Hoe belangrik is dit om jou doppe skoon te maak? I.t.v AKKURAADHEID

Post Reply
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Hoe belangrik is dit om jou doppe skoon te maak? I.t.v AKKURAADHEID

Post by Stefan764 »

Na aanleiding van Vasvat se probleem met die doppe wat vassit vra ek graag die volgende vraag en sien uit na die gesoute laaiers se antwoorde:


Hoe belangrik is dit om jou doppe skoon te maak? Ek vra die vraag om die term "Akkuraadheid"

Itv Akkuraatheid. Maak dit saak as jou dop vuil is? Al my doppe moet tog ewe vuil wees want my batches is almal ewe veel kere geskiet. En hoeveel spasie ( mm3 ) kan die vuilgeid nou tog opneem om my dopvolume te verander wat groot genoeg sal wees om my lading te beinvloed?

Gaan my grouping met my geweer se lading wat in hom werk nog beter wees as ek my doppe elke keer skoonmaak?

Thanks manne
Stefan
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
jmb

Re: Hoe belangrik is dit om jou doppe skoon te maak? I.t.v AKKURAADHEID

Post by jmb »

Stefan eerstens moet ek erken ek tumble my doppe vir 2 dae omdat die blink doppe vir my mooi is. Ek dink egter dat vuil doppe bitter min effek op akkuraatheid soos ons dit verstaan sal he. Ek dink as 'n ou benchrest skiet is dit baie belangrik.Ek verstaan hulle kamers is baie "tight" gesny en vuil doppe sal 'n probleem wees. Ek hou van skoon doppe voor ek resize want die meeste kruit sit mos maar om die nek van die dop. My gevoel is dat as jy vuil resize gaan daardie kruit in jou "die" aanpak en dit kan die dimensies van die nek verander. Hoe groot die effek van 'n effens nouer nek teen 'n gewone een is, is 'n groot vraag. Ek dink nie ek skiet goed genoeg om die verskil agter te kom nie. :) So nou het ek baie geskryf en min gese. Om saam te vat. Alles het 'n effek op akkuraatheid maar ek dink nie dat jy die verskil oor normale jag afstande gaan agterkom nie.
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3527
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Hoe belangrik is dit om jou doppe skoon te maak? I.t.v AKKURAADHEID

Post by Armand Steenkamp »

Jis Stefan!
Daar is n verskil.Maar vir ek en jy wat argementsonthalwe nie verder as 300m na n sprimbok skiet nie is die verskil te klein om agter te kom.Ek en n pel het op n keer n toetsie gedoen om te sien wat die effek van vuil doppe op akkuraatheid is.Nie wetenskaplike goete nie  net somer n paar groperings met vuil doppe en n paar met skoon doppe.Ons het sy dikloop 308 gebruik wat uiters akkuraat is!Ek meen 5 skoot halfduim groperings op 100m,Beter as wat ek kon skiet so ek het maar dat hy die skiet werk doen.Ons het toe gesien dat die gemiddelde groperig is groter met die vuil doppe.Nie baie nie seker so 6mm ek het nie nou die papiere by my nie.Ek dink die effek dan dalk groter of kleiner op ander geweere wees

Groete
Armand
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Hoe belangrik is dit om jou doppe skoon te maak? I.t.v AKKURAADHEID

Post by Stefan764 »

Johan

Dit maak baie sin wat jy se van die kruit wat kan opbou om die nek en later n gevolg kan he.... Dis dalk al genoeg rede om die doppe te tumble...


Dankie Armand!

Dis wat n ou soek, praktiese resultate van die papiere op die baan af. Baie dankie!

Groete
Stefan
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Hoe belangrik is dit om jou doppe skoon te maak? I.t.v AKKURAADHEID

Post by Raven »

Stefan,

Ou maat ek glo in dop voorbereiding as een van die belangrikste kardinale gedeelte van akkurraat skiet.
Die beste van herlaai, is voorbereiding, en as ek klaar kruit gegooi het, weeg ek die kruit weer, 1 uit elke 5 doppe, net om seker te maak my ladings is reg dwarsdeur, voor ek my punte indruk.

Ek weeg my doppe, met toleransie van 1gr verskil, so as alles klaar gelaai is, koeel in, primer in, weeg ek weer my 50 gelaaide patrone, en die een wat meer verskil as 1gr, gebruik ek op die skietbaan, die res vir jag. Ek laai net 50 op 'n slag, en dit vat my gewoonlik 3nagte van begin tot einde.

