Impala Bullets -Voortreflike diens
- Gert Odendaal
- Hero Member

- Posts: 984
- Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Impala Bullets -Voortreflike diens
Dit is miskien ook goed om goeie diens te rapporteer wanneer so `n geleentheid homself voordoen. Ek het die naweek begin soek na geskikte punte om die 22 ste Februarie die BASA kompetisie te skiet buitekant Bronkhorstspruit. Nadat Deon vir my genoem het dat ek Impala moet nader het ek ook dan so gemaak die naweek. Ek het een e-pos uitgestuur na Kobus Du Plessis en gevra of hy `n .423 boor 400gn punt het wat ek vir die kompetisie kan gebruik.
Groot is my verbasing toe ek `n telefoon oproep ontvang vandag (Sondag) en Kobus beantwoord my vraag sommer self oor die selfoon. Ek is nie gewoond aan sulke diens nie, wat natuurlik ongewoon is in ons land....ek was regtig stom geslaan.
Kobus het regtig in detail vertel waarna ek behoort te kyk en dat hy vir my spesifiek die 400gn punte gaan sny en dit sal presies dieselfde kos as `n gewone aankope....ek het sommer net daar besluit...hierdie man mag maar, sy punte sal nou in my gewere geskiet word....net omdat hy sulke persoonlike diens aan my gelewer het, met sulke ondersteuning kan sy punte net die beste wees wat ek kan gebruik...
Kobus , van Impala Bullets ek se dankie...jy het vir jouself `n klient gekry wat jou produkte gaan skiet en net goeie dinge van die punte sal vertel....
Sulke manne sal ek uit beginsel ondersteun....

.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1

-
Hercules Louw
- Hero Member

- Posts: 889
- Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm
Re: Impala Bullets -Voortreflike diens
Gert, ek kan net saamstem.
Uitstekende diens.
Koste effektief.
Akkuraat.
En hulle werk baie goed in die jagveld.
Ek gebruik die volgende:
320gr Bosvelder vir 416 Ruger, spesiaal vir my gemaak en nou standaard produk, 2500ft/s, 20mm op 100m.
200gr Bosvelder vir 9.3x62, 2800ft/s, 15mm op 100m uit 80 jaar oue Mauser.
165gr LWHV vir 338Win, 3150ft/s, 20mm op 100m
130gr LWHV vir 30-06, 3150ft/s, 25mm op 100m, moet nog verder lading ontwikkeling doen.
90gr LWHV vir 6.5 Sweedse Mauser, 3140ft/s, 30mm op 200m.

- grumpy
- Hero Member

- Posts: 2772
- Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am
Re: Impala Bullets -Voortreflike diens
Ek kyk nou na die Impala punte vir die 30-06 en 375 Ruger.
Hoekom se manne dis te hard en ook skiet die loop gou uit? Ek kyk spesifiek na die Bosvelder wat Koos Barnard getoets het.
Ek wil weet wat is die manne se opinies en manne wat dit wel lank al gebruik. Wond kanaal en bloedspoor vir n sleg skoot?
Ek oorweeg dit baie sterk anders sal ek kyk na PMP om te gebruik om te laai vir albei kalibers. Ek gebruik S355 en S365.
Ek hou dop wat se die manne en wie gebruik dit wel.

- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Impala Bullets -Voortreflike diens
Grumpy,
Ek jag net met koperkoeëls en het al met Impala 'n rooibok en BWB geskiet - beide uit my 375 met die 200gr. Rooibok was baie vêr en ek het sy voorbeen afgeskiet. Gelukkig het hy nader gehardloop en ek het hom deur die blad geskiet sodat hy 5 tre verder geval het.
BWB is skuins van agter op die regterblad geskiet en die koeël het sy linkerskouer gebreek en bok het net daar geval. Het hom daar dood gekry na 15 min waarin ek die trop wou laat wegbeweeg sonder om hulle te wys wat het die bul doodgemaak.
Vir my het die Impala dus gewerk en vleisskade was gering.

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5022
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Impala Bullets -Voortreflike diens
Gert, Kobus is 'n baie aangename man en hy doen goed met sy koeels ek gebruik impala koeels vanaf 2005 al in my 303 en 375 H&H die skerpunt 130gr vir die 303 en die 270gr platpunt vir die 375.
Grumpy, Kobus het so vir my die vraag beantwoord as die koeel jou lands slaan is hy al klaar op volspoed of is hy besig om spoed te bou ?
Ek dink persoonlik kruit wat brand is 'n groter problem met lope as die koeels self en dit geld vir alle koeels.

