBIE1 »

Hein hulle is welkom om dit te administreer, ek wonder maar net of hulle sal, hoekom het hulle nie hulle lede I kennis gestel nie? As dit nie vir die artikel was nie, het niemand van julle hiervan geweet nie ne!
User avatar
Hein22
Hero Member
Hero Member
Posts: 1481
Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm

Re: Nuwe voorgestelde wetgewing

Post by Hein22 »

ROBBIE1 wrote: hoekom het hulle nie hulle lede I kennis gestel nie?
Dit is hoekom ek graag van manne soos Stephen Palos sal wil hoor sowel as die SA Jagters. Ek sal graag wil weet hoekom het hulle dit nie teengestaan nie en wat hulle planne van nou af voorentoe is.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Nuwe voorgestelde wetgewing

Post by Eugene »

ROBBIE1 wrote:Hein hulle is welkom om dit te administreer, ek wonder maar net of hulle sal, hoekom het hulle nie hulle lede I kennis gestel nie? As dit nie vir die artikel was nie, het niemand van julle hiervan geweet nie ne!
Dit is nogal wat my ook laat wonder? Jy het in die verlede gepraat oor die nuwe wetgewing oor vleis en die bewerking daarvan en omdat ek my eie vleis werk, het dit my nie gepla nie. Maar toe ek begin lees oor kwotas vir die "biltong" jagter vir 'n 14 dae periode, het dit my nogal geskok. Hierdie is mos iets wat elke jagter gaan raak en ek weet nie waarom inligting hieroor nie deurgegee is deur die groot jag organisasies nie?
Aim small, miss small
Post Reply