Die profesionale jagter (PH)

User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5022
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Die profesionale jagter (PH)

Post by Frederik »

'n Kort Opsoming die outfitter besit die maatskappy en is baie keer ook die ph die ph is die person wat die jagter begelei en die kan ook die outfitter wees. Volgens wet mag net die outfitter jagte bemark en jagters werf die ph werk dan vir die outfitter en word deur die outfitter gehuur.
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Die profesionale jagter (PH)

Post by FCLoretz »

Dankie Frederik
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
iceman1982
Hero Member
Hero Member
Posts: 538
Joined: Wed May 19, 2010 6:07 pm

Re: Die profesionale jagter (PH)

Post by iceman1982 »

FC,
Ek glo jy kyk te diep in die bewoording in.
Hier is n paar punte vir jou om aan te dink:

1. Ek jag eintlik maar daai dier. Die klient trek maar net die sneller. Ek gids hom, omdat my kennis van ons natuurlike wild my help om hom in n posisie te sit om n skoot te kry. Deur dat hy my elke voetspoor volg in die "stalk", word hy n deel van die jag. Ek verstaan die terrein. Onthou, ons jag ons areas oor en oor en oor. So, as n dier op n moeilike plek staan, is die kans goed dat ek al voorheen n fout gemaak het toe ek n ander een in daai plek "gestalk" het. So, outomaties het ek n plan om op n plek uit te kom wat ons n kans gaan gee. Hier is vir jou iets om aan te dink. Jy jag miskien n plaas een of twee keer n jaar. Ek jag n ry klowe miskien 20 keer n jaar. Kan jy verstaan hoekom ek elke stukkie dooie grond sal he in my arsenaal om n dier uit te oorle?

2.Die jagter volg my, wat my sy "gids" maak. Ek verstaan hoe ons wild reageer, watter wild kan n bietjie harder gedruk word in mate om bietjie nader te kom, en watter ander wild ons maar ons kans van n bietjie verder af moet vat.
Iets soos n Koedoe is maar redelik eenvouding om binne aanvaarbare skiet afstand te kom, veral met die Oos Kaap se berge. n Vaal Ribbok moet jy maar reg wees om tot en met 350m te skiet. n Buitelandse jagter, jag maar net daai bok, en weet nie hierdie fyn details nie.

3. Dan kom daar die skatting van wild. Wanneer n jagter se hy soek niks onder soveel duim vir n spesifieke bok nie. Dit is wanneer ondervinding in kom. Niks anders nie.

Miskien moet ons so se, as jy n kursus afgele het en jou PH liksensie het is jy n Professionele Jagter. Maar as jy jag vir n lewe is jy n Beroepsjagter. Ek raai enigiemand aan om die kursus te doen.
Dit is regtig n goeie ondervinding. Maar moenie dit rondgooi in die lug nie. Jy vind jouself miskien in die geselskap van n beroepsjagter, dan maak jy net jou naam gat.
As jy eerlik kan verstaan dat die veld elke dag vir jou iets nuuts gaan leer, is jy op die regte pad, maar as jy al klaar als weet net omdat jy n stukkie papier het, dan is daar maar min hoop vir jou.
Respekteer die natuur. Sy sal vir jy wys wie is baas.
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Die profesionale jagter (PH)

Post by FCLoretz »

Dankie Iceman,

Daai skrywe van jou maak nou mooi sin. Veral die laaste gedeelte.
Miskien moet ons so se, as jy n kursus afgele het en jou PH liksensie het is jy n Professionele Jagter. Maar as jy jag vir n lewe is jy n Beroepsjagter. Ek raai enigiemand aan om die kursus te doen.
Dit is regtig n goeie ondervinding. Maar moenie dit rondgooi in die lug nie. Jy vind jouself miskien in die geselskap van n beroepsjagter, dan maak jy net jou naam gat.
As jy eerlik kan verstaan dat die veld elke dag vir jou iets nuuts gaan leer, is jy op die regte pad, maar as jy al klaar als weet net omdat jy n stukkie papier het, dan is daar maar min hoop vir jou.
Respekteer die natuur. Sy sal vir jy wys wie is baas.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Die profesionale jagter (PH)

Post by PWV »

Ek het al gehoor van professionele beroepsjagters. Hulle is seker ekstra goed!
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Die profesionale jagter (PH)

Post by James Wilson »

