.308 Sierra Pro Hunter 125grn

Anything regarding this program here/alles rakende die program hier.
Post Reply
User avatar
Trommel
Newbie
Newbie
Posts: 34
Joined: Fri May 02, 2014 6:00 pm

.308 Sierra Pro Hunter 125grn

Post by Trommel »

More kerels,

Ek het op die forum bietjie advies begin insamel vir 'n ronde ontwikkeling om rooibokke te oes. My vereiste was vinnige ronde wat maximale skade aan kop aanrig. Na verskei opsies en insette was ek Pta en terug gekom met Sierra Pro Hunter 125grn punte wat ek mee moet werk.

Reg, ek het die volgende inligting tot my beskikking. Enige van julle manne wat toegang het to QL en kan help of weet hoe om die post op die QL afdeling te kry. Wil nie dupliseer op die forum nie.

Dit is wat ek tans gebruik in die geweer,
Kaliber .308 Win
Loop Lengte 557mm
H2O volume van dop 55.4grn
Huidige punt Hornady Interlock180GR RN P/N 3075
Dryfmiddel Somchem S335 lot 698
Punt lengte Hornady inerlock 70.90
TPL 70.9mm
Slagdoppie Federal no 210 large rifle primer
lading is 40.3 grn vir spoed van 2470

Ek wil graag die volgende weet,
1. voorgestelde begin lading of spoed wat ek moet mik na?
2. voorgestelde koel diepte in dop?
Die punte wat ek gaan probeer is Sierra Pro Hunter 125grn spitzer no: 2120. ek het die punte gemeet en hy is 22.17mm.

Dankie by voorbaat.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: .308 Sierra Pro Hunter 125grn

Post by Carl »

Trommel jy sal die 125 moet laai en skiet en spoed meet. Gebruik sommer Somchem se minimum vir S335.
Bring dan daardie spoed vir die QL manne asseblief.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Trommel
Newbie
Newbie
Posts: 34
Joined: Fri May 02, 2014 6:00 pm

Re: .308 Sierra Pro Hunter 125grn

Post by Trommel »

Carl maak so.
User avatar
Trommel
Newbie
Newbie
Posts: 34
Joined: Fri May 02, 2014 6:00 pm

Re: .308 Sierra Pro Hunter 125grn

Post by Trommel »

Goed,

Hier is wat ek nou weet, het 6 patronen gelaai gisteraand, gou vanmiddag van die bakkie af die ses deur die chrono gesit.
Spoed was soos volg:
1. 2824fps
2. 2824fps
3. 2824fps
4. 2812fps
5. 2824fps
6. 2836fps

Die tpl was 65.58mm, en die lading 44grn S335 lot 69

Ek moet ook bieg dit is die eerste keer ooit wat ek sulke konstante spoed lesings kry.

Kan van die slim manne my dalk help om die rondte te verfyn, hy skiet ook lekker en lig, baie min skop. Ek kan gewoond raak aan die lekker skiet patroon, punte is ook baie goedkoper as ander!
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3126
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: .308 Sierra Pro Hunter 125grn

Post by LUAN »

Lyk my niemand gaan jou help nie. Ek sou gehou het daarvan om hulle heelwat vinniger te skiet want ek dink die hele idee is om hulle lekker vinnig te skiet om jou trajek platter te kry vir daardie kopskote wat die afstand dalk nie so reg geskat was. Ek meen ek skiet my 155gr teen daardie spoed wat jy kry bygese ek het n 26" loop. As jy gelukkig is met die spoed sal ek nie vir jou se om te soek vir die vinniger node nie. Wat jy nou kan probeer is om 5 rondtes te laai met so 0.3gr meer kruit as jou huidige lading en dan nog 5 ook met 44.3gr maar maak die tpl 0.2mm korter. ;)
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3126
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: .308 Sierra Pro Hunter 125grn

Post by LUAN »

Nee gooi so .4gr kruit ekstra.
User avatar
Trommel
Newbie
Newbie
Posts: 34
Joined: Fri May 02, 2014 6:00 pm

Re: .308 Sierra Pro Hunter 125grn

Post by Trommel »

Dankie .303
Ek sal weer 'n paar laai en probeer. Ek het met 44grn begin want ek het gevoel dit is n goeie begin. Geen idee wat die maksimum sal wees nie. In die Somchem tabel word daar net verwys na die 110 en 130 grn punte. Dalk moet ek maar werk aan die hand van die 130 grn, dit is die naaste.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: .308 Sierra Pro Hunter 125grn

Post by DWB »

Lyk of jou node om en by 2937ft/s lê met 45.9gr kruit
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: .308 Sierra Pro Hunter 125grn

Post by DWB »

Die laer node raak te stadig
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Trommel
Newbie
Newbie
Posts: 34
Joined: Fri May 02, 2014 6:00 pm

Re: .308 Sierra Pro Hunter 125grn

Post by Trommel »

Dankie DWB.

