KERRIE EIERS
- Frikkiedbr
- Hero Member

- Posts: 4254
- Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am
KERRIE EIERS
http://i1195.photobucket.com/albums/aa398/Frikkie3/1013561_813080258706484_408764391_n_zps375cc452.jpg
Kook 6 eiers en dop af.
Sny in lengte deur en hou eenkant.
MAAK SOUS:
In kastrol, braai 2 groot uie, gekap, 1 geskilde, in blokkies gekapte aartappel, 2t kerriepoeier en 2 E koekmeel.
Roer by: 1 beef blokkie, opgelos in 350 ml kookwater en roer 1 E appelkooskonfyt by. Prut vir 20 minute op lae hitte.
Roer af en toe.
Voeg eiers versigtig by en kook deur.
Skep op gaar rys of bedien op rooster brood.
Kook 6 eiers en dop af.
Sny in lengte deur en hou eenkant.
MAAK SOUS:
In kastrol, braai 2 groot uie, gekap, 1 geskilde, in blokkies gekapte aartappel, 2t kerriepoeier en 2 E koekmeel.
Roer by: 1 beef blokkie, opgelos in 350 ml kookwater en roer 1 E appelkooskonfyt by. Prut vir 20 minute op lae hitte.
Roer af en toe.
Voeg eiers versigtig by en kook deur.
Skep op gaar rys of bedien op rooster brood.
-
henning
- Hero Member

- Posts: 1315
- Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am
Re: KERRIE EIERS
Lyk goed maar, hoekom die eiers versigtig by voeg? Wat gaan gebeur as jy dit nie versigtig byvoeg nie? Gaan iets ontplof?
Groete
Henning
Groete
Henning
Last edited by henning on Wed Apr 02, 2014 12:28 pm, edited 1 time in total.
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
- Frikkiedbr
- Hero Member

- Posts: 4254
- Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am
Re: KERRIE EIERS
Dis 'n goeie vraag Henning, seker maar breek....
-
Freek
- Hero Member

- Posts: 1941
- Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am
Re: KERRIE EIERS
Geel gaan uitval...
- gillie
- Hero Member

- Posts: 957
- Joined: Fri Aug 05, 2011 7:05 am
Re: KERRIE EIERS
dit gaan die hele stoof vuil spat... 
- Hugo
- Hero Member

- Posts: 1977
- Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm
Re: KERRIE EIERS
EN al die tyd dog ek jy praat lelik van die man
http://i.dailymail.co.uk/i/pix/2013/01/ ... 34x424.jpg
http://i.dailymail.co.uk/i/pix/2013/01/ ... 34x424.jpg
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: KERRIE EIERS
Toe ek die opskrif sien het ek eers gedink jy het êrens gaan sit waar jy nie moes nie! 
- Smitstertjies
- Hero Member

- Posts: 1988
- Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Re: KERRIE EIERS
Ek het die goed laas as kind geeet.
Gaan sommer vannaand dit aanmekaarslaan
Kannie wag nie
Dankie Frikkie
Gaan sommer vannaand dit aanmekaarslaan
Dankie Frikkie
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
-
Freek
- Hero Member

- Posts: 1941
- Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am
Re: KERRIE EIERS
Gooi so knoffeltjie by... dit help vir verbeterde aroma, tydens die kos maak proses en na die tyd as die "duvet"/kombers in die lug hang. 
- Jacquesb
- Hero Member

- Posts: 1241
- Joined: Sat Mar 17, 2012 11:24 am
Re: KERRIE EIERS
Dis n lekker en vinnige gereg.
Het dit as n kind laas geeet
Jare gelede.
Het dit as n kind laas geeet
Jare gelede.
30-06 Spr K98 Mauser, 6.5x57 M1904 Mauser, Krupp Essen .22 Hornet, 9mmP Heckler & Koch USP Compact, .177 Hatsan Torpedo 1250 f/s, .177 Gamo Whisper 1000 f/s.
- vlakvark1
- Hero Member

