.250 Savage met 100gr Sierra SP

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1591
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

.250 Savage met 100gr Sierra SP

Post by Danie01 »

Het enige iemand dalk vir my n begin lading en maks spoed om na te werk met hierdie kaliber? Daar is geen data in die somchem boekie nie.

Ek kan QL gebruik maar wil eerder binne veilige specs bly aangesien ek die inligting vir n ander persoon gaan gee om te herlaai.

Watter kruit en tot watter maks spoed met watter ladings asb?

Groete
Danie
obasch
Hero Member
Hero Member
Posts: 723
Joined: Mon Feb 20, 2012 6:20 am

Re: .250 Savage met 100gr Sierra SP

Post by obasch »

Danie,
Stuur vir my 'n PM met jou e-pos adres, ek het 'n Sabi in 250Savage en alhoewel ek nog besig is met ladingontwikkeling, kan vir jou data stuur van wat ek al geskiet het.
Groete
Oscar
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: .250 Savage met 100gr Sierra SP

Post by tripodmvr »

Ek kan met QL probeer help, maar dan moet ek idee hê van koeëlgewig en soort wat gebruik gaan word.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1591
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: .250 Savage met 100gr Sierra SP

Post by Danie01 »

obasch wrote:Danie,
Stuur vir my 'n PM met jou e-pos adres, ek het 'n Sabi in 250Savage en alhoewel ek nog besig is met ladingontwikkeling, kan vir jou data stuur van wat ek al geskiet het.
Groete
Oscar

Dankie Oscar ek maak so!!
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1591
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: .250 Savage met 100gr Sierra SP

Post by Danie01 »

tripodmvr wrote:Ek kan met QL probeer help, maar dan moet ek idee hê van koeëlgewig en soort wat gebruik gaan word.

Dankie oom Tripod, soos topic se dis 100gr Sierra SP. Looplengte is 22 duim, Dop kapasiteit is 47gr, maar ons moet maar eerder werk op die 45gr vir eers. Nie seker watter kruit om te gebruik nie.

Groete
Danie
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: .250 Savage met 100gr Sierra SP

Post by tripodmvr »

Ek dink S355 is 'n goeie roep. Bykans 100% dopvulling by maks druk. Begin met 33gr en wees versigtig as spoed meer as 2850vps word.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
musgrave270
Hero Member
Hero Member
Posts: 919
Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am

Re: .250 Savage met 100gr Sierra SP

Post by musgrave270 »

Danie

Is die .250 'n nuwe projek van jou?
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1591
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: .250 Savage met 100gr Sierra SP

Post by Danie01 »

musgrave270 wrote:Danie

Is die .250 'n nuwe projek van jou?

Nee dis vir n vriend van my se skoonpa, wil hom graag help maar daar is geen data in Somchem nie.
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1591
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: .250 Savage met 100gr Sierra SP

Post by Danie01 »

tripodmvr wrote:Ek dink S355 is 'n goeie roep. Bykans 100% dopvulling by maks druk. Begin met 33gr en wees versigtig as spoed meer as 2850vps word.

Dankie oom Marius, ek sal hierdie volg en daarvandaan weer verder kalibreer met QL vir n node as ons spoed ens gemeet het.

Groete
Danie
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: .250 Savage met 100gr Sierra SP

Post by James Wilson »

Maruis/Danie, maak net seker watter 250 Savage is dit. as dit die lever action is(wat dit gewoonlik is), dan is laer drukvlakke van toepassing. ek laai vir my skoonpa se Leaver 99 Action. ek het destyds die ladings gedoen voor ek van QL geweet het. ek dink QL maak voorsiening vie beide aksies se toelaatbare drukvlakke
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1591
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: .250 Savage met 100gr Sierra SP

Post by Danie01 »

Dankie James, dis die lever action, sal seker maak van drukvlakke!!
PaulG
Newbie
Newbie
Posts: 1
Joined: Mon Jun 02, 2014 8:07 pm

Re: .250 Savage met 100gr Sierra SP

Post by PaulG »

Ek herlaai gereeld vir my pasmaak 250 Savage - 'n Truvelo loop op BRNO aksie. Ek het aanvanklik S365 gebruik maar druk is te hoog selfs teen wat na lae ladings lyk. Toe goeie raad gekry om S361 te gebruik. Werk uitstekend. Met 100gr Hornady punte was die aanbevole lading 40-42gr. Ek het begin met 40 en daar gebly - goeie akkuraatheid en blesbokke val soos hulle moet. In 'n hefboom aksie sal die lading weliswaar laat sak moet word, ek weet nie hoeveel nie. Maar die punt wat ek eintlik wil maak is hoe groot die verbetering v S365 na 361 was.
Post Reply