Saterdag se paar springbokkies
- Blackie Swart
- Sr. Member

- Posts: 422
- Joined: Sat Apr 02, 2011 7:48 pm
Saterdag se paar springbokkies
So het ek darm Saterdag n los draai gaan ry daar by Kleinsee. Die weer was lekker koel en bykans geen wind nie. Het my 243 as passasier langs my gehad.Kon darm gedurende die dag darm die 6 springbokke klits.Mag klink na nie baie nie, maar as om dit reg te kry in n kamp wat 33 000 hektaar is ,sonder binne kampe, is maar moeilik. Gemiddelde afstande was maar almal tussen 200m en 400m Die ram aan die heel regs is laaste op 500m geskiet, Weet manne hier dink dit is nonsense om n springbok op daai afstand te skiet ,maar met die burris scope op die 243 klop ek gereeld die bokke op daai afstande in die kop en nek.Bokke was geskiet vir die klub om te verkoop.Kyk ook na die mooi stel horings wat die ram gehad het.
Groete
Blackie
Groete
Blackie
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Biltong
- Hero Member

- Posts: 582
- Joined: Thu Jun 09, 2011 3:00 pm
Re: Saterdag se paar springbokkies
Wel gedaan en baie mooi horings op daai ram.
Ek gaan darem ook eersdaags 'n par springbokkies jag -sien baie uit.
Ek gaan darem ook eersdaags 'n par springbokkies jag -sien baie uit.
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Saterdag se paar springbokkies
Mooi bokke en goed geskiet!!
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Saterdag se paar springbokkies
Mooi geskiet, paar netjiese ramme daar.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
-
Jakkie 321
- Hero Member

- Posts: 636
- Joined: Sat Apr 27, 2013 8:19 pm
Re: Saterdag se paar springbokkies
Blikskottel gee bietjie meer inligting oor daai scope!!!
Groette
Groette
9.3 x 62mm Mauser
6mm Musgrave
243 Sako Broughton 1/14
22-250 AI Howa 1500 Broughton 1/8
22-250 Howa 1500 Broughton 1/8
9mm Star 30M
.22 Savage
Jakkie 321
Reinhard Hassel
6mm Musgrave
243 Sako Broughton 1/14
22-250 AI Howa 1500 Broughton 1/8
22-250 Howa 1500 Broughton 1/8
9mm Star 30M
.22 Savage
Jakkie 321
Reinhard Hassel
- Blackie Swart
- Sr. Member

- Posts: 422
- Joined: Sat Apr 02, 2011 7:48 pm
Re: Saterdag se paar springbokkies
Naand Jakkie 321.Dit is n Burris Elimanator 3. Hy loop soos n droom en geen twyfel meer om n skoot op lang afstande te neem nie. Het dit op n Remington 243 van my. Het nou al al my ander wapens begin verkoop want ek skiet net my 243 deesdae. Werk vir my in die dag en nagskiet.Die helderheid in die nag het wel nog tekortkominge maar andersins is dit n goeie scope in my oe.
Groete
Blackie
Groete
Blackie
-
HJA
- Sr. Member

- Posts: 329
- Joined: Tue Jul 17, 2012 10:12 am
Re: Saterdag se paar springbokkies
Hallo Blackie,
Mooi bokke en lekker gegooi.
As ek mag vra wat is jou ammunisie vir daai 243 ?
Henk
Mooi bokke en lekker gegooi.
As ek mag vra wat is jou ammunisie vir daai 243 ?
Henk
- Alwyn
- Hero Member

- Posts: 730
- Joined: Sun Jan 13, 2013 10:27 pm
Re: Saterdag se paar springbokkies
Blackie Mooi gegooi Mnr!!!
Ek wil ook weer gan springbok jag
Weet nie hoekom nie maar bly een van die lekkerste jagte!!
Ek wil ook weer gan springbok jag
Weet nie hoekom nie maar bly een van die lekkerste jagte!!
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7991
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Saterdag se paar springbokkies
Lyk sommer lekker, mooi gegooi!
- william007
- Hero Member

- Posts: 775
- Joined: Mon Feb 24, 2014 2:02 pm
Re: Saterdag se paar springbokkies
Baie mooi bokke daai
baie mooi geskiet blackie baie geluk
Dis lekker as hulle so hang
baie mooi geskiet blackie baie geluk
Dis lekker as hulle so hang
- Kallie Fernhout
- Hero Member