- Posts: 1568
- Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm
Re: KERRIE EIERS
Eet dit al baie lank en my vrou maak dit gereeld. Ons eet dit saam met braaivleis en pap of n
knoffelbroodjie
My resep is net bietjie anders
6 hardgekookte eiers
2 e botter
2 uie
2 t kerrie
1 e suiker
2 e bladjang
2 k water
halwe t sout
braai uie in botter meng dan die droe bestanddele met bladjang. Voeg by die uie meng dan stadig die water by. Roer aanhoudend tot dik nie te styf. Sny eiers in helfte voeg by die sous geniet dit saam met braaivleis
knoffelbroodjie
My resep is net bietjie anders
6 hardgekookte eiers
2 e botter
2 uie
2 t kerrie
1 e suiker
2 e bladjang
2 k water
halwe t sout
braai uie in botter meng dan die droe bestanddele met bladjang. Voeg by die uie meng dan stadig die water by. Roer aanhoudend tot dik nie te styf. Sny eiers in helfte voeg by die sous geniet dit saam met braaivleis
vlakvark en bosvark Bvk
-
Freek
- Hero Member

- Posts: 1941
- Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am
Re: KERRIE EIERS
Manne dis so, daai gereg is koning veral as jy hom langs 'n kampvuur in een van daai rim potte maak. Stywe pap loop mooi saam met hom, jy brei hom somaar soo met die hand - pap-en-tik!!! AAAI... en as jy nog 'n vleisie kan saam gooi suffel beter.
- Piet Pille
- Hero Member

- Posts: 2092
- Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm
Re: KERRIE EIERS
As jy oor die algemeen "eiers" nie versigtigtig hanteer nie, loop jy die risiko dat iets kan ontplof..henning wrote:Lyk goed maar, hoekom die eiers versigtig by voeg? Wat gaan gebeur as jy dit nie versigtig byvoeg nie? Gaan iets ontplof?
Groete
Henning
- Cor Jacobs
- Sr. Member

- Posts: 255
- Joined: Mon Apr 16, 2012 1:03 pm
Re: KERRIE EIERS
Pieter Vorster wrote:As jy oor die algemeen "eiers" nie versigtigtig hanteer nie, loop jy die risiko dat iets kan ontplof..henning wrote:Lyk goed maar, hoekom die eiers versigtig by voeg? Wat gaan gebeur as jy dit nie versigtig byvoeg nie? Gaan iets ontplof?
Groete
Henning
Jou resep ingevoeg by ons jaarlikse jag die jaar Frikkie. Ek is seker dit gaan vorentoe smaak, dankie.
Pieter, hahahhahaha
-
Beer (Christo)
- Hero Member

- Posts: 1150
- Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm
Re: KERRIE EIERS
Hierdie is beslis nie 'n dis vir 'n jagkamp waar almal in een bungalow slaap nie.
Dit sal onmoontlik wees om 'n skietstilstand te verklaar....
Dit sal onmoontlik wees om 'n skietstilstand te verklaar....
- Piet Pille
- Hero Member

- Posts: 2092
- Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm
Re: KERRIE EIERS
Ek hoor jou Beer!Beer (Christo) wrote:Hierdie is beslis nie 'n dis vir 'n jagkamp waar almal in een bungalow slaap nie.
Dit sal onmoontlik wees om 'n skietstilstand te verklaar....
Maar daar in ons bungalow laasjaar het dit maar in elkgeval so gegaan sonder die kerrie-eiers ook, so ons kan dit maar netsowel probeer die jaar..
-
Beer (Christo)
- Hero Member

- Posts: 1150
- Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm
Re: KERRIE EIERS
Eish.... Die manne gaan beseer word in 'un-friendly fire'!!!
-
Freek
- Hero Member

- Posts: 1941
- Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am
Re: KERRIE EIERS
Ja Christo dit is ook waar, ek kan getuig...sonder dat mens dit besef, skep jy 'n "Nuclear" situasie... Hoop nie hulle deel kamers nie
Lekker was nog nooit sleg nie.
Lekker was nog nooit sleg nie.