mono solids vs conventional solids
- Rommel
- Sr. Member

- Posts: 251
- Joined: Wed Nov 27, 2013 5:15 pm
mono solids vs conventional solids
Dagsê
Ek soek bietjie raad, menings en insette rondom die volgende:
Hoe vergelyk ligter mono solids teenoor gewone solids, kom ons se bv, n 380gr mono teenoor n 400gr gewone solid?
Die mono gaan dalk meer penetrasie lewer, maar wat van momentum en al die ander goete?
Momentum kan jou dalk n 2de kans gee as jou eerste skoot nie sy merk gekry het nie- kom ons gebruik die scenario- olifant storm en op kort afstand trek ek my skoot effe na n kant toe- die 400gr gaan hom heel moontlik laat steier vir n ruk, genoeg om dalk n 2de skoot in te kry, of hom selfs laat swaai van rigting. Dieselde 400gr op sy merk het hom laat sak. Nou, met die 380 mono, skoot effe van sy merk af- gaan hy genoeg energie en momentum insit om dieselde te doen?
Hierdie is dalk n onnosele vraag, ek wonder maar net!

- DWB
- Hero Member

- Posts: 6971
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: mono solids vs conventional solids
Hehehehehe Quinton, het ek jou bietjie aan die dink?
Die GS Custom FN is 387gr, en ek is seker GEEN dier gaan die verskil agterkom nie.
13gr is 'n pellet koeel...
Soos jy weet het ons my 260gr GS drie kwart deur 'n bees verloor nadat hy deur die skedel en die nek is....
Daai 387gr gaan baie ver in oom olifant gaan!

Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
- Rommel
- Sr. Member

- Posts: 251
- Joined: Wed Nov 27, 2013 5:15 pm
Re: mono solids vs conventional solids
Ja, en so het ek al gesien dat n 350gr geen sigbare effek op n quarter away buffel het nie, maar met n 400gr sien jy hoe hy krom trek en die effek is dadelik daar! Dis maar 50gr-.22 verskil. Gaan die 400gr my nie dalk- 'bit of both' gee teenoor net penetrasie en niks anders nie. Wat ek wil weet, het die mono regtig soveel meer bo n sterk conventionele solid? En dan daai GS- n solid wat se punt plat slaan is nie n solid nie, nie in my boeke nie- skokgolf se moer, daai skokgolf gaan nie n olifant se skedel breek nie en as jou oppervlak skielik vergroot gaan daai punt se spoed en wersvermoë mos anders lyk!? Help my reg, dis hoekom ek die post op gesit het.
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6971
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: mono solids vs conventional solids
Quinton, dalk kan van die ander slim manne hier kom praat.
Maar teen die spoed wat ek en jy skiet gaan daai solid nie oop maak nie.
Wat van Dzombo Solids, hulle is bitter goed. Weet net nie waar kry mens hulle nie.
Maar teen die spoed wat ek en jy skiet gaan daai solid nie oop maak nie.
Wat van Dzombo Solids, hulle is bitter goed. Weet net nie waar kry mens hulle nie.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2485
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: mono solids vs conventional solids
Deon het jy al gekyk teen watter spoed jy hulle skiet, ek het al van die ouer 270 gr geskiet teen so 2400 fps, ek het eenslag 'n kudu koei van voor deur die nek binne die kuiltjie in, die koeel is in die pens herwin.DWB wrote:Quinton, dalk kan van die ander slim manne hier kom praat.
Maar teen die spoed wat ek en jy skiet gaan daai solid nie oop maak nie.
Wat van Dzombo Solids, hulle is bitter goed. Weet net nie waar kry mens hulle nie.
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6971
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: mono solids vs conventional solids
Flip, ek skiet so teen 2350ft/s.
Die laaste wat ek gehoor het is die koeel deur die bees se fillets en is nog nie herwin nie.
Dit is van reg voor deur die kop en 'n nekwerwel of twee.
Die laaste wat ek gehoor het is die koeel deur die bees se fillets en is nog nie herwin nie.
Dit is van reg voor deur die kop en 'n nekwerwel of twee.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2485
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: mono solids vs conventional solids
Ek moet tog onthou om nie hulle te gebruik om 'n bees voor die kop te skiet nieDWB wrote:Flip, ek skiet so teen 2350ft/s.
Die laaste wat ek gehoor het is die koeel deur die bees se fillets en is nog nie herwin nie.
Dit is van reg voor deur die kop en 'n nekwerwel of twee.
Last edited by Flip Nel on Fri Apr 04, 2014 3:28 pm, edited 1 time in total.
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6971
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: mono solids vs conventional solids
Hehehehehe.... WHOOPS
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1540
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Re: mono solids vs conventional solids
Weet nie hoe gesaghebbend dit is nie, maar op ""Mythbuster" het hulle toetse gedoen vir die "terug gooi" effek wat ons in flieks sien. Selfs die swaarste koeel het nie vir Buster terug laat beweeg nie. Die verskil in momentum tussen die liggaam en koeel is te groot en die frontale oppervlakte van die koeel te klein, saam met die lyf wat sag is.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
- Rommel
- Sr. Member

