LOOPSKOONMAAK EN ONT-KOPER

User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: LOOPSKOONMAAK EN ONT-KOPER

Post by VdWalt »

Ludwig wrote::D
maar as jy dit mogge troffe gaan doen moet jy dit eerder los en liewer net jou geweer goed skoon maak.
:( Ai damn....
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: LOOPSKOONMAAK EN ONT-KOPER

Post by Louis Kriel »

Ek gaan maar net nie probeer om al die koper uit te kry nie. Elke vierde skiet gaan ek koper uithaal en tussen in net n Ballistol lappie deurstoot en voor ek skiet droe lappie. Ek dink nie ons pa's het veel van koper uithaal geweet nie. Was mos maar net Hoppes no9 daai jare gewees.
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2469
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: LOOPSKOONMAAK EN ONT-KOPER

Post by Nico Harris »

Net ter interessantheid. Ek skiet met my savage 450 skote dan maak ek skoon. Ek sit dan twee keer forrest foam in en daarna kan ek insit wat ek wil copper of carbon remover en daar kom letterlik niks meer uit nie. Ek al n hele paar produkte ook probeer. Sona 450 skote vat dit my letterlik n uur en tien minute om die loop skoon te kry en n uur van daai tyd sit ek en wag vir die produk om te werk!
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: LOOPSKOONMAAK EN ONT-KOPER

Post by VdWalt »

Ek glo ook nie ek sal met lekker hart slaap as die geweer so vuil in die kluis staan nie.
Ek kry hom tot so Woensdagaand gelos na die naweek se skiet dan moet hy skoon.
Vat my so 2 ure om skoon te maak of ek nou drie skote op 'n jag geskiet
het of 30 skote op die baan. Roetine is die selfde en gee die Bore Tech
so uur elke keer om werk te doen en dan lappie na lappie tot hy skoon is en
dan olie.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: LOOPSKOONMAAK EN ONT-KOPER

Post by Wouter Roets »

Eugene

Ek babble eintlik nou net hier. Ek gooi sommer n paar gedagtes rond. Moet my asb nie verkeerd verstaan nie, ek het geen wesentlike probleem met hierdie teorie nie, veral spesifiek met langafstand skietwerk. Baie van die aspekte maak verseker sin en vir daai redes sal ek se ondersoek en beproef dit verseker.

Ek het met my Savage akkuraadheids afname ervaar op so 40 skote maar dit kan wees dat die eqiulibreum eers daar plaas gevind het. Ek gaan ook die ding n go gee in die Savage want die hemel alleen weet het ek al bouers gesien wat se hande gladder is as die binnekant van die lope! ;D

Wat wel uit daai Browning toets gesien kan word is dat daar n lang prejode is waar stabiliteit heers en dan ewe skielik weer n punt beryk word waar koper neerslag dramaties weer toeneem. n Mens kan ook redeneer dat n mens nie net een loop waarop n toets gedoen is moet neem as die Alfha en Omega nie en verskillende tipe lope met hulle groef profiele en demensies en staalkonstuksie alles n beduidende rol sal en kan speel.

Luddie die POI verskil tussen n warm en koue loop met langafstandjag is van uiters belang en as hierdie teorie kan help soveel te beter. Het jy ooit al Moly oorweeg en wat is jou gedagtes hieragter?

Groetnis
Wout
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: LOOPSKOONMAAK EN ONT-KOPER

Post by Eugene »

++>: ++>: ++>:

Wouter, toe Ludwig die eerste keer van die teorie vertel, het ek gedink die man het sy varkies verloor.... Na 'n video of twee van die Rex, het sy teorie sin gemaak en kon ek nog nie enige wetenskaplike redes kry wat sy teorie weerle nie!

Ludwig het 'n "custom" loop en ek het 'n skurwe fabrieksloop en dit sal interessant wees om te sien hoe hierdie teorie op elkeen werk. Ek het nou maar so 100 skote van geen kopper verwyder nie, maar ek haal elke keer as ek klaar geskiet het, wel alle carbon uit met Boretech te Carbon remover... Tot op hede het ek nog geen druk probleme gesien nie en dit wil my voorkom of my groepe beter raak. Kan natuurlik ook net wees dat ek meer geoefen is....
Aim small, miss small
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: LOOPSKOONMAAK EN ONT-KOPER

Post by Wouter Roets »

Luddie

Ek was besig met ladingontwikkeling toe ek sien hier by 40 skote dat alles vir n pot begin gaan het. Toe ek die loop skoonmaak toe is ek weer op koers gewees en vandaar my opservasie. Maar ek gaan defnetief die eqiubelibreum storie n kans gee aangesien ek weer oor begin nadat ek al die doppe se nekke gesny het.

