Springbok jag plek.

Adverteer jagte hier gratis/ Advertise hunts here for free
Post Reply
User avatar
william007
Hero Member
Hero Member
Posts: 775
Joined: Mon Feb 24, 2014 2:02 pm

Springbok jag plek.

Post by william007 »

Ek het jag plek beskikbaar dis in die boesmanland slegs springbokke

Ek noem dit net glad nie maklike jag nie bokke is baie wild en dis van ver en vinnig skiet
Bakie jag plaas is oor die 11 000 hektaar groot kampe
bos kamp Hout huis met beddens in water stort en toilet

Springbokke R23/kg kaal karkas
akkomodasie R250 per persoon per dag
jag bakkie R850 per dag Jag heeldag op bakkie
vat enkel jagter of 6 jagters
slegs op naweke

Soos ek se dis vir die manne wat kan verskiet
dankie
User avatar
GreyGhostGear
Hero Member
Hero Member
Posts: 1022
Joined: Mon Apr 04, 2011 6:34 pm

Re: Springbok jag plek.

Post by GreyGhostGear »

Waar presies in die Boesmanland?
As jy nou sê net naweke, neem ek aan 'n ou jag net die Saterdag, of is Vrydag ook 'n jag dag?
Groete
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Springbok jag plek.

Post by cassie_calvinia »

boesmanland is noord van calvinia, onder upington
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
GreyGhostGear
Hero Member
Hero Member
Posts: 1022
Joined: Mon Apr 04, 2011 6:34 pm

Re: Springbok jag plek.

Post by GreyGhostGear »

cassie_calvinia wrote:boesmanland is noord van calvinia, onder upington
haha,
ja maar ek wil by die man weet waaaar in die Boesmanland? Hoe ver van Kaap?
User avatar
william007
Hero Member
Hero Member
Posts: 775
Joined: Mon Feb 24, 2014 2:02 pm

Re: Springbok jag plek.

Post by william007 »

Dit is kliprant van die N7 net voor nuwerus regs sal maar se pofader se kant toe upinton se kant toe dis so 450km van die kaap af ,dis 106 km van vredendal af.

verkieslik net dan vrydag ry saterdag jag ,maar ons kan n plan maak vir vrydag jag en saterdag jag.
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Springbok jag plek.

Post by win270 »

Dis maar die beste om GPS koordinate op te sit en dan kan almal akkuraat bepaal waar die plaas is.
User avatar
william007
Hero Member
Hero Member
Posts: 775
Joined: Mon Feb 24, 2014 2:02 pm

Re: Springbok jag plek.

Post by william007 »

Ek sal as ek nou weer plaas toe gaan dit merk en dan GPS kordinate deur gee.
Skaapwagter johan
Newbie
Newbie
Posts: 4
Joined: Thu Nov 21, 2013 7:50 pm

Re: Springbok jag plek.

Post by Skaapwagter johan »

Hi daar william. Stel belang. Het j nog plek beskikbaar. Kan j my email op jbheymans@gmail.com asb.
User avatar
william007
Hero Member
Hero Member
Posts: 775
Joined: Mon Feb 24, 2014 2:02 pm

Re: Springbok jag plek.

Post by william007 »

Hello ja daar is nog plek ek sal vir jou mail groete
Skaapwagter johan
Newbie
Newbie
Posts: 4
Joined: Thu Nov 21, 2013 7:50 pm

Re: Springbok jag plek.

Post by Skaapwagter johan »

Dankie William
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3528
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Springbok jag plek.

Post by Armand Steenkamp »

William, verduidelik gou waar die plaas is man. Klink amper of dit naby Uilklip kan wees?? Ons boer so 93km van kliprand af pofadder se kand toe, teen die pad.

Groetnis
User avatar
william007
Hero Member
Hero Member
Posts: 775
Joined: Mon Feb 24, 2014 2:02 pm

Re: Springbok jag plek.

Post by william007 »

Dis hoeka daar ja ,dis by uilklip ja.en dan die ander stuk grond ander kant kliprant
40km van uilklip af
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3528
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Springbok jag plek.