- JAGTERSREG-JRM
- Hero Member

- Posts: 2320
- Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am
Re: Impala Bullets -Voortreflike diens
Dagse
Ek gebruik in 3 van my gewere slegs impala en tot dusver uitstekende werksverrigting. Skootplasing met enige kaliber of koeel/punt is altyd krities. Ek gebruik egter nie sker punt nie maar bosvelder en rondeneus en sal nie sommer iets anders koop nie.
Groete
Kobus

Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
- Wismit
- Hero Member

- Posts: 576
- Joined: Wed Jun 09, 2010 1:47 pm
Re: Impala Bullets -Voortreflike diens
So 3 jaar terug kom kuier Kobus hier by ons in Louis Trichardt. Hy gaan saam met ons skietbaan toe en sien hoe my laaitie, op daai stadium slegs 10 jaar oud, 10 - 15mm groepe skiet op 100m in sy 308 met die 130gr koeels.
Net daar sê Kobus dat hy my laaitie van toe af sal sponsor. Elke Januarie van daai jaar af kry ek `n e-pos van Kobus af wat net vra, hoeveel koeels gaan my laaitie deur die jaar nodig hê en hy stuur hulle deur, kosteloos.
Die is `n man wat hou van skiet en net die beste wil hê vir die mense wat sy produk gebruik. Jy sal nêrens beter diens of raad kry as by Kobus nie. Hy sal jou altyd help, enige tyd van die dag of nag.
Ons het ook al verskeie bokke, van rooibok, koedoe tot BWB, met die 130 greine geskiet en nog geen probleem gehad om die bok binne 20m dood te kry nie.
W.S
Net daar sê Kobus dat hy my laaitie van toe af sal sponsor. Elke Januarie van daai jaar af kry ek `n e-pos van Kobus af wat net vra, hoeveel koeels gaan my laaitie deur die jaar nodig hê en hy stuur hulle deur, kosteloos.
Die is `n man wat hou van skiet en net die beste wil hê vir die mense wat sy produk gebruik. Jy sal nêrens beter diens of raad kry as by Kobus nie. Hy sal jou altyd help, enige tyd van die dag of nag.
Ons het ook al verskeie bokke, van rooibok, koedoe tot BWB, met die 130 greine geskiet en nog geen probleem gehad om die bok binne 20m dood te kry nie.
W.S
- grumpy
- Hero Member

- Posts: 2772
- Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am
Re: Impala Bullets -Voortreflike diens
Dit os nou wat ek van hou om te lees!!!!
Ek lees gereeld julle manne se goed wat julle het die ervaring. Julle het nou net mooi vir my besluit dat ek die Impalas wil probeer. Ek wil nou net pryse kry dan sal ek plan mak.
Dankie oom 3 poot, Frederik, JRM en Wismit. Julle het my basies oortuig om dit te probeer en heel moontlik te gebruik vir jag ook.
Dankie.
Ek lees gereeld julle manne se goed wat julle het die ervaring. Julle het nou net mooi vir my besluit dat ek die Impalas wil probeer. Ek wil nou net pryse kry dan sal ek plan mak.
Dankie oom 3 poot, Frederik, JRM en Wismit. Julle het my basies oortuig om dit te probeer en heel moontlik te gebruik vir jag ook.
Dankie.
- Gert Odendaal
- Hero Member

- Posts: 984
- Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Re: Impala Bullets -Voortreflike diens
Ek moes nou al baie kere die optel van my Impalas vir die .404 Jeffery uitstel , omstandighede het elke keer `n stokkie daarvoor gesteek, die laaste stokkie was `n begrafnis van my skoonpa . Elke keer het ek `n e-pos aan Kobus getuur en elke keer net vriendelike antwoorde terug gekry.
Kwalitiet van `n produk is volgens my bepaal deur vyftig persent die produk self en dan vyftig persent die na -verkoop diens en hoe die verskaffer jou behandel...vir my is goeie na- verkoop diens die alfa en omega....en Kobus is daardie sonderlinge persoon wat agter my aangebel het en die vereistes van die .404 punt met my bespreek het, net daarom sal ek altyd ondersteun.
Ek tel komende Vrydag my Impalas op en glo dit gaan baie goed werk.
Kwalitiet van `n produk is volgens my bepaal deur vyftig persent die produk self en dan vyftig persent die na -verkoop diens en hoe die verskaffer jou behandel...vir my is goeie na- verkoop diens die alfa en omega....en Kobus is daardie sonderlinge persoon wat agter my aangebel het en die vereistes van die .404 punt met my bespreek het, net daarom sal ek altyd ondersteun.
Ek tel komende Vrydag my Impalas op en glo dit gaan baie goed werk.
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
-
Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2172
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: Impala Bullets -Voortreflike diens
Dan is hy een van daai manne wat vir jou die koeels stuur en vra om hom te betaal nadat jy die rekening saam met die koeels gekry het. Waar sien jy daardie tipe van vertroue in jou medemens? Die koeels werk ook goed vir my. Ek het nog nie met hulle gejag met my 7x57 nie, maar we al met 'n vriend se .270 en hulle werk goed. Ekself hou ook meer van die bosvelder se profiel, maar dis maar my estetiese voorkeure.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter
-
Chrisjan
Re: Impala Bullets -Voortreflike diens
Ek het die 180gr en 120gr impalas in my 9.3x62 geskiet, wel ek skiet hulle nogsteeds.
Na meer as 700 skote is die loop perfek, ek dink daar is geen extra slytasie. En hulle groep die mooste van al die koeëls wat ek probeer het.
Baie vlakkies het al met die impalas geval.
Na meer as 700 skote is die loop perfek, ek dink daar is geen extra slytasie. En hulle groep die mooste van al die koeëls wat ek probeer het.
Baie vlakkies het al met die impalas geval.
- Gert Odendaal
- Hero Member