Ek sien jy dink darem nog dieselfde oor die moly ding as toe ons laas daaroor geklets het. Bit of n black magic art. Ek lees baie keer ongelooflike goed raak wat sekere manne claim oor moly. Soms deur ouens waarvoor ek nogal tyd het so dit laat n mens dink. Ek onthou ook nog goed wat Gerard oor dit alles te se gehad het.

Eugene hou ons ook op hoogte oor jou toets asb aangesien dit interessand sal wees om te sien wanneer akkuraadheid/druk n problem begin raak. Ek sal ook terugvoer gee die dag as ek weer by Blackkie uitkom.

Groetnis
Wout
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: LOOPSKOONMAAK EN ONT-KOPER

Post by THOMAST »

Ek gebruik ook die "copper equilibrium" metode op my 7mm.08
Het hom twee weke terug uit mekaar gehaal toe die veertjie in my sneller gekalf het, alles is afgehaal en toe weer goed met M98 skoongemaak. Dit was na 480 skote waar hy nog mooi gewerk het.Met die sneller herstel is hy weer aanmekaar gesit. Interessant ek moet 2 clicks regs verstel om weer op mikpunt te skiet
Eerste 15 skote met skoon loop was so-so, daarna het hy weer sy potensiaal begin wys. Broughton loop.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7991
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: LOOPSKOONMAAK EN ONT-KOPER

Post by Arnold »

Nickvn wrote:
338LM wrote: My 308 (omskepte RSA teikengeweer) met baie skote deur die loop, skiet net 1MOA met 'n skoon loop. 20 skote later krimp die groepe mooi. Hier by 300+ maak hulle weer oop, dan moet ek weer skoonmaak. Ander gewere groep op hulle beste, as hulle net skoongemaak is.
My .223 wil ook nie skoon wees nie. As ek hom skoon maak skiet hy seker so 3 MOA en dan na so 20 skote kom hy terug na so 1MOA.

Nou hoekom sal dit wees? Kan iemand dit verduidelik?
Ek sien niemand antwoord jou nie. Soos ek verstaan is dit n goeie teken van n loop wat moeg is.
User avatar
Philip J
Hero Member
Hero Member
Posts: 925
Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm

Re: LOOPSKOONMAAK EN ONT-KOPER

Post by Philip J »

Dalk hijack ek nou, by voorbaat askies, maar ek sal ook graag wil weet hoekom party gewere nie daarvan hou om 'n vreeslike skoon loop te hê nie. My 6mm Musgrave hou net mooi niks daarvan om "te" skoon te wees nie. Kos so 10 na 15 skote om weer oordentlik te groepeer. Kan iemand dit dalk verklaar asb?
Groetnis
Philip
User avatar
Philip J
Hero Member
Hero Member
Posts: 925
Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm

Re: LOOPSKOONMAAK EN ONT-KOPER

Post by Philip J »

Arnold, ek hoor wat jy sê, maar 'n maat van my se. 243 met 'n splinternuwe Pachnor loop wat oordentelik ingeskiet is, het dieselfde ondervinding. My geweer se loop het hoogstens 500 skote deur hom wat dit vir my moeilik maak om te glo hy is gedaan.
Groetnis
Philip
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: LOOPSKOONMAAK EN ONT-KOPER

Post by Frikkie Coetzee »

Phillip

Ek het n 7x57 AI gehad met n Truvelo loop. Selfde storie. Eers na so 6-10 skote deur loop voor hy wou skiet.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7991
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: LOOPSKOONMAAK EN ONT-KOPER

Post by Arnold »

Dan moet julle maar net minder skoonmaak
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1540
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: LOOPSKOONMAAK EN ONT-KOPER

Post by Giepie »

Nadat ek my 270 behoorlik ontkoper het was die eerste paar skote ook anders. Na 5 skote het hulle mooi by mekaar gekom en gebly.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: LOOPSKOONMAAK EN ONT-KOPER

Post by mariusr »

philipjordaan wrote:Dalk hijack ek nou, by voorbaat askies, maar ek sal ook graag wil weet hoekom party gewere nie daarvan hou om 'n vreeslike skoon loop te hê nie. My 6mm Musgrave hou net mooi niks daarvan om "te" skoon te wees nie. Kos so 10 na 15 skote om weer oordentlik te groepeer. Kan iemand dit dalk verklaar asb?
Amper soos in die weermag? Jy kry mos daai ouens wat nie wil bad nie tot jy hom dwing! Lyk my jou 6mm is 'n ou vuil gat? He he!
Post Reply