Is n beroepsjagter nie iemand vir n beroep self jag nie. N springbokoester of n ongedierte jagter. Iemand wat sy inkomste uit jag verdien, maw sy beroep?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
iceman1982
Hero Member
Hero Member
Posts: 538
Joined: Wed May 19, 2010 6:07 pm

Re: Die profesionale jagter (PH)

Post by iceman1982 »

James Wilson wrote:Is n beroepsjagter nie iemand vir n beroep self jag nie. N springbokoester of n ongedierte jagter. Iemand wat sy inkomste uit jag verdien, maw sy beroep?
Ja, maar is hy in besit van Beroepsjagter liksensie? Net omdat ek trok kan dryf, maak my nie n kode 14 drywer nie.
Chris Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 859
Joined: Fri May 18, 2012 7:49 am

Re: Die profesionale jagter (PH)

Post by Chris Swart »

Manne ek hou van die topic.

Bruce Trutter het eendag in een van sy Magnum rebrieke die volgende geskryf: "...I refer to them as guides, because some of them are not professional, and others are not hunters..."
Ek dink dit som James se tweede groep sogenaamde PH's mooi op.

Grommit
Ek dink jy verduidelik mooi die werk wat 'n profesionele/beroeps jagter werklik doen.

Ek het op 'n stadium as overland toergids gewerk, en ek het amper dieselfde gereageer as mense vir my kom vertel het "...maar jy hou mos vakansie vir 'n lewe..."

Daar is BAIE wat agter die skerms gebeur waarvan daar nie in jagstories geskryf word nie...
User avatar
Bushwack
Full Member
Full Member
Posts: 151
Joined: Tue Feb 05, 2013 4:14 pm

Re: Die profesionale jagter (PH)

Post by Bushwack »

iceman1982 wrote:Wel,
Ek het verlede jaar, 2013, so om en by 250 dae van die jaar gejag saam met uitlanders, vlakte wild en gevaarlike wild gemeng. Is ek nou n Beroepsjagter of n gids? Noem my wat jy wil.
Dit is my werk, en ek noem myself nogsteeds n gids. Want dit is presies wat ek doen.
Daar is baie "office" PH'e. Ek sien hulle in die dorp rondry met hulle vol uit "gekit" 4x4'e , maar nie n enkele krapmerk op die bakkie nie.
Ek luister ook graag na die grootpraters, maar nie almal het die geleentheid om voltyds te jag nie, so ek "judge" hulle nie. Maar om vergelyk te word met n swart gids? Nee my maat, jy het nie n idee nie.
Stem saam!! Ek word seker gesien vandag as 'a office PH'... ++>: (maar het my jare in al vir die laaste 17 jaar). Kan ook se ek doen dit vir n lewe want ek is n geregisteerde Jagondernemer. Ek doen nog self die PH ding maar maak gebruik van ander om 'bookings' vol te maak...o ja, my bakkie is vol krap merke!!! ++>: En nog n ding...n professionele gids / jag gids is die een wat weghardloop as n buffel / leeu / olifant en jy moet sien op seekoeie storm...
Patrick Reynecke

Dream...Discover...Experience...
User avatar
Hartskoot Hennie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 339
Joined: Tue Jun 21, 2011 8:28 am

Re: Die profesionale jagter (PH)

Post by Hartskoot Hennie »

Ek wil gou my kort storie vertel... Ek het in 2011 my boeroepsjag kurses by oom Kobus Schoeman se jag akademie voltooi. Dis was sonder twyfel die beste 10 dae wat ek tot dusver beleef het. Dis 'n magdom inligting wat 'n ou moet inneem en mens leer ongelooflik baie. Ek het die kurses geslaag, my permit by natuurbewaring gekry en ek sou op daardie stadium voltyds as beroepsjagter gaan werk het, maar asgv. persoonlike redes en omstandighede kon ek toe nie my "droom" beroep volg nie.

Om 'n beroepsjagter te wees is nie kinder speletjies nie en jy moet regtig iets van alles kan doen. Ek dink werklik dat mense oor die algemeen 'n wanpersepsie het van wat dit vat om 'n ware beroepsjagter te wees. Almal sien fotos van John Sharp met sy Courtney skoene en sy dubbel oor sy skouer wat staan en kyk vir 'n trop Buffels net voor die son sak, ja dit lyk lekker en daar is manne wat op daai vlak jag maar oor die algemeen is dit bitter ver van die realiteit af.