- Posts: 251
- Joined: Wed Nov 27, 2013 5:15 pm
Re: mono solids vs conventional solids
Die steier effek wat ek genoem het is nie fisies dat die dier terug beweeg asof hy met n dozer gestamp word nie maar meer iets soos 'brein skok', dieselfde effek wat jy kry as jy n dier met n kierie teen die kop slaan, dit klop hom net dof vir n oomblik. N swaar projektiel wat die brein mis en genoeg momentum het (weet nie of dit die korrekte term is nie) terwyl hy die been slaan en penetreer naby aan die brein het n effek asof die dier vir n oomblik 'lights out' op sy voete is, dit lyk asof hy steier maar dis meer hoe hy reageer op die oomblik van impak. Harsing skudding as jy dit so wil noem. Ek het dit al paar maal gesien met swaar vir kaliber koeëls, maar nog nie met die ligter koeëls nie. Die dat ek wonder oor die ligter mono's. Om n prentjie te skep, en die groenes moet nou maar op hul kop staan en wieliewale deur sy as fluit- het gaan slagysters kyk saam met plaaswerker, rooikat in yster, al die .22 koeltjies uit gat in my sak verloor en het net ene gehad wat in my hempsak was. My skoot was deur sy neusholte onder die brein deur en het geen effek gehad nie. Ek het plaaswerker se kettie gevat en met n duimnael grote klippie, swaarder as n 22koeltjie die kat voor die kop geskiet, kat het geval en was dadelik in beswyming en kon n mes in sy hart druk. Dis daai effek wat n swaarder koeel beter regkry as n ligter ene op n 'naby mis' skoot.
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6971
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: mono solids vs conventional solids
Quinton, onthou, die large meplat tipe solids het ñ groter frontale area as die fmj wat jy tans gebruik. Dus behoort daai effek groter te wees.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1540
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Re: mono solids vs conventional solids
Ah, ek verstaan wat jy bedoel. Ek luister graag.Rommel wrote:Die steier effek wat ek genoem het is nie fisies dat die dier terug beweeg asof hy met n dozer gestamp word nie maar meer iets soos 'brein skok', dieselfde effek wat jy kry as jy n dier met n kierie teen die kop slaan, dit klop hom net dof vir n oomblik. N swaar projektiel wat die brein mis en genoeg momentum het (weet nie of dit die korrekte term is nie) terwyl hy die been slaan en penetreer naby aan die brein het n effek asof die dier vir n oomblik 'lights out' op sy voete is, dit lyk asof hy steier maar dis meer hoe hy reageer op die oomblik van impak. Harsing skudding as jy dit so wil noem.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7553
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: mono solids vs conventional solids
Hallo Quinton
Die effek wat jy beskryf is presies wat John "Pondoro" Taylor beskryf het met sy Knock Out waardes. Volgens sy KO waardes het die swaarder koeel in die kaliber n groter "stun" effek op diere as ligter koeels en word dit weergegee in sy syfers. Hierdie was/is veral van toepassing op olifante waar dit die meeste op waargeneem is.
In Pierre van der Walt se uitstekende boek African Dangerous Game Cartiges word hierdie ook breedvoerig bespreek. Daar is ook pragtige illistrasies van hoe verskillende koeelontwerpe optree gedurende terminale fase. Koeel ontwerp en vorm speel deesdae n baie beduidende rol in hierdie fase op solids. Koop gerus hierdie boek wat uitstekende beredenerende inligting in die verband gee. Jy kan ook John Taylor se African Rifles and Cartriges koop wat ook van waarde is aangesien die skrywe as die baanbreker van die tipe skrywes gesien kan word. Dit is nog relevant maar tegnologie het wel n paar van die aspekte nietig of minder relavant gemaak. Wat ek wel jou kan se is dat hierdie aspekte n ingewikkelde en kompliseerde een is en nie sommer n enkel antwoord of formule lewer nie.
Persoonlik weet ek dat plat meplat punte op die koeel groot voordele inhou in penetrasie diepte en reguitlyn penetrasie in die dier self maar kan jou in eerlike waarheid nie se of dit n groter "stun" effek op diere nie. As ek so lees tussen die huidige groot name in die bedryf is opinies ook maar bietjie verdeeld. Daar is baie wat vasklou in die swaar vir kaliber koeels en ander wat weer glo in die ligter koeels wat gewoonlik mono koeels is.
Ek persoonlik gebruik mono solids met die plat meplat punte wat gewoonlik of dieselfde gewig is of n bietjie ligter as die ou FMJ solids in my kalibers. Reguit lyn en diep penetrasie is nog steeds van die grootste waardes vir my. Indien daar n stun/KO Value versil is dan glo ek dit is weinig of van tweede belang. Eersgenoemde bly nog die grootste en belangrikste aspek in my oe.
Wat ook koeelgewig keuse in my kalibers bepaal is die kalibers self en wat moontlik is met ons poeiers. Nodespoed speel ook vir my n groot rol met die keuses. Elke kaliber/koeelgewig/looplengte en brandspoed van n bepaalte lot poeier/druk ens is almal bepalende faktore.
Groetnis
Wouter

