.22 hornet savage Raad asb.
- Jake1
- Hero Member

- Posts: 2358
- Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm
.22 hornet savage Raad asb.
Ek kan 'n .22 hornet savage koop by iemand, ek soek nou al lank een maar hulle is maar baie skaars. Onder is die fotos en foto met magasyn. Hy sê die loop lyk nog goed maar ek het hom nog nie gesien nie. Maar gaan wel later. Geweer het wel volgende probleme volgens hom.
1) Hy sê magasyn is stukkend, kan nie patrone laai nie. Sal mens dit iewers kan bestel?
2) Die doppies kom nie elke keer uit as hy slot ooptrek nie maar soms wel, hy sê hy dink die oorsaak kan wees dat die "kloue op die einde van die slot wat moet dop vashou(ejectors/extracters) vir uittreknie reg is nie"...........wat dit ookal beteken.
Nou my vraag.
1) Ken iemand die .22 hornet Savage, indien wel hoe vind julle hom
2) Hoeveel sal mens kan aanbied vir so 'n geweer? Hy wil he ek moet offer maak, wat sal 'n realistiese offer wees?
Groetnis
Jake1

Last edited by Jake1 on Wed May 07, 2014 9:27 pm, edited 3 times in total.
-
wrm
- Newbie

- Posts: 43
- Joined: Thu Apr 10, 2014 7:10 am
Re: .22 hornet savage Raan asb.
'n Winkel hier naby my het 'n 30-30 en 'n 223 (ek dink) Savage. Net soos daai een. Die een het nie 'n magasyn nie. Ek het rondgekyk en dit het my toe gelyk asof jy wel nou en dan 'n magasyn op die internet kan kry.
Ja, daai magasyn lyk effe mank.
Geen idee oor 'n prys nie.
Edit: dis 'n Model 340 lyk my. http://ataleoftwothirties.com/?p=978 Numrich het vir jou 'n magasyn. https://www.gunpartscorp.com/ad/158930.htm $32.75

Beyers
- Hero Member

- Posts: 1409
- Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm
Re: .22 hornet savage Raan asb.
Ek het een by die huis sal vanmiddag na slot gaan kyk.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: .22 hornet savage Raan asb.
Offer hom R1000. Ek dink met bietjie moeite behoort jy die voer en uittrek probleme te kan oplos.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Beyers
- Hero Member

- Posts: 1409
- Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm
-
Dwight375
- Sr. Member

- Posts: 465
- Joined: Thu Oct 10, 2013 2:33 pm
Re: .22 hornet savage Raan asb.
Ek het n ruk terug so hornet gekoop met 60 doppe, hornady dies en die geweertjie met basis en ringe vir R1500, hy sukkel wel met dieselfde probleem, die een kloutjie op die exctractor is al meer af gewerk as die ander, ek het met n geweersmit gepraat wat n vriend van my ken en hy het vir my gese dat dit wel reg gemaak kan word.
Joune is wel mooier as myne, my kolf het baie aandag nodig.
Hoop jy kry hom reg, groete.
Dwight
Joune is wel mooier as myne, my kolf het baie aandag nodig.
Hoop jy kry hom reg, groete.
Dwight
- Chevvy SS
- Hero Member

- Posts: 3137
- Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am
Re: .22 hornet savage Raan asb.
Dit lyk asof daai geweertjie al gewerk het?
-
Louis Oli5
- Newbie

- Posts: 12
- Joined: Sun Apr 06, 2014 8:08 pm
Re: .22 hornet savage Raan asb.
Dag ,Jake 1, my naam is Louis en het self so 22 hornet gerestoreer ,net n Slazenger. Soek ook n magesein nes joune. As daar dalk n exsta een uitdop Laat my asb weet. (082 77 05 759).En ja ,mens kry nog doppe en herlaai is moontlik , het nounet 50 vir die naweek gelaai.Dis n plesier om met die 22hornet gaanse te skiet , en op 200m doen hy nog die job. Sterke en gooie aand.
- Fishaman
- Jr. Member

- Posts: 96
- Joined: Thu Nov 07, 2013 4:28 pm
Re: .22 hornet savage Raan asb.
http://www.animatedimages.org/data/media/199/animated-fox-image-0059.gif
- Jake1
- Hero Member

- Posts: 2358
- Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm
Re: .22 hornet savage Raan asb.
Hy het nou darem tot n prys gekom, hy soek R1000 vir hom saam met sy herlaai dies, dankie vir almal se advies en raad, al wat nie vir my sin maak nie is dat gewone .22 gewere 2e hands aansienlik duurder is, ek sou dink die hornets moet duurder wees?.
Ander vraag, ek weet n gewone .22 se loop kan nie maklik uitgeskiet word nie, kan die hornet sin wel veral as die ou self patrone gelaai het?
groetnis
jake1
Ander vraag, ek weet n gewone .22 se loop kan nie maklik uitgeskiet word nie, kan die hornet sin wel veral as die ou self patrone gelaai het?
groetnis
jake1
-
wrm
- Newbie