Daar is 'n gesegde wat sê: "As jy 'n boom skud in Pretoria val daar 10 PH's uit..." ;D Nou dit is darem seker nie die werklikheid nie, maar ja daar is baie manne wat in die stad rondry met jagrame op hulle bakkies wat "groot PH's" is, of altans dit is wat hulle vir almal vertel... Meanwhile back at the ranch werk hy by 'n petshop en bly hy nog by sy ma. :laugh:

Dis ook nie te sê as jy daai stukkie papier het dat dit jou noodwending 'n PH maak nie. Ek dink dis iets wat jy of het in jou of nie, ek mag verkeerd wees. Ek sien myself nog as 'n beroeps/professionele jagter (net soos die ou wat by die petshop werk :laugh: ) al verval my permit die jaar en al kon ek toe nie my "droom" uitleef nie. Maar die passie, respek en belangstelling wat ek vir die natuur, jag en vuurwapens het voel ek maak my 'n PH (in my hart) meer as enige iets anders.

Al wat ek weet is wanneer ek in die bos stap met my 375 en my "laptop-tan" dan voel ek 100% gelukkig... En ja, mens hoef ook nie 'n PH te wees om so te voel in die bos nie.

Dis amper dieselfde gevoel wat 'n ou kry wanneer jy 'n oop parkering op 'n Saterdag kry voor Safari and Outdoor... :)
User avatar
Bushwack
Full Member
Full Member
Posts: 151
Joined: Tue Feb 05, 2013 4:14 pm

Re: Die profesionale jagter (PH)

Post by Bushwack »

hartskoot Hennie,

Dis baie moeilik om vir n jong / onervare PH sy prakties te doen by jagondernemers. Meeste het hulle eie 'residence PH's'. Dis baie jammer!! maar jagte is al verloor omdat jong / onervare PH's met VIP kliente gejag het. Ek is eerlik... ek kan nie die kans vat nie!!

tweedens daar is n verskil om n PH op papier en gelisensieerde PH op
papier genoem te word...die een is wettig om te jag met buitelanders die ander een gaan jy in die tronk laat beland...verskillende provinsies het verskillende reels oor die jag met buitelanders...

Limpopo - 21 dae jagte oor 3 jaar om jou lisensie te behou
NoordWes - 21 dae jagte per jaar om jou lisensie te behou
Vrystaat - 21 dae jagte oor 2 jaar - ek dink...om jou lisensie te behou

So ja, soos hartskool Hennie gese het, ...'skud die boom en 10 PH's val uit...' is die waarheid...dis die 'licensed PH' wat n probleem kan wees...
Last edited by Bushwack on Thu Mar 13, 2014 12:03 pm, edited 1 time in total.
Patrick Reynecke

Dream...Discover...Experience...
User avatar
Bushwack
Full Member
Full Member
Posts: 151
Joined: Tue Feb 05, 2013 4:14 pm

Re: Die profesionale jagter (PH)

Post by Bushwack »

Frederik wrote:'n Kort Opsoming die outfitter besit die maatskappy en is baie keer ook die ph die ph is die person wat die jagter begelei en die kan ook die outfitter wees. Volgens wet mag net die outfitter jagte bemark en jagters werf die ph werk dan vir die outfitter en word deur die outfitter gehuur.
Frederik het baie ondervinding en weet waarvan hy praat!!
Patrick Reynecke

Dream...Discover...Experience...
Zack Benade

Re: Die profesionale jagter (PH)

Post by Zack Benade »

Limpopo - 21 dae jagte oor 3 jaar om jou lisensie te behou
NoordWes - 21 dae jagte per jaar om jou lisensie te behou
Vrystaat - 21 dae jagte oor 2 jaar - ek dink...om jou lisensie te behou
Hallo Bushwack
Hoe word dit beheer en gekontroleer?
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Die profesionale jagter (PH)

Post by FCLoretz »

Zack jy het 'n "logbook" wat in gevul moet word en dan deur die "outfitter" en klient geteken moet word. Dit moet dan by natuurbewaring ingehandig word.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
Bushwack
Full Member
Full Member
Posts: 151
Joined: Tue Feb 05, 2013 4:14 pm

Re: Die profesionale jagter (PH)

Post by Bushwack »

FCLoretz wrote:Zack jy het 'n "logbook" wat in gevul moet word en dan deur die "outfitter" en klient geteken moet word. Dit moet dan by natuurbewaring ingehandig word.
Ja, genommerde "logbook" wat in vir elke provinsie ingevul moet word. As die jagte klaar is word n afskrif na natuurbewaring gestuur...

