Ekke ok 'n "cheapskate"

Post Reply
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1540
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Ekke ok 'n "cheapskate"

Post by Giepie »

Vanaand besef ek is ook 'n "cheapskate." :-[ ;D

Nadat ek so gesukkel het om die koper uit die een geweer se loop kry kom ek agter ek is deur omtrent 60 van die ronde lappies. Die goed doen dieselfde job as toiletpapier, maar kos heelwat meer. Ek het uitgewerk dit kos 48c per lappie. Ek het toe al die lappies gehou. Ek het nog 'n geweer wat ontkoper moet word. Ek dink die koper daarin is nog erger.

Vanaand gooi ek toe die vuil lappies in 'n kleinerige plastiek houer, daardie waarin seeppoeier kom, seeppoeier en warm water, skud dit goed en laat staan, later weer en nog 'n derde keer geskud. Toe gooi ek die water en seep af. Die water was goed blou van al die koper. Spoel dit toe so paar keer uit met skoon water en hulle is spierwit, wel, daar was 'n paar met swart merke op, dit was die wat veral koolstof uitgehaal het. Dit lê nou oop gesprei om droog te word.

Ek het eenkeer uit nood dit ook gedoen omdat ek nie lappies kon kry nie, die 2x4's, en dit het toe baie goed gewerk vir oor die naweek. Ek het dit droog gemaak in die tuimeldroeër omdat ek haastig was. Die hergebruikte lappies het die olies ens beter geabsorbeer.

Ek kry die idee ek kan van die lappies dalk tot 4 keer kan gebruik. Nou voel ek beter oor die koste.

My vrou vra my toe waarmee ek besig is. Toe ek verduidelik is sy ook tevrede, sy knor by tye oor die geweer goed wat ek koop, nou sien sy ek probeer spaar. :D
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 3614
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm

Re: Ekke ok 'n "cheapskate"

Post by Fanta300 »

Ek het so 40 jaar terug 'n groot rol verniet gekry en gebruik nou nog aan hom. Sal seker ook so slim moet wees as ek een van die dae moet lappies koop.

(Hoop nie jy doen dieselfde met die toiletpapier waarna jy verwys nie ;D ;D )
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Ekke ok 'n "cheapskate"

Post by PWV »

Jy betaal deur jou nek vir die lappies. Ek het 'n paar meter materiaal gekoop van dieselfde soort en sny my eie lappies - so groot soos ek hulle wil he.
User avatar
Rommel
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 251
Joined: Wed Nov 27, 2013 5:15 pm

Re: Ekke ok 'n "cheapskate"

Post by Rommel »

4jaar terug net oor die R400 betaal vir n stewige rol lap by n geweerwinkel. Ou wou eers nie die rol aan my verkoop nie oor hul dit opsny en pakkies maak van 10 of 20 of watookal en dit so vekoop en dus n vet wins maak op die goed! Ek is op my laastes nou, so ek het R100 n jaar aan lappies uitgegee. Dis dalk nie te kwaai vir n jaar nie, maar as mens al die ander dinge by tel wat saam met geweerskoonmaak gaan raak dit n sommetjie met helder kleur! Gaan ook maar lap gaan soek by ander plek van nou af, elke bietjie wat n ou spaar help weer op n ander plek, koeëls is al vrek duur en ek spaar nie daar nie, so die goedkoop lappies moet help betaal aan die res! Ek n 'cheapskate'..beslis!
User avatar
Born2Late
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Tue Oct 18, 2011 9:38 am

Re: Ekke ok 'n "cheapskate"

Post by Born2Late »

More manne.
My vrou het haar linnekas uitgepak en op n paar ou winterslakens afgekom wat sy van wou onslae raak. Al die donsies is al van hulle afgewas. Voor sy dit kon weggee het ek dit gegryp. Dit werk pragtig om lappies uit te sny.
Groete.
Charles
User avatar
FrikvanDyk
Newbie
Newbie
Posts: 29
Joined: Mon Mar 04, 2013 1:44 pm

Re: Ekke ok 'n "cheapskate"

Post by FrikvanDyk »

Fanta300 wrote:Ek het so 40 jaar terug 'n groot rol verniet gekry en gebruik nou nog aan hom. Sal seker ook so slim moet wees as ek een van die dae moet lappies koop.

(Hoop nie jy doen dieselfde met die toiletpapier waarna jy verwys nie ;D ;D )

As ek mag vra het jy joune ook per toeval by die SANDF gekry soos ek. ;D
One life live it
henning
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am

Re: Ekke ok 'n "cheapskate"

Post by henning »

N Klein botteltjie carbon cleaner kos R 190 , nou hoe kom ons daar verby?

Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 3614
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm

Re: Ekke ok 'n "cheapskate"

Post by Fanta300 »

FrikvanDyk wrote:
Fanta300 wrote:Ek het so 40 jaar terug 'n groot rol verniet gekry en gebruik nou nog aan hom. Sal seker ook so slim moet wees as ek een van die dae moet lappies koop.

(Hoop nie jy doen dieselfde met die toiletpapier waarna jy verwys nie ;D ;D )

As ek mag vra het jy joune ook per toeval by die SANDF gekry soos ek. ;D


SAP ++>:

Hier by die geweerwinkel in Vereeniging kos so 'n rol R350
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Ekke ok 'n "cheapskate"

Post by Carl »

henning wrote:N Klein botteltjie carbon cleaner kos R 190 , nou hoe kom ons daar verby?
Groete
Henning
M98 is goedkoper.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Post Reply