Pa en dogter jag 2014

ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Pa en dogter jag 2014

Post by ROBBIE1 »

Kyk op Kalabaspan safaris. Sy website doen egter nie die plek gestand nie. Daar is 4 hides, 2 stands so 3m hoog, een versink, en een op die grond. Skote by die hides is so 30 tot 50 meter. Daar is lekker oop kolle, en baie digte bos.

Die kamers is baie mooi, bedegoed, eetgerei, als is daar. Jy vat jou kos, klere en gewere, en daar gaat jy. Daars 3 gidse wat saam die mense uitgaan veld toe. Ek glo ons kan almal wat dusver op is in so n mate vertrou, dat jy en jou dogter alleen in die hide sal sit, dis maar net as iemand voet vat wat n gids dan saam sal gaan.

Hein is n baie gemaklike mens. Oormatige bebruik van drank tydens jag gaan nie toegelaat word nie, maar as jy en jou dogter n koeler wil pak hide toe, sal hy nie mind nie, en as n man begin lyk of hy te veel inhet, gaan jy versoek word om maar jou geweer te bere en by die kamp te bly. As ons klaar gejag het, kuier almal lekker, en het ons laas keer ook n night drife gevat, sonder gewere, net vir die ervaring daarvan vir die dogters.

Daar is 3 groot kamers wat 5 tot 6 per kamer slaap, en dan 1 wat 2 aparte kamers het wat elk 3 slaap.

Kyk gerus self, Barry kan ook sy gevoel oor die plaas gee asb.

Dis in die sentrum omgewing.
bush hat
Full Member
Full Member
Posts: 186
Joined: Mon Jul 15, 2013 3:15 pm

Re: Pa en dogter jag 2014

Post by bush hat »

Ons het Kalabaspan baie geniet. Ons het nou nie juis "ge-walk & stalk" nie, maar die hides het verskriklik lekker gewerk met die rede vir so 'n jag, naamlik Kwaliteit Tyd Met Jou Dogter bedags.
In die aande was dit 'n fees met Hein en Robbie aan die spits ! Ons en die dogters moes gereeld "keel-medisyne" met die lekker lag en saam sing !
Die geriewe was puik, Hein & Robbie puik gashere, pragtige groot lapa vir kuier, braai en eet...groot kombuis, ys en vrieskaste, ens.

Nee kyk, lekker was dit wel, julle sal dit geniet indien ons weer Kalabaspan toe gaan !
User avatar
375fanatic
Hero Member
Hero Member
Posts: 1213
Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am

Re: Pa en dogter jag 2014

Post by 375fanatic »

dankie Robbie

het bietjie gaan loer kan jy asb die prys lys vir ons reel dat ons met die budget gedeelte kan begin
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Pa en dogter jag 2014

Post by ROBBIE1 »

Reg hier is die update, Hein sit nou hier by my, en ons bespreek gou die naweek.

Verblyf vir pa en dogter R400 per dag/nag.
Wildpryse:
Manlik Vroulik
Rooibok R1200 R800
Kudu R7000 R2800
Gemsbok R5000 R5000
Bwb R3000 R2500
Waterbok R7000 R3500
Vlakvark R500 R500
Eland R11000 R7000
Zebra R6000 R6000

Daar is geen verskil in trofee en nie trofee pryse, n ram of bul is n ram of bul, of dit n penkop of 28" rooibok is, die prys is die selfde.

Normaalweg is die jagvoertuig R200 per dag, maar as ons elk n 10lt diesels saamneem, gaan Hein ons nie ekstra vra daarvoor nie. Slag en koelgeriewe is ingesluit.

Ons sal weer oor die kos gesels, dan klub ons almal in en eet lekker saam.

Ek het nou die naweek van 9 tot 12 Oktober vasgemaak. Die manne wat in is, ons moet asb by die einde April die 50% deposito inbetaal.

Laat weet as daar enige vrae is manne, dan sort ons gou als uit.
bush hat
Full Member
Full Member
Posts: 186
Joined: Mon Jul 15, 2013 3:15 pm

Re: Pa en dogter jag 2014

Post by bush hat »

Dankie Robbie en dankie Hein.
Sover is ek en Yolandri beslis in !

Groetnis

Barry
User avatar
375fanatic
Hero Member
Hero Member
Posts: 1213
Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am

Re: Pa en dogter jag 2014

Post by 375fanatic »

Lyk goed Robbie

sal teen einde maart bevestig maar sover is ek in waar is die plaas nou weer ?
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Pa en dogter jag 2014

Post by ROBBIE1 »

As jy op die Ellisras Sentrum pad uitry, 34km kry jy die Ellisras pad wat regs uitdraai. 16km kry jy die Matjiesfontein grondpad, 4km sit die bord aan die linker kant, weer 4 km tot by die lodge. Hulle val in die Sentrum gebied.
User avatar
375fanatic
Hero Member
Hero Member
Posts: 1213
Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am

Re: Pa en dogter jag 2014

Post by 375fanatic »

was daar naby laas jaar
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Pa en dogter jag 2014

