More Almal
Ek hoop julle kan my asb n bietjie raad gee, ek skiet n 6.5 x .284, en het in die verlede 140gr Accubonds geskiet, maar het besluit om die jaar Perrigrine te prober. Ek herlaai self, en wonder nou hoe die Perrigrines benader moet word wat die lading aanbetref, moet mens dit hanteer soos n Barnes X punt.
Op die oomblik laai ek die Accubonds voor 50gr S385 kruit in Lapua doppe.
Wat dink julle sal n goeie vertrek punt wees vir die Perrigrines?
Hoor graag wat julle opinie is.
Perrigrine VS Accubonds
- OU VOORSLAG
- Full Member

- Posts: 177
- Joined: Fri Mar 22, 2013 9:52 am
Perrigrine VS Accubonds
Die Beste Plek om te wees is die Kalahari
Lee Enfield .303
6.5 x .284
Brnu .22
Howa .22-250
CZ PO7 9mm
Lee Enfield .303
6.5 x .284
Brnu .22
Howa .22-250
CZ PO7 9mm
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: Perrigrine VS Accubonds
Ja selfde as barns. Stuur epos aan peregrine en hulle stuur vir jou herlaai data.
- DawieKotze
- Hero Member

- Posts: 2075
- Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
Re: Perrigrine VS Accubonds
Wat is jou loop se twist?
Die 140gr Peregrines is te lank vir my 6.5x55 se 8.7 twist en hulle hardloop so mooi skuins deur die teiken op 100 meter. Dis nou bygesê as hulle die teiken raak....
Ek sal eerder voorstel om na die 125gr te kyk.
Die 140gr Peregrines is te lank vir my 6.5x55 se 8.7 twist en hulle hardloop so mooi skuins deur die teiken op 100 meter. Dis nou bygesê as hulle die teiken raak....
Ek sal eerder voorstel om na die 125gr te kyk.
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Perrigrine VS Accubonds
Dawie
Klink my die koeëls met die 8.7 twist is oorstabiliseer dat hulle skuins deurgaan of is ek verkeerd?
Klink my die koeëls met die 8.7 twist is oorstabiliseer dat hulle skuins deurgaan of is ek verkeerd?
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
- DawieKotze
- Hero Member

- Posts: 2075
- Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
Re: Perrigrine VS Accubonds
Dis reg - hulle stabiliseer glad nie.Jean Marais wrote:Dawie
Klink my die koeëls met die 8.7 twist is oorstabiliseer dat hulle skuins deurgaan of is ek verkeerd?
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7991
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Perrigrine VS Accubonds
Verbeel ek my of het perrigrine se prys taamlik gestyg vandat ek laas gegkyk het?
-
mariusr
- Hero Member

- Posts: 2995
- Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am
Re: Perrigrine VS Accubonds
Ek betaal nie daai geld vir perigrines nie en hulle is blok van my af! Daar is geen manier dat daai punt Rhinos of self Claws oorskadie en is heelwat goedkoper !
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5124
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Perrigrine VS Accubonds
In 6.5 het die VRG 5 met amper 50% gestyg van my eerste aankoop tot my 2de beplande aankoop. Soos julle sal sien het ek dit net beplan maar nooit gedoen nie. Hulle is nou R9belk vir die papierskiet koeëls in 125gr.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7991
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Perrigrine VS Accubonds
Jip, dit is bietjie rof vir 'n papierskiet koeel as jy bergers vir twee derdes van die prys kan koop.