- Posts: 992
- Joined: Sun Oct 21, 2012 8:31 pm
Re: Saterdag se paar springbokkies
Mooi Blackie wat is daai bokke se gemiddelde gewig as ek mag vra
- Blackie Swart
- Sr. Member

- Posts: 422
- Joined: Sat Apr 02, 2011 7:48 pm
Re: Saterdag se paar springbokkies
HJA Ek skiet op die oomlik n 100gr PMP pro-aim punt wat ek laai in PMP dope met S 365 kruit. Gooi so 39,5gr in die doppie wat my n spoed van ongeveer 2950fts gee.Skiet die swaar punt want my geweer het n 1/10 twist en help sommer vir die wind ook.
Kallie : Die bokke hier het net groot lywe maar nie rerig gewig nie. Vir die tyd van die jaar het die ramme n gemiddelde geweig van so 16 na 19 kg. Na Augustus- September is hulle vetter en kry jy van die ramme wat tot so 22 na 24 kg uitslag. Hulle is maar klein maar eet baie lekker.
Groete
Blackie
Kallie : Die bokke hier het net groot lywe maar nie rerig gewig nie. Vir die tyd van die jaar het die ramme n gemiddelde geweig van so 16 na 19 kg. Na Augustus- September is hulle vetter en kry jy van die ramme wat tot so 22 na 24 kg uitslag. Hulle is maar klein maar eet baie lekker.
Groete
Blackie
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Saterdag se paar springbokkies
Sien jy het 'n sopkoppie geskiet vir sagte vleis vir die manne wat op hul gums ry.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Blackie Swart
- Sr. Member

- Posts: 422
- Joined: Sat Apr 02, 2011 7:48 pm
Re: Saterdag se paar springbokkies
Middag tripodmvr. Ja nee daai is die lekkerste kook vleisies daai. As n reel skiet ek hulle nie maar soms begin hulle sulke batchelor troppies maak en moet hulle uitskiet voordat hulle groot word. Tydjie terug probleme gehad met die jong rammetjies wat groot ramme so besig hou om te baklei in die trope, dat die ooie nie gedek was nie. Gevolglik was daar baie min lammers wat aangekom het. Vandat ons hulle nou looi, is daar orals lammetjies te sien in die veld.
Groete
Blackie
Groete
Blackie
-
Frikadel
- Full Member

- Posts: 123
- Joined: Mon Mar 31, 2014 11:15 am
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Saterdag se paar springbokkies
Probeer 'n 87gr V-max. Jy sal verseker aangenaam verras wees!Blackie Swart wrote:Ek skiet op die oomlik n 100gr PMP pro-aim punt wat ek laai in PMP dope met S 365 kruit. Gooi so 39,5gr in die doppie wat my n spoed van ongeveer 2950fts gee.Skiet die swaar punt want my geweer het n 1/10 twist en help sommer vir die wind ook.
100gr PMP het 'n G1 BC van .319
87gr VMax het 'n G1 BC van .400
Die ligter koeels sal baie beter in die wind doen as die 100gr PMP agv die beter BC en hoër spoed.
Goed, beter, 6millimeter!
- Hein (Haan)
- Hero Member

- Posts: 1088
- Joined: Wed Aug 24, 2011 12:26 pm
Re: Saterdag se paar springbokkies
Ek stem saam met Geno.
Jy behoort daai Vmax so teen 3250vps ook nog te skiet wat ook al klaar n groot verskil sal maak.
Jy behoort daai Vmax so teen 3250vps ook nog te skiet wat ook al klaar n groot verskil sal maak.
-
HJA
- Sr. Member

- Posts: 329
- Joined: Tue Jul 17, 2012 10:12 am
Re: Saterdag se paar springbokkies
Goeie middag,
Jammer ek hijack die oorspronklike pos.
Hoe sal die (hornady) 95gr SST en 85gr HPBT(sierra) doen in wind en langer afstande ?
Dit is nou in die 243 Win 1-10".
Ek luister graag.
Dankie
Henk
Jammer ek hijack die oorspronklike pos.
Hoe sal die (hornady) 95gr SST en 85gr HPBT(sierra) doen in wind en langer afstande ?
Dit is nou in die 243 Win 1-10".
Ek luister graag.
Dankie
Henk