6.5x57
- Rommel
- Sr. Member

- Posts: 251
- Joined: Wed Nov 27, 2013 5:15 pm
6.5x57
Naandsê!
Ek wil graag by die wat die kaliber het hoor hul ervaring en persoonlike opinies van die outjie, waarvoor hul hul gewere meestal gebruik en dalk so bietjie herlaai agtergrond.
Vroulief wil graag n roer aanskaf en ek het gedink of die 6.5 of 243. Ek hou eenmaal van die ouer en skaars kalibers so die dat ek gedink het aan die 6.5x57.
Laat ek hoor wat dink julle.
Groete

- Jacquesb
- Hero Member

- Posts: 1241
- Joined: Sat Mar 17, 2012 11:24 am
Re: 6.5x57
Rommel
Ekt baie opgelees voor ek gekoop het. Ballisties is hy dieselfde as die 6.5x55. Ons geniet hom. Ongelukkig nog nie bloed getrek nie.
Bel my gerus as jy saam met my wil skietbaan toe gaan.
Groete
Jacques

30-06 Spr K98 Mauser, 6.5x57 M1904 Mauser, Krupp Essen .22 Hornet, 9mmP Heckler & Koch USP Compact, .177 Hatsan Torpedo 1250 f/s, .177 Gamo Whisper 1000 f/s.
- Frikkie Coetzee
- Hero Member

- Posts: 2151
- Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm
Re: 6.5x57
Ek bet een. Skiet die 129 gr Hornady interlock teen 2930 fps. Dodelik en akkuraat.
Jy sal noit weer ander kaliber wil
He nie.
Jy sal noit weer ander kaliber wil
He nie.
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: 6.5x57
Ek het 'n vriend van my gehelp herlaai my sy 6.5x57. Doppe is bitter skaars, en ons moes op die ou einde 7x57 doppe gebruik het wat ons met 'n baie spesifieke resep gevuurvorm het. Wat die kaliber aanbetref, dink ek jy sal enige iets tot selfs eland met hom kan platskiet, en sy langbene is ook indrukwekkend. Die kaliber het my baie beïndruk.
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
- Rommel
- Sr. Member

- Posts: 251
- Joined: Wed Nov 27, 2013 5:15 pm
Re: 6.5x57
Klink sover goed, waarvoor ek gehoop het om eerlik te wees. Wat is die swaarste gewig koeël wat suksesvol werk in die 6.5?
Sien hoe word dit myne in pleks van die nooi sn!
Sien hoe word dit myne in pleks van die nooi sn!
- Rommel
- Sr. Member

- Posts: 251
- Joined: Wed Nov 27, 2013 5:15 pm
Re: 6.5x57
Jaques, dankie vir die offer, ongelukkig kom ek maar baie min in daai kant van ons land.
Het al redelik na geslaan rondom die kaliber, maar dit bly beter om te hoor by onse mense.
Het al redelik na geslaan rondom die kaliber, maar dit bly beter om te hoor by onse mense.
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: 6.5x57
Gaan lees bietjie hierdie artikel. http://www.ballisticstudies.com/Knowled ... .5x57.htmlRommel wrote:Klink sover goed, waarvoor ek gehoop het om eerlik te wees. Wat is die swaarste gewig koeël wat suksesvol werk in die 6.5?
Sien hoe word dit myne in pleks van die nooi sn!
Gewig tot 140gr, met 'n baie hoë BC vir regtig ver skiet. As jou sou wou, kan die kaliber BAIE suksesvol ge-Ackley word, wat hom nog meer potent maak.
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
- Frikkie Coetzee
- Hero Member

- Posts: 2151
- Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm
Re: 6.5x57
Om jou so te antwoord.
Met die 120gr teen 3000fps punte skiet mens lekker springbok.
Die 130gr teen 2910fps werk baie mooi vir meeste doele asook die 140gr op langafstande. Kan so 2750 fps kry uit my loop met die 140gr sonder veel druk.
Ek skiet nie in bos nie, maar ek glo die 160gr sal mooi werk vir die digte bosse. Ek sien die spoed met die RWS se 159 is 2600fps uit n 24 duim loop. Dit het my verbaas. EK get gedink hy gaan stadiger wees.
Met die 120gr teen 3000fps punte skiet mens lekker springbok.
Die 130gr teen 2910fps werk baie mooi vir meeste doele asook die 140gr op langafstande. Kan so 2750 fps kry uit my loop met die 140gr sonder veel druk.
Ek skiet nie in bos nie, maar ek glo die 160gr sal mooi werk vir die digte bosse. Ek sien die spoed met die RWS se 159 is 2600fps uit n 24 duim loop. Dit het my verbaas. EK get gedink hy gaan stadiger wees.
- Rommel
- Sr. Member