Zack,

Ons weet almal dit gaan oor die geld...ek mag seker dit nie hier se nie!!! 8) Renosters 'poachers' loop nog steeds vandag en jag in ander provinsies van RSA...van hulle is nog steeds lid van PHASA...so, ja!!...Die GROOT probleem kom gewoonlik wanneer iets verkeerd loop en die Taksidermie kan nie die PH se wettige lisensies kry nie, want jy het dit nodig vir die uitvoer van die klient se trofees...
Patrick Reynecke

Dream...Discover...Experience...
Zack Benade

Re: Die profesionale jagter (PH)

Post by Zack Benade »

Dankie vir die inligting
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2152
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Die profesionale jagter (PH)

Post by Koos Barnard »

Dagse
Hoop nie hierdie is te veel van 'n hijack nie. Frederik het dit reg opgesom toe hy gese het wat 'n PH en Outfitter is. Ek glo nie dis nodig om daarop uit te brei nie. Baie jare gelede toe ek my PH-lisensie gekry het (ek het dit intussen laat verval) was daar nog nie PH-skole nie. Ek het as gids vir baie jagters opgetree en toe besluit om ook 'n PH te word. Natuurbewaring se mense het daardie tyd nog al die eksamens afgeneem. Daar was nie 'n handboek of kurrikulum soos vandag nie. Jy moes maar self swoeg om al die relevante inligting oor diere ensovoorts te bekom. Dan het jy die wetlike aspekte by Natuurbewaring aangevra.

Ek het myne in Kimberley gaan skryf. Eers die stuk oor dieregewoontes, identifisering, spore, plante, skootplasing, ens. daarna volg die wetgedeelte toe. 'n Week later hoor ek toe van Natuurbewaring ek het geslaag en mag nou my praktiese toets doen. Ek moes die twee manne van Natuurbewaring "uitneem" op 'n jag. Sommer uit die staanspoor peper hulle jou met vrae. Een man wag by 'n veepos met die bakkie terwyl ek en die ander ou die veld vat. Ek moet hom kan wys ek kan jag en trofee skat. Bok klaar geskiet en pens uitgehaal is ons terug veepos toe. Daar vra hulle my nog baie vrae. Doen ek die praktiese skiettoets en stel hulle my geweer uit wat ek weer moet instel. Die hele tyd vra hulle vrae.

Toe hou hulle horings op van verskillende diere op 100m en ek moet skat. Daarna plaashuis toe en ek moet die bok cape terwyl die manne bystaan en vrae vra. Laatmiddag hoor ek toe dat ek darem die prakties ook deur is.

PH-werk is nie speletjies nie, dis harde werk maar ongelukkig is daar baie cowboys in die bedryf. Kort nadat ek by Magnum begin werk het, het ek my lisensie laat verval (ek het een gehad vir Noord-Kaap en Vrystaat). Dit was op 'n stadium toe elke Jan Rap en sy maat 'n PH was en hulle in sekere streke 'n slegte naam gehad het. Eerder as om myself 'n PH te noem het ek my lisensie laat verval.

Maar haal asb hoed af vir die PHs wat die ding reg doen. Dis 'n ondankbare werk en baie van hulle word deur outfitters uitgebuit.
Mooi loop
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Die profesionale jagter (PH)

Post by FCLoretz »

Dankie Oom Koos.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2320
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: Die profesionale jagter (PH)

Post by JAGTERSREG-JRM »

Hierdie draad hou ek al mooi dop en gewonder wat hier gaan uitspring. In kort ek het my kursus gedooen meer om meer inligting in te neem en bietjie meer in die bos te kom.Dit sal nooit my enigste inkomste wees nie maar wil dit doen omdat die bos in die are loop. Agv die feit was ek die jaar alreeds 5 keer in die veld en geniet my gate uit. Hardewerk en ander manne gelukkig hou is nie altyd maklik nie

Oom Gerhard Steenkamp het lekker dem%^r in geraak as iemand op die kursus praat van PH want daar is n helse verskil tussen n PH en n Beroepsjagter. Die PH is die groot prater wat suip soos n vis en dink hy is alwetend. Mag ek nooit onder daai groep gelys word nie. Die skokkende ding is dat ons 14 op die kursus was en manne minder as die helfde het geslaag en van skietkuns het meeste manne baie om te leer. Dit was ek eb 2 ander wat die skiet toets geslaag het met eerste probeerslag.