- Posts: 984
- Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Re: Impala Bullets -Voortreflike diens
Ek het vandag die Impala punte by Kobus se winkel opgetel. Kobus was ongelukkig nie beskikbaar nie maar Abi het my gehelp met baie goeie diens en vriendelikheid. Kobus het vir my verskillende greine in 15x punte gegee, 400gn, 380 Bosvelders, 250gn en 230gn ek kan nou my ladings uitwerk en kyk na die groeperings ...ek sal volgende week laai...
Ek moet dit noem, Kobus het my nie `n sent gevra nie want hy reken dit is vir lading ontwikkeling, en ek kan by hom koop as ek tevrede is...ek weet regtig nie van beter diens gelewer aan `n klient as wat ek hier ervaar het nie.....
Ek kan nie dink dat ek enigsins nodig het om ooit weer koeels te koop vir my gewere by ander maatskappye nie...nie as daar sulke ondersteuning is nie...
Ek moet dit noem, Kobus het my nie `n sent gevra nie want hy reken dit is vir lading ontwikkeling, en ek kan by hom koop as ek tevrede is...ek weet regtig nie van beter diens gelewer aan `n klient as wat ek hier ervaar het nie.....
Ek kan nie dink dat ek enigsins nodig het om ooit weer koeels te koop vir my gewere by ander maatskappye nie...nie as daar sulke ondersteuning is nie...
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6971
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Impala Bullets -Voortreflike diens
Sit vir ons fotos op asb!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"

- Nickvn
- Hero Member

- Posts: 1554
- Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am
Re: Impala Bullets -Voortreflike diens
Hi Gert jy sal moet verslag lewer oor hoe daai koele gemaak het. Met fotos natuurlik.
_______________________________
7.65 CZ
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
7.65 CZ
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
- grumpy
- Hero Member

- Posts: 2772
- Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am
Re: Impala Bullets -Voortreflike diens
Vandag my bestelling geplaas vir 220gr Bosvelders vir die 375!
- Gert Odendaal
- Hero Member

- Posts: 984
- Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Re: Impala Bullets -Voortreflike diens
Ek gaan die week begin ladings uitwerk met die punte wat ek by Kobus gekry het, toe ek die 320 gn Bosvelders sien in die pakkie het ek dadelik geweet dit is wat die .404 lekker gaan skiet, maar ek wil tog die 400 gn punte ook probeer al het Kobus aangedui dat volgens hom die punte te lank is maar hy het dit nog steeds vir my gemaak want ek het hom gevra om dit te doen.
Ek wil regtig sien wat die verskil gaan wees tussen die lang punte en die 320 Bosvelders....
Ek wil regtig sien wat die verskil gaan wees tussen die lang punte en die 320 Bosvelders....
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
- Louis Kriel
- Hero Member

- Posts: 1980
- Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm
Re: Impala Bullets -Voortreflike diens
Het die afgelope naweek die 220 gr bosvelders in my 375 ruger getoets. Ek het baie S335 so het besluit om dit te gebruik. Het begin by 68 en in 0,5 inkremente opgewerk tot by 71.5 gr. Slegs een lading 69.5 gr het n groep van meer as n duim opgelwer, met 71.5 gr die beste in half duim.
Gebruik ook die 130 gr in my 303. Ek laaik Impala punte kwaai, dankie Kobus.