7mm Rem Mag hulp

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
User avatar
Bees
Full Member
Full Member
Posts: 100
Joined: Fri Nov 15, 2013 5:54 am

7mm Rem Mag hulp

Post by Bees »

Dag manne, hoop dit gaan baie goed.

Ek het nou n 7mm Rem Mag by my pa geerf. Mooi geweer, Musgrave. Snaakse storie is dat die geweer begin het as n 303 en toe my pa spoed wil he het hy die 303 na n Musgrave plek gevat (seker hier in die 80s) en hom laat oorbou na 7mm.

Ek sal graag wil hoor watse aminisie en ladings gebruik julle ouens vir bos en jag onderskeidelik. My pa het gestick by pmp proamm 170gr met S365 54gr. Mooi gegroup.

Ek het partitions gelaai en kry nie die grouping 100% nie. Wat is die beste roete?

Zach
7mm Rem Mag
.243 Brn
12ga Franchi Feeling
.308 Howa Varminter
.308 Ruger Varminter
6.5 Swedish Mauser CZ 550

____Wildebeeste word siek gebore en hoe meer jy hom skiet hoe gesonder word hy___ ^-^
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 7mm Rem Mag hulp

Post by tripodmvr »

Gaan kyk onder hofie "Herlaai" en lees oor OBT en Quick Load (QL). Bring jou geweerdata en ander inligting en dan kan ons help.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Post Reply