- Posts: 251
- Joined: Wed Nov 27, 2013 5:15 pm
Re: 6.5x57
Jean, dankie, interesante stukkie lees daai!
Gromit, 140gr @ 2600 of selfs 2500fps sal goeie medisyne wees vir meeste van ons jagbare spesies. Dink as ons daai roete stap sal ek maar kyk vir n 22" loop vir die madam, sal n beter gebalanseerde roer maak en sal lekker hanteer in ruigtes en is meer as genoeg vir normale jag aftande tot en met 250m.
Dink n netjiese fullstock met ingelse lyne sal goed lyk in haar hande!?

- tau
- Hero Member

- Posts: 3946
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: 6.5x57
Ek wou bitter graag 'n 6.5x55 roer aanskaf. Ek wou ook 'n fullstock iewers in my versamelinkie aanskaf en Laaste eendag as ek groot is 'n Steyr Mannlicher. So stap ek by 'n vriend in wat wapens handel en versamel en sien my droom roertjie. Alles in in:
Steyr Mannlicher Delux Fullstock 6.5x57 Mauser
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/65roer_zpsbe483ce3.jpg
Dit was nou nie die 6.5x55 nie, maar ek gegruip na die "voorkoms" van die geweer. Ek is dadelik gewaarsku dat ek nie great groepe vanf die fullstock moet verwag nie, aangesien hulle maar bekend is vir onakkuraatheid agv. drukpente ens. EK het gesukkel om doppe te kry, maar Gromit het my gehelp.
Ek herlaai sommer cheapie Sierra Pro hunter 120gr koeels teen net onder 3000fps. Die lading ontwikkeling was lekker en die groepe het nie dadelik gekom nie, maar soos ek deur die stappe gegaan het het alles gekrimp tot by die groep en my heidige lading en TPL.
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/654_zpsd86ce44a.jpg
Ek het Saterdag my eerste bok met hom geskiet, 'n Springbok op 260m nek skoot en die bok het net daar geval(enige kaliber sou seker werk). Die kaliber is nie bang vir skote tot en by die 300m merk nie en ek skiet sommer lekker gongs tussen 150-300m as ek oefen sonder om te veel rond te mik. Ek stel my roer so 2 duim hoog op 100m dan is ek redelik veilig tot en met 300m en hoef ek nie vreeslik by te mik nie.
Soos jy meld mens moet soms 'n vreemder kaliber in jou kluis he vir die interesantheid, maar ek dink die 6.5x55 en .260 Rem komponente sal makliker verkruigbaar wees en dan het jy dieselfde verrigting.
Voorspoed en waarskuwing die 6.5 kaliber is lekker skiet kalibers. Minder recoil as die 7mm en .30's en minder windsku as die .243.
Ons het amper so vergeet van hulle my oorlede skoonpa en sy pa se ou jagwapen's voor hy 'n .270 en 30-06 gekoop het was 'n 6.5 x58 en blykbaar was die hele Suide van Namibie vrot van die wapen op 'n tyd.

Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- Rommel
- Sr. Member

- Posts: 251
- Joined: Wed Nov 27, 2013 5:15 pm
Re: 6.5x57
Tau, netjiese groepering daai! Meer as voldoende vir gewone jag.
Ek voel vinnig aangetrokke tot die vreemde/ou kalibers. Sien my vrou gaan haar roer reg he voor ek my volgende ene aan die gang het-333jeffery, het ene gehad maar het hom afgestaan aan n goeie vriend, leier en mentor, my pa. Maar voor die son sak sal ek en die ouman dubbel spore stap en stry oor wie se doppe is wie sn!
Ek voel vinnig aangetrokke tot die vreemde/ou kalibers. Sien my vrou gaan haar roer reg he voor ek my volgende ene aan die gang het-333jeffery, het ene gehad maar het hom afgestaan aan n goeie vriend, leier en mentor, my pa. Maar voor die son sak sal ek en die ouman dubbel spore stap en stry oor wie se doppe is wie sn!
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: 6.5x57
Rommel, in daai stuk wat jy opgelees het, het hulle die resep om 7x57 doppe na 6.5x55 doppe te vuurvorm. Glo my, jy gaan sukkel om doppe in die hande te kry. Camdix het Norma doppe vir die 7x57 wat ons met daai reseppie gedokter het. Hulle loop soos stroop, en vuurvorm perfek.
Onthou dit vir die dag as jy wel begin doppe soek.
Groete, en geniet 'n werklik lekker kaliber.