Hand wapen vir selfverdediging

User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Hand wapen vir selfverdediging

Post by Hein M. »

Yalair,

'n .50 (?) Desert Eagle met 'n grenade launcer ;D

You can run, but...

Hein M.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Hand wapen vir selfverdediging

Post by Christo »

hein wrote: Yalair,

'n .50 (?) Desert Eagle met 'n grenade launcer ;D

You can run, but...

Hein M.
Stem saam met Hein, die gun kort nou net 'n laser en een van daai groen torchies dan jag hy ook Jakkies
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
iceman1982
Hero Member
Hero Member
Posts: 538
Joined: Wed May 19, 2010 6:07 pm

Re: Hand wapen vir selfverdediging

Post by iceman1982 »

Manne, wat dink julle van die S&W MP 9mm? Het enige iemand al ondervinding met hulle gehad?
Marius Goosen
Port Elizabeth , South Africa
bp@cybersmart.co.za
+27828205387
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7991
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Hand wapen vir selfverdediging

Post by Arnold »

Marius
Ek het onlangs vir my 'n M&P45 gekoop. Ek beplan om nog een in 9mm ook aan te skaf.

Ek wag nog vir die lisensie so kan nie praat oor hoe hy skiet nie maar dit wat ek lees is als goed. Ek het in die winkel bietjie met die M&P9 en 'n Glock 19 gespeel. Die M&P is baie gemakliker in die hand en "point" baie meer natuurlik as die Glock. Nog 'n bonus is dat nuut is die M&P goedkoper, tweede hands is hy egter nog nie eintlik beskikbaar nie omdat hy nog so relatief nuut is in SA.

Om te dra sal ek die M&P9 verkies, capacity over caliber, skiet hom tot hy l? ... 17+1 9mm rondtes is darem bietjie beter as 7/8+1 van die ou singlestack Colt 1911. Daar is baie om te s? oor die 9mm vs .40S&W vs .45ACP ... in die regte w?reld is daar egter min tussen die kalibers, gelaai met premium ammo, onthou dit is nie Hollywood nie {soos met jag is dit maar skoot plasing wat tel}. Dit is makliker om 'n 9mm vinnig en akkuraat te skiet as 'n 40 of 45
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: Hand wapen vir selfverdediging

Post by Yalair »

Ek dink hierdie ou het die regte gun  8)

http://www.youtube.com/watch?v=kYc5NXyI ... re=related
User avatar
iceman1982
Hero Member
Hero Member
Posts: 538
Joined: Wed May 19, 2010 6:07 pm

Re: Hand wapen vir selfverdediging

Post by iceman1982 »

Ek het vir myself die Smith & Wesson MP 9mm aangeskaf. Magnum het so rukkie terug n opskrif oor hom gehad. Toe ek hom in my hand vat , het hy net reg gevoel. Ek praat onder koreksie, maar dink hy vat 16 of 17 in die mag. As jy hom nie teen dan om gooi nie.... ??? ??? ???
Marius Goosen
Port Elizabeth , South Africa
bp@cybersmart.co.za
+27828205387
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7991
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Hand wapen vir selfverdediging

Post by Arnold »

Ek het nou al seker so 1000 rondtes met my M&P45 geskiet en hou regtig baie van daai gun. Nou moet ek spaar om vir 'n 9mm ook te betaal :)

Die engelse ouens s? mos: one is none and two is one ...
ArnoG26

Re: Hand wapen vir selfverdediging

Post by ArnoG26 »

Die belangrikste vir my in die kaliber en tipe ronde is penetrasie. 'n Punt moet 12 duim of meer penetreer in balistiese gel volgens die FBI toetse. Die vuurwapen self moet betroubaar wees en ek hou van iets wat ordentlik kan "coneal".Die 26 gaan elke dag by my wees. My keuse is 'n Glock 26 vir SD en 'n Glock 17 vir sport skiet. Altwee gebruik dieselfde platform en ek kan met die 26 die 17 se magesyne gebruik. As ek ook later wil herlaai toerusting aanskaf dan koop ek net 1 keer. So finansieel maak dit sin. Ek wag nog vir my lisensies maar hier is pics van my twee babas. En 'n foto van my Colt Gov Model .45 wat my speelding gaan word.

Image

Image
User avatar
Robert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 425
Joined: Sun Oct 25, 2009 12:42 pm

Re: Hand wapen vir selfverdediging

Post by Robert »

My CZ75 (9mm) loop al so 20jaar  saam met my en lyk of hy 'n satyn afwerking het maar dit is net waar die gunblue al afgedra is.

Laai die ou met 133gr flat nose conals met 4gr MP200 op sy gat en ek lek die ou se agterkant wat agter 'n hout deur staan en wegkruip.

Hy dra gemaklik en rem jou nie in die grond in nie. Sorg net vir 'n goeie leer holster wat styf teen die lyf sit.