Baie dankie vir n goeie terugvoer!
Ek gaan werk maak daarvan om te kyk wat werk en doen beter in my geweer, jag omstandighede en vereistes wat ek verwag van n spesifieke koeël/lading.
Volgende stap is dan seker om te begin by die begin, sal bietjie QL raad moet kry op n paar kombinasies om te toets die seisoen.
Dankie en Groete
Baie dankie vir n goeie terugvoer!
Ek gaan werk maak daarvan om te kyk wat werk en doen beter in my geweer, jag omstandighede en vereistes wat ek verwag van n spesifieke koeël/lading.
Volgende stap is dan seker om te begin by die begin, sal bietjie QL raad moet kry op n paar kombinasies om te toets die seisoen.
Dankie en Groete
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7553
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: mono solids vs conventional solids
Quinton
Indien jy jou kaliber, looplengte en dopkapasiteit van n gevuurvormde dop gee kan ek solank begin loer wat teoreties goed sal werk. Dit is n goeie vertrekpunt met hierdie tipe van keuse.
Groetnis
Wouter
Indien jy jou kaliber, looplengte en dopkapasiteit van n gevuurvormde dop gee kan ek solank begin loer wat teoreties goed sal werk. Dit is n goeie vertrekpunt met hierdie tipe van keuse.
Groetnis
Wouter
- Rommel
- Sr. Member

- Posts: 251
- Joined: Wed Nov 27, 2013 5:15 pm
Re: mono solids vs conventional solids
Nou wil ek gou eers iets vra voor ek die inligting deurgee, my loop meet 21.5" van waar aksie eindig/loop begin tot op punt van loop, maar as ek n rod by loop indruk tot teen n koeël in die kamer meet hy 18.750", en rod by loop in tot teen grendel is 22.250". Wat is die ware loop lengte hier?
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: mono solids vs conventional solids
Afstand benodig is van loop se punt tot teen gespande slotkop sodat die slagpen nie die afmeting korter maak nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Rommel
- Sr. Member

