Nadat ek so gesukkel het om die koper uit die een geweer se loop kry kom ek agter ek is deur omtrent 60 van die ronde lappies. Die goed doen dieselfde job as toiletpapier, maar kos heelwat meer. Ek het uitgewerk dit kos 48c per lappie. Ek het toe al die lappies gehou. Ek het nog 'n geweer wat ontkoper moet word. Ek dink die koper daarin is nog erger.
Vanaand gooi ek toe die vuil lappies in 'n kleinerige plastiek houer, daardie waarin seeppoeier kom, seeppoeier en warm water, skud dit goed en laat staan, later weer en nog 'n derde keer geskud. Toe gooi ek die water en seep af. Die water was goed blou van al die koper. Spoel dit toe so paar keer uit met skoon water en hulle is spierwit, wel, daar was 'n paar met swart merke op, dit was die wat veral koolstof uitgehaal het. Dit lê nou oop gesprei om droog te word.
Ek het eenkeer uit nood dit ook gedoen omdat ek nie lappies kon kry nie, die 2x4's, en dit het toe baie goed gewerk vir oor die naweek. Ek het dit droog gemaak in die tuimeldroeër omdat ek haastig was. Die hergebruikte lappies het die olies ens beter geabsorbeer.
Ek kry die idee ek kan van die lappies dalk tot 4 keer kan gebruik. Nou voel ek beter oor die koste.
My vrou vra my toe waarmee ek besig is. Toe ek verduidelik is sy ook tevrede, sy knor by tye oor die geweer goed wat ek koop, nou sien sy ek probeer spaar.

