KERRIE EIERS

Enige vleis/veldkos resepte wat werk vir n honger jagter
Post Reply
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

KERRIE EIERS

Post by Frikkiedbr »

http://i1195.photobucket.com/albums/aa398/Frikkie3/1013561_813080258706484_408764391_n_zps375cc452.jpg
Kook 6 eiers en dop af.
Sny in lengte deur en hou eenkant.
MAAK SOUS:
In kastrol, braai 2 groot uie, gekap, 1 geskilde, in blokkies gekapte aartappel, 2t kerriepoeier en 2 E koekmeel.
Roer by: 1 beef blokkie, opgelos in 350 ml kookwater en roer 1 E appelkooskonfyt by. Prut vir 20 minute op lae hitte.
Roer af en toe.
Voeg eiers versigtig by en kook deur.
Skep op gaar rys of bedien op rooster brood.
henning
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am

Re: KERRIE EIERS

Post by henning »

Lyk goed maar, hoekom die eiers versigtig by voeg? Wat gaan gebeur as jy dit nie versigtig byvoeg nie? Gaan iets ontplof?

Groete
Henning
Last edited by henning on Wed Apr 02, 2014 12:28 pm, edited 1 time in total.
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Re: KERRIE EIERS

Post by Frikkiedbr »

Dis 'n goeie vraag Henning, seker maar breek....
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: KERRIE EIERS

Post by Freek »

Geel gaan uitval...
User avatar
gillie
Hero Member
Hero Member
Posts: 957
Joined: Fri Aug 05, 2011 7:05 am

Re: KERRIE EIERS

Post by gillie »

dit gaan die hele stoof vuil spat... :laugh:
User avatar
Hugo
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

Re: KERRIE EIERS

Post by Hugo »

EN al die tyd dog ek jy praat lelik van die man

http://i.dailymail.co.uk/i/pix/2013/01/ ... 34x424.jpg
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: KERRIE EIERS

Post by PWV »

Toe ek die opskrif sien het ek eers gedink jy het êrens gaan sit waar jy nie moes nie! ::)
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: KERRIE EIERS

Post by Smitstertjies »

Ek het die goed laas as kind geeet.

Gaan sommer vannaand dit aanmekaarslaan :P Kannie wag nie

Dankie Frikkie
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Re: KERRIE EIERS

Post by Frikkiedbr »

plesier
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: KERRIE EIERS

Post by Freek »

Gooi so knoffeltjie by... dit help vir verbeterde aroma, tydens die kos maak proses en na die tyd as die "duvet"/kombers in die lug hang. :o
User avatar
Jacquesb
Hero Member
Hero Member
Posts: 1241
Joined: Sat Mar 17, 2012 11:24 am

Re: KERRIE EIERS

Post by Jacquesb »

Dis n lekker en vinnige gereg.
Het dit as n kind laas geeet
Jare gelede.
30-06 Spr K98 Mauser, 6.5x57 M1904 Mauser, Krupp Essen .22 Hornet, 9mmP Heckler & Koch USP Compact, .177 Hatsan Torpedo 1250 f/s, .177 Gamo Whisper 1000 f/s.
User avatar
vlakvark1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1568
Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm

Re: KERRIE EIERS

Post by vlakvark1 »

Eet dit al baie lank en my vrou maak dit gereeld. Ons eet dit saam met braaivleis en pap of n
knoffelbroodjie

My resep is net bietjie anders

6 hardgekookte eiers

2 e botter

2 uie

2 t kerrie

1 e suiker

2 e bladjang

2 k water

halwe t sout

braai uie in botter meng dan die droe bestanddele met bladjang. Voeg by die uie meng dan stadig die water by. Roer aanhoudend tot dik nie te styf. Sny eiers in helfte voeg by die sous geniet dit saam met braaivleis
vlakvark en bosvark Bvk
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: KERRIE EIERS

Post by Freek »

Manne dis so, daai gereg is koning veral as jy hom langs 'n kampvuur in een van daai rim potte maak. Stywe pap loop mooi saam met hom, jy brei hom somaar soo met die hand - pap-en-tik!!! AAAI... en as jy nog 'n vleisie kan saam gooi suffel beter.
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: KERRIE EIERS

Post by Piet Pille »

henning wrote:Lyk goed maar, hoekom die eiers versigtig by voeg? Wat gaan gebeur as jy dit nie versigtig byvoeg nie? Gaan iets ontplof?

Groete
Henning
As jy oor die algemeen "eiers" nie versigtigtig hanteer nie, loop jy die risiko dat iets kan ontplof..
User avatar
Cor Jacobs
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Mon Apr 16, 2012 1:03 pm

Re: KERRIE EIERS

Post by Cor Jacobs »

Pieter Vorster wrote:
henning wrote:Lyk goed maar, hoekom die eiers versigtig by voeg? Wat gaan gebeur as jy dit nie versigtig byvoeg nie? Gaan iets ontplof?

Groete
Henning
As jy oor die algemeen "eiers" nie versigtigtig hanteer nie, loop jy die risiko dat iets kan ontplof..

Jou resep ingevoeg by ons jaarlikse jag die jaar Frikkie. Ek is seker dit gaan vorentoe smaak, dankie.

Pieter, hahahhahaha
Beer (Christo)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1150
Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm

Re: KERRIE EIERS

Post by Beer (Christo) »

Hierdie is beslis nie 'n dis vir 'n jagkamp waar almal in een bungalow slaap nie.

Dit sal onmoontlik wees om 'n skietstilstand te verklaar....
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: KERRIE EIERS

Post by Piet Pille »

Beer (Christo) wrote:Hierdie is beslis nie 'n dis vir 'n jagkamp waar almal in een bungalow slaap nie.

Dit sal onmoontlik wees om 'n skietstilstand te verklaar....
Ek hoor jou Beer!
Maar daar in ons bungalow laasjaar het dit maar in elkgeval so gegaan sonder die kerrie-eiers ook, so ons kan dit maar netsowel probeer die jaar..
Beer (Christo)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1150
Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm

Re: KERRIE EIERS

Post by Beer (Christo) »

Eish.... Die manne gaan beseer word in 'un-friendly fire'!!!
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: KERRIE EIERS

Post by Freek »

Ja Christo dit is ook waar, ek kan getuig...sonder dat mens dit besef, skep jy 'n "Nuclear" situasie... Hoop nie hulle deel kamers nie

Lekker was nog nooit sleg nie.
Post Reply