Minimum Jump.

Post Reply
User avatar
Gerhards
Full Member
Full Member
Posts: 152
Joined: Wed May 16, 2012 12:34 pm

Minimum Jump.

Post by Gerhards »

Hello manne.
Wat sal julle se is die minimum jump wat ek gan gebruik op Rhino solid shank in 7x57 pasmaak geweer. Die vryboor van die loop is baie klein. Julle hulp sal so baie waardeer word.
Groete Gerhard.
User avatar
GERT vd M
Hero Member
Hero Member
Posts: 650
Joined: Sat Apr 09, 2011 3:12 pm

Re: Minimum Jump.

Post by GERT vd M »

Die solid shank is nie monolities nie, so ek dink daar is n minimum nie. Jy kan hom laai tot teen die lande, mits die druk dit toelaat. Luister maar wat die ander manne ook se. Seat hom daar waar die groepering reg is en daar waar magasyn dit toelaat
Groetnis
Gert
.338-06 improved (VERKOOP) 7x64 brenn./ 6mm Musgr. BSA P14(VERKOOP)/
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Minimum Jump.

Post by Carl »

Gerhard,
Hoekom tot teen die groewe? Dis nie benchrest tipe geweer en koeel kombinasie nie. As jy wil jag en redelike groepe skiet is dit nie nodig om in die groewe in te laai nie.Meet en gee dan so 1mm spelling vir veiligheid. Rhino is bekend vir so paar uitskieters.

Tien teen een gaan jy jou beste groep skiet so effe weg van die groewe.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Minimum Jump.

Post by tripodmvr »

Die Rhino is 'n koper koeël met lood voor in 'n holte. Die dravlak is dus in soliede koper net soos met die ou Barnes X. Ek sou 2mm wegbly van die lande.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Gerhards
Full Member
Full Member
Posts: 152
Joined: Wed May 16, 2012 12:34 pm

Re: Minimum Jump.

Post by Gerhards »

As ek dieper seat gaan dit nie n probleem raak as die koeel dieper in die dop in gaan nie. Ek het gedink om hom so .8mm-1mm van die lande af te seat. Hoor graag. Die koeel os nou so 4.5mm onder doe skouer.
Post Reply