Ek is nie 'n groot kenner as dit by herlaai kom nie, maar 'n vuil dop, binne of buite gaan nie deur my matryse of in my geweer nie, daarvoor  is al my herlaai komponente en geweer te duur.  ;)

Wys my enige ou, wat nie met meer selfvertroue en beter sal skiet as alles, doppe en geweer in puik kondisie en skoon is nie.  ;)
Ek is nie 'n goeie skut nie, maar ek wil weet as ek my gedeelte(the nut behind the bolt) sy werk reg doen, dan is die skoot raak, want alles voorkant toe is 100%

Ek s? maar net

Raves
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
jmb

Re: Hoe belangrik is dit om jou doppe skoon te maak? I.t.v AKKURAADHEID

Post by jmb »

Dankie Armand dit is baie interessant. Ek dink jy is heeltemal reg oor die kleiner vinniger kalibers. Ons weet almal 308's is relatief onsensitief vir verskille in doppe, punte en ladings. So as dit op hom 'n verskil maak neem ek aan die verskil gaan nogal groot wees op iets soos 'n 22250. Stefan ek het nog altyd gedink dat die resizing gedeelte van die herlaai proses vir my die belangrikste is. Die toleransies van die matrys is mos baie klein as jy nou 'n hele paar vuil doppe hierdeur sit moet daar mos kruit aanpak. Ek moet erken ek maak ook nie my matryse na elke herlaai sessie skoon nie.Dit maak dus net vir my logies sin om eers te tumble en dan te resize. jy kry ook nie dan media wat in die primer pocket vassit nie. Ek gebruik ook mica poeier in die binnekant van die nek wanneer ek resize want ek voel dat as jy die press optel en die "resizer ball" gaan swaar deur die nekmoet hy mos die skouers bietjie trek wat dan 'n effek kan he. Ek weet nie of dit waar is nie maar dit voel beslis beter want jy het heelwat minder "force" nodig.
jmb

Re: Hoe belangrik is dit om jou doppe skoon te maak? I.t.v AKKURAADHEID

Post by jmb »

Raven ek was besig om te skryf toe jy post. Ek kan nie meer met jou saamstem nie. Ek gebruik deesdae net Forster matryse en die goed is duur. Daai kruit gaan mos ook maar slytasie veroorsaak in die matrys soos "grinding paste".Ek voel ook dat elke stap wat jy kan beter doen moet 'n effek op die ou end he. dit sou net nogal nice gewees het as dieselfde van my agter die geweer kon waar wees. :D
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Hoe belangrik is dit om jou doppe skoon te maak? I.t.v AKKURAADHEID

Post by Stefan764 »

Helsem manne....  ???  :-\  ???  :-\

Ek beginne dink dit was baie makliker toe ek nog net "gelaai" het en nie besluit het om soos julle manne hier op die forum te "herlaai" nie...  :-[

Ek begin al hoe meer besef hoeveel daar is om te doen voor jy n pakkie van 20 gelaaide patrone ALMAL presies dieselfde het..... Shuks... Ek gaan my hele Krismis bonus moet gebruik om herlaaitoerusting te koop!  Nuwe "die" en tumbler...

Bliksim... Maar baie dankie vir die insette. As ek klaar is behoort die resultate darem te wys met al julle manne se raad. Nee, nie behoort nie, dit SAL.

Moedelose groete,
Stef  :-\
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Hoe belangrik is dit om jou doppe skoon te maak? I.t.v AKKURAADHEID

Post by Raven »

Stefan,
Ek het nie 'n tumbler nie, en glo nie veel in tumblers nie. Op die stadium polish ek die doppe met die hand, en met borseltjies binne, en dit vat lank.

Ek wag op 'n ultrasonic cleaner wat oppad is Namibia toe, dit sal mooi werk dink ek.

Kyk hier: http://www.6mmbr.com/ultrasonic.html

Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Hoe belangrik is dit om jou doppe skoon te maak? I.t.v AKKURAADHEID

Post by Hein M. »

Stefan764 wrote:
Ek begin al hoe meer besef hoeveel daar is om te doen voor jy n pakkie van 20 gelaaide patrone ALMAL presies dieselfde het..... Shuks... Ek gaan my hele Krismis bonus moet gebruik om herlaaitoerusting te koop!  Nuwe "die" en tumbler...
Stef,

10/10 vir Raves se opmerking!

Ek tumble ook nie.  Was wel die doppe met my spesiale mengsel en borsel dit binne-in met borseltjies.

Onthou dat kompetiesie-matryse is vir pasmaak  kompetisie-gewere waarmee jy groeperings op papier skiet.  Hierdie wapens se kamers is baie meer knap as die gewone jaggewere.  As jy jag en ghongs skiet, is die gewone matryse beter.  Moenie jou geld in die water gooi met kompetiesie-matryse nie!

Weet van pelle wat van Forster af terug is Lee toe om probleme op te los...

Groetnis!