Dit het my verstom want as jy nie kan skiet nie hoekom dink jy daaraan om Beroepsjagter te word of dalk wil hulle PH's word. Ek leer elke dag iets nuuts in die veld en geniet dit om dit oor te dra maar dink daai 10 wat uit die boom uitval gaan sekerlik ook helemal uit die bedryf uitval
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Die profesionale jagter (PH)

Post by BRNO (Pierre) »

JAGTERS REG MOTIVERING wrote:Hierdie draad hou ek al mooi dop en gewonder wat hier gaan uitspring. In kort ek het my kursus gedooen meer om meer inligting in te neem en bietjie meer in die bos te kom.Dit sal nooit my enigste inkomste wees nie maar wil dit doen omdat die bos in die are loop. Agv die feit was ek die jaar alreeds 5 keer in die veld en geniet my gate uit. Hardewerk en ander manne gelukkig hou is nie altyd maklik nie

Oom Gerhard Steenkamp het lekker dem%^r in geraak as iemand op die kursus praat van PH want daar is n helse verskil tussen n PH en n Beroepsjagter. Die PH is die groot prater wat suip soos n vis en dink hy is alwetend. Mag ek nooit onder daai groep gelys word nie. Die skokkende ding is dat ons 14 op die kursus was en manne minder as die helfde het geslaag en van skietkuns het meeste manne baie om te leer. Dit was ek eb 2 ander wat die skiet toets geslaag het met eerste probeerslag.

Dit het my verstom want as jy nie kan skiet nie hoekom dink jy daaraan om Beroepsjagter te word of dalk wil hulle PH's word. Ek leer elke dag iets nuuts in die veld en geniet dit om dit oor te dra maar dink daai 10 wat uit die boom uitval gaan sekerlik ook helemal uit die bedryf uitval
Kobus. Wat is die toets vir skiet?
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5022
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Die profesionale jagter (PH)

Post by Frederik »

Bushwack, welkom by Jaracal.

Pierre, die skiet toets is nie moeilik nie alle uit die vuis uit. 2 Hart long skoot op rooibok/blesbok op 70 meter as ek reg onthou kan dalk 3 skote gewees het en weer dieselfde op 'n vark op 50 meter.

Dan spoed toets jou geweer gelaai en op safety 3 teikens 4" elk 30, 20 10 meter elk moet raak wees binne 12 sekondes 1 skoot elk. As jy die toets pluk kry jy tweede kans as jy hom pluk moet jy later terugkom op die volgende kursus. Sonder die skiet toets te slag kan jy nie jou lisensie kry nie en natuurlik kyk almal vir jou so ja dit pas druk toe. Maar dit is eintlik belaglik maklik en jy kan met .270 op kaliber die toets doen wat ek nie mee saamstem nie ek dink dit moet 9.3 minimum wees.
User avatar
375fanatic
Hero Member
Hero Member
Posts: 1213
Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am

Re: Die profesionale jagter (PH)

Post by 375fanatic »

ALMAL VERGEET VAN DIE SIELKUNDE GRAAD
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5022
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Die profesionale jagter (PH)

Post by Frederik »

Rudi praat jy nou ?

Het jy ooit die storie gehoor van die Yank wat nie in 5 dae kon slaap nie en toe begin rondloop in die nag ???? Dit was scary verby hy het meer as 'n sielkundige nodig gehad. Jammer vir die ander manne maar ek sal nie die storie op die forum kan post nie maar vra my wanneer jy my eendag raakloop.
User avatar
Bushwack
Full Member
Full Member
Posts: 151
Joined: Tue Feb 05, 2013 4:14 pm

Re: Die profesionale jagter (PH)

Post by Bushwack »

Frederik,

Toe ek die kurses gedoen het was dit 3 skote, 15m / 10m / 5m in 10 sekondes!!
Patrick Reynecke

Dream...Discover...Experience...
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2320
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: Die profesionale jagter (PH)

Post by JAGTERSREG-JRM »

Pierre


Werklik baie eenvoudig:

70 meter Rooibok
40 meter Vlakvark

Spoed Toets 10 sekondes 3 skote
+- 2.5 duim blokkie wat jy moet skiet

15 meter
10 meter
5 meter (hierdie een het my ok nou en dan gebyt-teleskoop op 5 meter is interesant)

Ek dink die skote op die eerste twee was 3 elk. Ek het gesmeek dat ek nie die vark in die longe wil skiet nie want n varkie op daai afstand steek jy mos in die kop.My punte geskiet en toe 3 mooi ronde gaaitjies deur die ot se kop gesit
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
Post Reply