Gaan vanaand laai,sal resultate mora gee, enige gedagtes rondom TPL?
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: .308 Sierra Pro Hunter 125grn

Post by Piet Pille »

Hoe lank is jou sprong na die lande tans met 'n TPL van 65.58mm?
User avatar
Trommel
Newbie
Newbie
Posts: 34
Joined: Fri May 02, 2014 6:00 pm

Re: .308 Sierra Pro Hunter 125grn

Post by Trommel »

Pieter dit is 70.67mm die totale afstand met die punt in die dop en teen die lande. die voorstel hier was dat ek hom die minimum in die dop sit, ek spreek onder korreksie dit is 7.62mm wat ek duidelijk nie eers gedoe het nie. Dalk nog 2 mm dieper?
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: .308 Sierra Pro Hunter 125grn

Post by Piet Pille »

Trommel wrote:Pieter dit is 70.67mm die totale afstand met die punt in die dop en teen die lande. die voorstel hier was dat ek hom die minimum in die dop sit, ek spreek onder korreksie dit is 7.62mm wat ek duidelijk nie eers gedoe het nie. Dalk nog 2 mm dieper?
Jou teoretiese max met 7.62mm in die dop is dus Doplengte (51.18mm) + Koeellengte (22.17mm) - koeeldeursnee terug in die dop geseat (7.62mm) = 65.73mm.

Jy is tans op 65.58mm wat baie naby is aan bog. As jy hom dalk nog rek tot by TPL = 66mm, gee dit vir jou 'n sprong van 4.67mm. Dit moet jou egter nie afskrik nie- baie gewere (ek dink spesifiek aan ex -militere 7x57's) het ook kele so lank soos 'n kameelperd s'n en skiet nogsteeds baie akkuraat met spronge van 5mm en langer.

Sover ek verstaan is die enigste probleem met die vlak geseatde koeels maar net dat die konsentrisiteit van jou patroon daaronder kan begin lei wat weer die akkuraatheid opneuk. Veral in die magasyn/broeksak/amunisiekassie ens kan hulle dalk "skeefdruk" omdat die skag nie so baie "vleis" het wat deur die nek in posisie gehou word nie. Dit sal egter nie skade doen om paar proewe te laai met 'n TPL van bv 68.62mm (dus 5mm diep geseat met 'n 2mm jump) en die resultate te vergelyk nie. As hy beter so skiet- dan laai jy hulle so. Die "koeeldeursnee-diepte-seating" is maar net 'n riglyn.

Laat weet hoe maak hy.

Groete
User avatar
Trommel
Newbie
Newbie
Posts: 34
Joined: Fri May 02, 2014 6:00 pm

Re: .308 Sierra Pro Hunter 125grn

Post by Trommel »

Pieter ek wag net vir die cleanertjie om klaar te maak dan gaan ek laai. Sal die aanbevelingen uit toets en terugvoering gee.
Dankie.
User avatar
Trommel
Newbie
Newbie
Posts: 34
Joined: Fri May 02, 2014 6:00 pm

Re: .308 Sierra Pro Hunter 125grn

Post by Trommel »

Right ek het gaan skiet vanmiddag. die reslutate is teleurstellend. ek dink ek is dalk ook net 'n swak skut. Ongeag, ek het die zelfde hoeveelheid gelaai soos voorgestel met 45.9grn. % rondtes op 'n lengte van 66mm en 5 op 68.6mm.
Spoed was as volg:
66mm
1. 3044fps
2. 2950fps
3. 2956fps
4. 2923fps
5. 2930fps
68.6mm
1. 2930fps
2. 2943fps
3. 2943fps
4. 2904fps
5. 2940fps
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Trommel
Newbie
Newbie
Posts: 34
Joined: Fri May 02, 2014 6:00 pm

Re: .308 Sierra Pro Hunter 125grn

Post by Trommel »

Jammer kerels, albei fotos le op hulle kante. die eerste een is die 68.6mm en die tweede een die van 66mm.
Advies asseblief of hulp om die zaak te beredder.
Groete
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: .308 Sierra Pro Hunter 125grn

Post by Piet Pille »

Wel, jy is presies op daai nodespoed so Deon se voorspelling was spot-on vir 45.9gr. Dit lyk tog of die langer koeels (68.6mm) ietwat beter vaar.

Moeilik om te raai waar die probleem dalk nog kan le- miskien kan die ander manne ook 'n stuiwer in die armbeurs kom gooi??
Williel
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Aug 07, 2013 8:05 pm

Re: .308 Sierra Pro Hunter 125grn

Post by Williel »

Trommel, jou node vir die loop is 1.0095.
Laai op 68.6mm tpl @ 47.4 gr.
spoed is 3018 fps by loop en so 3000 fps by chrony 5m weg.
die dop is 101.5% vol wat goeie vulling gee en jou druk is 51974 psi wat redelik onder maksimum is van 62000 psi.

groete
Groete, Willie
Post Reply