Ek het nou so bietjie rondgespeel met Strelok en wil graag by julle weet of jy die spoedverlies moet in ag neem as dit kom by Quickload se "Barrel Time". Volgens my word die spoed as muzzle velocity gebruik as die koël die loop verlaat om jou node te bepaal en jy het 'n verlies in spoed selfs in daai 5m tot by die Chronograph. So neem julle daai verlies in ag en pas die lading aan om daai paar fps stadiger te skiet by die Chrono om by die beste node spoed uit te kom wat dan by die loop is?
Hier is 'n voorbeeld.
243 Win
95 gr Hornady SST
54gr H20 ( Lapua)
40.3 gr S365 Lot 074 my BA 0.458
609mm Loop lengte
Node : 1.227
TPL: 66.5mm
Spoed: 2989fps gemeet 5m vanaf muzzle
Spoed by muzzle volgens Strelok is ek op 3030 fps my die muzzle.
Moet jy dan jou lading aan pas om die spoed by die loop te gebruik of 5m vanaf die loop want die maak nogal 'n verskil, of proebeer ek te presies wees?
Ek luister by die Radio.
Waar om spoed te meet vir Quickload?
- Rudie
- Hero Member

- Posts: 971
- Joined: Thu Dec 26, 2013 12:06 pm
- Smitstertjies
- Hero Member

- Posts: 1988
- Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Re: Waar om spoed te meet vir Quickload?
Hi Rudie
Wat ek doen is om 15fps by te tel by my chrony spoed om die geskatte muzzle spoed te kry. Dit is seker nie wetenskaplik nie , maar ek glo wel akkuraat genoeg vir my gebruiksdoeleindes.
Ek gebruik dan die aangepaste spoed om QL te kalibreer.

416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: Waar om spoed te meet vir Quickload?
Onthou QL werk ook relatief. so as jy jou spoed verlies in ag wil neem gaan dit ook 'n teorie wees.
as jou QL 'n node gee op bv 2890 fps en jou chrony lees 2870, pas jy jou kruit aan om jy "muzzel speed" alhoewel dit op 5m gemeet word en dus jou voorspelde 2890 se node afbring tot op 2870.
onthou Strelok is ook net 'n benaderde metode.
so ek glo nie dit sal te 'n groot invloed he nie.
As jy so erg wetenskaplike proses wil volg sal jy 'n chronograph moet kry wat by die muzzle meet soos magnetospeed.
Dis hoe ek die storie vir myself laat sinmaak het. As iemand verskil help my reg asb.
as jou QL 'n node gee op bv 2890 fps en jou chrony lees 2870, pas jy jou kruit aan om jy "muzzel speed" alhoewel dit op 5m gemeet word en dus jou voorspelde 2890 se node afbring tot op 2870.
onthou Strelok is ook net 'n benaderde metode.
so ek glo nie dit sal te 'n groot invloed he nie.
As jy so erg wetenskaplike proses wil volg sal jy 'n chronograph moet kry wat by die muzzle meet soos magnetospeed.
Dis hoe ek die storie vir myself laat sinmaak het. As iemand verskil help my reg asb.
- Smitstertjies
- Hero Member

- Posts: 1988
- Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Re: Waar om spoed te meet vir Quickload?
Ek dink dit sal goed wees as oom Tripod of Marius of een van die ander slim manne dalk hier kan help.
Ek het dit so:
Ek bereken en laai n teoretiese lading op QL volgens n node op die OBT spreadsheet.
Ek skiet dan die lading deur my chrony (wat 5 meter weg is vanaf die muzzle). Ek sit dan 15 fps by my gemeete lading om my geskatte muzzle spoed te kry. Die 15fps is maar wat ek gebruik na ek verskeie gesprekke met ander herlaaiers gehad het. Die meeste ouens voel dit is n redelike aanpassing vir meeste kalibers om muzzle spoed te kry. (Jy kan dalk 1 tot 5 fps uit wees).
Daarna gaan ek terug na QL toe en kalibreer hom as volg:
Ek hou alle gegewens op die lading dieselfde , maar verander aan die dryfmiddel se ratio of specific heats in die QL file sodat die lading dan die werklike spoed wat ek gemeet het(natuurlik met 15fps aangepas) by die muzzle kan weergee in QL. Hierdie lading behoort ook nie heeltemal op die node meer te wees nie.
Nou verander ek die grein dryfmiddel wat ek gaan laai in QL om my weer terug te bring op die node.
Dit behoort dan my regte lading te wees wat werk.
Ek het dit so:
Ek bereken en laai n teoretiese lading op QL volgens n node op die OBT spreadsheet.
Ek skiet dan die lading deur my chrony (wat 5 meter weg is vanaf die muzzle). Ek sit dan 15 fps by my gemeete lading om my geskatte muzzle spoed te kry. Die 15fps is maar wat ek gebruik na ek verskeie gesprekke met ander herlaaiers gehad het. Die meeste ouens voel dit is n redelike aanpassing vir meeste kalibers om muzzle spoed te kry. (Jy kan dalk 1 tot 5 fps uit wees).
Daarna gaan ek terug na QL toe en kalibreer hom as volg:
Ek hou alle gegewens op die lading dieselfde , maar verander aan die dryfmiddel se ratio of specific heats in die QL file sodat die lading dan die werklike spoed wat ek gemeet het(natuurlik met 15fps aangepas) by die muzzle kan weergee in QL. Hierdie lading behoort ook nie heeltemal op die node meer te wees nie.
Nou verander ek die grein dryfmiddel wat ek gaan laai in QL om my weer terug te bring op die node.
Dit behoort dan my regte lading te wees wat werk.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Waar om spoed te meet vir Quickload?
Smit, ek sien jy vroetel ook aan Ratio of Spec Heats en nie BRF wat die regte manier is nie.
Voorts wil ek saam met jou berekeningsmetode stem, synde dit dan die akkuraatste BRF waarde sal gee. Onthou net dat die berekende spoed dan weer met 15vps verminder moet word om jou chronyspoed te kry. Die node lewer gewoonlik 'n strek van so 50vps waarin jou akkuraatheid verkry word. Indien jy dus nie die 15vps verskil gebruik het nie sal jy tog hopelik binne die 50vps strek inval.

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Smitstertjies
- Hero Member

- Posts: 1988
- Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Re: Waar om spoed te meet vir Quickload?
Oops!tripodmvr wrote:Smit, ek sien jy vroetel ook aan Ratio of Spec Heats en nie BRF wat die regte manier is nie.
Voorts wil ek saam met jou berekeningsmetode stem, synde dit dan die akkuraatste BRF waarde sal gee. Onthou net dat die berekende spoed dan weer met 15vps verminder moet word om jou chronyspoed te kry. Die node lewer gewoonlik 'n strek van so 50vps waarin jou akkuraatheid verkry word. Indien jy dus nie die 15vps verskil gebruik het nie sal jy tog hopelik binne die 50vps strek inval.
Ek het dit geleer op Ludwig se oorspronklike post lank terug. http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=132&t=8109
Miskien het ek dit verkeerd verstaan.
So leer ons elke dag. Sal onthou om BRF te verander en nie ratio of specific heats nie.
Dankie oom
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
- Rudie
- Hero Member

- Posts: 971
- Joined: Thu Dec 26, 2013 12:06 pm
Re: Waar om spoed te meet vir Quickload?
Baie dankie vir die raad. Ek sal dan my ladings aan pas om die spoed verlies in ag te neem.