Post by ROBBIE1 »

Ja dis n entjie vir jou 375, maar jy sien self wat Barry se, julle sal dit geniet, n mens voel sommer of dit jou plaas is as jy daar kom.
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: Pa en dogter jag 2014

Post by NicoSmit »

Barry het jy nie nog 'n dogter wat ek kan leen /aanneem vir die naweek nie dan kan ek saam gaan . My 2 laaities wil nie makeup en 'n pruik op sit vir die naweek nie
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Pa en dogter jag 2014

Post by ROBBIE1 »

Dis so jammer Nico!
bush hat
Full Member
Full Member
Posts: 186
Joined: Mon Jul 15, 2013 3:15 pm

Re: Pa en dogter jag 2014

Post by bush hat »

Ek werk daaraan Nico !
User avatar
375fanatic
Hero Member
Hero Member
Posts: 1213
Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am

Re: Pa en dogter jag 2014

Post by 375fanatic »

ja dit is n entjie vir my maar daar is darem mooi rooibokke in daai omgewing het so 60km van daar af gejag laas jaar en het toe n mooi 23" geskiet en hy was van die kleiner ramme

het 2 keer n ram gekry wat by die 26-27" is maar kon net nie n skoot kry nie
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Pa en dogter jag 2014

Post by ROBBIE1 »

Dis so ja, en sy bwbte is net so mooi.
Sarelss
Full Member
Full Member
Posts: 223
Joined: Wed Jan 05, 2011 10:18 am

Re: Pa en dogter jag 2014

Post by Sarelss »

Robbie, nou wie se dogter gaan ek leen om saam te baan? Ek brand nie gate as ek sweis nie. Net 3 seuns lol
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2320
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: Pa en dogter jag 2014

Post by JAGTERSREG-JRM »

Jinne ma ek wil ook die ding doen ongelukkig is my meisiekind nog in ma se magie.......Dit tel seker nie?
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Pa en dogter jag 2014

Post by Jean Marais »

Wa trek hierrie lysie nou? Ek en my twee meisiekinners en my boet en sy meisiekind kom saam jag. Ons sal egter eers Vry oggend daar arriveer as dit reg is. Ons name is nr 6 en 7.

1. Robbie
2. Koos
3. Nico
4. Barry
5. 375
6. Jean
7. Francois
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Pa en dogter jag 2014

Post by ROBBIE1 »

Jean, Nico is nog jie seker of hy kan maak nie.

Julle is welkom pella. As ek reg tel staan ons dan nou op 13 saam die dogters. Daars plek vir 21 mense. 4 hides, en die res kan maar bietjie stap of bakkie ry.

Kom ons sit net op hoeveel persone elk is asb.

1. Robbie - 2
User avatar
375fanatic
Hero Member
Hero Member
Posts: 1213
Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am

Re: Pa en dogter jag 2014

Post by 375fanatic »

ek het nog n dogter wat ook wil saam

sy kan gehuur word as jagmaat vir n rooibok ram ;D ;D
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Pa en dogter jag 2014

Post by Jean Marais »

Kom ons sit net op hoeveel persone elk is asb.

1. Robbie - 2
2. Jean - 3
3. Francois - 2
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
NEGE3
Hero Member
Hero Member
Posts: 1397
Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm

Re: Pa en dogter jag 2014

Post by NEGE3 »

Koos-2
Groete,
Koos de Beer
bush hat
Full Member
Full Member
Posts: 186
Joined: Mon Jul 15, 2013 3:15 pm

Re: Pa en dogter jag 2014

Post by bush hat »

Die nuwe lys staan nou so:
1. Robbie - 2
2. Jean - 3
3. Francois - 2
4. Koos - 2
5. Barry - 2
Groete, Barry
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Pa en dogter jag 2014

Post by ROBBIE1 »

Manne Nico Marais is ongelukkig uit, sy verloofde verjaar daardie naweek.

Ons is dan tot op hede 11, waars 375 deesdae, kom in mater.........

Daar is nog plek as nog iemand wil saamgaan. Ek hoop iemand van julle of die dogters kan n instrument speel, la ons bietjie lekkerndaar om die vuur kan kariokie ook!!!!!
User avatar
375fanatic
Hero Member
Hero Member
Posts: 1213
Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am

Re: Pa en dogter jag 2014

Post by 375fanatic »

Robbie ek is voorlopig in is daar nog plek dat ek my pa en ander dogter kan saam vat?
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Pa en dogter jag 2014

Post by ROBBIE1 »

[quote="bush hat"]Die nuwe lys staan nou so:
1. Robbie - 2
2. Jean - 3
3. Francois - 2
4. Koos - 2
5. Barry - 2
6. 375 - 4

Ons staan dan nou op 15.

Dit klink baie, maar die plaas is 1500 ha groot, as 3 pa's met dogters die hides beman, is dit 4 met dogters wat bietjie voetvat, en so kan ons dit mos maar uit roteer dat almal n kans kry om als te doen!
Die plaas is lekker in blokke, en kan n mens nie in mekaar vasloop as jy reg loop nie.
Post Reply