Hein M.
Last edited by Hein M. on Wed Nov 17, 2010 11:53 am, edited 1 time in total.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Hoe belangrik is dit om jou doppe skoon te maak? I.t.v AKKURAADHEID

Post by Gerhard »

Raven wrote: Stefan,
Ek het nie 'n tumbler nie, en glo nie veel in tumblers nie. Op die stadium polish ek die doppe met die hand, en met borseltjies binne, en dit vat lank.

Ek wag op 'n ultrasonic cleaner wat oppad is Namibia toe, dit sal mooi werk dink ek.

Kyk hier: http://www.6mmbr.com/ultrasonic.html

Raven
Ek tumbel ook nie my geweer doppe nie. Ek dink die doppe raak baie beskadig in die proses.

Maar hand wapen doppe hulle werk die tumbler great voor.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Hoe belangrik is dit om jou doppe skoon te maak? I.t.v AKKURAADHEID

Post by Hein M. »

Stef,

Om jou vraag beter te beantwoord:

'n Paar dinge i.v.m dopvoorbereiding is bepalend vir akuraatheid:

Konsentriese oplyning is die heel belangrikste aspek - geweer en patroon.

Met vuil doppe is die kans goed dat die matryse en shellholder ook vuil gaan word en dan is die oplyning daarmee heen.  Om nie te praat van die skade wat aan die binnekant van die matryse gedoen word nie...

Hierdie het nie met vuil doppe te doen nie, maar is ook krities vir akkuraatheid (selfs vir jag):

Die primer-pocket moet eenvorming en DIEP genoeg wees sodat die primer nie skeef - of te vlak - ingaan nie.
Die flash hole moet gedebur wees - binne en buite
Die binnekant van die dop se nek moet skoon en glad wees - sodat die punte nie gekrap word tydens die seating-proses nie.

Vir nog beter akkuraatheid (konstante groeperings) moet die nekwande ook ewe dik gesny word.

Ek is nie 'n kenner nie, maar leer steeds.  Hendrik se boek - Akkurate ketting - is 'n goeie verwysing.

Hein M.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Hoe belangrik is dit om jou doppe skoon te maak? I.t.v AKKURAADHEID

Post by Jagtersdok »

Stef

As jy 'n motortjie soos 'n ou tuimeldroer of fan iewers het dan bou ons sommer vir jou 'n tumbler.
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Hoe belangrik is dit om jou doppe skoon te maak? I.t.v AKKURAADHEID

Post by Stefan764 »

Sal sommer my vrou se fan ini kamer vat. Die ding raas tog net en ek issi juis n man vir fanne en goed nie, waai my sinusholtes heel vol ini nag...
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Re: Hoe belangrik is dit om jou doppe skoon te maak? I.t.v AKKURAADHEID

Post by KSV »

Manne, ek doen ook nie alles wat in daai boek staan nie.

Baie goeie verwysings gids hoe goed opgestel word en as jy probleempies optel.

Hein
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Hoe belangrik is dit om jou doppe skoon te maak? I.t.v AKKURAADHEID

Post by Dawie »

Ek maak nek met borseltjie binne in skoon en buite om die nek met staalwol om die roet af te haal,  dis al.

D
DSBW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 344
Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm

Re: Hoe belangrik is dit om jou doppe skoon te maak? I.t.v AKKURAADHEID

Post by DSBW »

Manne

Ek weet nie of van julle al die stuk oor die "houston warehouse" gelees het op 6br nie? Gaan lees dit gerus, dit is geweldig insiggewend, veral as jy in aanmerking neem dat hierdie ouens alle eksterne faktore elimineer het wat akkuraatheid kan be?nvloed, en dus presies kon bepaal watter stappe belangrik is in ammunisie voorbereiding om top akkuraatheid te kry.

Goeie stukkie inligting!

Dawie
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Hoe belangrik is dit om jou doppe skoon te maak? I.t.v AKKURAADHEID

Post by Francois Marais »

http://www.6mmbr.com/JGcaseprep.html

Baie goeie artikel oor case prep, dis vir LONG RANGE, ma as jy presies wil werk, doen maar ALLES.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Hoe belangrik is dit om jou doppe skoon te maak? I.t.v AKKURAADHEID

Post by Stefan764 »

Dankie Fransweis, da sak my moed nou tot ONDER my skoensole in...
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
jmb

Re: Hoe belangrik is dit om jou doppe skoon te maak? I.t.v AKKURAADHEID

Post by jmb »

Stefan ek voel nou nes jy. By die tyd wat ek al daai goed gekoop het en al daai goed gedoen het is die jagseisoen al lankal verby en dit sou in elk geval ook nie saak gemaak het nie want ek sou nie geld gehad het vir jag nie. ;)
Post Reply