- Posts: 43
- Joined: Thu Apr 10, 2014 7:10 am
Re: .22 hornet savage Raan asb.
22 Hornets is nie veel werd nie want vandag se wild is baie baie tawwer as vantevore.
In die ou dae het mense springbok gejag met die Hornet. Deesdae jaag die boer jou sommer weg as jy met 'n 223 daar opdaag. Soms selfs as jy 'n 243 het...
:-)
Meer ernstig. Ek dink nie mens kan 'n Hornet sommer uitskiet nie. Dis 'n ligte patroontjie, kyk na die grootte van die dop vergelyk met sê 'n 22250. Jy kan natuurlik die ding vuil in die kluis sit, so kyk maar mooi na die loop in elk geval.
Vir my is die enigste probleem met die Hornet hy soek 45 grein koeels en nie die makliker beskikbare 55 greiners nie. 'n 223 vat meer poeier maar is dalk goedkoper om te skiet. Alhoewel, jy kan lood skiet in die Hornet sê hulle my.
In die ou dae het mense springbok gejag met die Hornet. Deesdae jaag die boer jou sommer weg as jy met 'n 223 daar opdaag. Soms selfs as jy 'n 243 het...
:-)
Meer ernstig. Ek dink nie mens kan 'n Hornet sommer uitskiet nie. Dis 'n ligte patroontjie, kyk na die grootte van die dop vergelyk met sê 'n 22250. Jy kan natuurlik die ding vuil in die kluis sit, so kyk maar mooi na die loop in elk geval.
Vir my is die enigste probleem met die Hornet hy soek 45 grein koeels en nie die makliker beskikbare 55 greiners nie. 'n 223 vat meer poeier maar is dalk goedkoper om te skiet. Alhoewel, jy kan lood skiet in die Hornet sê hulle my.
- Jake1
- Hero Member

- Posts: 2358
- Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm
Re: .22 hornet savage Raan asb.
Dankie wrm, vir jou raad, ek het reeds n 223 en .22, is die 45gr punte baie duur? Weet jy min of meer hoeveel?
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: .22 hornet savage Raan asb.
Ek het 'n ruk terug 45gr PMP koeeltjies gekoop vir R160/100. Die Sierra 40gr Hornet koeeltjies werk ook baie lekker en is maklik beskikbaar en ek betaal hier so R245 vir 100. Dieselfde prys vir die Sierra 45gr ook. Ek het baie veskillende tipe koeels probeer en die Sierra en PMP werk vir my die beste!Jake1 wrote:Dankie wrm, vir jou raad, ek het reeds n 223 en .22, is die 45gr punte baie duur? Weet jy min of meer hoeveel?
Ook al baie rooibokke en blesbokke laat val met die Hornet, tot ek gelees het dat bokke nie meer doodgaan as hulle met 'n Hornet geskiet word nie.... Vandat bokke kan lees, vrek BWB ook nie meer van 'n 308 skoot nie, hulle val klaarblyklik nou net as hy met 'n 375 geskiet word! Gevaarlike besigheid, hierdie tipe artikels in tydskrifte, maak die bokke slim....
Aim small, miss small
- Jake1
- Hero Member

- Posts: 2358
- Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm
Re: .22 hornet savage Raan asb.
Dankie Eugene, en goeie opsomming/gevolgtrekking oor kalibers.............. 
-
wrm
- Newbie

- Posts: 43
- Joined: Thu Apr 10, 2014 7:10 am
Re: .22 hornet savage Raan asb.
Ja sorrie Jake1 ek het laaank terug 22 Hornet herlaai en toe kon ek 55 greiners kry vir ek weet nie tien of twintig sent en die 45 greiners was oor 'n rand. Maar dinge het verander. As PMP 45 greiners maak teen R160/100 moet ek dalk weer my broer se Hornet afstof.
-
Beyers
- Hero Member

- Posts: 1409
- Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm
Re: .22 hornet savage Raan asb.
http://i732.photobucket.com/albums/ww324/beyersgrt/2014/20140509_063334.jpg
http://i732.photobucket.com/albums/ww324/beyersgrt/2014/20140509_063308.jpg
http://i732.photobucket.com/albums/ww324/beyersgrt/2014/20140509_063308.jpg
-
Louis Oli5
- Newbie

- Posts: 12
- Joined: Sun Apr 06, 2014 8:08 pm
Re: .22 hornet savage Raan asb.
Dag Jake 1 Weer Louis hier ,45g s/b is vrylik hier by ons in die paarl te kry,as jy soek. Maar soos ek jou gese het ,ek laai self. S265 -10.4 g en 45g sierra soft point 1210 werk nog so ver die beste,2570fps. Lekker aand.
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: .22 hornet savage Raan asb.
Ek het onlangs bietjie gespeel met ladings en interessant, ek kry die beste groepe met 9.9gr S265 en PMP 45gr koeeltjie! Nie, 9.8 of 10.0gr nie, presies 9.9gr.....Louis Oli5 wrote:Dag Jake 1 Weer Louis hier ,45g s/b is vrylik hier by ons in die paarl te kry,as jy soek. Maar soos ek jou gese het ,ek laai self. S265 -10.4 g en 45g sierra soft point 1210 werk nog so ver die beste,2570fps. Lekker aand.
Aim small, miss small
- spekieries
- Hero Member

- Posts: 1239
- Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm
Re: .22 hornet savage Raan asb.
Eugene
Keurige beskrywing oor die .22 H en ander kalibers wat nie meer bokke dood nie.
My lading op die 45 Gr. is 10 Gr met S265. Ek gebruik ook "small pistol primers" Myne is die ou BSA Martini aksie(22-270 Morris Long - Rook rifle) wat 'n Hornet geword het.
Keurige beskrywing oor die .22 H en ander kalibers wat nie meer bokke dood nie.
My lading op die 45 Gr. is 10 Gr met S265. Ek gebruik ook "small pistol primers" Myne is die ou BSA Martini aksie(22-270 Morris Long - Rook rifle) wat 'n Hornet geword het.
-
Louis Oli5
- Newbie

- Posts: 12
- Joined: Sun Apr 06, 2014 8:08 pm
Re: .22 hornet savage Raad asb.
So lank dit wat voor hom staan val ! werk alles ouens.Lekker skiet die naweek.