- Posts: 251
- Joined: Wed Nov 27, 2013 5:15 pm
Re: mono solids vs conventional solids
Hier is die inligting-
Kaliber- 404 Jeffery
Loop (gemeet soos tripod hierbo verduidelik het)- 22.250"
H2O dop kapasiteit- 113.1gr
My COL is beperk tot 89.20mm asgevolg van magasyn lengte
Koeëls wat ek graag op die proef wil sit die seisoen-
- 400gr Northfork SS
- 400gr Northfork FPS
- 430gr Northfork FPS
- 400gr Woodleigh Weldcore
- 400gr Woodleigh FMJ
- 450gr Woodleigh FMJ
- 387gr GS Custom FN
Dankie vir die hulp en skree maar as daar nog iets skort- ek weet ongelukkig nie die lengtes van die koeëls hierbo genoem nie, het net die 400gr Woodleighs by my nou.
Kaliber- 404 Jeffery
Loop (gemeet soos tripod hierbo verduidelik het)- 22.250"
H2O dop kapasiteit- 113.1gr
My COL is beperk tot 89.20mm asgevolg van magasyn lengte
Koeëls wat ek graag op die proef wil sit die seisoen-
- 400gr Northfork SS
- 400gr Northfork FPS
- 430gr Northfork FPS
- 400gr Woodleigh Weldcore
- 400gr Woodleigh FMJ
- 450gr Woodleigh FMJ
- 387gr GS Custom FN
Dankie vir die hulp en skree maar as daar nog iets skort- ek weet ongelukkig nie die lengtes van die koeëls hierbo genoem nie, het net die 400gr Woodleighs by my nou.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: mono solids vs conventional solids
Wouter, wil nie op jou tone trap nie. Kyk asb na die ander koeëls. Ek gaan net na die GS loer.
Hier is 'n berekening vir die 387GS. Ek het bloot die QL waardes gebruik, jou geweerdata ingevoer en die maks druk verkry met S355. GS beveel aan dat met 77gr S355 begin word en dit klink baie sinvol. Laai 3 skote met 77gr en chrony dit terwyl jy kyk wat se groep jy kan skiet. Vandaar kan QL beter ladings aanbeveel.

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7553
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: mono solids vs conventional solids
Hallo Quinton
Op die 400 greiners en S365, as hy brand soos hy moet, sal jou nodespoed hier net onder of by die 2300ft/sek merk wees. Dopvulling is by die 100% perk en drukvlakke in die 45 000psi strekke. Met die Northfork sal dit moontlik n bietjie hoer nodesnelhede gee vanwee die dryfbande wat minder graveerdruk gee. Hierdie gewig koeel gee teoreties n uitstekende lading en al brand S365 vinniger sal jy nog steeds die nodespoed kan slaan alhoewel hy laer sal wees.
Ek het nie die 430gr Nortfork of selfs die 400 greiners se data in QL nie, maar ek glo die 430gr se nodespoed sal hier tussen 2230-2250ft/sek wees. Hierdie sal ook verseker n goeie kombinasie wees met drukvlakke wat nog steeds redelik ver onder die maksimum sal wees. Ek is besig met Wim wat die verspreider van Nortfork hier in SA is om te kyk of hy nie n bulletfile uit Nortfork kan kry vir QL nie. Ek kyk self baie ernstig na Nortfork aangesien Barnes se biskikbaarheid begin krap. Hulle Cup Nose en Flat Piont solids het n uitstekende reputasie opgedoen hier in Afrika in die laaste tyd om nie eers te praat oor die softs nie.
Groetnis
Wouter
PS. Oom Maruis ek het nie die opegedateerde GS file op my QL nie so ek het nie na hom gekyk nie. Baie dankie vir die uithelp.

Oom Maruis
Ek het nou bietjie gekyk na Oom se data op die GS Custom. Dit lyk nie of n mens veilig die 1.2284 nodespoed sal kan slaan nie. Ek weet GS Custom se herlaai aanbevelings steur hulle nie aan nodespoed nie, maar Oom se ondervindinge het tog gewys dat nodespoed ook werk met GS koeels.
Groetnis
Wouter
Ek het nou bietjie gekyk na Oom se data op die GS Custom. Dit lyk nie of n mens veilig die 1.2284 nodespoed sal kan slaan nie. Ek weet GS Custom se herlaai aanbevelings steur hulle nie aan nodespoed nie, maar Oom se ondervindinge het tog gewys dat nodespoed ook werk met GS koeels.
Groetnis
Wouter
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: mono solids vs conventional solids
Ek het glad nie gekyk na nodes nie. Ek kry maks druk om 'n veilige 10% laer lading te kan bepaal. In hierdie geval het ek GS se aanbeveling van 77gr beoordeel as veilig om mee te begin en daarom gevra vir spoed met die kombinasie sodat ons QL aan die werk kan sit..
Loer na jou epos - het vir jou iets aangestuur.
Loer na jou epos - het vir jou iets aangestuur.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Rommel
- Sr. Member

- Posts: 251
- Joined: Wed Nov 27, 2013 5:15 pm
Re: mono solids vs conventional solids
Baie dankie vir julle albei se hulp en moeite, waardeur dit baie!
Ek is veral baie geintereseerd in daai 430gr'ers! As ek veilig kan opwerk tot by 2200 sal ek net hulle gebruik, so ook 430 in soft!
Ek is nou eintlik speit ek het my set klaar met Woodleighs vol gemaak!!
Weereens dankie!