Robert
Oorwining deur opleiding
jmb

Re: Hand wapen vir selfverdediging

Post by jmb »

Die M&P voel baie lekker in jou hand. Dit het dieselfde greep hoek as die 1911. Die Glock pistole is ongelooflik betroubaar en hul naverkoop diens in RSA is die beste van enige maar ek hou nie van die greep nie. Ek moet my pols vooroor knak om die fisier reg te kry. Ek gebruik tans 'n Browning HP vir selfverdediging en IDPA. Ek het groter "sights" laat aanbring en 'n Hogue rubber greep. Die HP voel lekker in my hand en ek is akkuraat met hom. Dit is egter bietjie groot en swaar vir elke dag dra. Ek het vir my 'n H&K P7 gekoop wat ek vir SD gaan gebruik sodra my lisensie uitgeryk word. Hy is kompak maar het min mag kapasiteit. Die ander rede hoekom ek hom gekoop het was oor die unieke aksie en gemak van gebruik. Die P7 gebruik in gas suier soos 'n FN. Dit gee lae terugskop en 'n baie akkurate wapen. Hy het ook 'n "gripcocker". Die wapen haal oor as jy jou hand op die greep toemaak. Dan kan jy onmiddelik skiet. Die oomblik as jy die greep los is hy veilig.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7991
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Hand wapen vir selfverdediging

Post by Arnold »

Die naverkoop diens wat ek van die S&W agent {MRS Technologies} ondervind het was baie goed. Nie dat ek al enige iets nodig gehad het nie maar ek het 'n paar ekstra magesyne en ander goedjies by hom gekry.
jmb

Re: Hand wapen vir selfverdediging

Post by jmb »

Arnold ek stem saam Roger hulle se diens is puik. Ek het 'n STI 45 by hulle bestel. Ek is ook glad nie 'n Glock fan nie as ek 'n plastiek pistool wou he sou ek 'n M&P koop sonder twyfel. Die feit is maar net dat Glock meer direkte steun het aangesien Bernhard Tech agente vir Glock is.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7991
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Hand wapen vir selfverdediging

Post by Arnold »

Ek sal nou regtig 'n STI geniet vir IPSC, ek sukkel 'n bietjie om by te hou met die M&P45 wat glad nie bedoel is vir die sport nie  >:(
jmb

Re: Hand wapen vir selfverdediging

Post by jmb »

Ja ek skiet IDPA en die ou High Power se sneller is maar nie die lekkerste nie. Ek wou eers 'n Wilson Elite CQB bestel het. Toe gee Roger my die raad om eerder 'n STI te kry. Ek het die USPSA ltd bestel. Dit is 'n single stack. Vir gebruik as CDP gun. Kan nie wag om my hande op hom te kry nie. Het met 'n ander ou se CQB geskiet en glo my dit was ongelooflik.
boeta
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Sun Apr 19, 2009 12:01 pm

Re: Hand wapen vir selfverdediging

Post by boeta »

More manne

Die Glocks trek nogal baie my aandag,lyk na n lieflike handwapen,miskien nog eendag.

Ek het n Vector SP 1 sport 9mm,lieflike wapen skiet leker.Maar die ding is te groot om saam te dra en daai musselbraker maak jou ore klaar,kan hom gladnie sonder ear plugs skiet nie.My ou betroubaar is n 9mm Parrabelem,hy werk leker.

Boeta
An armed man is a citizen
An unarmed man is a subject
A disarmed man is a slave
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Hand wapen vir selfverdediging

Post by Christo »

Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Hand wapen vir selfverdediging

Post by Christo »

Christo wrote: Gaan kyk hier, my favourite SD

http://www.50calibergun.com/item/6586_M ... _44_5.aspx
o ,ja

of enigeen van sy boeties
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
jmb

Re: Hand wapen vir selfverdediging

Post by jmb »

Christo en as jou ammo op is slaan jy sommer die ou met hom vrek.
jmb

Re: Hand wapen vir selfverdediging

Post by jmb »

Majuba die 40 M&P is 'n wenner. Als aan daai pistool is reg. Koop nou die ding asseblief! Ek sou ook een gekoop het maar ongelukkig is ek allergies vir plastiek in 'n handwapen. ;D Ek het sopas vir my 'n Colt Delta Elite gekoop. Ek weet dit is nie die mees betroubare 10mm op die mark nie,maar die ding is vir my net te mooi en dit voel perfek in my hand. Hulle is so skaars dat ek myself nie kon help toe ek een sien nie. Ek hou van effens anderse goed. Dis hoekom ek ook die P7 gekoop het. Die ding het my gefassineer en toe ek een kon kry toe koop ek hom. Ek kan ook nie wag dat my STI USPSA single stack uit die VSA moet arriveer nie. Ek beskou dit as een van die beste "custom" 1911 's wat daar is. Ek wou eers 'n Wilson Elite CQB gekoop het maar het daarteen besluit aangesien MRS T backup verskaf vir die STI maar as ek probleme optel met die Wilson sal dit moet teruggaan VSA toe.
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Hand wapen vir selfverdediging

Post by Hein M. »

Majuba,

Het jy al K-Mag probeer?
http://www.k-mag.co.za/

Groetnis!

Hein M.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
PITSMIT
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am

Re: Hand wapen vir selfverdediging

Post by PITSMIT »

prober n CZ 75/85 9mm  jy het 15+1 en  hulle stoor glad nie en is nie swaar om te dra nie.  dis die ak-47 van pistole.  ek het een en kry hom nie dat hy stoor nie. selfs as ek ses magasyne na mekaar leeg gemaak het stoor hy nog nie

lekker aand

pitsmit
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "

.270Win  Brno de Lux  Mod ZKK600
.308Win  Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag  6" barrel
Post Reply