Springbokke

Post Reply
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3946
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Springbokke

Post by tau »

Ek het die naweek bietjie sprinbokke gaan jag in die Karoo. Alles vanaf die voet en van die skote bietjie verder as wat ek sou wou, maar dit was steeds lekker. . Ek het 1 bok met my 6.5x57 geskiet, 5 met die .222 en 1 met my 7mm. Baie lekker gewees.

http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/dd7_zps49814fe5.jpg
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/dd5_zpse2fa15e4.jpg
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/dd2_zps470bb354.jpg
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/dd6_zps9b8d20cd.jpg
Last edited by tau on Tue Apr 15, 2014 8:01 am, edited 1 time in total.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Springbokke

Post by DawieKotze »

Sommer 'n paar mooi ramme daar Tau!!

Waar in die Karoo kry jy hulle?
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Springbokke

Post by Carl »

Mooi bokke baie mooi
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Swys14
Hero Member
Hero Member
Posts: 1045
Joined: Fri May 27, 2011 5:26 pm

Re: Springbokke

Post by Swys14 »

ai dit lyk darrem lekker
Jaco B
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 357
Joined: Tue Aug 21, 2012 9:51 am

Re: Springbokke

Post by Jaco B »

Baie geluk.
Mooi ramme.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3946
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Springbokke

Post by tau »

Dankie manne. Die .222 met 40gr V-maxe maak een klein ingangs wond en dan bly hy binne die kop. Jy kom by die bpokke dan lyk dit hy het homself dood geskrik. Ek moet se met die Silent hunter buddy wat lig genoeg is vir stapjag is die geweertjie steeds stil genoeg om die bokke nie weg te jaag nie. Die Windstil oggend het my ook kans gegee om die .222 te geniet.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
LoveHenties
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 413
Joined: Thu Jul 23, 2009 1:08 pm

Re: Springbokke

Post by LoveHenties »

Op watter afstand skiet jy daardie .222?
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3946
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Springbokke

Post by tau »

LoveHenties wrote:Op watter afstand skiet jy daardie .222?
Soos gemeld is dit my eerste jag met hom so ek is maar skrikerig vir anderkant 200m wat maar in die Karoo die average skoot is. EK het wel een 300m + skoot geskiet, maar moet bieg die eerste skoot was onder deur en ek sal dit nie weer doen nie. Dit was my 5 de bok en toe is my confidence te hoog en ek het die bok bietjie laag in die nek geskiet en dit kon maklik 'n kwes bok gewees het.

Ek voel hier by 200m raak die .222 vir my op sy einde.
Die Wind was wel HELEMAL weg so windskuif was nie 'n probleem nie, maar hoogte. EK het darem redelik gereeld gonge tot en met 300m met hom geskiet die laaste tyd vanaf my Bi-pod in le posisie. EK het ook so gejag Saterdag.

Om met die .222 te jag verander weer die jag aangesien jy nader moet kom as met die groter roere en dus maak dit die bekruip meer belangrik wat as 'n weekender en nie professionele oes jagter meer belangrik is. Die recoil en klank is natuurlik vrek lekker. Jy sien al die bokke in die scope as hulle val soos die skoot klap. Ek het met my 7mm 'n bok op 365m geskiet en dit was amper te maklik na die .222 jag die oggend. Moet darem by se alles is kop en nek skote so dit maak dit interesant as jy vir 15 min leopard crawl en klouter en dan moet jy kan asem haling stil kry en konsentreer op die skoot. Ek haal my hoed af vir die oes manne wat 50+ bokke per dag so kan skiet.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Brock
Newbie
Newbie
Posts: 26
Joined: Sat Nov 24, 2012 7:21 pm

Re: Springbokke

Post by Brock »

Middag Tau

Wil hoor wat se ammunisie jy met 7mm gebruik en was da vleis skade?

Brock
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3946
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Springbokke

Post by tau »

Brock my 7mm was my eerste roer so ek het so paar ladings vir hom. Ek gebruik graag 150gr Nosler Ballistic tip HUNTING met die roer. Hulle skiet lekker "plat" en vir kop en nekskote lit hulle die bok selfs met 'n bietjie swakker skoot hard neer. As dit moet het ek al skote so 4 duim agter die blad geskiet en dan is daar net twee gaaitjies in die ribbes en die bok val hard. Ek het al baie Gemsbokke met dieselfde lading geskiet en hulle werk bitter mooi. Ook 3 Elande, Blouwildebees, Swart Wildebees en so paar Koedoe's. Al wanneer die rondte nie goed werk nie is as jy swaar bene slaan. Die dier vrek, maar die scrapnel wat dan wegbreek vanaf die koeel maak baie skade op ander plekke. EK het die koeel bitter baie geniet op 'n jag in die Namib waar ek my skoonpa met jagters moes help. Hulle het so paar bokke sleg geskiet en dan kon ek die koeels toets op kwesbokke. Dit is wanneer jy besef hoeveel energie hulle in die bok insit.
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/dd2_zps470bb354.jpg
Hierdie bok is op 365m met die 150gr Ballistic tip in die nek geskiet jy kan die bloed spatter op die bok sien met minimale skade aan die nek.....

Ek onthou as kind het my pa met sy 7mm RM altyd die bokke se koppe in die helfde geskiet met ou tipe loodkern koeels die Ballistic tip hunting maak nie so erg soos die ou tipe koeels nie.

Ek skiet ook Barnes 150gr TTSX vir die bos en Hornady Interlock 175gr's en dan vir papier Sierra Matchking 168gr.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Brock
Newbie
Newbie
Posts: 26
Joined: Sat Nov 24, 2012 7:21 pm

Re: Springbokke

Post by Brock »

Baie dankie gan die jaar ook vir eerste keer springbokke skiet en het 7mm so wil net seker maak. Wat skiet jy in bos 150gr en 175gr en watter werk beter?
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3946
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Springbokke

Post by tau »

Brock wrote:Baie dankie gan die jaar ook vir eerste keer springbokke skiet en het 7mm so wil net seker maak. Wat skiet jy in bos 150gr en 175gr en watter werk beter?
Ek gebruik Barnes TTSX 150gr in die Bos hulle werk bitter goed. Ek gebruik nie meer die 175gr nie aangesien die Nosler Ballistic tips 150gr en die TTsx 150gr amper saam skiet en dus is ek gewoond aan dieselfde trajek.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Post Reply