Post by Armand Steenkamp »

Is dit nou langs Gerrit vd Westhuizen of langs Kallie Meyer?
Die ander plaas se jy is net anderkand Kliprand, so dan moet dit naby Willem Koopman wees? Lekker om n man van my wereld hier raak te loop.

Groetnis
henning
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am

Re: Springbok jag plek.

Post by henning »

William, wat bedoel jy by verskiet?
Gee vir ons n idee van die afstande.

Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3528
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Springbok jag plek.

Post by Armand Steenkamp »

Henning , ek het al so n paar keer in daai omgewing gejag en as jy nie die bokke kan voorsit nie skiet jy maar selde nader as 250m. Die Boesmanland is maar oop met kaiing klip, leiklip en hier en daar n bossie

Groetnis
henning
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am

Re: Springbok jag plek.

Post by henning »

Dankie, Armand. Die 250m is nog nie so ver nie, maar die vinnig skiet op lang afstande kan n probleem raak.

Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3528
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Springbok jag plek.

Post by Armand Steenkamp »

Henning, nee wat ek glo jy sal wil regkom met die 300WSM, los maar net eerder die 303 by die huis ;-)

Groetnis
henning
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am

Re: Springbok jag plek.

Post by henning »

Armand Steenkamp wrote:Henning, nee wat ek glo jy sal wil regkom met die 300WSM, los maar net eerder die 303 by die huis ;-)

Groetnis
Nee man Armand, die 303 is vir die genade dood skoot. ;D

Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
User avatar
william007
Hero Member
Hero Member
Posts: 775
Joined: Mon Feb 24, 2014 2:02 pm

Re: Springbok jag plek.

Post by william007 »

Armand jy is 100% reg ja dis by Kalie Meyer ,ja ek jag al 10 jaar daar en as ek bedoel verskiet dan begin n man skiet hier op 250 meter,ons doen die bakkie jag daar want die kampe is baie groot oor die 2000 hektaar per kamp so dis baie moeilik met die voorsit.Ons was nog altyd gelukag met die bakkie skiet maar soos ek se dan moet jy beryt wees om tot op 450 meter te skiet

ons skiet n gemiddels tussen 2 man 9 tot 14 bokke op n dag daar heeldag jag van die oggend 6 uur tot 18:00 venaand

Maar dis baie lekker

Armand ek ook bly om iemand te ontmoet van daai wereld ,is julle nog daar in die omgewing
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3528
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Springbok jag plek.

Post by Armand Steenkamp »

William, ja ons maar permanent op die plaas(Koffiemeul). Jy weet waar Paulus Vd Westhuizen en Gerrit vd Westhuizen se somer grond is? Nou ons is net langs hulle.Ek jag maar gereeld Lospersplaas se kand toe by n vriend.

Groetnis
User avatar
william007
Hero Member
Hero Member
Posts: 775
Joined: Mon Feb 24, 2014 2:02 pm

Re: Springbok jag plek.

Post by william007 »

Oky ja ek weet waar di is ,ag lekker daai wereld is n ander tipe jag plat wereld ,maar tog so lekker
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3528
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Springbok jag plek.

Post by Armand Steenkamp »

Jaaaa ne hier bars dit maar.. Ook maar bakkie jag. Anders ry n man maar in die nag n draai.

Groetnis
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Springbok jag plek.

Post by BRNO (Pierre) »

Armand Steenkamp wrote:Jaaaa ne hier bars dit maar.. Ook maar bakkie jag. Anders ry n man maar in die nag n draai.

Groetnis
Hoe ver of naby sal jy dan in die aand skiet, aan dieselfde bokke wat deur die dag 250m ver geskiet moet word?
Veiligheid eerste manne!
User avatar
william007
Hero Member
Hero Member
Posts: 775
Joined: Mon Feb 24, 2014 2:02 pm

Re: Springbok jag plek.

Post by william007 »

Ek glo heel wat nader, maar kan nie beslis se dit sal so wees nie.
Post Reply