Ons het laasweek naby Allday gaan jag. Dit was trekwild op ‘n 1400 hektaar plaas. Dit was maar harde werk en ek kon sleg een varkie op die voet skiet, die ander twee het ek voorgesit by water.
Die grootste vark vir die week is deur Leon geskiet, 93kg, karkas by die slaghuis geweeg 52kg. Hy was ook gelukkig om ‘n jong kudubul te skiet.
My W/S varkie het ek teen die lyndraad geskiet vroeg die oggend. Sy het so 40m voor my in die gras geloop toe ek haar sien. Ek het dadelik in die pad op my hurke gaan sit. Sy het so op 60m voor my in die pad gestap en vir ‘n oomblik stil gaan staan. Ek het haar QT op die blad geskiet, sy het net daar geval.
http://i464.photobucket.com/albums/rr5/henriedeg/DSCF4625_zps007dc125.jpg
Die ander twee varke was darm groter en ek het een laat middag net na 17:00 geskiet, en die ander een so by 10:00, ‘n ou eentand sog.
http://i464.photobucket.com/albums/rr5/henriedeg/DSCF4633_zps341a645f.jpg
http://i464.photobucket.com/albums/rr5/henriedeg/DSCF4651_zpsa32b8988.jpg
Ons het darm ‘n paar jakalse ook geskiet…
http://i464.photobucket.com/albums/rr5/henriedeg/IMG-20140428-WA000_zps85b91710.jpg
http://i464.photobucket.com/albums/rr5/henriedeg/S__BF00_zpsd99f9fa5.jpg
Alldays 2014
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
-
FCLoretz
- Hero Member

- Posts: 3043
- Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am
Re: Alldays 2014
Baie geluk met die Jag Henrie. Mooi gedoen
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
- Spanner
- Hero Member

- Posts: 1083
- Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm
Re: Alldays 2014
Henrie het jy met die gumboots bekruip ? Dit sal my voete doodmaak.
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
- henried
- Hero Member

- Posts: 2344
- Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm
Re: Alldays 2014
Ek sukkle erg met my voete, my een been is so 1cm korter as die ander een, so as ek nie ver stap nie loop ek met die gumboots, en ek was bang vir slange...Spanner wrote:Henrie het jy met die gumboots bekruip ? Dit sal my voete doodmaak.
My stap skoenne is blou en lemetjie groen, Adidas, hulle is opgebou vir my been, hulle lyk ook nie cool nie...
Ek moes die vark uit die moddel sleep so die gumboots het baie gehelp.
...maar van als wat ek al probeer het, maak hulle my die minste seer.
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Alldays 2014
Henrie,
Dit lyk of julle lekker tyd gehad het. Dis darem mooi wêreld daardie, dit voel nogsteeds dis die ware bosveld as daar mopani's op die plaas is, miskien is dit net ek. Jammer jy't nie 'n ou trek koedoe raak geloop nie.

Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
-
2vierniks
- Sr. Member

- Posts: 259
- Joined: Wed May 22, 2013 6:21 pm
Re: Alldays 2014
Ek is baie bly oor die jakkies! Geluk en mooi gegooi!
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5124
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Alldays 2014
Ai maar die jagstories kom nou mooi deur.
Geluk met die otte, altyd lekker om hulle te rol.
Geluk met die otte, altyd lekker om hulle te rol.
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
- henried
- Hero Member

- Posts: 2344
- Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm
Re: Alldays 2014
Ek het ook gehoop vir 'n Koedoe...Carl wrote:Henrie,
Dit lyk of julle lekker tyd gehad het. Dis darem mooi wêreld daardie, dit voel nogsteeds dis die ware bosveld as daar mopani's op die plaas is, miskien is dit net ek. Jammer jy't nie 'n ou trek koedoe raak geloop nie.
Die veld is baie mooi, maar erg ruig.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.